• No results found

1.1 Die kerkbegrip van die onderskeie lede van die NG Kerkfamilie in

1.1.1 Inleidend

Ter aanvang van hierdie hoofstuk wil ek dit duidelik stel dat hierdie studie nie bedoel om ’n volledige uitwerk van ’n ekklesiologie te wees nie, maar dat net gefokus sal word op enkele aspekte van die ekklesiologie wat van belang is in die kerkherenigingsproses van die NG Kerkfamilie.

Oor wat ’n kerk is, is die gedagtes dikwels uiteenlopend. Calvyn noem die kerk die moeder van alle uitverkorenes (lewend en afgestorwe) vir wie God ’n Vader is60. In hierdie wete dat ons as gelowiges deel is van die kerk, rus ons saligheid volgens Calvijn op vaste grond, want die kerk staan vas met die uitverkiesing van God en met Sy ewige Voorsienigheid61. Volgens Bavinck is die kerk die gemeenskap van hulle wat Christus en Sy weldade deelagtig is en kan van die kerk in die streng sin van die woord slegs binne die Christendom sprake wees62. Vir Weber is die kerk die afhanklike gemeenskap van hulle wat behoort tot die persoon en werk van Christus en wat gereël en georganiseer word deur mense63. Du Toit sê dat ’n gemeente van gelowiges selfstandig en volledig tot stand kom as volwaardige kerk (ecclesiae completa) as gevolg van die Woordverkondiging sodra mense Jesus Christus erken as hulle Here wat die gemeente as volledige kerk deur Sy Woord en Gees regeer, wanneer die ampte funksioneer en hulle verantwoordelikheid vir die verdere suiwere verkondiging

60 Calvijn : 6 61 Calvijn : 9

62 Bavinck, 1976: 258

63 Weber, 1961: 564,565 : “Die Einheit der Gemeinde mit Jesus Christus ist daher nur in ihrer Abhängigkeit

van die Evangelie, suiwere bediening van die sakramente en toepassing van die kerklike tug in die betrokke omgewing aanvaar64, of soos Jonker dit aandui dat Jesus Christus die Enigste Hoof en Here van Sy kerk is wat Hyself regeer deur Sy Woord en Gees en met gebruikmaking van die diens (ministerium) van mense wat eintlik net Jesus se Woord gaan bedien aan andere65. Heyns weer sien die kerk as niks anders nie as “deel van die geheel van Gods handelinge”, en wel dan die teken wat heenwys na en ook as een van baie gestaltes deel is van die koninkryk van God66 wat nie êrens in die geskiedenis eensklaps as ’n volledige

novum verskyn nie, maar wat daar was “van die begin van die wêreld af en daar sal wees tot aan die einde toe”67. Die lidmate of “volk waaruit die kerk bestaan” is dan die gelowiges wat kulties-liturgies die heilsweldade van God vier. Volgens Heyns kan daar nie ’n enkelvoudige definisie van die begrip Kerk gegee word nie, maar kan die kerk wel in ’n aantal beelde uitgedruk word, naamlik as die

uitgeroepenes, volk van God, liggaam van Christus, bruid van Christus, tempel van die Gees en as getuie68. Veral Heyns se verstaan van die beeld van die kerk as liggaam van Christus, is vir hierdie studie van belang, want dit dui volgens hom op die korporatiewe eenheid met Christus, op die eenheid én verskeidenheid, ekstensiewe en intensiewe groei, en op die feit dat die Here Sy kerk wil gebruik as orgaan vir die getuienis na die wêreld.

Samevattend sou ons dus kon sê die kerk is die uitverkore gelowiges wat Jesus Christus deur Sy Woord en Gees en met die gebruikmaking van die ampte versamel en Sy weldade deelagtig maak en wat Hy toerus met ’n verskeidenheid van gawes sodat hulle die groot dade van God verder kan verkondig en iets van die koninkryk van God sigbaar kan laat word deur die ordelike en suiwere verkondiging van die Woord, suiwere bediening van die sakramente en konsekwente toepassing van die kerklike tug in die bepaalde omgewing waar die

64 Du Toit HDA, 1967:272-274 65 Jonker, 1978: 1-13

66 Heyns, 1978: 352-3, 354; vgl 1977: 4v

67 Heyns, 1978: 355; vgl 1977: 29; NG Kekr, 1987: 22 – Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 27 68 Heyns, 1978: 356-363; vgl 1977: 35-65

Here hulle geplaas en geroep het. Daarom kan die kerk ook nie net vir of ter wille van homself bestaan en net oor sy eie inherente groei en ontwikkeling begaan wees nie, maar moet dit met inskakeling van die volle verskeidenheid van sy lidmate primêr gerig wees op die wêreld waarbinne die Here Sy Kerk instrumenteel wil gebruik om die volheid in Christus sigbaar te laat word en te bedien aan andere en so Sy koninkryk te laat kom. Verder bestaan die kerk dus ook nie net in ’n enkele omgewing as volledige kerk van die Here nie, maar vorm dit ook saam met die ander gemeenskappe se volledige kerke die “groter” volheid van die liggaam van Christus in uiteindelik die hele wêreld en moet die samewerking van ander kerke daarom ook noodsaaklik gesoek en bewerkstellig word ter wille van die effektiewe uitvoering van die bestaansopdrag van die kerk. Wat die kenmerke van die kerk betref, wat hom onderskei van die ander gestaltes van die koninkryk van God of instellings van mense en waarin die kerk ook sy wesenlike uitdrukking vind, geld oor die algemeen die Gereformeerde

notae ecclesiae (Berkouwer noem dit “een kritische maatstaf ... waarmee de kerk op haar waarachtig kerk-zijn kon en moest worden getoetst”69; Heyns noem hierdie “kenmerke” die “konstituerende voorwaarde” waaraan die kerk moet voldoen om waarlik kerk te wees, wat dan uiteindelik bepaalde onderskeidende eienskappe vertoon70. In die “kenmerke” gaan dit oor die waarheid of egtheid

van die kerk, omdat die Reformasie tot die insig gekom het dat die uitwendige, empiriese kerk wel aan die eienskappe van kerk kan beantwoord, maar tóg nie die ware kerk kan wees nie – daarom het die behoefte ontstaan aan die toetsing van die egtheid van die kerk en is die notae ecclesiae deur die Reformatore as kritiese maatstaf ingevoer71), te wete die suiwere verkondiging van die Woord,

die suiwere bediening van die sakramente (Weber noem hierdie eerste twee die klassieke notae72) en die konsekwente toepassing van die kerklike tug73, en as

69 Berkouwer, 1970:13 70 Heyns, 1978: 375 71 Heyns, 1978: 376 72 Weber, 1961: 605-607

eienskappe van die ware kerk word gestel die eenheid (waarbinne Heyns

onderskei tussen die volgende aspekte van hierdie eenheid, naamlik eenheid van oorsprong, roeping, belydenis, getuienis, gemeenskap, diens, organisasie),

heiligheid (waarbinne Heyns onderskei tussen heiligheid as status, handeling,

gehoorsaamheid en stryd), algemeenheid (waaronder Heyns negatief gesproke sê dat dit nie dui op ’n geografiese gebied of statistiese, historiese of etniese begrip nie, maar met die begrip volheid te make het – met die volheid van God, van die tyd, wêreld, waarheid en gehoorsaamheid) en apostolisiteit (waarin dit vir Heyns gaan om die ooreenstemming met die waarheid van die apostels)74. Vir die hele saak van kerkhereniging is veral die eienskappe van eenheid en

algemeenheid van besondere belang wat as motiverende argumente uitgelig sal

moet word, alhoewel al die eienskappe uiteindelik op die nuwe herenigde kerkverband van toepassing sal moet wees. Verder is dit ook ’n vraag of daar net volstaan kan word met betrekking van die NG Kerkfamilie binne die grense van Suid-Afrika in die kerkherenigingsproses, en of die NG kerke buite die grense van Suid-Afrika nie ook juis in die lig van die twee uitgeligte eienskappe van die kerk betrek moet word nie.

Die kerk openbaar die wyse van sy bestaan in verskillende gestaltes, naamlik (1) lokaal (die lokale kerk is nie net ’n verskyningsvorm van die kerk nie, maar is volledig kerk, maar ook nie die hele of algemene kerk self nie – elke lokale kerk is openbaring van die één algemene of universele kerk) en universeel75(want die

kerk staan in verband met ander kerke van dieselfde belydenis [uitgedruk in die kerkverband van mindere- en meerdere-vergaderinge enersyds tussen kerke van dieselfde konfessionele oortuiging, kerkregtelike beginsels en liturgie] asook met kerke van ander belydenis [uitgedruk in ekumeniese verhoudinge]), (2) sigbaar

en onsigbaar (alhoewel die twee nie teenoor mekaar staan nie76; die Skrif ken nie

74 Heyns, 1978: 375-383; vgl 1977: 109-150 75 Berkouwer, 1970 :134

’n onsigbare kerk nie [om só van die kerk te praat, is Platonies]77, hoewel die kerk wel onsigbare aspekte het – die Roomse Kerk het hulleself in die tyd van die Reformasie beskou as die enigste ware kerk van Christus en lidmaatskap van die Roomse kerk is beskou as gelyk aan lidmaatskap van die kerk van Christus. Hierteenoor het die Reformatore dit gestel dat die onsigbare kerk dui op die geestelike kerk soos dit in Christus verborge is by God78), (3) instituut79(’n unieke vorm met sekere reëls en wette wat hom onderskei van ander institute in die wêreld) en organisme 80(wat dui op die lewe van die kerk binne die instituut, die lewende, geestelike gemeenskap van die heiliges, ’n geloofs-, gebeds-, gespreks- en lewensgemeenskap – ’n lewe), (4) strydend en triomferend, en (5)

staties en dinamies (die kerk is kerk maar word ook al meer kerk – teken van die

koninkryk, teken van die Woord, teken van die wêreld)81. Wat die kerkhereniging betref, sal die proses homself deeglik moet verantwoord wat betref sy ware motiewe as gesê word dat die hereniging ook gaan ter wille van die sigbaar maak van die universele kerk van die Here, want die kerk is ook nie oral waar die gelowiges saam is en opereer in die wêreld nie – daar is immers ook ander gestaltes van die Koninkryk van God as die kerk in die wêreld82. Daarom sal

daar deeglik aandag gegee moet word aan die vraag oor hoe die herenigde kerk institusioneel gestalte moet kry.

77 Heyns, 1977: 187-190 : “Wanneer die kerk gesien word as ’n idee wat êrens volmaak bestaan en dié

onsigbare kerk as één heilig, algemeen en apostolies beskou word, terwyl die aardse maar net ’n floue en onvolmaakte afbeelding daarvan is, dan is die kerk tot ’n spirituele grootheid vervals. Die ware kerk is nie iets dieper, agter en hoër as die kerk soos hy hier en nou verskyn nie. Dit sou tot ’n metafisiese ekklesiologie lei”.

78 Heyns, 1977: 187-190 : “Teenoor die formalisme moes die geestelike beklemtoon word. ... As werk van

God op aarde en in die tyd, is die kerk sigbaar; maar as werk van God, is die kerk nie sonder meer sigbaar nie. Daarvoor is geloof nodig. Daarom kan inderdaad gesê word: die kerk is ’n geloofswerklikheid. Credo ecclesiam. ... Die kerk is in die Skrif iets reëel, iets werklik, dit is die gelowiges in Christus, konkreet en sigbaar. Die gelowiges is die kerk, hulle is nie in die kerk nie en die kerk is nie ’n realiteit teenoor Christene nie. Daarom sal ons moet sê:... die kerk het onsigbare aspekte ... ’n geestelike aspek”.

79 Weber, 1961: 566, 596 80 Berkouwer, 1970 :138

81 Heyns, 1978: 383-389; vgl 1977: 169-208; Berkouwer, 1970: 20

82 Heyns, 1977: 198-199 : “Kerklike handelinge en godsdienstige handelinge val nie saam nie. Hoewel

kerklike handelinge godsdienstige handelinge is, is alle godsdienstige handelinge nie kerklike handelinge nie. ... Alle vorme van Christelike leer en lewe buite die kerk is konkrete openbaringsgestaltes van die koninkryk. ... Die kerk is die nuwe volk van God, maar nie alle aspekte van die lewe van die nuwe volk is kerk nie – slegs bepaalde aspekte daarvan, naamlik die byeenwees van die volk onder leiding van die ampte, dit wil sê die instituïtêre”.

Vervolgens het ek hierbo reeds aangedui dat die kerk ontstaan deurdat Christus Self vir Hom Sy kerk versamel deur Sy Woord en Gees en met die gebruikmaking van die diens van mense. In talle Skrifgedeeltes stel die Here dit duidelik dat Hy arbeiders uitstuur, maar dat dit Hy is wat laat groei en wat uiteindelik die oes insamel. Die Here gebruik die mens dus instrumenteel in die versameling van Sy kerk op aarde. Wanneer hierdie totstandkoming van ’n kerk dan die resultaat van die sendingwerk van ’n ander kerk is, geskied hierdie kerkvorming prosesmatig wat betref die verinheemsingsproses – mense word gekonfronteer met die Evangelie en geroep tot ’n nuwe lewenswyse wat vreemd is aan die eie, en hierdie nuwe lewenswyse moet geïntegreer word met die eie kultuur83. Dit beteken dat die een organiese kerk op verskillende maniere sigbare instituïtêre gestalte sal aanneem in verskillende kulture, waarmee deeglik rekening gehou sal moet word in die kerkherenigingsproses van die NG Kerkfamilie. Meer nog – omdat beide die kerk en kultuur ook dinamies van aard is, sal die instituïtêre uitdrukking van die kerk ook nie vir altyd onveranderlik dieselfde kan wees nie, maar dit sal moet aanpas by die dinamiese ontwikkeling en groei binne die kerk, die teologiese wetenskap en die bepaalde kultuurmilieu. Laastens: die selfstandigheid van die plaaslike gemeente as volledige kerk, beteken egter nie totale onafhanklikheid van alle ander gemeentes nie84. Soos

reeds genoem is die plaaslike, volledige kerk nogtans nie die hele kerk nie. Hieroor later meer.

Wat die inrigting en funksionering van die ampte en vergaderinge van die kerk betref, maak Kuyper, Biesterveld en Bouwman onderskeid tussen vyf kerkregeringstelsels in die Christelike kerk, waarby Bouwman ’n sesde (die

83 Du Toit HDA, 1967: 278-279 : “As op hierdie waarheid nie ag geslaan word nie, word die dogterkerk slegs

’n oorplanting van die moederkerk, ’n replika of takkantoor van die sendende kerk. Daar volg ’n vreemdsoortige uitdrukkingswyse en bestaansvorm wat die belangstellende ongelowige vreemd Iaat voel, want die kerk is per slot van rekening nog westers”.

84 Du Toit HDA, 1967: 273 : “As ons van die selfstandigheid van die plaaslike gemeente praat, bedoel ons

nie dat laasgenoemde op eie bene kan staan en hom van die ander openbaringe van die liggaam van Christus afskei nie. Die verband is noodsaaklik, en so kom ringe en sinodes tot stand”.

Erastiaanse stelsel) en Kleynhans ’n sewende (die Oosters-Ortodokse stelsel) voeg, naamlik85:

die Gereformeerde presbiteriaal-sinodale kerkregeringstelsel (wat ontstaan uit die Kerkhervorming in 1517 in Wittenberg, met Zwingli as een van die eerste grondleggers daarvan86. Zwingli stel Christus en die Woord sentraal en grondliggend vir die kerkregering, en gee spesiale plek aan die inrigting van die ampte en die plaaslike kerk as primêre organisasie. Hierna het Calvyn [wat allerweë bestempel word as die vader van die Gereformeerde Kerkreg], met inagneming van die gedagtes van mense soos Luther, Erasmus, Melanchton, Zwingli, Bucer en Farel die beginsel van die soewereine Christusregering deur die Woord [as enigste, onfeilbare en primêre gesag vir die kerkreg] en Gees in die kerk ontwikkel – die kerk regeer nie self nie, maar word deur Christus regeer. Voetius het die gereformeerde stelsel verder uiteengesit, met die volgende vier kenmerke: (1) die plaaslike kerk as versameling van gelowiges met dieselfde belydenis is ’n volledig selfstandige kerk as instituïtêre openbaring van die liggaam van Christus, wat later in ’n algemene verband met ander gemeentes opgeneem word; (2) Christus oefen wel Sy regering uit deur Sy Woord en Gees, maar maak hierin ook gebruik van die gelykwaardige [nie-hiërargiese- maar eerder aristokratiese {aristoi = beste geestelike gawes deur God toegerus}87] amp van presbiter [ouderlinge – wat hulle Woordgesag alléén van Christus ontleen] wat, naas die ampte van leraar en diaken altyd aan ’n gemeente gekoppel moet wees; (3) al is die plaaslike kerk volledig kerk, is die kerkverband ook belangrik [Kuyper pleit vir ’n konfederasie van plaaslike kerke in klassisse en sinodale landskerke, terwyl die Sinode van Emden 1571 voorsiening maak vir Kerkraad, Classis, Sinode en Nasionale Sinode88] ter bevordering van die welsyn [welwese] van die gesamentlike kerke. Die kerkverband is nie hoër in gesag as die plaaslike

85 Kleynhans, 1982: 65-90 86 Bouwman, I 1985: 225-231

87 Bavinck, 1976:371; Vgl Calvijn IV-3-7,8: 62-63; Bouwman, I 1985: 232-252 88 Nauta, 1971:91-94; Hovius, 1972:21-25

kerk nie, maar is met meerdere gesag beklee omdat dit oor ’n breëre terrein strek89; en (4) die handhawing van die selfstandigheid van die kerk naas die staat, waar die kerk toegelaat word om sy eie sake volgens eie interne reg

[jus in sacra] te reël90. Die Presbiteriaanse tradisie sluit ten nouste by hierdie

tradisie aan, maar laat ekstra klem val op die vergaderings van die kerk). (Binne die Suid-Afrikaanse konteks het die NG Kerk ‘n Presbiteriaal-sinodale stelsel ontwikkel91 waar aan die eenkant vasgehou is aan die plaaslike gemeente as volledige kerk maar in die praktyk het die sinodale vergaderings in belangrikheid toegeneem en het hulle in plaas van besluitnemende vergaderings ook werkende vergaderings geword);

die Rooms Katolieke papale- en na-reformatoriese Anglikaanse episkopale- kerkregering92 (met die sentrale gesag in die één wêreldwye kerk wat oor

taal- kultuur- en landsgrense heen met één taal, belydenis, liturgie en sentrale kerkregering hiërargies in die pous van Rome setel as die opvolger van Petrus en dus Christus se stadhouer op aarde [daarom heers hy monargies ook oor die staat en alle wêreldregerings], en by hom berus sowel die wetgewende as die uitvoerende gesag van die kerk [wat hy via die onderskeie bisdomme onder hom uitvoer], beide wat betref die leer en die lewe van die kerk. By die Anglikane word die plek van die pous egter deur die koning van Engeland ingeneem na Hendrik VIII se weiering om hom aan die pous in Rome te onderwerp. Die kerk word dus gesien as ‘n eenheid met die onderskeie gemeentes of parogieë as onderafdelings van die een geheel met die biskop van Rome as aardse hoof van die kerk. Die biskop van Rome wat ook as Christus se verteenwoordiger die kerk regeer, besit apostoliese gesag om die kerk te regeer);

89 Kleynhans, 1982: 83

90 Calvijn, IV-20-1-32: 555-595; vgl Kerkorde NGK 2004 Art.2.3 91 Kleynhans, 1974: 78

92 Bouwman, I 1985: 119-199; sien ook Kerkregtelike kommentaar op hofgeding tussen VGKSA en NGKA –

die independentistiese of kongregasionele kerkregering (wat setel in die seperatisme van Robert Browne [1550-1636]93 en is ontwerp deur die Franciskaanse monnik en later Protestantse Francois Lambertus van Avignon. Die bestuur van elke groep gelowiges wat hulleself kerklik organiseer as gemeente [congregatio fidelium] en die tug oor lidmate word uitgevoer deur die kern van werklike gelowiges in die gemeente [ecclesiola in

ecclesiae, wat alleen die wil van die gemeente bestuursmatig uitvoer maar

nie die gemeente regeer nie] en daar is drie ampte, naamlik die episcopi,

diaconi en seniores [hoewel die ampte later verskraal is tot slegs dié van

ouderling en diaken wat deur die gemeente gekies word sonder onderskeid tussen die lerende- en regerende ouderling – beide setel in dieselfde persoon]. Die gemeente bestuur dus die kerk en nie die kerkraad nie. Die lidmate moet op mekaar ag gee en die afsonderlike, outonome gemeentes moet in liefde met mekaar saamwerk as los federasie sonder enige gesag en sonder om ’n kerkverband te vorm. Die reg om by ’n kongregasie aan te sluit, word nie deur gemeentegrense bepaal nie, maar word oorgelaat aan die willekeurige keuse van die gelowige. Elke groep is ’n onafhanklike, selfstandige en losstaande eenheid wat selfs op dieselfde plek kan vergader);

die Lutherse territoriale of konsistoriale stelsel94 (in teenstelling met die wêreldomvattende, sigbare eenheid van die kerk wat saamtrek in die pous by die Katolieke, is die eenheid vir Luther geestelik en onsigbaar met Christus as enigste hoof van die onsigbare kerk. Die kerk word vir hom alleen sigbaar wanneer die Woord en die sakramente bedien word deur die behoorlike funksionering van die prediking, en dit is hoe ver die kerkregering strek – in die behoorlike reëling van die prediking en sakramentsbediening en ander geestelike sake ook deur die algemene priesterskap van gelowiges in ’n bepaalde geografiese gebied onder seggenskap en beskerming van die betrokke regering [landvors / regeerder / owerheid / staatsgesag –