• No results found

1.2 Standpunte oor Kerkhereniging van die onderskeie lede van die

1.2.1.1 Die Aard van Kerkeenheid en Kerkverband

Oor die eenheid van die kerk van Christus is daar in die gereformeerde dogmatiese wêreld geen twyfel nie – dit is immers een van die erkende eienskappe van die kerk155 sedert die konsilie van Konstantinopel in 381156, en word ook so uitgedruk in die geloofsbelydenis van Nicea. In teenstelling met die Roomse siening dat hierdie eenheid uitgedruk word in die Pous as hoof van die kerk oor die wêreld, dink die Protestante allereers aan die eenheid van en in die Here as die enigste Hoof van die kerk (Ef.110; 523), aan die gemeenskap van alle gelowiges aan dieselfde Gees (1 Kor.617; 1213; Ef.43) met Christus en met mekaar (Joh.1016; 151v; Rom.125; 1 Kor.1212,13; Ef.122) en dan verder aan die eenheid van liggaam, geloof, hoop, liefde en doop (Ef.44-6)157. Dit is dus duidelik dat daar in die Skrif heelwat gedeeltes is wat direk dui op kerkeenheid, en behalwe die direkte Skrif-uitsprake, is daar ook duidelike teologiese lyne in die Skrif wat hierop dui. In die Ou Testament word daar duidelik net gepraat van die één Verbondsvolk wat die Here vir Homself uitverkies het en waarby mense uit ander volke kon aansluit wanneer hulle hul geloof in die God van Israel bely het. In die Nuwe Testament kom die saak van die eenheid van die kerk egter duideliker na vore, alhoewel die Nuwe Testament nie vir ons ’n bloudruk gee van hoe kerkeenheid in die praktyk moet lyk nie158. Die kerk in sy wêreldwye

universaliteit is katoliek in sy eenheid (“die ‘Ökumene’ ist die in ihrer Einheit

katolische Kirche, d.h. die Kirche in ihrer weltumspannenden Universalität”)159.

Die Christelike kerk vind dus die oorsprong van sy eenheid in die Drie-enige God wat Self deur die verkondiging van Sy Woord, die werking van Sy Gees en die

155 Calvijn : 8-10; Bavinck, 1976: 304v; Berkouwer, 1970:11, 31v; Weber, 1961: 609-618; Heyns, 1978:

377-380; Vgl Heyns, 1977: 114-130; Kleynhans, 1982: 36,37

156 Heyns, 1977: 114 157 Bavinck, 1976: 305 158 Snyman, 1997 159 Weber, 1961: 609

gebruikmaking van die ampte vir Hom ’n kerk versamel as Sy geroepenes en uitverkore volk, om as organiese en geestelike gemeenskap van gelowiges van dieselfde belydenis te getuig van die groot dade van God en so vir God, mekaar en die wêreld diensbaar te wees160.

Alhoewel hierdie eenheid allereers geestelik van aard is, moet dit op die een of ander wyse sigbaar word, sê Jesus, wanneer Hyself in Johannes 17 bid dat dit sal wees “sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het ...” Die motivering wat die Here Jesus in die teksgedeelte vir die sigbaarwording van kerkeenheid gee, is sodat dit ’n getuienis kan wees teenoor die wêreld en sodat alle gelowiges kan deel in die heerlikheid van die één Here. Heyns dui daarop dat die eienskappe van die kerk, waaronder die eenheid, nie net ’n indikatiewe gegewenheid in die wese van die kerk is nie, maar ook ’n imperatiewe dinamiek is, ’n feitelike opdrag161. In hierdie sigbaarwording van die één kerk in Christus lê die hele

problematiek van die eenheid en verskeidenheid (pluriformiteit) enersyds, asook andersyds dié van die eenheid en geskeidenheid, verskeurdheid en verdeeldheid egter opgesluit. Dr GC Berkouwer noem dit die belangrikste tema in die ekklesiologie en die toenemende ekumeniese vraagstuk162, en dr H Bavinck wys

daarop dat die ware en volle Christendom (as versameling van alle Christene) in die kerklike geloofsverdeeldheid aanwesig is163. Al praat die Nuwe Testament in

die meervoud van “kerke” (εκκλησιαι), is daar geen sprake van verdeeldheid of verskeurdheid nie, maar is dit slegs aanduiding van verskillende groepe op verskillende plekke (geografies en kultureel) wat saam die een kerk van Christus vorm164. Wanneer hierdie meerderheid van “kerke” binne die een kerk van

Christus egter ontstaan om ander redes as die geografiese en kulturele verskeidenheid, en die verskeidenheid innerlike verskeurdheid word, word die

160 Heyns, 1978: 377-379 161 Heyns, 1978: 377 162 Berkouwer, 1970: 32,34 163 Bavinck, 1976: 305 164 Berkouwer, 1970: 33

verskeidenheid ’n bedreiging vir die eenheid en pluriformiteit ’n pluralisme van kerke wat duidelik teen God se wil is165.

Wat die pluriformiteit of verskeidenheid of veelheid van kerke betref, kan daarvoor verskeie onaanvaarbare motiewe aangevoer word: die skeppingsmotief (wat meen dat die verskeidenheid van kerke maar net ooreenstem met die verskeidenheid wat in die skepping aanwesig is), die ontplooiingsmotief (wat dui op die historiese ontwikkeling van die een waarheid in ’n veelheid van legitieme dele of aspekte), die antropologiese motief (die Goddelike waarheid is te groot vir een mens om te verwerk of te hanteer – elkeen kan maar net ’n sekere perspektief op die waarheid nahou), politieke motiewe (wat eksklusiewe kerkvorming vir eksklusiewe politieke standpunte reserveer), materiële motiewe (deur die voorstanders van die sogenaamde welvaartsteologië) en kultiese

motiewe (deur die groepering van mense rondom bepaalde kultiese ideologieë).

Hierteenoor is die kultureel-etniese motief, wat rekening hou met die geografiese, etniese, taalkundige, kulturele en psigologiese verskille tussen volke, aanvaarbaar en as sodanig nie ’n bedreiging vir die eenheid van die kerk nie, maar kan dit gesien word as verskeidenheid binne die een kerk. Sodanige verskeidenheid van kerke het egter steeds die roeping om die eenheid van die kerk van Christus in die een of ander vorm van kerkverband tot uitdrukking te laat kom as teken van die eenheid van die koninkryk van God wat oor die natuurlike grense van taal, kultuur en gewoontes strek en wat teen die sondige gebrokenheid in menslike verhoudinge en teen enige valse eenheid onder mense getuig waarin die enkeling in die proses van gelykmaking in die massa opgaan en waarin alle verskille tussen waarheid en leuen, die mooie en die lelike, die goeie en die slegte volledig wegval. So ’n valse eenheid is ’n bedreiging vir die ware eenheid van die kerk in Christus, wat ’n eenheid in die waarheid is166.

165 Heyns, 1977: 129

Hierdie eenheid moet sigbare gestalte aanneem. Die begrip kerkverband kom egter nêrens in die Skrif voor nie, maar die beginsel wel. Uit die Skrif is dit duidelik dat gemeentes van die begin af in ’n verband met mekaar geleef het.167 Die geloofsverbondenheid in Christus behoort tot die “wese” (esse) van die kerk, en kerkverband behoort tot die “welwese” (bene esse) van die kerk, aangesien dit bydra tot die behoorlike funksionering van die kerklike gemeenskap168. Alhoewel al die bronne in die gereformeerde kerktradisie uitgaan van die plaaslike gemeente as volledige kerk en liggaam van Christus, word ook aangetoon dat die plaaslike gemeente met ander gemeentes in verband móét tree op grond van gemeenskaplike belydenis en kerkregering om ’n kerkverband te vorm. Omdat die gemeente ’n organisasie is, gaan die hoof aan die lede en die ecclesiae universalis aan die ecclesiae partikularis vooraf. Die kerk in sy geheel kom nie tot stand deur die atomistiese samevoeging van verskillende dele nie. Die ecclesia catholica (algemene kerk) wat sy ontstaan in Christus Jesus gehad, en in sy Nuwe Testamentiese gestalte aanvanklik in Jerusalem tot openbaring gekom het, het vandaar na ander plekke uitgebrei. Elke ecclesiae

particularis (localis) is op die plek waar dit bestaan ’n openbaring van die ecclesiae catholica en van die volk van God. Elke plaaslike kerk is daarom

tegelyk ’n selfstandige openbaring van die liggaam van Christus, en ’n deel van ’n groter geheel169.

Daar is verskeie gronde wat aangetoon kan word vir die wenslikheid en noodsaaklikheid vir die vorming van kerkverband170. Allereers wys die Skrif daarop (bv Hand 15, wat bestempel kan word as die fondament van die presbiteriale kerkregeringstelsel; Hand 11 en 2 Kor 8, wat beskou kan word as aanduiding dat die Here Self met Sy beskikking so voorsien het dat die gemeentes na mekaar moes omsien; die roeping om mekaar te vermaan, te bemoedig en te steun in Hand 2028; Rom 18-12; 129-l8; 141, 151, 14; 1 Kor 12; Gal

167 Du Plooy, 1982

168 Kleynhans, 1985: 1; vgl Rossouw, 1974: 85 169 Bavinck, 1930: IV, 356,357; Kleynhans, 1985: 5 170 Kleynhans, 1985: 1-10

61-10; Ef 41-16; Kol 312-17; 1 Thes 512-15)171, dit hang saam met en vloei voort uit die eienskappe van die kerk.

Die volgende bibliologiese aspekte van die eenheid kan onderskei word: konfessioneel, koinoniaal, diakonologies172. Hierdie verband moet egter van so ’n aard wees dat die belange van die afsonderlike gemeentes daarin behoorlik behartig kan word sonder dat die plaaslike gemeente as ’n aparte eenheid opgelos en uitgewis word173. Die plaaslike kerk ontleen nie sy ontstaan en voortbestaan aan die kerkverband nie, en nog minder bied toetrede tot kerkverband ’n oorkoepelende rings- of sinodale kerkinstituut waarvan plaaslike kerke slegs as onderafdelings van die geheel bestaansreg het nie174. Kerkverband is ’n vrywillige verband met wedersydse instemming ter wille van die welwese van die kerk, waar alleen kerklike sake op kerklike wyse behandel sal word sonder oorheersing van die een gemeente of vergadering oor die ander gemeente of vergadering. Dit is dus konsekwent dat die volle verantwoordelikheid vir die opsig oor, administrasie en beheer van gemeentelike gawes (geestelik en materieel), goedere en fondse by die plaaslike kerkraad (as verteenwoordigende die gemeente) berus, en dat gedurig met ywerige oorleg teen groeiende sentralisasie of sinodalisering van besit gewaak moet word. Kragtens die kerkverband, as uitdrukking van die liggaamsverband in Christus, is elke kerkraad primêr en via meerdere vergaderinge sekondêr bevoeg en verantwoordelik vir die aanwending en besteding van die gawes wat besit word, met die oog op die gemeentelike lewe sowel as vir die instandhouding en bevordering van die welwese van die kerk. Die vitaliteit, doeltreffendheid en triomf van die kerk van Christus is nie eerstens of hoogstens in horisontale eenheidstrukture, dit wil sê in welwesenlike verbandsuitinge geleë nie, maar in sy vertikale wesensverbondenheid in verbondsgehoorsaamheid aan Jesus Christus.

171 Bouwman, 1985: II, 11,189,190; Kleynhans, 1985: 1,3,5 172 Kleynhans, 1985: 24

173 Geldenhuys, 1951: 149; vgl Rossouw, 1974: 87,89 174 Rossouw, 1974: 90

Hiermee moet alle vergaderings van die kerkverband deurgaans rekening hou175. Alreeds in 1924 konstateer Moorrees daarom:

“Het is kenmerkend voor de inrichting van de Gereformeerde Kerk, dat zij zowel de zelfstandigheid van de afzonderlike gemeenten, als de éénheid van allen tezamen, als delen van een groot geheel, met een gemeenschappelik bestuur, handhaaft”176.

In sy artikel177 skryf prof PJ Strauss: “Kerkverband ... is normaalweg 'n verband

tussen gemeentes of kerke van dieselfde belydenis en hoofsake van kerkinrigting”, aangesien die plaaslike gemeente, wat wel volledig kerk178 is, slegs die openbaring van die algemene liggaam van Christus op ’n bepaalde plek kan wees. Gemeentes as volledige kerke tree dus met mekaar in verband om die algemeenheid van Christus se liggaam op aarde tot uitdrukking te bring – dít sê Strauss is tegelykertyd ’n gegewe én ’n opdrag179.

Hierdie sigbaarwording van die eenheid van die kerk hef egter nie die verskeidenheid binne die kerk op nie – binne die eenheid is daar steeds ’n verskeidenheid van geestelike gawes, gemeentes (wat elkeen volledig kerk is maar wat tog nie los van mekaar staan nie, maar juis in verband met mekaar funksioneer as die een kerk van Jesus Christus)180.

Wanneer Snyman praat oor die vertikale (teologiese) dimensie van kerkeenheid, wys hy uit die genoemde tekste daarop dat dit nie iets is wat mense bewerk nie,

175 Rossouw, 1974: 88,90,91,93 176 Dreyer, 1924:9

177 Prof PJ Strauss, “Vorme of Gestaltes van eenheid in die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie” ,

Artikel gelewer tydens die Konferensies in die Vrystaat oor Kerkeenheid in die familie van NG Kerke, Augustus 1997.

178 Prof PJ Strauss sê in sy artikel: “Volgens artikel 29 van die Nederlandse Geloofsbelydenis tref ons die

ware kerk aan daar waar die Woord en die sakramente suiwer bedien en die kerklike tug gehandhaaf word. Omdat dit in die gemeente gebeur, beteken dit dat die gemeente volledig kerk is. Herman Bavinck sê dan ook dat selfs al bly daar net een gemeente op aarde oor, kan hy nog volledig kerk wees”.

179 Prof PJ Strauss sê in sy artikel: “Kerkeenheid of die eenheid tussen gelowiges - kyk maar bv na Ef 4:1-16

- is tegelykertyd 'n gegewe én 'n opdrag; 'n reeds én 'n nog nie. Daarom dat Ef 4:4-6 van hierdie eenheid praat as 'n gegewe in God-drieënig, terwyl vers 3 die opdrag gee: Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf.... Verder sê vers 15 en 16 dat die gelowiges, deur in liefde by die waarheid te bly, so in alle opsigte groei na Christus toe terwyl hulle ook 'n eenheid vorm”.

maar dat dit die werk van dieselfde Heilige Gees is wat in alle gelowiges teenwoordig is en wat ons aan die een liggaam van Jesus Christus verbind181. Hiermee word ook die verskeidenheid (van verskillende gelowiges met verskillende gawes, tale, kulturele agtergronde, en noem maar op) binne die eenheid (van die een Gees) verklaar182. Oor die horisontale (sosiale) dimensie van kerkeenheid het Snyman dit oor die effek en effektiwiteit van die getuienis van die kerk in die wêreld183.

In sy artikel skryf PJ Strauss dat egte kerkeenheid “altyd 'n eenheid in die

waarheid, 'n eenheid in Christus gebou op Sy Woord” is waarin dit in die

georganiseerde kerk gaan om ’n “eenheid rondom die Woord, die belydenis en ...

in die regering en inrigting van die kerk” en dat daar verskillende gestaltes van

hierdie kerkeenheid bestaan, want “eenheid is ... nie eendersheid of

eenstemmigheid in alles nie”. Hierdie eenheid in Woord, Belydenis en

kerkregering en -inrigting lê nader tussen gemeentes of kerke in dieselfde kerkverband as tussen gemeentes van verskillende kerkverbande – daarom dat ons in die gereformeerde kerkreg onderskei tussen grade van eenheid of ekumenisiteit, wat beteken dat jy met kerke wat volgens belydenis- en kerk- inrigting "verder" van jou af staan, ’n losser vorm van sigbare eenheid handhaaf. Die verskillende gestaltes wat hierdie eenheid volgens Strauss kan inneem, is eenheid in belydenis, strukturele eenheid of kerkverband (uitgedruk in federale184

of sinodale185 verband). Wat die NG Kerkfamilie betref konkludeer hy dan:

181 Prof SD Snyman skryf in sy artikel: “Die kerk is een omdat God ons uitverkies het om aan Hom te

behoort, dit is omdat die Heilige Gees ons saambind tot 'n eenheid, dit is omdat ons saam elkeen verbind is aan Jesus Christus dat die kerk een is. Die eenheid van die kerk sou 'n mens dus teologies in verband met die leer oor God kan bring: die een God het ons uitverkies om aan Hom te behoort. Die eenheid van die kerk sou 'n mens teologies met die leer oor Christus (Christologie) in verband kon bring: die kerk is liggaam van Christus. Die eenheid van die kerk sou 'n mens ook teologies in verband met die leer oor die Heilige Gees (Pneumatologie) in verband kon bring: die Heilige Gees bewerk die eenheid tussen lidmate van die kerk”.

182 Prof SD Snyman skryf in sy artikel: “Daar is dus verskeidenheid binne die eenheid. Die teendeel is nie

waar nie: daar is nie eenheid in die verskeidenheid nie”.

183 Prof SD Snyman skryf in sy artikel: “Die kerk bederf sy eie geloofwaardigheid in die wêreld as sy

boodskap van liefde en versoening nie gesien kan word op die manier waarop lidmate van die kerk met mekaar lewe nie. Die liefdelose dade van lidmate maak die liefdevolle woorde wat die kerk verkondig kragteloos”.

184 Prof PJ Strauss sê in sy artikel: “In ’n federale verband neem die gesamentlike vergaderings kerkregtelik

“Die implikasie hiervan is dat die NG Kerke deur hulle Federale Raad wat uit 1964 dateer, reeds struktureel verenig is. Die huidige gesprekke gaan slegs om nouere vereniging of die verandering van ’n federale na ’n sinodale verband. As ons, soos sommige beweer, nou eers oor kerkvereniging praat, impliseer dit dat ’n sinodale verband die enigste strukturele uitdrukking van kerkeenheid is. Ons praat dus breedweg oor kerkeenheid, of dan, nouere kerkeenheid”.

Daar is dus nie in die Nuwe Testament ’n eenheidsmodel wat sê dat die kerk so daar moet uitsien nie. Tog is die eenheid ’n gegewe in die Skrif, waaraan ons gestalte moet gee deur middel van ’n bepaalde struktuur of vorm. Kerke moet in een of ander verband met mekaar staan.