• No results found

In die Baby Jane-saak het ‘n baba onder andere aan spina bifida, hidrokefalie en mikrosefalie gely en sy het ‘n misvormde breinstam gehad.66 Die baba se ouers het geweier om toestemming te gee vir die chirurgiese herstel van die spinale defek en om vog uit die baba se skedel te dreineer. In stede daarvan het die ouers versoek dat hulle baba slegs konserwatief behandel moet word. Genoegsame voedsel en antibiotika is toegedien. Die blootgestelde rugmurg is ook met medikasie behandel om infeksie te probeer stuit en om die vel in staat te stel om oor die gaping te groei.67 Almal het verwag dat sy binne ‘n paar dae gaan sterf, maar sy het nie.

Lawrence Washburn, ‘n prokureur en reg-op-lewe-aktivis, het die ouers voor die hof gedaag om hulle te dwing om toestemming tot chirurgie te gee.68 Sonder chirurgie sou

Baby Jane Doe nie ouer as twee jaar geword het nie. Met chirurgie sou sy dalk twintig

61

Friedman Ross Children, Families, and Health Care Decision Making (1998) 139.

62

Friedman Ross Children, Families, and Health Care Decision Making (1998) 139.

63

Friedman Ross Children, Families, and Health Care Decision Making (1998) 139.

64

Friedman Ross Children, Families, and Health Care Decision Making (1998) 139.

65

United States v University Hospital of the State University as Stony Brook US District Court ED New York 575 F Supp 607 (1983).

66

United States v University Hospital of the State University as Stony Brook US District Court ED New York supra 610.

67

United States v University Hospital of the State University as Stony Brook US District Court ED New York supra 610.

68

United States v University Hospital of the State University as Stony Brook US District Court ED New York supra 610.

jaar kon leef.69 Die Appellate Division of the Supreme Court of the State of New York het beslis dat die ouers redelik en in die beste belang van hul baba opgetree het deur toestemming tot die operasie te weier.70

Die besluit van die hof om die ouers se reg om te besluit te handhaaf, berus op twee gronde: Die eerste is ‘n opregte besorgdheid vir die kind se beste belang gebaseer op die kwaliteit van lewe benadering dat die kind gespaar word van ‘n bestaan met eindelose mediese komplikasies. Die tweede grond is dat die ouers ‘n redelike keuse met inagneming van moontlike mediese behandeling en gebaseer op verantwoordelike mediese gesag gemaak het.71

Vyf jaar na die saak was daar ‘n opvolg oor haar status in die Newsday. Daar is berig dat sy beter doen as wat almal verwag het sy praat, woon skool by en leer om te meng met haar ouderdomsgroep. Sy kan steeds nie loop nie en kom oor die weg in ‘n rolstoel, maar haar vordering verstom almal.72

6 3 3 Baby K

73

Op versoek van haar moeder is Baby K, ‘n anensefaliese baba, kort na geboorte op ventilasie geplaas as gevolg van ‘n asemhalingsnood.74 Die hospitaal, in ooreenstemming met standaard mediese prosedures vir die behandeling van anensefaliese babas, het voorgestel dat behandeling slegs uit hitte, voedsel en water bestaan.75 Met hierdie “comfort care” sou Baby K, soos alle ander anensefaliese babas, sterf.76

69

Bouregy 1988 New York Law School Journal of International and Comparitive Law 390 [Bouregy kry hierdie inligting uit ‘n boek van J Lyon (Playing God in the Nursery 1985) waarin daar onder andere onderhoude met die betrokke partye gevoer is].

70

United States v University Hospital of the State University as Stony Brook US District Court ED New York supra 610.

71

Bouregy 1988 New York Law School Journal of International and Comparative Law 422.

72

Flynn Issues in Medical Ethics (1997) 86.

73 In re Baby K 16 F.3d 590 (4th Cir. 1994). 74 In re Baby K 593. 75 In re Baby K supra 592. 76

Baby K se moeder het op grond van geloofsoortuigings aangedring op volgehoue

lewensonderhoudende ondersteuning wat die gebruik van die ventilator ingesluit het.77

Die hospitaal personeel en Baby K se moeder kon nie ‘n ooreenkoms bereik oor die tipe en omvang van behandeling nie. Die hospitaal se etiese komitee het voorgestel dat behandeling gestaak moet word omdat dit futiel is en die hospitaal het ‘n aansoek gebring om ‘n bevel te kry sodat hulle nie verdere futiele behandeling hoef te verskaf nie. 78 Baby

K se vader (wat nie getroud was met die moeder nie en nooit aktief betrokke was by Baby K se versorging nie) en haar voog het die hospitaal se aansoek gesteun.79

Die verhoorhof het ten gunste van die moeder se wense bevind omdat die Emergency

Medical Treatment and Active Labor Act (EMTALA)80 stabilisering van die pasiënt in noodsituasies vereis.81 Die verhoorhof het geweier om die hospitaal se argument, naamlik dat Child Abuse Prevention and Treatment Act82 in ag geneem moet word, te oorweeg omdat die hospitaal nooit deel was van die Virginia Child Protective Services, die agentskap verantwoordelik vir die toepassing van die wysigings, nie.83

Die Court of Appeals het ook ten gunste van die moeder bevind en ventilasie beveel vir die 16 maand oue baba.84

Hierdie beslissing is as buitengewoon beskou omdat anensefalie fataal is en die meeste babas met hierdie toestand gewoonlik kort na geboorte sterf .85

Die Baby K beslissing is ‘n sterk kontras met die beginsels wat neergelê is deur die wysigings van die Child Abuse Prevention and Treatment Act.86 Laasgenoemde wet

77

In re Baby K supra 593; Merrick 1995 Journal of Legal Medicine 202.

78

In re Baby K supra 593.

79

In re Baby K supra 593.

80

Emergency Medical Treatment and Active Labor Act 1986.

81

In re Baby K 832 F. Supp. 1022 (E.D. Va. 1993) at 1027.

82

Child Abuse Prevention and Treatment Act 1984..

83

In re Baby K 832 F. Supp. 1022 at 1029.

84

In re Baby K 592.

85

Merrick 1995 Journal of Legal Medicine 189.

86

bepaal onder andere dat mediese personeel geen behandeling aan ‘n defektiewe baba hoef te verskaf as ‘n pasgeborene sterwend of in ‘n onomkeerbare bewustelose toestand is nie. ‘n Anensefaliese baba soos Baby K val in hierdie kategorie. Verder maak die Child Abuse

Prevention and Treatment Act87 ook voorsiening vir gevalle waar behandeling futiel is. Dit was die geval in die Baby K-saak. Die respiratoriese behandeling het slegs die sterwensproses verleng.88

Die uitspraak het baie kritiek uitgelok omdat die behandeling as futiel beskou is: Baby K sou vir die res van haar lewe bewusteloos wees sonder die vermoë om enige vorm van interaksie hoegenaamd te hê.89 Ten spyte van die sekerheid met betrekking tot Baby K se prognose vir geen betekenisvolle lewe nie en haar onvermydelike dood, het die hof die hospitaal en geneeshere beveel om behandeling voort te sit omdat die baba ‘n reg op lewe het.90 As die hof in Baby K ernstiger oorweging aan die Child Abuse Prevention and

Treatment Act91 verleen het, sou die beslissing dalk die baba se welstand beter gereflekteer het.92 Clayton argumenteer dat hierdie saak die samelewing konfronteer met die werklikheid, naamlik dat die handhawing van biologiese bestaan nie ‘n doel is wat die samelewing altyd ten alle koste moet najaag nie. Hy is van mening dat ‘n baba met anensefalie sorg en gemak verdien, maar dit beteken nie noodwendig dat die baba se lewe deur mediese tegnologie behou moet word nie.93