• No results found

Mediese vooruitgang in die algemeen en ontwikkelings op die gebied van mediese tegnologie in die besonder, maak dit toenemend moontlik vir defektiewe babas om te oorleef.102 Dit is egter die kwaliteit van die defektiewe baba se lewe wat oorweeg moet word by einde van lewe besluite.103 Die kwaliteit van lewe benadering suggereer dat lewe as sulks betekenis het, maar dat dit ook die potensiaal inhou om betekenis- en waardevol

97

Sidler Medical Futility as an action guide 23.

98

Sidler Medical Futility as an action guide 23.

99

Shelp Born to die? (1986) 133.

100

Curry 1995 Cumberland Law Review 635.

101

Nel 1998 THRHR 79.

102

Pierce, Kenny, Peters, Mok & Petros “End-of-life Decisions for Newborn Infants” 2000 The Lancet 946 946.

103

te wees.104 Voorstanders van hierdie benadering voer aan dat besluitnemers bestaande asook toekomstige voordele van die behandeling en die moontlikheid om die lewe te geniet moet opweeg teen die nadele soos pyn en lyding.105 Die kwaliteit van lewe benadering vereis nie maksimum behandeling om biologiese lewe in alle gevalle te behou nie. So ‘n benadering is in stryd met algemeen aanvaarde morele- en godsdienstige opvattings oor die aard van menswees. Laasgenoemde opvattings gee betekenis aan genot, emosie, denke, waardering en interaksie met ander.106 Lupton argumenteer dat menslike lewe meer omvattend is as slegs sekere biologiese funksies soos ‘n hartklop, respirasie en spysvertering.107 Hy voer aan dat menslike lewe ten minste ’n element van serebrale funksionering moet bevat en dat menslike lewe dus ’n kombinasie van die biologiese en serebrale is.108

Dit is duidelik uit bogenoemde dat voorstanders van die kwaliteit van lewe beginsel erken dat daar sekere gevalle is waar dit meer genadig en regverdig is om ’n defektiewe baba te laat sterf.109 Gevolglik moet besluite oor die mediese behandeling vir defektiewe babas geneem word deur te kyk na die tipe lewe wat die kind gaan lei indien sy lewe verleng word deur behandeling.110 Ondersteuners van die kwaliteit van lewe benadering argumenteer dus dat behandeling regmatig weerhou kan word van ’n defektiewe baba as ’n objektiewe benadering daarop dui dat dit nie die moeite werd is om die baba aan die lewe te probeer hou nie. Die kwaliteit van lewe beginsel word hier in die vorm van die redelike persoon toets toegepas: Sou die redelike persoon in dieselfde omstandighede as die defektiewe baba, eerder gekies het om te sterf?111 In aansluiting hierby is dokters van mening dat dit in sekere omstandighede oneties is om intensiewe sorg aan ernstige

104

Wilder 2000 Journal of Perinatal and Neonatal Nursing 44 48.

105

Stokley “Withdrawing or Withholding Medical Care from Premature Infants: Who should decide and how?” 1994 North Dakota Law Review 129 144.

106

Stokley 1994 North Dakota Law Review 144.

107

Lupton “ Clarke v Hurst NO: A living will, brain death and the best interests of a patient” 1992 SACJ 343 346.

108

Lupton 1992 SACJ 346.

109

Fine “Government As God: An Update On Federal Intervention In The Treatment Of Critically Ill Newborns” 2000 New England Law Review 343 351.

110

Moor 1996 Medicine and Law 304: Sien byvoorbeeld Jonathan Glover se argument dat die vraag oor beëindiging van lewe beslis moet word deur te kyk na die kwaliteit van die baba se lewe en dan jouself af te vra of jy, in die baba se posisie, eerder sou verkies om te sterf as om só ‘n lewe in vooruitsig gestel, lei.

111

defektiewe babas te verskaf.112 Die onderliggende filosofie agter selektiewe nie- behandeling van defektiewe babas is dat dit die geneesheer se plig is om nie lyding onnodig te verleng in gevalle waar die baba se kans vir aanvaarbare groei en ontwikkeling gering is nie.113 Die kwaliteit van lewe is dus ’n integrale aspek van die baba se beste belang.114

In die geval waar ‘n baba ‘n ernstige neurologiese abnormaliteit het, word lewensondersteuning dikwels onttrek waar ouers en geneeshere ooreenstem dat die nadele en newe-effekte van voortgesette mediese behandeling swaarder weeg as die voordele daaraan verbonde om die baba se lewe te verleng.115

Andrew Whitelaw, ‘n konsulterende geneesheer, het die gevolge van behandeling van defektiewe babas oor ‘n tydperk van vier jaar openbaar. Hierdie babas was ernstig gestrem en gevolglik is die weerhouding van behandeling bespreek. Die kriteria vir die weerhouding van behandeling was òf “geen betekenisvolle lewe” òf “groot moontlikheid van dood”. Alhoewel daar geen twyfel was dat die oorlewendes bly was om te lewe nie, het die kinders wat oorleef het met ernstige verstandelike gestremdhede, blindheid en stuipe ‘n patetiese en vreugdelose bestaan met voortdurende hospitaalbesoeke gehad en hulle het ook geweldige spanning op hul gesinne geplaas. Whitelaw sluit af deur te sê dat as hy hierdie uitkoms kon voorsien tydens intensiewe sorg, sou hy die weerhouding van behandeling voorgestel het.116

112

Pierce et al 2000 The Lancet 946.

113

Moor 1996 Medicine and Law 298; Sien bespreking op bladsye 13-15..

114

Snyder 1996 Medicine and Law 286; Sien byvoorbeeld Walters “Life-sustaining Medical Decisions Involving Children: Father Knows Best” 1998 Thomas M. Cooley Law School 115 116 waar Helen Harrison, die moeder van ’n ernstig gestremde negentienjarige kind, by geleentheid gesê het dat dit nie in die beste belang van ’n kind is om hom aan die lewe te hou as dit beteken dat hy lewenslank pyn en lyding gaan verduur nie.

115

Singh, Lantos & Meadow “End-of-life after birth: death and dying in a neonatal intensive care unit” 2004 Pedriatics 1620 1623.

116