• No results found

1.2 Standpunte oor Kerkhereniging van die onderskeie lede van die

1.2.2 Die standpunt van die NG Kerk oor kerkhereniging

Die invloed van Cottesloe beraad van 7-14 Desember 1960, as eerste amptelike stimulus tot kerkeenheid in Suid-Afrika, sal sekerlik nie onderskat kan word nie187. In 1979 het die NG Sinode van Wes-Kaapland byvoorbeeld besluit dat alle rassediskriminasie in stryd met die Skrif is, maar dat die praktiese toepassing van hierdie Skrifbeginsel nie inhou dat daar in die praktyk nie met die verskeidenheid rekening gehou mag word nie188.

Veral sedert 1994 het die NG Kerk by verskeie Algemene Sinodes pertinente besluite rondom kerkhereniging geneem. Tydens die Algemene Sinode van 1994 besluit die NG Kerk om opdrag aan sy ASK te gee om in oorleg met sy regskommissie die getuieniswerksaamhede van die NG Kerkfamilie te verenig, en dat ander kommissies ook hulle werksaamhede kan verenig – die NG Kerk besluit dus om by die werksaamhede van sy kommissies te begin met die proses van vereniging189.

Dieselfde Sinode het ook sy “ernstige begeerte”190 uitgespreek om saam te werk aan die daarstelling van een kerkverband op grondslag van 'n goedgekeurde kerkorde, in die aanwys van 'n gesamentlike kommissie om te begin om 'n konsep-kerkorde vir hierdie voorgenome kerkverband op te stel, en het dit aan

186 Handelinge Algemene Sinode 2007: 34 187 Sien inleiding van hierdie verhandeling

188 Handelinge NG Kerk Wes-Kaapland, 1979: 352 189 Handelinge Algemene Sinode 1994: 509 190 Handelinge Algemene Sinode 1994: 440

die Gesamentlike Kommissie opgedra om onder meer aandag te gee aan die belydenisskrifte, die naam van die voorgestelde nuwe kerkverband, liturgiese formuliere en gebruike, gesangeboeke en die orde van die erediens, bedieningsbehoeftes, praktiese implikasies in die werkswyse van die een kerkverband; oorgangsreëlings, grense, stoflike aangeleenthede, administratiewe, finansiële en verbandhoudende aangeleenthede, en aan die samestelling van die stigting/verenigingsinode asook reglemente en ander sake wat die Algemene Sinode/Algemene Sinodale Kommissie aan hom opdra191. Elke lidkerk is versoek om die konsep-kerkorde en meegaande voorstelle op 'n geskikte wyse aan sy vergaderings te toets. Kerkrade is versoek om in hierdie proses ook die gemeentelede te raadpleeg vir hulle kommentaar. Verder is pertinent besluit dat lidmaatskap tussen die verskillende kerke van die NG Kerkfamilie wedersyds aanvaarbaar is:

1 Lidmaatskap van die huidige gemeentes van die Familie van NG Kerke is oop vir alle gelowiges wat die belydenis van die betrokke gemeente aanvaar. Dit beteken dat lidmate oor en weer by gemeentes van die ander kerke kan inskakel.

2 Gemeentes, ringe en sinodes binne die Familie van NG Kerke kan na behoorlike ooreenkoms, inskakel by gemeentes, ringe en sinodes van ander kerke en word dan volledig deel van daardie kerk.

3 Kerkrade, ringe, sinodes en algemene sinodes wat dit so verkies, gaan voort om te funksioneer soos dit tans die geval is, met behoud van huidige name, bepalinge en reglemente.192

Uit hierdie besluit van die Algemene Sinode is dit duidelik dat die NG Kerk dit ernstig bedoel met kerkhereniging en het die baan gebreek vir konkrete aksiestappe in hierdie rigting. Daar is byvoorbeeld pertinent besluit dat strukture vir samewerking tussen gemeentes, kerkrade, ringe en sinodes tot stand gebring

191 Handelinge Algemene Sinode 1994: 441 192 Handelinge Algemene Sinode 1994: 441

moes word sonder om die kerkregtelike posisie van kerkvergaderings in die gedrang te bring, terwyl leraars oor en weer beroepbaar is. Verder is besluit:

6 As uitdrukking van die een kerkverband, word 'n verenigde sinode vir die NG Kerk, die NG Sendingkerk, die NG Kerk in Afrika en die Reformed Church in Africa voorgestel waar daar oor sake van gemeenskaplike belang op 'n basis van konsensus besluite geneem kan word193.

Daar is besluit dat hierdie sinode, waaraan in terme van “Bond van NG Kerke” gedink kan word, saamgestel moet word uit al die bestaande sinodes van die vier kerke volgens 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging en dat die bestaande Algemene Sinodes van die verskillende samestellende kerke dan self moet besluit óf en wanneer hulle wil ontbind, terwyl aan sake soos die belydenisskrifte, juridiese probleme, ensovoorts deurlopend aandag gegee moet word194.

Die NG Kerk se Algemene Sinode 1998 het in beginsel reglement goedgekeur as grondslag waarop een Algemene Kommissie vir Getuienis/Sending vir die betrokke kerke daargestel kon word wat die bestaande algemene kerklike kommissies se take effektief deur een Algemene Kommissie vir Getuienis/Sending sou oorneem, en het verder goedgekeur dat “ander kerke wat

hiermee saam op weg wil gaan, by die verenigingsproses betrek kan word”195.

Die NG Kerk het hom opnuut verbind om in samewerking met die ander lede van die NG Kerkfamilie een kerkverband tot stand te bring. In verband met die belydenis van Belhar het hierdie Algemene Sinode besluit om kennis te neem van die geweldige premie wat die VGKSA op die Belydenis van Belhar as belydenisskrif vir dié kerk plaas, maar dat dit nie “op die oomblik as vierde

belydenisskrif aanbeveel kan word nie”, alhoewel dit op sigself genome nie met

die Drie Formuliere van Eenheid in stryd is nie (waarop dr MC Botha, ds A

193 Handelinge Algemene Sinode 1994: 442

194 Besluiteregister Algemene Sinode 1994; sien ook Handelinge Algemene Sinode 1994: 441-442 195 Besluiteregister Algemene Sinode 1998

Celliers, dr WA Fourie, dr MP Gertenbach, oudl E Kruger, ds SJL Marais, oudl JH Nieuwoudt, oudl JPH Olivier, dr CJ Otto, oudl JL Snyman, prof PJ Strauss en ds HL van Schalkwyk hulle teenstem laat aanteken het)196. Daarop het die Sinode ter wille van die eenheidsproses en sy getuienis die wesenlike inhoud van die Belydenis van Belhar aanvaar (waarop dr WA Fourie en ds HL van Schalkwyk hul teenstem laat aanteken het)197 en besluit het om saam met die ander gespreksgenote te kyk na maniere waarop Belhar in die Belydenisgrondslag van die nuwe kerkverband opgeneem kan word sonder dat enigiemand se gewete onder dwang geplaas word198. Die Sinode het gevra dat die Gesamentlike Kommissie van die NG Kerk, VGKSA en RCA, wat aan ‘n konsep-kerkorde vir nuwe kerkverband werk, uitgebrei word om die NGKA en ander belanghebbendes ook in te sluit aangesien die Sinode die gemeentes van beide die VGKSA en die NGKA in hulle sinodale verbande as kerk erken, en het versoek dat al die deelnemers tydens bespreking en onderhandeling die dienskneggestalte van Jesus Christus sal openbaar. Beide die VGKSA en die NGKA is versoek om opnuut en so gou moontlik te probeer om tot onderlinge versoening te kom199. Daar is verder besluit dat, indien die belydeniskwessie ‘n

onoorkomelike probleem vir die vorming van een sinodale verband blyk te wees, indringend aandag gegee moet word aan alternatiewe strukture van kerkverband en plaaslike gemeentes is aangemoedig om gestaltes van kerkeenheid op plaaslike vlak op die been te bring200. Die Algemene Sinode het geoordeel dat die vorming van nuwe kerkverband in die NG Kerkfamilie, waaronder sy belydenisgrondslag en kerkorde, ook deur twee-derde-meerderheid van die kerkrade in elke sinodale gebied goedgekeur moet word, want dit is immers die gemeentes as komplete kerke wat tot kerkverband toetree en kerkverband vorm. Die Algemene Sinode het herbevestig dat die eenheidsproses in die NG Kerkfamilie aan die hand van die Kerkorde (onder andere Artikels 1 en 44) en die

196 Handelinge Algemene Sinode 1998: 423 197 Notule Algemene Sinode 1998: 422-426 198 Handelinge Algemene Sinode 1998: 424 199 Handelinge Algemene Sinode 1998: 425 200 Handelinge Algemene Sinode 1998: 424

prosedure soos besluit deur die Algemene Sinode van 1994, gevoer moet word. Ten slotte het die Algemene Sinode die VGKSA broederlik versoek om oor die volgende sake duidelikheid te gee:

1. Die Kerk se amptelike siening van die verhouding tussen die gereformeerde belydenis en die tradisionele Afrikagodsdiens.

2. Die kerk se amptelike standpunt ten opsigte van die Swart- en Bevrydingsteologie.201

Die standpunt van die NG Kerk kom baie duidelik na vore in sy Reglement vir die

Sending/Getuienis van die NG Kerk soos herbevestig op die Algemene Sinodes

van 2004202 en 2007203. Hiervolgens is Sending die heilshandeling van die Drie- enige God, Vader, Seun en Heilige Gees met die wêreld, waardeur Hy uit die ganse menslike geslag vir Hom ’n gemeente deur sy Woord en Gees vergader. In Artikel 2.6 word dan uitdruklik gesê alle gelowiges vorm sáám “’n eenheid in die

ware geloof in Christus as lidmate van sy liggaam” wat waar moontlik inskakel by

gemeente van die NG Kerkfamilie of andersins tot selfstandige gemeentevorming oorgaan waarin daar ter wille van meer doeltreffende Woordbediening ruimte gelaat word vir diversivisering wat betref eiesoortige taal- en kultuurverskille en bedieningsbehoeftes. En dan word daar pertinent gesê (my onderstreping ter beklemtoning):

2.6.5 Eie gemeentevorming impliseer ook die moontlikheid van eie breër verbande van ring en sinode. Hier sal faktore soos geografiese verwyderdheid, staatkundige bestel en die behoefte aan inkleding van die evangelie in eie kulturele konteks ’n rol speel. Voorop bly egter staan dat die eenheidsband met die bestaande kerk in die NG Kerkfamilie in die streek sover

201 Notule Algemene Sinode 1998 – p422-426 202 Kerkorde 2004: 80 – Regl.18

moontlik behoue bly en steeds uitdrukking sal vind op die mees sinvolle en effektiewe wyse.”204

Alhoewel daar dus ruimte gelaat word vir diversivisering wat betref taal- en kultuurverskille en bedieningsbehoeftes, bly die eenheidsdrang in die een kerkverband deurslaggewend, soos óók spreek uit Artikels 2.7.1 en 2.7.2 van die genoemde reglement, wat lui (my onderstreping ter beklemtoning):

2.7.1 Die NG Kerk aanvaar dat die eenheid van die kerk ’n onmisbare toetssteen is vir die egtheid en geloofwaardigheid van die kerk se getuienis in die wêreld (Kerk en Samelewing, par 83).

2.7.2 Daarom onderskryf die NG Kerk die ideaal van één kerkverband binne die NG Kerkfamilie (Kerk en Samelewing, par 236).

Solank die hele NG Kerkfamilie egter nog nie in een kerkverband verenig is nie, mag leraars in ooreenstemming met die betrokke kerkordes en bepalinge van die onderskeie kerkverbande óf soos ooreengekom in die ooreenkomste tussen die betrokke sinodes, oor-en-weer beroep en bevestig word.

Tydens die Algemene Sinode van 2004 het die NG Kerk sy hartseer en verleentheid uitgespreek “omdat ons na baie jare se gesprekke oor

kerkhereniging nog nie veel gevorder het nie”205 en verklaar dat hy opnuut

oortuig is van die belangrikheid van kerkeenheid, waaraan hy hom met toewyding gaan wy. Daarom word by die ander kerke van die NG Kerkfamilie gepleit “vir ’n ínklusiewe herenigingsproses waarin ons poog om sover moontlik

almal wat deel is van ons kerke, saam te neem op die pad vorentoe”. Die NG

Kerk verklaar voorts in sy besluit sy verbintenis aan die VGKSA (vir wie die belydenis van Belhar belangrik is en wat dit in nuwe verband sal wil inbring), sowel as aan die NGKA én aan die RCA (wat beide nie kans sien om die belydenis van Belhar volledig as belydenisskrif te onderskryf nie), alhoewel die

204 Kerkorde 2007: 107 – Regl.15:2.6.5

NG Kerk erken dat daar in sy eie geledere óók hierdie uiteenlopende standpunte rondom die erkenning van die belydenis van Belhar is. Ten slotte verklaar die NG Kerk by hierdie sinode:

“Die NG Kerk herbevestig sy ernstige en duidelike verbintenis tot die herstel van een kerkverband met die ander drie kerke van die Familie, nl die VGKSA, die NGKA en die RCA. Hierdie verbintenis is gegrond in die oortuiging dat die Here dit van ons vra - ter wille van sy eer (Joh 17:23) en ter wille van ons gesamentlike roeping (Ef 4:4) en getuienis in Afrika nóú. Ons glo dat ons as Familie bymekaar hoort, mekaar nodig het en saam ’n wesenlike taak te vervul het in ons lande.”206

Dat die NG Kerk dit ernstig bedoel, blyk duidelik uit sy inisiatiewe om die vier lidkerke van die NG Kerkfamilie in Suid-Afrika (die NG Kerk, NGKA, VGKSA en RCA) gedurende 2006 en 2007 byeen te bring onderskeidelik te Esselenpark (waar die ASM van die NG Kerk en die ASK van die VGKSA saam vergader het)207, Bloemfontein (tussen die moderature van die vier kerke), en te

Achterbergh-kampterrein gedurende 2006 (Achterbergh I tussen die uitgebreide leierskap van al die Sinodes van die vier kerke)208 en 2007 (Achterbergh II –

weereens tussen die uitgebreide leierskap van al die Sinodes van die vier kerke)209, asook die besluite van die Algemene Sinode 2007210 waartydens die

NG Kerk sy steun uitspreek vir die skep van “’n moontlike liggaam vir die kerke

van die breër NG Kerkfamilie met die uitdruklike verstandhouding dat dit ’n liggaam is wat (a) nie in die plek van die herenigingsproses in Suid-Afrika mag staan nie, en (b) instrument moet wees vir ’n groter herenigingsproses van die familie van NG kerke en ander Suider-Afrikaanse gereformeerde kerke”211. Diep

bewus daarvan dat daar verskillende menings ten opsigte van kerkhereniging is

206 Handelinge Algemene Sinode 2004: 427

207 Sien die verklaring as Bylae G tot hierdie hoofstuk 208 Sien die verklaring as Bylae H tot hierdie hoofstuk 209 Sien die verklaring as Bylae I tot hierdie hoofstuk 210 Sien Bylae J tot hierdie hoofstuk

en om die saak nie te laat sloer nie, het die Algemene Sinode besluit om toestemming aan die Moderamen te gee om, “indien dit sin maak en die proses

kan help, saam met die ander drie kerke vergadering van die Algemene Sinodes van die vier kerke te reël”212. Verder het die sinode besluit om die

Achterbergh II-dokumente saam met die besluite van die Algemene Sinode 2004 aan gemeentes deur te gee vir bespreking en kommentaar, waarna die Moderamen, in die lig van die kommentaar en insette van gemeentes asook die besluite van die Algemene Sinode 2004, verder met die ander drie kerke moet onderhandel oor konkrete voorstelle aan kerkrade/gemeentes van al vier die kerke. Die Algemene Sinode het dit verder aan die Moderamen opgedra om hierdie konkrete voorstelle, indien moontlik, gedurende die tweede helfte van 2008 deur elke kerk aan kerkrade/gemeentes voor te lê met die oog op hulle goedkeuring. Dit moet deur elke kerk gedoen word in ooreenstemming met die prosedures wat tans in daardie kerk se Kerkorde/besluite daarvoor voorgeskryf word. Dit wat betref die besluite van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Aangesien die NGKA se sinodale grense grootliks ooreenstem met dié van die NG Kerk in die OVS (NGKA-OVS) en Noord-Kaap (NGKA-Phororo), is dit nodig om óók spesiale aandag aan besluite van die genoemde NG sinodes in hierdie verband te gee.

Tydens die Vrystaatse Sinode van 1995 het die Vrystaatse Kerk herbevestig dat die eenheid van die kerk ‘n gawe sowel as ‘n opdrag van die Here is en dat ‘n eenheid in belydenis of gemeenskaplike belydenisskrifte ‘n voorwaarde is vir enige vorm van kerkverband tussen gemeentes. Die Sinode het sy verbintenis tot die herstel van die een kerkverband met die ander drie binnelandse lede van die NG Kerkfamilie, nl die VGKSA, die NGKA, die RCA bevestig en gepleit vir doelbewuste proses waarin daar ruimte geskep word vir die verskeidenheid tov taal, kultuur, bedieningsbehoeftes, ensovoorts, sodat die Kerke op die verskillende vlakke van gemeentes, ringe en sinodes na groter eenwording groei sonder dat die eenheid in gedrang gebring word. Daarom moet die klem nie net

op die strukture of modelle vir eenheid te val nie, maar veral ook op ‘n gedeelde roeping, versoening, groter samewerking, en die doelbewuste skep van verhoudinge, wedersydse liefde en respek. Die Sinode het verder sy oortuiging uitgespreek dat groter eenheid nie net opdrag aan die NG Kerkfamilie in Suidelike Afrika is nie, maar aan alle gereformeerdes op die subkontinent en wyer, wat dieselfde belydenisse met mekaar deel en dat pogings tot groter eenheid in die NG Kerkfamilie nie losgemaak kan word van pogings om groter eenheid tussen die Afrikaanse gereformeerde kerke, hulle jonger kerke en ander gereformeerde kerke te bevorder nie. Die Sinode het uitdruklik besluit “dat die

Belydenis van Belhar nie aanvaarbaar is as deel van belydenisgrondslag wat deur alle deelnemende kerke aan so proses onderskryf moet word nie en dat enige poging om dit af te dwing teen die uitdruklike standpunt soos in Belhar self verwoord, ingaan”213.

Gedurende Augustus 1997 het die Moderamen van die Vrystaatse Sinode besluit om ’n aantal konferensies in die verskillende streke van die Vrystaat te hou om belangstellende lidmate op die hoogte van sake te stel van die proses van kerkhereniging en om ook aan lidmate die geleentheid te gee om hulle insette te lewer, sodat die lede van die Moderamen kan weet wat in die harte van die lidmate leef. By die konferensies is daar indringend gepraat oor die Bybelse verwagting ten opsigte van kerkeenheid, hoe ‘n model vir kerkeenheid moontlik kan lyk, wat die regsimplikasies van kerkvereniging kan wees, en die Belydenis van Belhar. Na afloop van die konferensies het die Moderamen van die Vrystaatse Sinode besin oor die vrae wat gestel en menings wat gegee is en die standpunte van die konferensiegangers saamgevat214 as die standpunt van die Vrystaatse kerk: Kerkeenheid, in onderskeiding van kerkvereniging (as proses waarin die NG Kerkfamilie aan sy eenheid in Christus sigbaar gestalte probeer gee), is ’n gegewe maar ook ’n opdrag van die Here waarbinne die verskeidenheid van gelowiges figureer wat op verskillende vorme of strukture tot uitdrukking kan kom en wat spontaan vanuit die plaaslike gemeentes moet groei.

213 Sien Bylae A tot hierdie hoofstuk

Hierdie eenheid moenie alleen in die NG Kerkfamilie gesoek word nie, maar ook met ander Afrikaanse kerke van dieselfde belydenisgrondslag. In hierdie opsig is die belydenis van Belhar om verskeie redes nie vir die Vrystaatse kerk aanvaarbaar as belydenisskrif nie.

In 1998 hou die Vrystaatse Sinode buitengewone sinodesitting en besluit om die standpunte van sy Sinode van 1995 te bevestig en dat deelname van sy afgevaardigdes aan ‘n debat of stemming oor eenheid in die NG Kerkfamilie by die Algemene Sinode van 1998, nie sy eie besluite van 1995 en 1998 oor hierdie saak ophef nie. Die Sinode het ook by die Algemene Sinode daarop aangedring om, ter wille van die eenheid en onderlinge vertroue in die NG Kerk, by sy eie prosedure vir die proses van kerkeenheid soos neergelê in sy besluite van 1994 en Kerkorde Artikel 1 en 44, te bly (Algemene Sinode 1994 : 441, pt 2.1.3): ‘n prosedure wat ook impliseer dat, indien die algemene sinodale verband ontbind, dit deur die samestellende kerke van 1962 of hulle opvolgers (Kerkorde Artikel 36 en 37) moet geskied. Die Sinode het ook geoordeel dat die afwesigheid van die NGKA en enkele gemeentes van die NGSK by eenheidsgesprekke die betrokkenheid van die NG Kerk in die OVS by eenheidsgesprekke eventueel in gedrang kan bring. In verband met die Belharbelydenis besluit die Vrystaatse Sinode opnuut pertinent dat kerkhereniging slegs kan plaasvind op die basis van aanvaarding van dieselfde belydenisgrondslag:

“Hoewel die Sinode die Belydenis van Belhar as belydenis uit die hart van die VGKSA respekteer, kan ons dit nie as Belydenis wat uit die hart van die NG Kerk OVS opkom aanvaar nie. Kerkvereniging kan net op dieselfde belydenisgrondslag plaasvind, naamlik die Drie Formuliere van Eenheid”.

Daarom het die Sinode besluit om die Algemene Sinode te versoek om ook ander vorme van eenheid in die NG Kerkfamilie (soos bond van kerke wat alle lede van die NG Kerkfamilie, binne- sowel as buitelands, insluit) as net een sinodale verband te oorweeg. Verder het die Sinode sy oortuiging teenoor die Algemene Sinode uitgespreek dat “die vorming van ‘n nuwe kerkverband in die