• No results found

1.2 Standpunte oor Kerkhereniging van die onderskeie lede van die

1.2.4 Die standpunt van die VGK oor kerkhereniging

In aansluiting by die NGKA se besluit in 1975333, het die RCA memorandum

opgestel334 waarin hy meedeel dat die volgende verklaring alreeds in 1966 deur

die advieskommissie van die NG Sendingkerk gedoen is oor sy kerkregtelike posisie:

“Furthermore, there should be sought after the proper vehicle to give expression to the essential unity of Church affiliation among the Mother and Daughter churches by developing the Federal Council of Dutch Reformed Churches into a fulfledged synod with jurisdiction over Doctrine and Liturgy”, 335

waarop die Sinode van die NG Sendingkerk die verklaring goedgekeur het en aan sy moderatuur opdrag gegee het om die besluit onder die aandag van die volgende vergadering van die Federale Raad van NG Kerke te bring. Toe die Federale Raad hierdie voorstel afwys, het die Sinode van 1974 sy standpunt soos gestel in 1966 en 1970 herbevestig en sy afgevaardigdes opdrag gegee om hulle te bly beywer vir hierdie ideaal van een “confessional synod”336. Die Sinode het dus deurgaans vanaf 1966 sy intense begeerte uitgespreek dat die Federale Raad van NG Kerke sal ontwikkel in Algemene Sinode met volmag oor belydenis, orde en liturgie om so uitdrukking te gee aan die noodsaaklike eenheid van die kerk gegrond op dieselfde gereformeerde tradisie.

Voor die sesde Algemene Sinode van die NGKA dien die NG Sendingkerk studiestuk “Die NG Sendingkerk en Apartheid” as versoekskrif in337. In hierdie dokument stel die NGSK: “Die sigbare effek van die versoening tussen God en

mens is gevolglik die bestaan van die kerk as versoende gemeenskap van

333 “Die Algemene Sinode wens om met die Indian Reformed Church (RCA) die Ned. Geref. Sendingkerk en

die Ned. Geref. Kerk tot een kerk te verenig en dra dit aan die ASK op om met die oog hierop met hulle in verbinding te tree”. (Sien Agenda en Handelinge NGKA 1975: 253; vgl. Boshoff, 1976: 19)

334 Agenda en Handelinge NGKA 1979: 29-34 335 Handelinge NG Sendingkerk 1966: 307 336 Handelinge NG Sendingkerk 1974: 382 337 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 19-28

mense, eenheidsgemeenskap. Aan hierdie kerk is die boodskap van versoening toevertrou. Aan die wêreld en die mense wat daarop woon, word die uitnodiging gerig om hulle ook met God en so ook met mekaar te versoen”338. Op grond hiervan word die politieke en kerklike bestel in SA as onversoenlike bestel bestempel aan die hand van apartheidsbeginsels of gelykluidende terme soos “eiesoortige- / afsonderlike-“339, wat volgens die verslag niks anders tot gevolg gehad het nie as om mense te polariseer en hulle menswaardigheid aan te tas. Apartheid word voorts getipeer as “pseudo-religieuse ideologie” en waar dit “gereglementeer is in kerk- en samelewingstrukture, verloën dit die

gesamentlike menswees van die gelowiges en dit verloën die versoenende en vermenslikende werk van Christus” en bring dit Artikel 9 van die Nederlandse

Geloofsbelydenis in gedrang. Op grond hiervan het die NGSK Status

Confessionis verklaar:

“Omdat die sekulêre evangelie van Apartheid ten diepste die belydenis van versoening in Jesus Christus en die eenheid van die Kerk van Jesus Christus in sy wese bedreig, verklaar die NG Sendingkerk in SA dat dit vir die Kerk van Jesus Christus Status Confessiones daarstel. ( Status Confessiones beteken dat ons hierdie saak as aangeleentheid beskou waaroor dit onmoontlik is om te verskil sonder om die integriteit van ons gemeenskaplike belydenis as Gereformeerde Kerk ernstig in gevaar te stel). Ons verklaar dat apartheid (afsonderlike ontwikkeling) sonde is, dat morele en teologiese regverdiging daarvan bespotting van die evangelie is en dat sy volgehoue ongehoorsaamheid aan die Woord van God, teologiese kettery is”340.

Daarom het die NG Sendingkerk besluit hy kan nie anders “as om met die

diepste leedwese die NG Kerk van teologiese kettery en afgodery te beskuldig nie” en dat versoening alleen moontlik sal wees indien die NG Kerk sy skuld bely “wat betref die verskaffing van morele en teologiese begronding van apartheid en

338 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 20 339 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 19 340 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 21

haar berou konkreet toon deur die konsekwensies van sodanige skuldbelydenis in kerk en staat uit te werk”341. As uitdrukking hiervan, het die NG Sendingkerk in

1982 Belydenis goedgekeur waarin al die bogenoemde standpunte geformuleer is342. Hiermee het die NG Sendingkerk nie van sy kant sy bande met die NG Kerk verbreek nie, maar by laasgenoemde gepleit om saam te soek na uitbouing van die onderlinge verhoudinge.

Oor die aanloop en voorbereiding tot die vereniging van die NGSK met die NGKA is alreeds in die voorafgaande punt breedvoerig berig. Op 14-17 April 1994 vergader die afgevaardigdes van die NGKA en die NGSK te Belhar, Kaapstad waartydens die moderators van beide kerke, te wete dr SPE Buti en ds NA Apollis as voorsitters waarneem. Die skribas van beide kerke is versoek om te bevestig dat hulle lede wettiglik volgens geloofsbriewe en besluite van hulle onderskeie sinodes die deelnemende kerke verteenwoordig en dat kworum teenwoordig is343. Die eerste Algemene Sinode (en ook stigtingsinode) van die

VGKSA konstitueer met verteenwoordigers van die NGKA-OVS en vanuit die 13 ringe van die genoemde sinode, van die NGKA-Suid-Transvaal en vanuit die 12 ringe van die genoemde sinode, van die NGKA-Noord-Transvaal en vanuit die 11 ringe van die genoemde sinode, van die NGKA-Kaapland en vanuit die 9 ringe van die genoemde sinode, van die NGKA-Natal en vanuit die 6 ringe van die genoemde sinode, van die NGKA-Phororo en vanuit die 4 ringe van die genoemde sinode en van die NGSK en vanuit die 33 ringe van die genoemde sinode344. Die vergadering konstitueer staande met die aanvaarding van die konsep-kerkorde na vermelding dat die onderskeie kerke in beginsel die konsep- kerkorde by hul voorafgaande vergaderings aanvaar het345. In die “Bevestiging van Konstituering” wat staande voorgelees word, word gesê: “...dat die eenheid van hierdie kerk nie net gawe van God is nie, maar ook opdrag wat nagejaag en

341 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 23

342 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 25-28 (Sien Bylae M tot hierdie hoofstuk.) 343 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 282

344 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 282-290 345 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 290

gesoek moet word; dat hierdie eenheid sigbaar moet wees sodat die wêreld kan glo dat God Sy Seun gestuur het, het ons as NGKA en NGSK in beginsel besluit om een verenigde kerk te word om daardeur skeiding van baie jare op te hef wat sy oorsaak gehad het in die swakheid van die vlees en die sondigheid van die menslike hart wat veroorsaak het dat oorwegings van ras en kleur die duidelike boodskap van die Skrif aangaande die sigbare eenheid van die kerk oorwoeker het;...”346. Verder word dan die oortuiging gestel dat hierdie vereniging maar die eerste stap is wat as geloofsdaad en getuienis moet uitkring na die hele NG Kerkfamilie binne en buite SA347, en daarom word staande uitnodiging gerig tot lede van die NG Kerkfamilie wat nog nie deel van die proses is nie, om deel daarvan te word348. In die “Oorkonde van die Kerkvereniging” word die aanloop tot hierdie historiese vereniging beskryf as beginnende by die besluit van die NGSK van 1966 dat die NG Kerkfamilie in een sinodale verband verenig moet word, die 1975 besluit van die NGKA om ook die eenheid van die NG Kerkfamilie daadwerklik te soek, die 1978-sinode van die NGSK waartydens verskeie kragtige pleidooie gelewer is vir kerkeenheid vanaf grondvlak en waar die praktyk daarvoor uitgespel is, asook die belangrike Vereenigingsberaad van Maart 1989 waar die hele afvaardiging van die NG Kerkfamilie besluit het: “Ons belowe

plegtig om daarvoor te werk om een verenigde, nie-rassige gereformeerde kerk in Suidelike- en Sentraal-Afrika te word”349. In hierdie selfde dokument word die

Belydenis van Belhar beskryf as: “wat die inspirasie is vir die vereniging wat ons

nou onderneem”350.

Die Sinode het hom voorts vereenselwig met die aanbeveling van die Gesamentlike Gesprekskommissie dat al die bestaande gemeentes van die twee kerke net so behoue sal bly, maar dat hulle onderling oop sal wees vir bywoning en lidmaatskap aangesien almal saam die gemeentes van die nuwe kerk sal

346 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 290

347 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 291, 292, 302 348 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 300

349 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 291 350 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 292

vorm. Dit word aan gemeentes oorgelaat om onderling te onderhandel en ooreenkomste aan te gaan volgens plaaslike behoeftes en omstandighede. Ringe sal egter saamsmelt in die onderskeie gebiedsinodes van die VGKSA wat werkende sinodes sal wees351. Die bestaande verhoudinge en ooreenkomste in die NG Kerkfamilie word behou totdat die betrokke vergaderinge elk op sy eie vlak besluite daaroor neem352. Met betrekking tot die aanvaarding van bates, laste, regte en verpligtinge, het die Sinode besluit:

“Die Algemene Sinode besluit dat die VGK, die streeksinodes, ringe en gemeentes die oordrag en sessie van al die bates, laste, regte en verpligtinge, niks uitgesluit nie, vanaf die regspersone soos bedoel in 132/5.6.2.2 van die NGSK en die NGKA aanvaar en hiermee intree as die opvolger in reg en titel ten opsigte van alle bates, laste, regte en verpligtinge, nou of in die toekoms van die gemelde sinode van die NGSK en die NGKA”353.

Aan die Algemene Sinode, streeksinodes, ringe en gemeentes van die VGK word volmag verleen om alle aksies te doen en regshandelinge te volvoer ten einde effek te verleen aan die sessies wat hiermee bewerkstellig word354.

Dit dien vermeld te word dat, sover ek kon vasstel uit die notule en handelinge van hierdie eerste vergadering van die Algemene Sinode van de VGKSA, daar géén pertinente teenstem op enige punt genotuleer is nie.

Die Tweede Algemene Sinode van die VGKSA konstitueer van 14-20 April 1997 te Mooigenoeg, Bloemfontein. Ds JD Buys (aktuarius) neem die konstituering waar, aangesien beide die voorsitter (ds NA Apollis) en die assessor (ds SPE Buti) nie deur hul onderskeie ringe as afgevaardigdes aangewys is nie355. Die Sinode konstitueer met die streeksinodes van Kaapland (waaronder 29 ringe

351 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 300 en 301 352 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 302 353 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 313 354 Agenda en Handelinge VGKSA 1994: 314 355 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 467

ressorteer), Natal (met 6 ringe), Noord-Transvaal (met 18 ringe afgevaardig), Phororo (met 4 ringe), Suid-Transvaal (met 12 ringe) en Vrystaat & Lesotho (met 8 ringe teenwoordig)356.

Tydens hierdie tweede Algemene Sinode van die VGKSA word die Evangeliese Gereformeerde Kerk in Afrika (EGKA) se aansoek om eenwording met die VGKSA goedgekeur en word hulle saam met die VGKSA ring van Namibië hersaamgestel as streeksinode van die VGKSA-Namibië357. In die verdere gesprek rondom kerkhereniging word gestel dat die aanvaarding van die Belydenis van Belhar as belydenis vir die verenigde kerk ononderhandelbaar is358.

Uit die verslag van die ASK aan die Sinode blyk dit dat moeite gedoen is om pastorale gesprekke te voer met beswaardes, veral uit die geledere van die NGKA, teen die vereniging van die NGSK en NGKA in die VGKSA359. Op 8

Februarie 1995 het die Dagbestuur van die ASK van die VGKSA egter kennis geneem van die “eensydige” besluit van die NGKA-Phororo om vanaf 22 November 1994 as “Nuwe NGKA” voort te bestaan terwyl daar toetrede tot die NG Kerk Noord-Kaap gesoek word, en het hierdie optrede geag as uittrede uit die kerkverband en aldus as onkerkregtelike handeling wat hulle laat besluit het om aan prokureurs opdrag te gee om regstappe te neem om die regte en belange van ampsdraers en gemeentes van die VGKSA te verseker360. Wat die

NGKA-OVS betref het die ASK-Dagbestuur van die VGKSA verskeie ontmoetings gehad of probeer hou met verteenwoordigers uit die NGKA-OVS. Tydens die vergadering van 18 Julie 1995 met besorgde predikante van die VGKSA-OVS is besluit om deur die kerk se regsverteenwoordiger aan diegene wat verantwoordelik is vir die reël van die “sogenaamde NGKA Sinode” in die Vrystaat, kennis te gee van voorneme om sodanige reëlings teen te staan, terwyl

356 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 467-474 357 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 496 358 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 26, 504 359 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 20-23 360 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 21

nogtans pogings aangewend sal word om op pastorale wyse die gesprek te bly voer361. Op 12 September 1995 ontmoet die Dagbestuur van die VGKSA ± 120 beswaarde lidmate uit gemeentes in die Vrystaat in die kerkgebou van die gemeente Bloemfontein-Suid362. Uit die gesprek word duidelik dat gebrekkige kommunikasie en die gevolglike oningeligtheid van lidmate en kerkrade groot probleem is wat onsekerheid en verdeeldheid in die hand werk. Verder word gemeld dat die “skrywes van di. AS Bührmann & P Ralepeli gedateer 23

Augustus 1995 aan gemeentes waarin die nuwe Ordekommissie, die sinodevergadering van 22 November 1995 asook die byeenkoms van 12 September 1995 onder verdenking gestel word as synde wederregtelike handelinge” tydens die vergadering behandel en die wanvoorstellings reggestel

is363. Van die kant van de NGKA word egter duidelik gestel dat die bestaan en wettigheid van die VGKSA nie ontken word nie, maar dat die NGKA steeds bestaan en “gemeentes wat met die NGSK verenig het om die VGKSA te vorm

het inderwaarheid van (die) NGKA weggebreek”364. In antwoord hierop het die ASK-Dagbestuur dit gestel dat “die verteenwoordiging van die voormalige

Streeksinode OVS per geloofsbrief sittingsreg aanvaar (het) van die stigtingsinode, die stigtingsinode dus gekonstitueer (het), deelgeneem (het) aan die besluit van die vergadering en daaropvolgend gedien (het) as verteenwoordigers in strukture van die Nuwe Kerk (VGKSA). Daar is tydens die Stigtings- en Eerste Algemene Sinode van die VGKSA geen besware ingebring insake die eenwording nie”365. Nadat alle partye met onverrigte sake verdaag,

het, het die ASK-Dagbestuur van die VGKSA besluit om verklarende hofbevel en interdik teen die voorgenome sinodesitting van die NGKA-OVS aan te vra366. Wat sy verhouding met die NG Kerk betref, besluit die VGKSA by hierdie Sinode om nie die aansoek van die NG Kerk om hertoelating tot die WBGK (Wêreldbond

361 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 42 362 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 22, 43-44 363 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 43 364 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 45 365 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 45-46 366 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 47

van Gereformeerde Kerke) aan te beveel nie, maar om die WBGK pastoraal te herinner aan sy besluite van 1982 en 1993 oor die weglating van die NG Kerk. In verband met die Belydenis van Belhar neem die Sinode kennis van die skrywe gedateer 6 November 1996 van dr Frits Gaum, Skriba van die NG Kerk, aan ds Appies waarin die standpunt van die NG Kerk gestel word “dat die

ontstaansgeskiedenis van Belhar vir sommige lidmate struikelblok is. Hierdie konteks is dié van status confessionis wat, volgens diegene wat beswaar het, sterk politieke konnotasie het en sy agtergrond vind in die bevrydingsteologie. Die ASK oordeel nogtans dat die Belydenis van Belhar nie as blote ‘bevrydingsteologie’ afgemaak kan word nie”367. Hy doen daarom beroep op die VGKSA om hulle “ononderhandelbare vereiste” te heroorweeg en te dink aan die moontlikheid dat die Belharbelydenis as “opsionele” belydenisskrif gestel kan word368, waarop die ASK van die VGKSA die onvoorwaardelike aanvaarding van

Belhar as vereiste vir die voortgang van die gesprek oor kerkeenheid gestel het. Hierdie skrywe is op 7 April 1997 opgevolg met skrywe van die Dagbestuur van die ASK van die NG Kerk waarin die VGKSA versoek is om “aan die NG Kerk

genoegsame tyd (te gee) om oor die posisie van die Belydenis van Belhar te besluit op wyse wat in ooreenstemming met die NG Kerk-Kerkorde is en wat aan die NG Kerk se kerklike vergaderings geleentheid bied om oor die teologiese beginsels kommentaar te lewer”, terwyl die VGKSA, NG Kerk en RCA steeds

voortgaan met die voorbereiding van konsep-kerkorde vir een kerkverband369. Die VGKSA besluit uiteindelik dat hy by sy standpunt bly dat die Belharbelydenis die kerk se diepste geloofsoortuigings in gehoorsaamheid aan die Skrif verwoord en dat die VGKSA die getuienis uit hierdie belydenis aan die wyer Suid- Afrikaanse samelewing en aan die wêreld skuld, en dat dit daarom deel van die kerklike prosesse behoort te bly waarin skuldbelydenis en vergifnis prakties gemaak kan word tussen mense. Daarom word die deur vir die NG Kerk oop gehou en is volmag aan die ASK en “Dagbestuurmoderatuur” van die VGKSA

367 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 73 368 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 74 369 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 264

gegee om “die proses van kerkeenheid as saak van dringendheid voort te sit

en deurgaans te beoordeel in die lig van die eise van elke moment en konteks”370.

Die derde Algemene Sinode van die VGKSA konstitueer gedurende 1-7 Oktober 2001 te Upington met die afgevaardigdes uit die moderature en ringe van die sewe streeksinodes van die VGKSA (Kaapland met 28 ringe; Natal met 6 ringe; Noord-Transvaal met 17 ringe; Phororo met 4 ringe; Suid-Transvaal met 13 ringe; Vrystaat & Lesotho met 11 ringe; en Namibië met 5 ringe)371. Tydens hierdie vergadering neem die Sinode uit die verslag van die ASK kennis van die werksaamhede van die Gesamentlike Kommissie vir Kerkeenheid tussen die VGKSA, NG Kerk en RCA wat onder andere bosberaad gehou het op 3 en 4 September 1998 te Goudini, om te poog om ooreenkoms te vind oor die belydenisgrondslag, die model en die naam van die nuwe eenheidskerk372.

Tydens hierdie bosberaad het die RCA sy verbintenis ten gunste van kerkeenwording met beide die VGKSA en die NG Kerk gesamentlik herbevestig én die Belharbelydenis as deel van die belydenisgrondslag van die eenheidskerk aanvaar aangesien “die Belydenis van Belhar uit Afrika sy ontstaan het”373. Wat

die model vir die eenheidskerk betref, oordeel die VGKSA dat die verenigingsmodel wat hyself gevolg het met die vereniging van die NGSK en die NGKA vir die NG Kerk die ideale geleentheid en voorbeeld stel om “finaal ontslae

te raak van enige persepsie dat dit [= die NG Kerk] as hoofsaaklik en in bepaalde omstandighede selfs uitsluitlik as Afrikaner kerk voortbestaan”374 en dat die

model wat die NG Kerk voorstel steeds die voortbestaan van rasgeskeide kerke voorstaan, wat prinsipieel om gewetens- en hoofsaaklik geloofsredes onaanvaarbaar is.

370 Agenda en Handelinge VGKSA 1997: 730-731 371 Agenda en Handelinge VGKSA 2001: 1-4 372 Agenda VGKSA 2001: 12-14

373 Agenda VGKSA 2001: 13 374 Agenda VGKSA 2001: 17

Wat sy verhouding met die NGKA betref, word verslag gedoen van die Hooggeregshof uitspraak ten gunste van die VGKSA, maar wat op appèl geneem is deur en uiteindelik besleg is ten gunste van die NGKA375. Die VGKSA weier egter aanvanklik om die NGKA amptelik as selfstandige kerk te erken en word die NG Kerk se erkenning van die NGKA as voortydig, minagting van die regsproses, arrogant en onsensitief bestempel wat skadu werp oor die oordeelsvermoë van die NG Kerk 376. Wanneer die uitspraak van die Appèlhof egter bekend word, verander die VGKSA sy standpunt en erken die NGKA as gereformeerde kerk377. Melding word gemaak dat die NGKA aanspraak maak op al die eiendomme van die voormalige NGKA en wat tans deur die VGKSA benut word en dat die ASK reëlings getref het om na oorleg met sy regsgeleerdes regshulp aan gemeentes te bied wat daarom aansoek sou doen.

Die vierde Algemene Sinode van die VGKSA konstitueer gedurende 26 September tot 2 Oktober 2005 te Pietermaritzburg met die afgevaardigdes uit die moderature en ringe van die sewe streeksinodes van die VGKSA (Kaapland, nou met 30 ringe; Natal met 6 ringe; Noord-Transvaal, nou met 18 ringe; Phororo met 4 ringe; Suid-Transvaal, nou met 14 ringe; Vrystaat & Lesotho, nou met 12 ringe; en Namibië met 5 ringe)378. Melding word gemaak van talle hofsake rondom