• No results found

Ouers weier soms om toestemming tot behandeling vir hul defektiewe baba te gee as gevolg van geloofsoorwegings.154 Weiering om toestemming te verleen tot ‘n bloedoortapping vir ‘n baba is van die bekendste en mees kontroversiële gevalle waar ouers as gevolg van godsdienstige oorwegings verskil met ander partye oor wat in die beste belang van die baba is. 155

Soms weier ouers ook toestemming om behandeling te weerhou of om behandeling te onttrek omdat hulle nie kan aanvaar dat dit God se wil is dat hul kind moet sterf nie. 156

150

Schewhuk 1995 Medicine and Law 349.

151

Schewhuk 1995 Medicine and Law 349.

152

Persoonlike kommunikasie Professor GF Kirsten, Hoof van Tygerberg Hospitaal Neonatologie/NISE op 17 Julie 2006.

153

Curry 1995 Cumberland Law Review 648.

154

Brown The Uncertain Best Interest of Premature Neonates: An Exploration of Medical Ethics 2001 Ongepubliseerde MA Tesis 1 18.

155

Nicholson & Politis “The Life and Death Lottery: Tipping the Scales in Favour of the Child’s Best Interests’ 2001De Jure 595 598, Sien ook Hay v B waar ouers op grond van hul geloofsoortuigings toestemming geweier het tot ‘n bloedoortapping vir hul baba. Die hoë hof het as oppervoog van minderjariges beveel dat dit in die beste belang van die baba was om die

bloedoortapping te kry, aangesien die baba daarsonder sou sterf. (Hay v B 2003 3 SA 492 W)

156

In gevalle waar die ouers se toestemming noodsaaklik is vir ’n positiewe uitkoms, sal die howe in die meeste gevalle inmeng met die besluitnemingsproses en ’n bevel gee wat teenstrydig is met die ouers se godsdienstige wense en beskouings, maar wat in die beste belang van die baba is.157

2 8 Gevolgtrekking

Die noue verweefdheid van faktore wat ter sprake is by einde van lewe besluite in verband met defektiewe babas, dra grotendeels by tot die kompleksiteit van hierdie sensitiewe en kontroversiële situasie.

Alhoewel geneeshere hoofsaaklik oorweging aan mediese faktore skenk, is etiese oorwegings bewustelik of onbewustelik deel van hul besluite. So ook is die beskikbaarheid van hulpbronne ‘n aspek wat deel vorm van hul besluite wanneer selektiewe nie-behandeling vir ‘n defektiewe baba bespreek word.

Ouers moet in ‘n tyd wat emosioneel traumaties is, rekening hou met hul eie finansiële posisie en hul baba se kwaliteit van lewe. Godsdienstige oorwegings kom ter sprake en terselfdertyd moet hulle mediese advies verwerk wat dikwels vir hulle vreemd en ingewikkeld is.

Mediese futiliteit en ‘n etiek van verantwoordelikheid is pogings om ‘n raamwerk vir besluitneming te bied in ‘n omgewing waar subjektiwiteit en emosies maklik die oorhand kan kry.

Dit blyk dus baie duidelik uit die bogenoemde en die bespreking in hierdie hoofstuk dat al die faktore, hetsy medies, eties, godsdienstig, finansieel of emosioneel voortdurend in wisselwerking met mekaar is en onlosmaaklik deel van die besluitnemingsproses tussen lewe en dood is. Sentraal tot hierdie faktore, behoort die beste belang van die baba te alle

157

tye die deurslaggewende faktor te wees. Dit is die onderliggende tema van hierdie studie dat al die faktore daartoe meewerk om inhoud aan die beste belang van die baba te verleen.

Die verweefdheid van die faktore raak ook die onderskeie besluitnemers.158 In teenstelling met ouers se emosionele trauma wat hul rasionele en objektiewe denke beïnvloed, mag dit voorkom asof geneeshere se mediese kennis en ervaring steun bied vir ‘n rol as primêre besluitnemer. Die aard van die besluitnemingsproses, die gewig wat aan relevante faktore verleen word en die potensiaal wat dit inhou om ‘n spesifieke rolspeler in ‘n spesifieke situasie tot primêre besluitnemer te verhef, geniet vervolgens aandag.

158

HOOFSTUK 3

DIE BESLUITNEMINGSPROSES

3 1 Inleiding

Alhoewel daar verskeie regs-mediese vrae ontstaan met betrekking tot einde van lewe besluite in verband met defektiewe babas, is een van die sentrale vrae wie die besluitnemer(s) is en watter gewig daar aan hul menings geheg moet word.1 Omdat defektiewe babas nie in staat is om self aan hierdie besluitnemingsproses deel te neem en hul wense en voorkeure uit te spreek nie, moet surrogaat besluitnemers namens hulle besluite neem. Die beste belang van die baba behoort die deurslaggewende faktor te wees by hierdie besluitneming.2

Huidiglik is daar min konsekwentheid by die besluitnemingsproses in verband met einde van lewe besluite met betrekking tot defektiewe babas.3 In hierdie spesifieke situasie is daar verskeie moontlike besluitnemers: die baba se ouers, lede van die mediese professie, die regstelsel, komitees en ander individue. Daar is verskeie voor- en nadele daaraan verbonde om besluitneming oor te laat aan elk van hierdie onderskeie besluitnemers. Beauchamp en Childress stel voor dat besluitnemers vir onbevoegde pasiënte (ingesluit babas) aan die volgende kwalifikasies moet voldoen:4

3.1.1 Hulle moet die vermoë hê om ‘n verstandige oordeel te vel; 3.1.2 hulle moet oor voldoende kennis en inligting beskik; 3.1.3 hulle moet emosioneel stabiel wees; en

3.1.4 hulle moet ‘n verbintenis met die onbevoegde pasiënt hê, sonder beïnvloeding deur ander persone.

1

Bainham Children: The Modern Law (1993) 247 247.

2

Ingevolge artikel 28(2) van die Grondwet van Suid-Afrika 108 van 1996 is die beste belang van die kind die deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.

3

Philips “Treatment Decisions for Seriously Ill Newborns: Who Should Decide?” 1992 Capital University Law Review 919 962.

4