• No results found

Les lieux de mémoire en Mary Sibande se A reversed retrogress (Scene I)

3.4 Narratiewe herinnering in A reversed retrogress (Scene I) deur Mary

3.4.3 Les lieux de mémoire en Mary Sibande se A reversed retrogress (Scene I)

Volgens Nora (1989:9) sal herinneringe in die konkrete soos ruimtes, geboue, beelde en objekte wortel skiet en die omgewing tot die narratief van die kunswerk bydra. Daar word hierdeur op twee vlakke van lieux de mémoire, naamlik Sibande en Sophie/pers figuur en die aanskouer se rol in die area van die kunswerk gefokus. Die eienskappe van lieux de mémoire stem ook ooreen met installasiekuns57 en die ervaring van die aanskouer word hierdeur benader.

Sibande se werk het volgens Brown (2011:76) ʼn teatrale kwaliteit. Sophie en die pers figuur word op ʼn verhoog geplaas onder ligte en dit is hier waar die toneel afspeel. Die inspirasie tot hierdie teatrale gevoel kan volgens Dodd (2012:472) na haar kinderjare teruggetrek word waar dit soos genoem, vir Sibande ʼn storieboekervaring was om in die groot huise waar haar ouma gewerk het te speel. Hierdie groot oop ruimtes word oorgedra na die uitstalruimte waar Sophie alleen op die vloer vertoon word. Rondom A reversed retrogress (Scene I) laat gevolglik genoeg ruimte vir die aanskouer om die kunswerk te beleef en ervarings te skep.

Figuur 3-26 Mary Sibande, A

reversed retrogress (Scene I), 2013.

Poliëster, katoen, veselglas en hars. Grootte mag varieer. Galery A.

Figuur 3-27 Mary Sibande, A reversed

retrogress (Scene I), 2013.

Poliëster, katoen, veselglas en hars. Grootte mag varieer. Galery B.

Installasiekunswerke is plekgebonde en elke aanskouer wat die area besoek sal dit lank nadat die installasiewerk verwyder is, steeds met die omgewing assosieer. Indien dieselfde kunswerk in ʼn ander ruimte besigtig word, sal die ervaring verskil omdat selfs die individu nie in dieselfde narratiewe identifikasie ruimte sal wees tydens ʼn volgende besoek nie. Die rol van die aanskouer is om die kunswerk te voltooi sodra sy die ruimte betree. Dit is ook in hierdie ruimte waar die narratiewe herinneringe van die aanskouer ten opsigte van Sophie en Sibande gevorm word. Die aanskouer neem op hierdie wyse ook deel aan die konflik tussen die figure en word deel van die narratief wat Sophie se transformasie behels. ʼn Unieke eietydse herinnering word tydens die besoek aan die galery gevorm en bewaar hierdeur die beleefde ervaring om later oorvertel te word.

Die plasing van A reversed retrogress (Scene I) in Figuur 3-26 en Figuur 3-27 wys hoe hierdie kunswerk in die middel van die ruimte staan sodat die aanskouer onverdeelde aandag aan die werk gee. Beide Sophie en die pers figuur verkeer in ʼn stryd vir ruimte (Corrigall, 2015:161). Die figure staan oorkant mekaar op ʼn wyse wat spanning en konflik impliseer omdat albei figure met hul een arm gelig terugdeins. Baderoon (2014:188) is van mening dat die aanskouer se oë na die oriëntasie van Sophie se liggaam getrek word waar haar gebare met stase en beweging speel. Daar word in hierdie ruimte van konflik ʼn lieu de mémoire geskep omdat die galery ʼn plek van herinneringe word.

Die aanskouer se narratiewe herinneringe word aangevul terwyl sy die kunswerk besigtig. Myns insiens vul die narratiewe herinneringe van Sibande/Sophie ook die aanskouer aan. In die spesifieke werk A reversed retrogress (Scene I) word daar nuwe narratiewe herinneringe geskep – nie net vir die aanskouer nie, maar ook vir Sophie. Hierdie narratiewe herinneringe is belangrik vir Sophie omdat dit al is wat oorbly nadat sy deur haar pers transformasie gegaan het.

Sophie se herinneringe word ook in die spesifieke ruimte gekristalliseer. Die ruimte waarin sy haarself bevind sal tot die einde van tyd deel vorm van haar transformasie tydperk. Nuttall (2014:170) beskryf dat daar ʼn intrinsieke band tussen Sibande as kunstenaar en Sophie as haar skepping is. Dit is soms moeilik om ʼn onderskeid te tref tussen Sophie en Sibande, omdat hulle so nou aan mekaar verbind is. In die galeryruimte is Sophie ʼn mannekyn wat vanaf Sibande se lyf gevorm is, terwyl Sibande die rol van Sophie in die fotografiese afbeeldings fisies vertolk. Die

lieu de mémoire van Sibande/Sophie word sodoende saam gevorm in die galeryruimte omdat

albei daar teenwoordig is. Sophie is ʼn kern van Sibande omdat sy Sophie vanuit haar eie herinneringe en haar eie liggaam af gevorm het.

3.5 En résumé

In hierdie gedeelte is narratiewe herinneringe in die werke van Sibande bespreek. Daar is na verskeie werke in haar oeuvre verwys om ʼn algehele indruk van die narratiewe te verkry. Die outobiografiese herinneringe van Sibande is gevorm deur ervarings in haar kinderjare, mondelinge verhale sowel as die invloed van vroue in haar familie: invloede wat aanleiding gegee het tot die skep van ʼn alter ego in haar werke. Die historiese herinneringe wat Sibande geïnspireer het, was onder andere die gebeurtenis waar pers verf op protesterende individue gespuit is. Sibande se mimetiese herinneringe behels die praktiese kennis wat sy vanaf haar ma en oumas geleer het, byvoorbeeld werksetiek. Volgens Assmann (2011:5) is materiële herinneringe die narratiewe van Sophie wat in objekte (haar rok) vasgevang is. Malcomess (2008:133) is van mening dat Sibande die medium en materiaal as middele gebruik om herinneringe, geskiedenis en kultuur te verken. Die kommunikatiewe herinneringe fokus op die titels van die werke. Die titels van Sibande se kunswerke is hierdeur oop vir interpretasie omdat dit nie na ʼn spesifieke narratief verwys nie. Met die hulp van paratekste word hierdie narratiewe vir die aanskouer beskikbaar gestel.

Sibande het haar (en Sophie) se kollektiewe herinneringe in A reversed retrogress geïnkorporeer sodat die aanskouers deur eietydse herinneringe dit kan ontgin. Verskeie kenmerke van installasiekuns kom na vore in die proses waarin eietydse herinneringe geskep word en daar is hierop uitgebrei. ʼn Begrip nou verwant aan installasiekuns het hierop gevolg en die Lieu de

besig om ʼn gedaanteverwisseling te ondergaan en die ruimte (galery) waarin dit plaasvind, dra by tot die narratief van die verhaal. Elke aanskouer is hierdeur deel van die transformasieproses. Dit is duidelik dat Sibande klem lê op haar persoonlike narratiewe herinneringe. Deur die proses waar sy ʼn spesifieke tema kies vir haar werke raak sy wel verskeie kere aan ʼn kollektiewe herinnering. Herinneringe blyk ook ʼn belangrike kern vir haar kunswerk as narratief te wees en is myns insiens ʼn waardevolle bron vir Sibande se inspirasie asook die vorming van ʼn identiteit.