• No results found

LEESBENADERINGS, METODES, STRATEGIES EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

LEESBENADERINGS, METODES, STRATEGIEE EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

HOOFSTUK 4: LEESBENADERINGS, METODES, STRATEGIES EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

(Shanker & Ekwall, 1998:17).

• Vlak 3: Lees- en studievaardighede (Graad 4 en hoer)

Op Vlak 3 behoort die leser woordeboekvaardighede aan te leer en oor die nodige leesvaardighede beskik om te kan studeer (Shanker & Ekwall, 1998:18).

Omdat hierdie studie in die Grondslagfase neerslag vind sal Vlak 1 en 2 (Shanker & Ekwall, 1998:16-18) as norm gebruik word in die afbakening van leesvaardighede wat aan Grondslagfase-leerders onderrig behoort te word. In hierdie studie word daar na lesers wat op Vlak 1 en 2 funksioneer verwys as vroee, beginner- of aanvangslesers.

Simpson (2001:86) meen dat aanvangsleesbenaderings en -metodes basies tot die volgende drie hoofbenaderingswyses gereduseer kan word:

• Die sintetiese benadering (vaardigheidsgerigtebenadering) ("skills-emphasis approach") wat ingebed is in die "bottom-up"-teorie;

• die analitiese benadering (heeltaalbenadering) wat ingebed is in die "top-down"- teorie; en

• die sinteties-analitiese benadering (gebalanseerde leesbenadering) wat ingebed is in interaktiewe en transaksionele teoriee.

Die Summer Institute of Linguistics (SIL) International (1999) definieer 'n leesbenadering as 'n metode of wyse wat gebruik word om vroee lesers (aanvangs-/beginnerlesers) te leer lees. EIke benadering word gekenmerk deur 'n eiesoortige invalshoek, maar tog is dit so dat benaderings met mekaar oorvleuel, omdat daar gemeenskaplike eienskappe is wat in alle benaderings voorkom. Wanneer navorsingsversiae van Bergeron (1990:301-330) en ander navorsers bestudeer word, is dit duidelik dat vroee leesonderrig en die gepaardgaande

HOOFSTUK 4: LEESBENADERINGS, -METODES, -STRATEGIES EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

leesbenaderings en onderrigmetodes die afgelope jare baie aandag geniet het. Juel (1998:437) en Pressley (2006:15) skryf hierdie toenemende belangstelling toe aan die feit dat leerders toenemend minder lees en daarom veelvuldige leesprobleme het.

Aangesien die onderrig van sigwoorde (hoefrekwensiewoorde) (vgl. Figuur 4.1) deur Shanker en Ekwall (1998:16) as een van die vaardighede van lees geTdentifiseer is, behoort hoefrekwensiewoorde nie in isolasie aangeleer te word nie, maar wel in die raamwerk van 'n leesbenadering.

Die vaardigheidsgerigte-, die heeltaal- en die gebalanseerde leesonderrigbenadering word vervoigens volledig geanaliseer en vergelyk. Dit is belangrik dat die historiese oorsprong, aard en die voor- en nadele van genoemde leesonderrigbenaderings, ten opsigte van vroee leesonderrig, deeglik ondersoek sal word.

4.2.1 DIE VAARDIGHEIDSGERIGTEBENADERING ("SKILLS-EMPHASIS APPROACH")

Die vaardigheidsgerigtebenadering tot lees word gebaseer op die aanname dat leerders sekere vaardighede moet aanleer om te kan lees (Ekwall & Shanker, 1985:8; Beck & Juel, 1995:22; Pressley, 2006:26). Reeds so vroeg as 1974 het Gross et al. (1974:782) die vaardigheidsgerigtebenadering soos volg beskryf:

"A critical part of any reading or language arts program is the teaching of the skills underlying the reading process. Without the basic skills, it is virtually

impossible for a student to read new material with success."

Harste en Burke (1977:32) ondersteun die mening van Gross et al. (1974:782), maar tref 'n onderskeid tussen die "phonics approach"29, wat lees definieer as 'n proses waartydens

letters in klanke omgesit word en die vaardigheidsgerigtebenadering, wat lees definieer as 'n hierargie van vaardighede wat onder andere die onderrig van "phonics" en woordherkenning insluit.

In hierdie studie word die Engelse term "phonics approach" gebruik, aangesien daar nie tans 'n erkende Afrikaanse term daarvoor bestaan nie.

HOOFSTUK 4: LEESBENADERINGS, -METODES, -STRATEGIEE EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

Barchers (1998:23) meen dat die "bottom-up"-teorie klem le op die verwerwing van vaar- dighede om tot leesbegrip te kom en daarom in wese ooreenstem met die vaardigheids- gerigtebenadering. Pressley (2006:422) stel dat die vaardigheidsgerigtebenadering impliseer dat lees staat maak op die ontwikkeling van vaardighede en die onderrig daarvan (in die verskeie grade/ouderdomsvlakke). In 'n mindere mate in Graad R en spesifiek in Graad 1 moet leerders kan onderskei tussen letters, die klankname van letters ken en letter-klank- assosiasies kan maak. Navorsers (Fox, 2000:3; Armbruster et al., 2001:3) definieer "phonics" as die verwantskap tussen die letters van 'n taal in geskrewe vorm en die klanke van dieselfde taal in gesproke woorde. Hoover (2002:10) beskou die onderrig van "phonics" as 'n onderrigbenadering, maar Lessing en de Witt (2003:275) en Williams (2006:126) beskou dit as 'n onderrigmetode.

Vir die doeleindes van hierdie studie ondersteun die navorser die aanname van Harste en Burke (1977:32) asook Hoover (2002:10) en interpreteer "phonics" as 'n onderrigbenadering en een van die komponente wat in 'n vaardigheidsgerigtebenadering onderrig behoort te word. Vervolgens word die "phonics approach" as komponent van die vaardigheidsgerig­ tebenadering bespreek.

4.2.1.1 DIE "PHONICS APPROACH" A S ' N KOMPONENT VAN DIE

VAARDIGHEIDSGERIGTEBENADERING ("SKILLS-EMPHASIS APPROACH")

Byrnes (1996:103) sowel as Davin en Van Staden (2005:104) meen dat die "phonics approach" impliseer dat leerders vaardighede bemeester deur te vorder van letters en die klanke wat die letters voorstel, na die sintetisering van woorde (uit die klanke van die letters), om uiteindelik sin te maak uit woorde in sinne. Terwyl leerders hierdie vaardighede bemeester word daar aangeneem dat hulle leesbegrip outomaties sal ontwikkel (Davin & Van Staden, 2005:104; Burns, 2006:52). Die onderrig van "phonics" impliseer verder ook dat woordeskat gegradeerd van maklik na moeilik aangeleer moet word en dat bekende woorde herhaaldelik gebruik sal word, sodat lesers die nodige inoefening en ervaring kan opbou (Davin & Van Staden, 2005:105). Jordaan (1991:282) beweer dat die "phonics approach", veral in tale soos Afrikaans, waardevol is, maar waarsku dat dit kan lei tot woord-vir-woord- lees, omdat dit moeilik is om die gewoonte om elke woord uit te klank, af te leer.

Stahl et al. (1998:342) analiseer navorsing wat gedoen is oor die onderrig van "phonics" en kom tot die gevolgtrekking dat daar verskeie maniere is waarop dit onderrig kan word, maar dat daar geen bewyse is dat een metode beter as 'n ander is nie. Cunningham en Cunningham (2002:87) stem saam met Stahl et al. (1998:342) en stel dat daar nog vele uiteenlopende menings rakende die onderrig van "phonics" is. Die Amerikaanse National

HOOFSTUK4: LEESBENADERINGS, -METODES, -STRATEGIES EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

Reading Panel (2000b:2-92) loods 'n eksperimentele studie oor die onderrig van "phonics"

en rapporteer in hul navorsing dat die eksplisiete en sistematiese onderrig daarvan beter resultate lewer as 'n niesistematiese onderrigmetode. Die Amerikaanse National Reading

Panel (2000b:2-93) meld ook in hul verslag dat daar nie noemenswaardige verskille tussen

die effektiwiteit van die verskillende sistematiese onderrigmetodieke, wat tans gebruik word, is nie. Cunningham en Cunningham (2002:92) noem dat daar veral drie leerbeginsels is wat deur die verskillende sistematiese onderrigmetodieke erken word en sinoniem is tot die suksesvolle onderrig van "phonics", naamlik:

• fonemiese bewustheid;

• opeenvolgende dekodering; en

• die suksesvolle inoefening van "phonics" wat nie beperk behoort te word tot hoogs dekodeerbare teks nie.

Vervolgens word die drie leerbeginsels soos geTndentifiseer deur Cunningham en Cunning­ ham (2002:92) bespreek.

4.2.1.1.1 Fonemiese bewustheid

Volgens die HAT (2000:230) het die woord "fonemies" betrekking op die spraakklanke van 'n taal. Die internasionale fonetiese alfabet stel spesiale en alfabeties gerangskikte tekens voor wat gebruik word om die klanke van byna elke taal weer te gee. Fonemiese bewustheid handel oor die struktuur van woorde, eerder as oor die betekenis daarvan (Moats, 2002).

Hoover (2002:9) definieer fonemiese bewustheid as 'n kognitiewe vaardigheid wat uit drie dele bestaan. Die eerste deel is die linguistiese eenheid, die foneem; die tweede deel die eksplisiete bewustheid van die eenheid en laastens; dui die derde eenheid op die vermoe om voorafgenoemde eenhede eksplisiette kan manipuleer. Benson etal. (2004:10) argumenteer dat fonemiese bewustheid die vermoe is om kennis te neem, te dink oor en te werk met individuele klanke in die gesproke woord. Om die konstruksie van geskrewe woorde te verstaan moet lesers daartoe in staat wees om na te dink oor spel-tot-klankooreenkomste, hulle moet ook weet dat die geskrewe woorde uit grafeme30 bestaan wat met foneme31

ooreenkom (Adams etal., 1998; Sensenbaugh, 1999; Hempenstall, 2003).

Klas letters wat 'n klankeenheid voorstel (HAT, 2000:319). Kleinste lineere kenmerk van 'n woord (HAT, 2000:230).

H O O F S T U K 4 : LEESBENADERINGS, -METODES, -STRATEGIES EN DIE ONDERRIG