• No results found

Sosiale geregtigheid Menseregte

LEERUITKOMSTE BESKRYWING

1. Luister Die leerder is in staat om ter wille van inligting en genot te luister en gepas en krities in 'n wye verskeidenheid situasies te reageer.

2. Praat Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal in 'n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

3. Lees en kyk Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

4. Skryf Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en

verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

5. Dink en redeneer Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.

6. Taalstruktuur en - gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

(DvO, 2002b:7-8)

Soos aangedui in Tabel 2.2, ressorteer die onderrig van lees onder die derde leeruitkoms in die leerarea Tale van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) en spesifiseer die volgende: Leeruitkoms 3: Lees en kyk (Graad R- 3): "Die leerder is in staat om vir inlig­ ting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer." (DvO, 2002a:23.) Die uitkomste en assesseringstandaarde soos vir

Leeruitkoms 3: Lees en kyk (Graad R tot Graad 3), is vervat in die Nasionale Kurrikulum­ verklaring Graad R-9 (Skole) (DvO, 2002b:18-19,34-41) en dien nasionaal as riglyn vir die onderrig van lees in Suid-Afrikaanse regeringskole.

Van Vuuren en Viljoen (1993:69) meen dat leer afhanklik is van kognitiewe en linguistiese vaardighede wat in werking gestel word. Dit skakel ineen met ander taalvaardighede, naamlik praat, luister, lees en skryf en behels kennis aangaande letters, woorde, sinne, semantiek en spelreels. Wanneer voorafgaande Tale-leeruitkomste ontleed word (vgl. Tabel. 2.2) kan die aanname gemaak word dat bevoegdheid in Leeruitkoms 3 veral 'n voorspeller van sukses in Leeruitkomste 4, 5 en 6 is. Indien 'n leerder nie kan lees nie, sal dit ook 'n negatiewe invloed he op skryf (Leeruitkoms 4), dink en redeneer (Leeruitkoms 5) en taalstruktuur en -gebruik (Leeruitkoms 6). Hierdie aanname word ondersteun deur Lerner en Kline (2006:325) wat bevestig dat verbale taal (luister en praat), lees en skryf deur 'n ge'fntegreerde taalsisteem verbind is. Omdat hierdie drie taalsisteme ge'fntegreerd funksioneer, impliseer dit dat 'n probleem met een van die taalsisteme (verbale taal, lees of skryf) noodwendig 'n negatiewe gevolg op die ander sal he.

Om die leeruitkomste en assesseringstandaarde van Leeruitkoms 3: Lees en kyk (DvO, 2002b:18-19,34-41), soos beskryf deur die Nasionale Kum'kulumverklaring Graad R-9

(Skole), suksesvol te kan bemeester is dit nodig dat die leerder tot 'n aanvaarbare vlak van

geletterdheid sal ontwikkel. Die fases waarin geletterdheid ontwikkel, word vervolgens bespreek.

2.3.2 F A S E S V A N G E L E T T E R D H E I D S O N T W I K K E L I N G1 1

Gunning (2001:2) stel dat die fases van geletterdheidsontwikkeling, met betrekking tot die verwerwing van leesvaardighede, in die volgende vyf kategoriee verdeel word:

• Vroee fase van ontwikkeling

• Alfabetiese fase

• Woordpatroonfase

• Meerlettergrepige fase

• Morfeemanalise fase

Vervolgens word die fases van geletterdheidsontwikkeling bespreek soos uiteengesit deur Gunning (2001:2-5) en Uys (2007:66-89).

Daar kon verwys word na fases van woordherkenning soos uiteengesit deur Ehri en McCormick (1998), maar die navorser het daarteen besluit aangesien hierdie studie fokus op die aanleer van woorde in die konteks van

geletterdheidsontwikkeling.

2.3.2.1 VROEE FASE VAN GELETTERDHEIDSONTWIKKELING

Die vroee fase van geletterdheidsontwikkeling word, volgens Gunning (2001:2), gekenmerk deur waargenome gedragspatrone wat kan lei tot konvensionele lees. Dit beteken dat leerders leer om boeke te hanteer, leerders 'n begrip ontwikkel dat woorde geiees behoort te word en nie prente nie, ook dat die leesaksie vanaf links na regs en van bo na onder op die bladsy geskied. Tydens die vroee fase van geletterdheidsontwikkeling kom leerders tot die besef dat gedrukte woorde, 'n begin en 'n einde het. Lees tydens die vroee fase van gelet­ terdheidsontwikkeling, impliseer dat die leerder die vermoe sal he om betekenis aan gedrukte teks te gee wanneer die woorde, soos voorgestel deur 'n prent, geTnterpreteer word (Gunning, 2001:2; Menkveld & Pepler, 2004:47) (vgl. Figuur 2.3).

D i t is mu ooq.

Voorblad

BI.1 Dit ii s m u neus. D i t is m u o o r . BI.3 BI.4 D i t is m y ken. D i t is mu wa "9- BI.6 BI.7 <sii*-^-«xri-~-™te» D i t is mu m and. BI.2 TT ^ Dit is mu t a n d e . BI.5 s m u qes y sesl9- BI.8 FIGUUR 2.3: Boekvoorbeeld (Uys, 2007:66)

Die boekvoorbeeld dui die aard van lees tydens die vroee fase van geletterdheids­ ontwikkeling aan. Die voorstellings in die boekvoorbeeld van Uys (2007:66) koppel telkens die geskrewe woorde aan 'n prent. Die prent lei die vroee leser om die geskrewe woorde te

HOOFSTUK2:

interpreteer en te begryp. Aangesien die prent ondersteun word deur die geskrewe woord, sien die vroee leser dat voorwerpe verteenwoordig word deur simbole. Die gebruik van prente om die betekenis van die geskrewe woorde te illustreer, motiveer die vroee leser om meer te wete te kom van letters en klanke (Gunning, 2001:2). Dit gee aanleiding tot die natuurlike oorgang na die volgende fase, naamlik die alfabetiese fase van geletterdheids- ontwikkeling.

2.3.2.2 ALFABETIESE FASE VAN GELETTERDHEIDSONTWIKKELING

Die mees kenmerkende element van die alfabetiese fase van geletterdheidsontwikkeling is die gebruik van letter-klankverwantskappe om woorde te kan dekodeer12 (Burns, 2006:34).

Die dekoderingsvaardighede van leerders in die alfabetiese fase van geletterdheidsont­ wikkeling is aanvanklik beperk en daarom maak leerders, soos in die vroee fase van geletterdheidsontwikkeling (vgl. par. 2.3.2.1), steeds staat op prente om woorde te kan lees. Die onderstaande voorbeeld van prentleidrade beklemtoon die waarde van prente as 'n aanvangshulpmiddel om woordherkenning te vergemaklik (Uys, 2007:69) (vgl. Figuur. 2.4).

FIGUUR 2.4: Voorbeeld van prentleidrade

(Uys 2007:69)

Gunning (2001:2) stel dit dat leerders, benewens die gebruik van prentleidrade, in die alfabetiese fase van geletterdheidsontwikkeling ook van aanvangskonsonante gebruik kan maak om woorde te herken. Wanneer leerders bogenoemde woord (vgl. Figuur 2.4) wil lees, gebruik leerders die prent en/of die aanvangsklank /b/13 [b]14 om die betekenis van die woord

/bus/ [boss] te dekodeer. Uys (2007:8) ondersteun die mening van Gunning (2001) en vestig die aandag op ander woordherkenningstegnieke wat ook tydens die alfabetiese fase van geletterdheidsontwikkeling gebruik kan word is:

12 Om te dekodeer beteken om te ontsyfer (HAT, 2000:140).

13 In hierdie studie word die foneem aangedui deur die plasing daarvan tussen twee skuins strepe, byvoorbeeld Ibl. 14 In hierdie studie word die fonetiese klank aangedui deur die plasing daarvan tussen twee blokhake, byvoorbeeld [b]. Die

fonetiese simbole soos weergegee deur Carstens (2003:297-299) is gebruik.

HOOFSTUK 2" ^ - ^ - ^ - ^ ^ - ^ ^ ^ ^ ~