• No results found

2.1 Paratekstuele elemente van ʼn kunswerk

2.3.2 Groeps en individuele identiteit

Identiteit is nie net tot ʼn individu beperk nie, maar sal ook binne ʼn groep kan manifesteer. Daar is byvoorbeeld sekere reëls waaraan die individue moet voldoen om aan die groep te behoort. Die identiteit van ʼn persoon of gemeenskap word volgens Ricoeur (1994:121) deur die waardes,

36 Numeriese identiteit verwys na twee weergawes van ʼn gebeurtenis. Hierdie gebeurtenisse vorm een

in dieselfde eerder as twee aparte geleenthede. Kwalitatiewe identiteit word as uiterste gelykvormigheid beskryf byvoorbeeld x en y dra dieselfde hemp. Hierdie klere is so eenders dat die verskil nie merkbaar is indien hulle wil uitruil nie. Numeriese en kwalitatiewe identiteit is volgens

norme, ideale, modelle en helde waarmee die persoon homself in die samelewing herken, geskep. ʼn Individu sal sodoende inspirasie vanuit die gemeenskap of groep kry. Deur ʼn proses van sosiale vergelyking word individue, wat eie is aan die self, gekategoriseer by die ‘in’-groep waar individue wat hiervan verskil in die ‘uit’-groep geplaas word (Stets & Burke, 2000:225). Individue sal meer aangetrokke wees tot ʼn groep individue wie se gewoontes en persoonlikhede ooreenstem.

ʼn Sosiale groep word volgens Stets en Burke (2000:225) opgemaak uit ʼn aantal individue wat ʼn algemene sosiale identiteit van hulself as lede van dieselfde groep het of hulself as die lede van dieselfde sosiale kategorie sien. Binne hierdie groep se identiteit het die individu steeds haar eie persoonlike identiteit. Volgens Ricoeur (2006:105) is persoonlike identiteit slegs ʼn tydelike identiteit. ʼn Persoonlike of individuele identiteit is tydelik omdat dit vloeibaar is en nie vas nie. In hierdie groepe maak die individue ook staat op die groep se narratiewe en herinneringe om koalisie binne die groep te verkry. ʼn Individu moet volgens Ricoeur (1994:133) in staat wees om mnemoniese37 deurlopendheid te hê sonder om enige verwysings na myne, joune, syne of hare

te maak, daar sal in kort ʼn ‘een se eie’ herinneringe wees. Hierdie herinneringe en narratiewe moet ʼn eenheid binne die groep bied en ooreenstem met almal se oortuigings van die gebeurtenis.

Daar is verskeie groepe waaraan ʼn individu reeds behoort sonder dat sy buite haar gemaksone beweeg, byvoorbeeld familie, kultuur en selfs die portuurgroep. Elke groep bevat ook sy eie stel van herinneringe en identiteite om die lede te onderhou. Kulturele herinneringe speel volgens Punt (2011:153) ʼn belangrike rol in die konstruering en instandhouding van ʼn groepsidentiteit omdat groepe die sosiale patrone en agtergrond vir koherente en langdurige herinneringe skep. Die kulturele groepe skep groep spesifieke tradisies waarin die individue hulself in kan uitleef.

2.3.2.1 Identiteit en herinneringe

Die skep van tradisie was ʼn gebruik wat volgens Said (2000:179) deur verskeie owerhede geïmplementeer was om massa samelewings te oorheers. Die tradisies word geskep omdat klein sosiale strukture soos families en dorpies begin ontbind het en owerhede ʼn manier gesoek het om ʼn groot aantal mense met mekaar te verbind. Volgens Olick (1999:333) speel kollektiewe herinneringe ʼn belangrike rol in die politiek en samelewing. Die skep van tradisie word dan ʼn metode om kollektiewe herinneringe selektief vir die manipulering van nasionale verlede tesame met die onderdrukking van ander te gebruik. Said (2000:179) kom tot die gevolgtrekking dat herinneringe bruikbaar is, maar nie noodwendig outentiek is nie. So sal sommige herinneringe in

sekere kontekste meer gewig as ander dra. Byvoorbeeld die oorvertel van ʼn persoonlike intieme ervaring sal beter in ʼn een-tot-een situasie aanvaar wees as in ʼn groot groep.

Punt (2011:155) verduidelik dat narratiewe identiteite deur herinneringe geaktiveer word, waar herinneringe as sosiale konstruksies die weg vir herkonstruksie deur narratiewe in die strewe na verandering en nuwe betekenis baan. Identiteit en herinneringe beïnvloed en ondersteun mekaar in die vorming van narratiewe identiteit sowel as narratiewe herinneringe.

In hierdie afdeling is die vorming en eienskappe van narratiewe identiteit bespreek. Hierdie narratiewe word deur middel van paratekste ontgin om die kunswerke in hierdie studie te bespreek. Daar is verwys na die vorming van ʼn individu se narratiewe identiteit op ʼn persoonlike- en groepsvlak. Daar is ook geargumenteer dat die individu se outobiografie ʼn belangrike parateks is. Die idem en ipse van Ricoeur is bepreek om die blywendheid in tyd van ʼn individu se narratiewe identiteit te verstaan. Hierdie afdeling is afgesluit met ʼn bespreking van groeps- en individuele identiteit waar daar verwysings gemaak word na narratiewe herinneringe en hoe dit tot narratiewe identiteit bydra.

Ten slotte kan ons Confino (1997:1391) se stelling oor die interpretasie van ʼn kunswerk volg. Confino verduidelik dat wanneer ons ʼn kunswerk interpreteer, ons nie net moet aanneem dat afbeeldings ʼn deursigtige uitdrukking van politieke en sosiale waardes is nie. Hy beskryf dat die kuns ʼn misleidende sleutel vir die vasstel van politieke en sosiale ontwikkeling kan wees. Hiervolgens is paratekste nodig om die kunswerk se betekenis en narratiewe te bekom. Die kunswerk sal myns insiens eers ‘lewe kry’ die oomblik as ʼn aanskouer dit waarneem en begin interpreteer. Confino (1997:1391) skryf dat ons die tussengangers van die sosiale wêreld en die kunstige verteenwoordiging moet ondersoek. Myns insiens verwys Confino hier na die aanskouer wat as deelnemer in die (installasie)kunswerk funksioneer. In hierdie geval is paratekste noodsaaklik in die bespreking van die kunswerk, omdat deur die aanskouer se deelname en interpretasie van die parateks word die narratief van die werk “lewendig”.