• No results found

OUTOMATIESE PROSESSERING

4.4.3.3 HERHAALDELIKE LEES AS ONDERRIGMETODE

Behalwe vir die onderrig en outomatisering van sigwoorde (hoefrekwensiewoorde), identifiseer Lerner en Kline (2006:382) ook herhaaldelike lees as metode om leesvlotheid te onderrig. Begeleide herhaaldelike leesmetodes soos herhaaldelike lees, saamlees, paarlees en eggolees verbeter nie net woordherkenning en leesvlotheid nie, maar het 'n konstante, positiewe effek op leesbegrip (Amerikaanse National Reading Panel, 2000b:3-3, 3-11).

Lerner en Kline (2006:383) meen dat herhaaldelike lees as onderrigmetode vanselfsprekend is en dat leesvlotheid en akkuraatheid beklemtoon moet word. Meyer (2002:16) stel drie stappe vir die onderrig van herhaaldelike lees:

• Die leerder lees 'n leesstuk wat op sy/haar vlak van ontwikkeling is totdat die verlangde leesspoed (gemeet in woorde per rninuut) verkry is.

• Na vasstelling van die verlangde leesspoed, lees die leerder nog 'n leesstuk op dieselfde moeilikheidsvlak totdat die vasgestelde leesspoed weer verkry is.

• Resultate van leesvlotheid word aangeteken om die nodige motivering aan die leerder te verskaf.

Lerner en Kline (2006:385-386) beskryf die volgende herhaaldelike leesprosedures as metodes om leesvlotheid te verbeter:

• Saamleesmetode: 'n Volwassene (byvoorbeeld die onderwyser, ouer of onderwysers- assistent) en een leerder lees die leestuk hardop saam. Armbruster et al. (2001:32) en Martin (2008:43) stel voor dat die volwassene leesvlotheid modelleer deur die aanvanklike voorlees van die teks. Daarna lees die leerder die teks hardop voor en die volwassene verskaf ondersteuning en aanmoediging. Die leerder gaan voort om die leesstuk te lees totdat hy/sy dit redelik vlot kan lees.

HOOFSTUK4: LEESBENADERINGS, -METODES, -STRATEGIES EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

• Paarlees: Twee leerders lees saam die leesstuk hardop voor. Armbruster et al. (2001:33) beveel aan dat 'n goeie leser tydens paarlees saam met 'n minder goeie leser lees. Die beter leser modelleer leesvlotheid deur die voorlees van die paragraaf of eerste bladsy, daarna lees die ander leser die gedeelte. Die beter leser verskaf hulp met betrekking tot woordherkenning en gee terugvoering en aanmoediging aan die ander leser. Die minder goeie leser lees die leesstuk totdat hy/sy dit onafhanklik kan lees.

• Eggolees: Die onderwyser modelleer hardop hoe die leesstuk behoort gelees te word en die leerders word dan gevra om die onderwyser se maniervan lees na te boots.

Armbruster et al. (2001:32) meen dat koorlees ("choral reading") ook as onderrigmetode erkenning behoort te kry. Koorlees ("choral reading") vind plaas wanneer die leerders in 'n groep saam met die onderwyser of 'n ander bedrewe leser lees. Om koorlees ("choral reading") te kan doen moet almal wat saamlees toegang tot dieselfde teks he. Leerders mag saam met die onderwyser uit 'n "big book" lees, of elke leerder kan hul eie kopie he. Vir die suksesvolle uitvoering van koorlees moet die onderwyser daarop let dat die teks wat gelees word nie te lank en te moeilik vir die leerders mag wees nie. Die onderwyser lees eers die leesstuk aan die leerders voor en modelleer die regte voorbeeld met betrekking tot leesvlotheid. Die leesstuk word dan weer deur die onderwyser gelees, maar die leerders word versoek om saam te lees. Die proses word vier of vyf keer herhaal (nie noodwendig op dieselfde dag nie) tot die oorgrote meerderheid van die leerders die leestuk onafhanklik kan lees.

Fox (2000:115-116) doen die volgende voorstelle aan die hand om leesvlotheid in die klaskamerte bevorder:

• Skep gereelde, gevarieerde geleenthede vir die leerders in die klas om letter-klank- verwantskappe aan te leer. Wanneer hierdie letter-klankverwantskappe aangeleer word, moet die kennis begrond word in outentieke woorde wat leerders daagliks lees en spel in die klaskamer.

• Gee aan leerders die geleentheid om te verduidelik wat hulle weet van letter- klankverwantskappe en hoe hierdie kennis hulle in die toekoms kan help met lees en spelling. Wanneer leerders die geleentheid kry om die verwantskappe tussen letters en klanke te verduidelik, raak die leerders op 'n metakognitiewe (bewustelike) vlak bewus van die hoe, waar en hoekom van die gebruik van letter-klankstrategiee.

• Gaan voort met die nodige onderrig van fonemiese bewustheid.

HOOFSTUK 4: LEESBENADERINGS, -METODES, -STRATEGIEE EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

• Maak die onderrig van spelling 'n integrate deel van leesonderrig in die gebalanseerde leesprogram. Wanneer leerders woorde spel, reflekteer hulle oor die klanke in woorde en tot welke mate dit ooreenkom met die klanke wat hulle hoor in die letters wat huile skryf.

• Maak voorsiening vir die lees van 'n verskeidenheid materiaal en skryf met 'n doel. Wanneer leerders lees, gebruik hulle hul kennis van die skryfsisteem om betekenis- volle boodskappe te skep. Sodoende kry hulle die geleentheid om gedagtebeelde van die lettervolgorde in woorde te ontwikkel wat 'n positiewe impak op leesvlotheid sal he.

• Gee aan die leerders ruim geleentheid om dekodeerbare boeke te lees - boeke waarin die meerderheid woorde gespel word soos dit geklank word, sodat die leerders geleentheid kry om hul reeds verworwe letter-klankkennis te gebruik. Hierdie boeke mag nie die goeie kwaliteit van literatuur wat in die klas gebruik behoort te word, vervang nie.

• Maak seker dat die boeke wat deur leerders gelees word op hul leesonderrigvlak is. Boeke wat op die leesonderrigvlak van lesers is, is nie so elementer dat leerders dit sonder enige inspanning kan lees nie, maar ook nie so moeilik dat leerders gefrustreer word nie. Indien boeke op die leesonderrigvlak van leerders is, sal daar woorde wees wat die leerder nie outomaties sal herken nie, dit bied aan die leerder die geleentheid om letter-klankstrategiee en ander woordherkenningstegnieke (vgl. par. 2.3.2.2) te gebruik om onbekende woorde te identifiseer, terwyl hulle lees.

Die Leesonderrigprogram (vgl. Hoofstuk. 7) maak voorsiening vir die onderrig en outomatisering van hoefrekwensiewoorde, sowel as herhaaldelike lees om leesvlotheid te onderrig. Alhoewel Anderson et al. (1991:418) nie die belangrikheid van leesvlotheid misken nie is hulle van mening dat oormatige klem op leesvlotheid, in die konteks van die aanleer van 'n leesles, leesbegrip kan laat skade ly. Ter wille van leesbegrip moet leesvlotheid as 'n komponent van leesonderrig geTnterpreteer word en behoort daarom nie meer as 15-30 minute van die leesonderrigperiode op te neem nie (Anderson et al., 1991:419).

Die onderrig van leesbegrip, in die raamwerk van 'n gebalanseerde leesbenadering, sal vervolgens bespreek word.

HOOFSTUK 4: LEESBENADERINGS, -METODES, -STRATEGIEE EN DIE ONDERRIG VAN HOEFREKWENSIEWOORDE

4.4.4 DIE ONDERRIG VAN LEESBEGRIP IN DIE RAAMWERK VAN 'N