• No results found

Die standpunt van die NG Kerk in Afrika oor kerkhereniging

1.2 Standpunte oor Kerkhereniging van die onderskeie lede van die

1.2.3 Die standpunt van die NG Kerk in Afrika oor kerkhereniging

Op sy eerste Algemene Sinode van die NG Sendingkerke in 1963 te Seisovile, Kroonstad het die NG Sendingkerke in die OVS, Transvaal, Suid-Afrika en Natal besluit om te verenig in die “Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika”238. In

Artikel 32 van sy Kerkorde wat by hierdie geleentheid goedgekeur is, word bepaal dat “ander Bantoekerke wat deur die sendingarbeid van die NG Kerk of

die NG Bantoekerk binne of buite die grense van die Republiek tot stand gekom het, mag na goedkeuring deur die algemene sinodes en op voorwaarde dat hulle hierdie kerkorde aanvaar, ook ingeskakel word as streeksinodes van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk onder die Bantoe”239. Daar was dus reeds in sy Kerkorde van die begin af ruimte vir vereniging met ander kerke van dieselfde oorsprong en belydenis.

Tydens die tweede Algemene Sinode van die NGKA in 1967 te Meadowlands, Johannesburg, gekonstitueer deur die ses streeksinodes OVS, Suid-Transvaal, Noord-Transvaal, Kaapland, Natal en Phororo, is dit duidelik dat die NGKA besig was om goeie ekumeniese verhoudinge met ander kerke op te bou (byvoorbeeld die “African Reformed Church Zambië and Rhodesië”, die “Ned. Hervormde Kerk

Holland”, die “Kerk van Skotland”)240 en dat hulle verteenwoordigers na verskeie

ekumeniese liggame gestuur het, byvoorbeeld na die Kongres van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke in Frankfurt, Duitsland gedurende

238 Agenda en Handelinge NGKA 1963: 86 239 Agenda en Handelinge NGKA 1963: 31 240 Agenda en Handelinge NGKA 1967: 28-30

Augustus 1964241, asook die “Christian Council of South Africa” (wat lid was van

die Wêreldraad van Kerke en waarby onder andere die Christelike Instituut ook as lid toegelaat is)242. Daar word selfs verwys na onderhandelinge met die oog op moontlike kerkvereniging tussen die NGKA en die Gereformeerde en Hervormde kerke, wat verwys is na die Federale Raad van NG Kerke243. Daar was selfs pogings en intense onderhandelinge met die NG kerk by die Federale Raad van NG Kerke tot nouer skakeling met die A.A.C.C. (“All Africa Council of

Churches’), wat tot mate van spanning gelei het tussen die NG Kerk en die

NGKA. Die Federale Raad was van oordeel dat daar eers nouer skakeling tussen NG “Moeder- en Dogterkerke” moet plaasvind “voordat ruimer

ekumeniese verband met geesverwante kerke gesoek word”, terwyl die NGKA

van oordeel was dat die NG Kerk positiewe, leidinggewende rol kan speel en getuienis kan lewer aan ander Christelike kerke in Afrikalande waar daar heelwat stryd en rewolusie aan die orde van die dag was. Op advies van die Federale Raad het al die lidkerke van die NG Kerkfamilie toe slegs waarnemers na die A.A.C.C. gestuur244. Tydens hierdie Sinode het die NGKA ook sy Kerkorde Art. 59 gewysig om:

(a) Ekumeniese bande te handhaaf met alle kerke van Gereformeerde belydenis, buite NG Kerkverband.

(b) Sover dit moontlik en prakties is, kontak te soek met ander kerke van algemeen Protestants- Christelike belydenis in ooreenstemming met die roeping van die Kerk om in gehoorsaamheid aan die Heilige Skrif daarna te strewe om die eenheid van die gelowiges prakties te bevorder en te bestendig.”245

241 Agenda en Handelinge NGKA 1967: 28 242 Agenda en Handelinge NGKA 1967: 219 243 Agenda en Handelinge NGKA 1967: 31

244 Agenda en Handelinge NGKA 1967: 21, 31, 35, 47-48, 195, 209, 216 245 Agenda en Handelinge NGKA 1967: 298

Op die derde Algemene Sinode van die NGKA in 1971 te Tshilidzini, gekonstitueer deur die ses streeksinodes Kaapland, OVS, Suid-Transvaal, Noord-Transvaal, Kaapland, Natal en Phororo, is daar in die verslag van sy ASK aan die Sinode opmerklike toename in skakeling met ander kerke en die bywoon van en selfs leiding neem (byvoorbeeld dr JJF Durand se studiestuk voor die Gereformeerde Ekumeniese Sinode, en dr DJ Bosch se deelname as lid van die voortsettingskomitee van die SARK se konferensie oor “The Healing

Ministry of the Church”) in ekumeniese rade, vergaderinge en konferensies deur

verteenwoordigers en waarnemers van die NGKA246.

In 1975 het die NGKA se vierde Algemene Sinode in Worcester besluit om by die SARK aan te sluit, want:

“Aansluiting by die SARK sal identifisering met die ekumene in SA beteken.

Aansluiting beteken deelname aan al die voordele van die verskillende werksaamhede van die Raad.

Die geleentheid om Bybelse getuienis in die werksaamhede van die SARK in te dra behoort nie onbenut gelaat te word nie”247

Dieselfde sinode het verder besluit om die bande met die NG Kerkfamilie te verstewig deur die nodige kontak met mekaar te behou, mekaar se probleme te probeer verstaan, met mekaar saam te werk en vir mekaar te bid248. En dan

besluit die Sinode pertinent:

“Die Algemene Sinode wens om met die Indian Reformed Church (RCA) die Ned. Geref. Sendingkerk en die NG Kerk tot een kerk te verenig en dra dit aan die ASK op om met die oog hierop met hulle in verbinding te tree”249.

246 Agenda en Handelinge NGKA 1971: 29-43, 253-268, 290-294 247 Agenda en Handelinge NGKA 1975: 253

248 Agenda en Handelinge NGKA 1975: 293

Tydens die vyfde Algemene Sinode van die NGKA in 1979 te Umgababa, Natal, hierdie keer gekonstitueer deur die sewe streeksinodes Kaapland, OVS, Suid- Transvaal, Noord-Transvaal, Kaapland, Natal, Transkei en Phororo, word aan die Sinode verslag gedoen van spanning tussen die NG Kerk en die “Jong kerke wat

die Sinode van die Gereformeerde kerken in Holland bygewoon het oor die verklaring wat hulle uitgereik het rakende die verhoudinge van die Ned. Geref. In S.A. en Gereformeerde kerken in Holland”250. In hierdie verklaring het die NGKA

en ander “jong” kerke hulle gedistansieer van die ultimatum wat die NG Kerk aan die GKN gestel het in verband met die verlening van humanitêre hulp aan die PCR (“Programme to Combat Racism”). Verder het die Sinode besluit om hom ten doel te stel om bande tussen die NG Kerkfamilie te verstewig deur die reëling van gesamentlike konferensies op sinodale-, rings- en gemeentelike vlak en het dit aan sy Moderatuur opgedra om in oorleg met die ander kerke se Moderature die aksie te beplan en te inisieer251.

Die sesde Algemene Sinode van die NGKA konstitueer in 1983 te Barkly-Wes met dieselfde sewe sinodes as gedurende 1979. Voor hierdie Sinode dien studiestuk “Die NG Sendingkerk en Apartheid” as versoekskrif van die NG Sendingkerk (NGSK) aan die NGKA252 waarmee die NGKA gevra word om die

aksie van die NGSK met sy verklaring van status confesiones en die gepaardgaande uitreik van sy 1982 belydenis253 teen die NG Kerk te onderskryf.

Die Sinode van die NGKA was nie bereid om hierdie stap te neem nie, maar het net van die versoekskrif van die NGSK kennis geneem en dit saam met sy bestaande besluite oor kerkeenheid na kommissie vir verdere studie verwys254. Die Sinode het egter uitvoerige besluite in verband met kerkeenheid geneem,

250 Agenda en Handelinge NGKA 1979: 24 251 Agenda en Handelinge NGKA 1979: 231 252 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 19-28 253 Sien Bylae M tot hierdie hoofstuk

waaronder sewe-punt standpuntinname wat kortliks op die volgende neerkom255:

1. Die eenheid van die Kerk is 'n gegewe wat die Kerk oral waar hy is moet handhaaf en moet openbaar.

2. Daar is 'n verskeidenheid van geestelike gawes, tale en kulturele tradisies in diens moet staan van die eenheid en binne die eenheid 'n tuiste moet vind.

3. Die Kerk mag in sy organisasie voorsiening maak vir die besondere behoeftes van verskillende groepe mense, maar dit mag nie ten koste van die eenheid geskied nie.

4. Die breëre kerkverband behoort gebruik te word om die eenheid van die Kerk te bewaar en waar moontlik tot uiting te bring deur skakeling en erediensbywoning.

5. Die lidmate moet deur hulle verhouding tot mekaar die eenheid in Christus aan die wêreld openbaar wat alle etniese en volksgrense transendeer.

6. Die NGKA verbind hom om in sy onderhandelinge met al die lede van die NG Kerkfamilie, om nie net met een van die kerke sonder die ander op die weg na kerklike eenheid te beweeg nie.

7. Die Kerk onderhandel deur sy Moderatuur met verslag aan die ASK en die Sinode.

Die Sinode het ook sekere riglyne vir onderhandeling in proses van progressiewe ontwikkeling met verskillende fases aan die hand van drie modelle goedgekeur wat dit duidelik stel dat die NGKA in die rigting van een kerkverband onder een naam werk waarin lidmaatskap oop sal wees en een legitimasie vir die hele kerkverband sal geld. Volgens die eerste model bly die afsonderlike gemeentes en kerkrade van die verskillende kerke voortbestaan, maar binne die

een nuwe kerkverband, terwyl enige lidmaat binne die kerkverband te enige tyd sy bewys van lidmaatskap na enige van die ander kerke se gemeentes kan oordra. Leraars uit elk van die vroeëre afsonderlike kerke sal oor en weer beroepbaar wees na enige van die gemeentes. Op rings-, sinodale- en algemene sinodevIak is daar afsonderlike vergaderings van die "ou" vier kerke, maar nou binne die nuwe kerkverband. Die vier kerke kom egter saam in een Nasionale Sinode wat bestaan uit afgevaardigdes uit die vier "ou" sinodes. Hierdie Nasionale Sinode is nie 'n “oorkoepelende" sinode en ook nie 'n soort van “Federale Raad” nie, maar 'n ten volle gevolmagtigde sinode wat bindende besluite neem vir die hele NG Kerk in die een kerkverband. Hierdie kerkverband kan verder verstewig word deurdat op sinodale vIak gesamentlike kommissies bestaan uit lede van elk van die vier lidsinodes. Model 2 is dieselfde as model I met dié verskil dat, waar die vier "ou" kerke eers op nasionale vlak een vergadering het, daar nou van ringsvlak af, of vanaf sinodale vlak, een vergadering vir die vier "lidkerke" kan wees. Op gemeentelike vlak is daar nog onderskeie gemeentes. Volgens die uiteindelike derde en finale model is daar slegs een gemeente op 'n bepaalde plek. Die grense hier is die geografiese grense. Ook op ringsvlak en verder is daar net een ring, een sinode ensovoorts vir die vier "ou" kerke256.

Die sewende Algemene Sinode van die NGKA konstitueer in 1987 te Umtata in die Transkei met dieselfde sewe sinodes as gedurende 1979 en 1983 en is die besluite oor kerkeenheid wat in 1983 geneem is, bevestig as die standpunt van die kerk257. Die Sinode het dit ook betreur dat sy besluite van 1983 oor kerkeenheid binne die NG Kerkfamilie nog geen konkrete resultate gelewer het nie en het dit aan sy moderatuur en ASK opgedra “om MET GROOT

DRINGENDHEID VOORT TE GAAN om hierdie besluite tot uitvoering te bring, aangesien enige teken daarvan dat die NGKA ‘apartheidskerk’ sou wees, dodelik gevaarlik vir die lewe van ons jeug, liggaamlik en geestelik, is”258, en

256 Agenda en Handelinge NGKA 1983: 345 257 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 51,58 258 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 388

aangesien die Sinode “pynlik bewus is van die feit dat die NG Kerkfamilie nog

steeds in baie opsigte verdeelde kerk is” het die Sinode sy jeug, lidmate en

ampsdraers opgeroep om ten spyte van strukturele verdeeldheid, hulle steeds te beywer “om die eenheid van die liggaam van die Here in NG-verband te bou

deur die geleenthede wat geskep word vir onderlinge geestelike gemeenskap so goed as moontlik te benut”259. Dit was vir die Sinode duidelik dat God wil hê dat die eenheid van lidmate van die kerke in die NG Kerkfamilie sigbaar tot uitdrukking moet kom sodat die wêreld kan glo dat God vir Jesus Christus na die wêreld toe gestuur het (Joh.1721), dat almal kan weet dat ons Sy dissipels is (Joh.1335) en dat ons aan mekaar kan behoort as lede van die liggaam van Christus in die wêreld (1 Kor.12 en Rom.12). Daarom wil die Sinode hom daarvoor beywer dat die eenheid met Christus en met mekaar tot uitdrukking sal kom deur samesnoering in een kerkverband (struktuur), deur onderlinge liefde en hulpbetoon, verbondenheid aan die één Here, belydenis van één geloof en die gebed dat ons deurdronge sal wees deur een Gees, en dat dit sal lei tot een algemene sinode waarin al die kerke verenig sal wees, een ring wat oor plaaslike gemeentes toesig hou en een gemeente waarin lidmate op elke plek aan mekaar verbind is om God te dien260. Die Sinode het voorts die Belydenis van Belhar

van die NGSK na sy Studiekommissie vir Skrif en Belydenis verwys om ondersoek in te stel na die wenslikheid vir die aanvaarding van hierdie belydenis deur die NGKA, in watter mate die aanvaarding hiervan deur die NGKA die eenwording van die NG Kerkfamilie kan bevorder of vertraag, en om die verteenwoordigers van die Federale Raad in die reses oor hulle bevindinge in te lig en die volgende sinode met voorstel hieroor te bedien261. By hierdie Sinode dien verder uitvoerige verslag van die SARK oor vlugtelinge262 en word ook verslag gedoen oor die Kairos-dokument wat die SARK uitgereik het en word

259 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 417 260 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 379 261 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 413-414 262 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 124-142

aanbeveel dat by die bevindinge van die Federale Raad hieroor gebly word263. Verder dien die verslag van die Federale Raad van NG Kerke264, waarop die Sinode besluit dat die daarstelling en handhawing van die eenheid van die NG Kerkfamilie nie eksklusief aan die daarstelling van nuwe struktuur van kerklike organisasie verbind mag word nie, aangesien nuwe struktuur as sodanig nie die verlangde eenheid skep óf die voortbestaan daarvan kan waarborg nie. “Die

eenheid waarom dit in die Kerk van Christus gaan, is veel dieper en ryker as die blote bestaan van omvattende struktuur wat alle gelowiges insluit”265. Aan die ander kant besef die Sinode dat kerklike eenheid ook nie realiseerbaar of selfs voorstelbaar is sonder enige sigbare struktuur nie, en daarom word besluit “om

by die bestaande strukture van die Federale Raad en die verskeidenheid van Kerke in die Ned. Geref. familie aan te knoop”266, alhoewel die Federale Raad nie beskou word as voldoende uitdrukking van die wesenlike eenheid waarna gestrewe word nie. Hierdie wesenlike eenheid moet volgens die NGKA tot uitdrukking kom in oop deure (met spontane deelname aan eredienste en sakramente), oop lidmaatskap, wedersydse erkenning van legitimasie en in een belydenisgrondslag. Daarom het die Sinode beroep op die Federale Raad gedoen om dit as sy grootste taak te sien om hom te beywer vir die vereniging van die NG Kerkfamilie “in hegter struktuur wat beter getuienis gee van die

eenheid van die kerk in Christus, wat dit vir gelowiges moontlik maak om die eenheid ‘te beleef en sigbaar te maak’ (vgl. Kerk en Samelewing 92) en om nie tevrede te wees met gemeenskaplike raad wat slegs adviserend mag optree nie”267.

Op 1 Oktober 1990 het buitengewone vergadering van die Algemene Sinode van die NGKA in Kaapstad gekonstitueer met afgevaardigdes uit die ses streeksinodes van die Vrystaat, Phororo, Suid-Transvaal, Kaapland, Natal en

263 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 39, 422-423 264 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 201-214 265 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 382 266 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 383 267 Agenda en Handelinge NGKA 1987: 435

Noord-Transvaal (Swaziland is opgeneem as deel van Noord-Transvaal) waartydens spesifiek oor kerkeenheid gehandel is268. Hierdie vergadering is belê nadat Gesprekskommissie, saamgestel uit verteenwoordigers van die NGKA en die NGSK (op laasgenoemde se uitnodiging) twee maal vergader het (die eerste keer op 9 September 1987 te Johannesburg en die tweede keer op 14 Maart 1990 te Belhar) na aanleiding van die NGKA 1987 se besluit om die Belydenis van Belhar na studiekommissie te verwys, en hierdie Gesprekskommissie het op sy beurt in drie subkommissies verdeel ( Kommissie vir die Kerkorde, Kommissie vir Teologiese Opleiding en Kommissie vir Administrasie) wat aan die Buitengewone Sinode van die NGKA verslag doen. Die Sinode het hom vereenselwig met die Beginselverklaring van die Gesprekskommissie dat die Bybelse leer oor die eenheid van die kerk en die gereformeerde opvatting oor die sigbare eenheid van die kerk, gestalte móét vind in een enkele NG Kerkverband, wat beteken dat die bestaande institute sal moet verenig in enkele instituut, georganiseer volgens die gereformeerde kerkreg en kerkverband, en waarin rasse-oorwegings geen rol mag speel in die inrigting van die kerk nie. Taal- en kultuurverskille en verskillende bedieningsbehoeftes sal langs die gewone gereformeerde weë hanteer word en dien tot onderlinge verryking binne die een enkele sigbare kerk. In die Beginselverklaring word verder ook uitvoerig gehandel oor versoening en geregtigheid. Oor versoening word in die Beginselverklaring gestel dat “ goedkoop versoening in ons land,

wat sou neerkom op goeie gesindhede alleen en die eensydige geduldige verduring van onreg, sonder dat die onreg afgetakel word, nie die pad van Christelike versoening is nie”269, en oor geregtigheid dat “God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in wêreld vol onreg en vyandskap op besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is en dat Hy Sy Kerk roep om Hom hierin na te volg”270, en dat apartheid sonde is waardeur mense veronreg

268 Agenda en Handelinge NGKA 1991 asook Agenda en Handelinge NGKA 1990: 205-298 269 Agenda en Handelinge NGKA 1991 asook Agenda en Handelinge NGKA 1990: 223 270 Agenda en Handelinge NGKA 1991 asook Agenda en Handelinge NGKA 1990: 224

en hulle menswaardigheid aangetas word, wat die handhawing en nastreef van menseregte in ons land noodsaak. Konsep-Kerkorde271, bevattende slegs 12 Artikels, is voorts aan die Sinode voorgelê, by die opstel waarvan die volgende riglyne gedien het272:

1. Die Heerskappy van Christus in die kerk. 2. Die sentrale belang van die Woord. 3. Die gelykheid van die ampte. 4. Die eenheid van die kerk.

5. Die kerk as instrument vir versoening. 6. Die kerk as instrument vir geregtigheid.

7. Die kerk diensbaar aan armes en mense in nood in die volle betekenis daarvan.

8. Die “Demokratisering” van die kerk, waarmee bedoel word die aktiewe deelname van die lidmate deur die sentraalstelling van die amp van die ‘gelowiges’, wat ook implikasies vir die struktuur inhou.

9. Die vryheid van die kerk, waarmee bedoel word dat die kerk minder wetties, rigoristies, van bo-af bepaald moet wees; meer beweeglik, spontaan en soepel.

As uitgangspunte is verder onder andere gestel273:

1. Slegs breë beginsels in nie-vakkundige taal.

2. Die plaaslike gemeente as belangrike uitgangspunt.

3. Die wyse waarop die amp van die gelowige in die gemeente funksioneer, moet in die Kerkorde beslag kry.

4. Die beginsel van breë verband (streeks- en algemene sinode) word as primêre uitgangspunt aanvaar.

5. Groot vryheid moet aan plaaslike gemeentes gegee word om na gelang van hulle behoeftes hulleself te organiseer.

271 Agenda en Handelinge NGKA 1991 asook Agenda en Handelinge NGKA 1990: 225-230 272 Agenda en Handelinge NGKA 1991 asook Agenda en Handelinge NGKA 1990: 220 273 Agenda en Handelinge NGKA 1991 asook Agenda en Handelinge NGKA 1990: 220, 221

6. Bepalinge oor die amp moet so min as moontlik rigoristies wees om die moontlike ontwikkeling daarvan oop te hou.

Die twaalf Artikels van hierdie Konsep-Kerorde is274: Artikel 1 Die Kerk

Artikel 2 Die Belydenis van die Kerk Artikel 3 Lidmaatskap van die Kerk

Artikel 4 Die verantwoordelikheid van die gemeente Artikel 5 Die dienste in die gemeente

Artikel 6 Die ampte in die gemeente Artikel 7 Die regering van die gemeente Artikel 8 Die verband tussen die gemeentes Artikel 9 Die Ring

Artikel 10 Die Gebiedsinode Artikel 11 Die Algemene Sinode Artikel 12 Die Kerk se verhoudinge

Die Kerkordekommissie het ook voorstelle aan die Sinode voorgehou oor die