• No results found

3 3 Lede van die mediese professie as besluitnemers

By algemene mediese besluitneming kan daar twee modelle geïdentifiseer word. Die ingeligte toestemming model verplig geneeshere om die pasiënt (of die pasiënt se gesin) in te lig omtrent alle voor- en nadele van moontlike behandeling. Ouers moet ingelig word omtrent alle moontlike behandelingswyses, alle relevante mediese feite met betrekking tot die situasie, die vooruitsig op herstel en beterskap en die prognose. Die ander model is dié van instemming: die pasiënt (of surrogaat besluitnemer) word aangemoedig om toe te stem tot die besluit wat reeds deur die mediese personeel geneem is.36

‘n Verdere opsie, wat nie suiwer by een van bogenoemde modelle inpas nie, kom voor by besluitneming in verband met defektiewe babas. Alhoewel ouers meestal betrokke is by die besluitnemingsproses, is inligting en keuses tot hul beskikking soms beperk. Dit kan byvoorbeeld gebeur waar mediese personeel en die ouers verskil oor die tipe mediese behandeling wat toegepas moet word.37 Die mediese personeel sal dan ‘n enkele opsie in verband met die prognose en behandeling voorstel met die oogmerk dat die ouers moet saamstem daarmee.38 Die ouers het dus nie hier ‘n geleentheid om deel te neem in die oorweging van alternatiewe nie.

34

MacMillan “Birth-defective Infants: A Standard for Nontreatment Decisions” 1978 Stanford Law Review 599 633.

35

MacMillan 1978 Stanford Law Review 629.

36

Kovach 2000 Capital University Law Review 267.

37

Kovach 2000 Capital University Law Review 267.

38

‘n Studie in ‘n prenatale sentrum in Zürich het getoon dat ouers in 92% van die gevalle betrokke was by die besluitnemingsproses.39 In al die gevalle, behalwe een, het die ouers ingestem met die span (drie neonatoloë, drie neonatale verpleegsters, ‘n etikus en ‘n predikantsvrou) se besluit.40 McHaffie het getoon dat die meerderheid NISE dokters en verpleegsters van mening is dat ouers betrokke moet wees by die besluit, maar net drie tot ses persent van hulle het gevoel dat die ouers verantwoordelikheid moet neem vir die besluit.41

‘n Soortgelyke posisie kom in Skotland voor waar ‘n empiriese studie getoon het dat die meerderheid dokters en verpleegsters van mening is dat die finale besluit nie deur die ouers geneem moet word nie omdat dit ‘n te groot verantwoordelikheid op hulle plaas.42 Die meerderheid ouers is egter van mening dat hulle die verantwoordelikheid moet aanvaar en dat hulle graag self die finale besluit wil neem.43

Daar is verskeie redes waarom die status as primêre besluitnemer volgens sommige aan geneeshere toegeken behoort te word:44

3.3.1.1 Geneeshere beskik oor die vereiste mediese kennis en opleiding wat nodig is om die baba se kanse op oorlewing objektief te bepaal.45

3.3.1.2 Geneeshere het ook die kundigheid en ervaring om situasies soos hierdie te hanteer.46

3.3.1.3 Ouers kan maklik swig onder emosionele spanning en gevolglik is geneeshere in staat om ‘n meer objektiewe waarneming te maak in die beste belang van die baba en om rasionele besluite te neem.47

39

Arlettaz, Mieth, Bucher, Duc & Fauchère “End-of-life decisions in delivery room and neonatal intensive care unit” 2005 Acta Pediatrica 1626 1630.

40

Arlettaz et al 2005 Acta Pediatrica 1630.

41

McHaffie soos aangehaal deur Arlettaz et al 2005 Acta Pediatrica 1630.

42

McHaffie, Laing, Parker & McMillan “Deciding for Imperiled Newborns: Medical Authority or Parental Autonomy? ”2001 Journal of Medical Ethics 104 106.

43

McHaffie et al 2001 Journal of Medical Ethics 106, 107.

44

Kovach 2000 Capital University Law Review 261.

45

Philips 1992 Capital University Law Review 928.

46

Daar is egter ook teenargumente vir die stelling dat geneeshere die primêre besluitnemers behoort te wees by besluite soos hierdie:

3.3.2.1 Geneeshere se besluit om te behandel of nie kan beïnvloed word deur hul eie persoonlike, godsdienstige en etiese oorwegings in verband met die kwaliteit van lewe.48

3.3.2.2 Geneeshere voel ook dikwels dislojaal teenoor die mediese professie as hulle “opgee” deur geen behandeling toe te pas nie of as hulle behandeling onttrek.49 3.3.2.3 In sommige gevalle mag die gevaar selfs bestaan dat dokters die fyn lyn tussen

eksperimentele- en konvensionele behandeling oorskry.50

Ander mediese personeel, byvoorbeeld die verpleegsters, is ook soms betrokke by die besluitnemingsproses omdat hulle op ‘n daaglikse basis verantwoordelik is vir die sorg en behandeling van die baba.51 Hulle kan ‘n bydrae tot besluitneming maak omdat hulle vertroud is met die daaglikse vordering of terugslae van die baba en op ‘n daaglikse basis die ouers se emosionele toestand en ingesteldheid teenoor die baba waarneem. Soms kan ander mediese konsultante soos pediatriese kardioloë, neuroloë en chirurge ook betrokke wees by besluitneming omdat hulle meestal deskundiges is in ‘n spesifieke mediese veld en ‘n verantwoordelike prognose met betrekking tot die baba se vooruitsig op beterskap en ‘n kwaliteit lewe kan maak.52

In die geheel gesien is mediese personeel egter nie beter opgelei as ouers of ander besluitnemers om morele besluite te neem in situasies soos hierdie nie.53

47

Moor 1996 Medicine and Law 307.

48

Philips 1992 Capital University Law Review 930.

49

Philips 1992 Capital University Law Review 928.

50

Stokley 1994 North Dakota Law Review 152.

51

Kovach 2000 Capital University Law Review 261.

52

Kovach 2000 Capital University Law Review 261.

53

Moor 1996 Medicine and Law 308; Soos reeds gesien in Hoofstuk 2 is medici die beste opgelei om die mediese besluite te neem by selektiewe nie-behandeling van defektiewe babas. Die aard van morele oorwegings betrokke by hierdie tipe besluite, bring mee dat daar moeilik ‘n hiërargie van besluitnemers uitkristalliseer.