• No results found

1.1 Die kerkbegrip van die onderskeie lede van die NG Kerkfamilie in

1.1.2 Die kerkbegrip van die NG Kerk

Alhoewel die kerkbegrip van die NG Kerk teoreties beheers en bepaal word deur die inleidende beginsels wat hierbo gestel is oor wat ’n kerk is en wat die kenmerke, eienskappe en gestaltes van die kerk is, en die NG Kerk hom daarvoor uitgee dat hy wat die inrigting en funksionering van sy gereformeerde kerkregering betref presbiteriaal-sinodaal is, het die invloede van die ander kerkregeringstelsels nie uitgebly nie. Verder is dit ook vraag of dieselfde kerkbegrip in ál die ongeveer 1162 gemeentes99 van die NG Kerk figureer,

aangesien die inrigting van gemeentes, eredienste en selfs kerkvergaderings dikwels merkbaar van mekaar verskil100. Nogtans vorm al hierdie gemeentes

saam één kerkverband, omdat hulle van dieselfde belydenisse of kernwaarhede101 oortuig is, waaroor hulle onderling ooreengekom het102.

98 Kleynhans, 1982: 65-90 99 Jaarboek: 413

100 Strauss, 2008: 1

101 Heyns, 1992:17 stel dit “dat belydenis nie die ganse openbaringsinhoud aangaande die evangelie

omvat nie, dig slegs die kernwaarheid weergee…”

102 Vgl. Bouwman, 1985: II 564 sê: “Het gezag van de belijdenis… is het formulier der kerkelijke eenheid…

Kerkeenheid veronderstel immers nie eendersheid in alle opsigte nie103, maar wel eenheid in belydenis – waarheid wat pertinent as uitgangspunt in Kerkorde 2007 Artikel 1 en 2 ten opsigte van die Skrif, belydenis en orde van die kerk gestel word104.

As na die amptelike dokumente van die NG Kerk gekyk word, kom die presbiteriaal-sinodale beginsels duidelik na vore in Kerkorde 2007 Artikel 3, wat bepaal dat Christus Self as enigste Hoof, Koning en Meester van Sy kerk, deur Sy Gees en deur die dienswerk van gelowiges en die gelykwaardige ampte van leraar, ouderling en diaken, al die dienswerk in Sy kerk verrig. Verder bepaal Artikel 15.2 gereëlde afwisseling van ouderlinge en diakens om enige hiërargie teen te werk. Artikel 18 noem die vier kerkvergaderinge, naamlik Kerkraad, Ring, Sinode en Algemene Sinode wat volgens Artikel 19 as taak het die opsig oor, die regering van en die tug in die Kerk met die kerklike gesag wat deur Christus aan elk van die vergaderinge verleen is (Artikel 20.1). Artikel 29 bepaal dat naburige gemeentes wat geografies ’n eenheid vorm en maklik vergader, onderling groepeer tot ringe as uitdrukking van die kerkverband en met die oog op behoorlike kerklike dissipline, en Artikels 32 en 33 bepaal dat die sinode saamgestel word uit ’n gelyke aantal leraars en ouderlinge/diakens uit elke gemeente in die sinodale gebied as afgevaardigdes van elke kerkraad, of uit ’n gelyke aantal leraars en ouderlinge/diakens uit elke ring in die sinodale gebied, waar die betrokke sinode in elke geval besluit op die wyse van afvaardiging en die aantal afgevaardigdes per gemeente of ring. Artikels 36 en 37 handhaaf die volledigheid en selfstandigheid van die gemeente en kerk wanneer gesê word dat hulle volle seggenskap oor hul eiendomme, finansies en werksaamhede behou en dat hulle die reg het om “met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam

ensovoort uit die verband te tree indien hulle so ’n stap voor God in die lig van sy Woord kan regverdig.”105 So ook word die selfstandigheid van die plaaslike gemeentes, wat saam die kerkverband konstitueer, gehandhaaf in die vasstelling

103 Strauss, 2008: 2 104 Kerkorde NGK 2007: 1 105 Kerkorde NGK 2007: 18

van die Belydenisgrondslag van die Kerkverband kragtens Artikel 44. Die NG Kerk bedoel dit inderdaad opreg dat hy in sy kerkinrigting en funksionering wil hou by die gereformeerde presbiteriaal-sinodale kerkregeringstelsel.

In Artikel 38, wat bepaal dat die Algemene Sinode saamgestel word uit ’n gelyke aantal predikante en kerkraadslede uit elke sinode, waarvan die getal bestaan uit ’n vaste komponent plus ’n proporsionele komponent wat bereken word volgens ’n formule gebaseer op die aantal gemeentes en op die aantal lidmate, kom egter iets van die invloede van die Kongregasionalisme en die Kollegialisme duidelik na vore106. Die gereformeerde beginsel is immers dat gemeentes kerkverband konstitueer, terwyl hier iets deurskemer van ’n afvaardiging wat saamgestel word volgens die demokratiese beginsel van die aantal gemeentes en lidmate wat verteenwoordig word. Dit is verder ook nie duidelik watter inrigtingstelsel in Reglement 15107 Artikel 2.6 van die Kerkorde 2007 gevolg word nie, wat bepaal dat nuwe lidmate (“gelowiges”) deur doop en belydenisaflegging wel “met alle

gelowiges ’n eenheid in die ware geloof in Christus as lidmate van sy liggaam“

vorm, maar dan word daar net daarna gesê: “Sulke lidmate sal waar moontlik inskakel by ’n gemeente van die NG Kerkfamilie”, en word daar voorsiening

gemaak vir bediening volgens taal-, kultuur en ander bedieningsbehoeftes108.

Uiteindelik word in die proses van gemeentevorming selfs voorsiening gemaak vir

“faktore soos geografiese verwyderdheid, staatkundige bestel en die behoefte aan inkleding van die evangelie in eie kulturele konteks” met die opmerking daarby: “Voorop bly egter staan dat die eenheidsband met die bestaande kerk in die NG Kerkfamilie in die streek sover moontlik behoue bly en steeds uitdrukking sal vind op die mees sinvolle en effektiewe wyse”109, wat sterk herinner aan die Lutherse territoriale stelsel. So ’n redenasie is om die minste te sê inkonsekwent.

Alhoewel voorkeur gegee word aan inskakeling by die NG Kerkverband, word tog ruimte gelaat vir eie keuse deur onderhandeling ter wille van eie

106 Kerkorde NGK 2007: 18

107 Kerkorde NGK 2007: 104 – Reglement vir die Sending/Getuienis van die NG Kerk 108 Kerkorde NGK 2007-Rgl.15:2.6.3: 107

bedieningsbehoeftes en –voorkeure, wat trekke vertoon van die

Kongregasionalisme en Kollegialisme.

Wanneer in hierdie verband verder na die besluite van die NG Kerk oor kerklike lidmaatskap gekyk word, word die gereformeerde tradisie van die Sinode van Emden (1571) gehandhaaf dat mense wat tot geloof kom en lidmate van die kerk word deur belydenisaflegging, deel word van die plaaslike gemeente. So besluit die Algemene Sinode van 1998 dat oordrag van lidmaatskap van een gemeente na ’n ander by wyse van attestaat sal geskied en dat die kerkraad die attestaat van die lidmaat in ontvangs neem en die pastorale verantwoordelikheid vir die lidmaat moet aanvaar. As sodanig het die kerkraad toesig oor die lewe en leer van die lidmaat. Die kerkraad moet toesien dat die lidmaat aktief meeleef in die gemeente deur sy/haar gawes beskikbaar te stel tot opbou van die gemeente en die uitbou van die koninkryk van God in die wêreld. By die Algemene Sinode van 2002 kom daar egter ’n denkverskuiwing in die rigting van die Kongregasionalisme en

Kollegialisme, wanneer die keuse oor by watter gemeente ingeskakel word, aan

die voorkeur van die lidmaat oorgelaat word. Alhoewel die Sinode van 2002 dit duidelik stel dat gemeentegrense geografies bly, is hierdie stelling slegs teoreties van aard, want in die praktyk word duidelik afgebakende geografiese gemeentegrense deur die keuse-uitoefening van lidmate verander in sogenaamde

“stippellyn” kategoriale grense110.

’n Debat wat ook dikwels met hewige argumente en baie emosie in die praktyk gevoer word, is of ons nie nog steeds met ’n papale of episkopale (hiërargiese, hoëre) kerkbegrip en -ampsbeskouing in die NG Kerk te make het nie – ’n debat waarin daar dikwels negatief-afwysend en soms smalend verwys word na die

“sinodokrasie” met sy “sinodale strukture” en die sogenaamde “verkrampte/verstokte kerkleiding” – of soos die oorlede oom lief was om te sê: “die hoofkantoor” wat “van bo-af” besluite oor ons neem waarby ons nou maar

net eenvoudig moet inval, of ons nou “demokraties” daarmee saamstem of nie

(en “demokrasie” beteken: die massa heers deur hul stem). Vir die oningeligte kom daar ’n sweem van hiërargie deur in Kerkorde 2007 Artikel 20.2 wat bepaal:

“Die gesag van die ring oor die kerkraad is dieselfde as dié van die sinode oor die ring en van die Algemene Sinode oor die sinode.”111

Die gereformeerde beginsel, soos reeds gestel, is dat die meerdere vergaderinge van die kerk nie meerdere vergaderinge van die ampte is nie (indien dít die geval sou wees, sou ons met reg onsself skuldig kon maak aan sake soos ‘n episkopale “hiërargie” en “sinodokrasie”, wat sake in die kerk op ‘n outoritêre wyse wil reël), maar dat die meerdere vergaderinge juis saamgestel word deur die gemeentes wat op grond van ooreenstemmende belydenis in verband met mekaar tree as die “kerkverband”. Daarom funksioneer die meerdere vergaderinge van die kerk baie sterk op die beginsel van “ooreenkoms” – ’n aantal gemeentes kom met mekaar in rings- of sinodale verband ooreen oor gemeenskaplike sake soos Skrifverstaan en -belydenis112, liturgie, teologiese

opleiding, kerklike orde, -arbeid, ensovoorts en neem dan besluite in hierdie verband. Die beginsel is duidelik dat die “ekklesia completa” nie die

“kerkverband” ophef nie, maar dit juis konstitueer. Daarom kan die plaaslike

gemeente dan ook nooit handel sonder om die kerkverband in ag te neem en te hou by die onderlinge ooreenkomste in hierdie verband nie. Indien dít wel sou gebeur dat ‘n gemeente totaal independentisties sy eie weg begin inslaan sonder inagneming van die res van die gemeentes binne die bepaalde verband, loop sodanige gemeente gevaar om homself buite die kerkverband te stel, met al die implikasies wat daarmee saamgaan. Waar “independentisme” die skaal totaal na die een kant van verabsolutering van die selfstandigheid van die kerk wil laat oorhel, en “sinodokrasie” die skaal weer totaal na die ander kant van die verabsolutering van die outoritêre posisie van die ampte en meerdere vergaderinge wil laat oorhel, wil die gereformeerde standpunt juis die balans in die kerkverband soek.

111 Kerkorde NGK 2007: 11 112 Vgl. Bouwman, 1985: II 564

Alhoewel daar dus wel tekens van die invloed van ander kerkregeringstelsels aangetoon kan word, kan tog met stellige sekerheid verklaar word dat, wat sy

Kerkorde betref, die NG Kerk oor gereformeerde uitgangspunte beskik ten opsigte

van Skrif, belydenis en kerkorde wat hom duidelik in die Dordtse tradisie plaas113 en dat die kerkregering van die NG Kerk volgens die gereformeerde beginsels van die presbiteriaal-sinodale Kerkregeringstelsel geskied.

In die joernale van die NG Kerk blyk dit dat daar vanaf 1746 wel ’n

“Gecombineerde Vergadering” van gemeentes was, wat in 1759 deur die

Politieke Raad beëindig is. De Mist se kerkorde van 1804 het toe bepaal dat die eerste sinode reeds in November 1805 moes plaasvind, maar die Britse oorname in 1806 het dié plan verydel met die gevolg dat die Kaapse gemeentes steeds los van mekaar gefunksioneer het. Nadat ds Abraham Faure van Kaapstad sy kollegas in Kaapstad, Stellenbosch en Graaff-Reinet oortuig het om ooreenkomstig Artikel 46 van De Mist se kerkorde die owerheid se goedkeuring te verkry vir die byeenroep van ’n sinode, het die Kerkraad van Kaapstad op 5 Julie 1824 leiding geneem en die ander gemeentes opgeroep vir die eerste sinode. Met die eerste sinode van die Kaapse Kerk op 2 November 1824 is die Kaapse gemeentes, wat sedert die VOC-tydperk tot nou toe aan die Klassis van Amsterdam verbind was, ’n eie, selfstandige kerkverband gevorm. By hierdie geleentheid was 24 afgevaardigdes van 12 van die bestaande 14 gemeentes in die konsistorie van die Groote Kerk in Kaapstad teenwoordig en is ’n kommissie benoem om ’n “Algemeen Reglement voor het bestuur der Nederduitsche

Hervormde Kerk in Zuid Afrika” op te stel waarin die Dordtse kerkorde ongelukkig

nie as basis gedien het nie, maar waarin naas die geldende Kerkorde van De Mist, die “Algemeen Reglement voor het bestuur der Hervormde Kerk van het

Koninkryk der Nederlanden” van 1816 nagevolg is114. Die groeiende invloed van die Skotse leraars sedert 1820 was ook merkbaar en het bepaalde kollegialistiese invloede nagelaat in die bewoording van verskeie artikels waar gepraat word van byvoorbeeld “bestuur” en “hoëre bestuur”. Die Algemeen

113 Strauss, 2008: 9 114 Van der Watt, 1980: 39

Reglement van 1824 het verder aan die owerheid beherende seggenskap oor die kerk gegee en aan sinodes ‘hoër’ gesag bo die plaaslike gemeentes toegeken115. Hierdie spanning tussen kerk en staat het uitgeloop op openlike konfrontasie op die buitengewone Sinode van 1837 in verband met die hantering van die appèl van ds Robert Shand en die optrede van die kommissarisse- politiek in Kaapstad. Hierdie gebeure het daartoe aanleiding gegee dat die Sinode besluit het om De Mist se Kerkorde en die Algemene Reglement van 1824 te hersien. Die hersiene dokument het voor die Sinode van 1842 gedien as

“Wetten en Bepalingen voor het bestuur der Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika” – vir die eerste keer is die kerk se naam nou amptelik die

Nederduitse Gereformeerde Kerk. Alhoewel daar baie verbeteringe is en die gereformeerde presbiteriaal-sinodale kerkregeringsvorm gehandhaaf is teenoor die hiërargies-sinodale en kollegialistiese kerkregering van die Nederlandse Hervormde Kerk, is die invloed van die kollegialisme nie heeltemal afgeskud nie – lidmate hoef byvoorbeeld nie noodwendig aan ’n gemeente te behoort nie (die gemeente is bloot ’n vrye, onselfstandige vereniging van mense); “hogere” verwysings word aangetref; ens. Die staat het hierop reageer deur die Kerkorde van De Mist met Ordonnansie 7 van 1843 te herroep, wat wel aan die kerk eie bestuur gegee het oor sy eie sake in die Kaap deur kerkrade, ringe en die sinode, maar die regering sou steeds die mag behou deur vakatures te vul, wat die kerk steeds ondergeskik aan die staat gestel het. Verder is die NGB uitgelaat in die aanwysing van die belydenisskrifte van die kerk. In 1897 het die regering hierdie ordinansie gewysig deur die belydenisskrifte reg te stel en verder te bepaal dat die NG Kerk die samestelling van sy sinode kan verander om ook gemeentes en ringe buite Kaapland in te sluit. In Ordonnansie 9 van 1898 is bepaal dat die kerk die reg het om buite die koloniale grense uit te brei116, maar nie om in algemene sinodale verband met ander sinodes te tree nie. Op 9 en 10 Augustus 1905 het afgevaardigdes van die Kaapse-, Vrystaatse-, Natalse- en Transvaalse Sinodes op Colesberg vergader en besluit om federaal te verenig as

115 Hofmeyr, 2002: 86; vgl Van der Watt, 1980: 40 116 Van der Watt, 1980: 217

“De Raad der Nederduitsche Gereformeerden Kerken in Zuid-Afrika”, wat die

afsonderlike bestaan en ontwikkeling van die kerke sou beskerm en as studieliggaam in adviserende hoedanigheid sou dien. Besluite sou eers van krag wees wanneer elke sinode dit goed gekeur het vir die betrokke sinode. Die veelbesproke “gelykheidskwessie”, waarin dit gegaan het oor die posisie van Kleurlinge in die kerkverband, het egter telkens na vore gekom in gesprekke oor kerkvereniging. Hierdie saak het voor verskeie kerkvergaderings gedien en talle pogings tot kerkvereniging is sonder sukses aangewend. Op die vergadering van die Raad van Kerke in 1957 is aan die onderskeie aktuarii opgedra om ’n konsep-kerkorde voor te berei wat as basis kan dien vir vereniging. Hierdie Kerkorde, waarin die Gereformeerde kerkregeringstelsel van Dordt bevestig is, is in 1959 voorgelê en uiteindelik goedgekeur117. Die staat is versoek om Ordinansie 7 van 1843 te herroep en op 3 Maart 1961 is hierdie ordonnansie in sy geheel herroep, wat die Kaapse Sinode in staat gestel het om met die ander sinodes van die NG Kerk in Algemene Sinodale verband te tree, wat uiteindelik in 1962 gerealiseer het118.

Wat sy ander besluite en publikasies betref, is ’n duidelike ontwikkeling in denke sigbaar119, wat enersyds beslis te make het met nuwe teologiese insigte, maar

wat andersyds ook nie los gesien kan word van die groter ekumeniese blootstelling van die kerk, beide wat sy amptelike ekumeniese betrekkinge betref maar ook wat betref die groter blootstelling van lidmate en ampsdraers met ander kerke in die toenemende verstedeliking van die oorgrote meerderheid van die lidmate van die NG Kerk nie.

In 1970 publiseer die NG Kerk ’n bekendstellingspamflet120 waarin duidelik gestel word dat die kerkregering geskied aan die hand van die presbiteriaal-sinodale stelsel soos verwoord in die Dordtse kerkorde121 en dat die kerk hom binne die

117 Van der Watt, 1987: 2-8

118 Van der Watt, 1980: 44-46, 57-65, 219-220; 1987: 11-12 119 Vgl Kinghorn (Red), 1986: 86v

120 “The Dutch Reformed Church in Southern Africa” 1970 121 Kerkorde NG KERK, 1969: 1 – sien Art.1

beginsel van soewereiniteit in eie kring onderwerp aan die owerheid in soverre die owerheid nie in stryd met die Skrifbeginsels regeer nie. Verder is dit die kerk se taak om die Bybelse norme in verband met onderlinge verhoudinge en sosiale geregtigheid onder die aandag van die staat te bring. Daar word pertinent verklaar: “There is no state church in South Africa”122. Hieruit blyk duidelik die sobere gereformeerde kerkbegrip en kerkinrigting van die NG Kerk.

In 1974 erken die NG Kerk se Algemene Sinode in die publikasie “Ras, Volk en

Nasie...” dat hy steeds die gereformeerde godsdiens sedert volksplanting in

1652 beoefen en saam met die veelbewoë geskiedenis van die land ’n natuurlike groeiproses deurgaan het wat ’n besliste invloed op die latere staatkundige ontwikkeling en politieke denke sou hê:

“Vanaf die dertiger jare van die twintigste eeu het die Kerk voortdurend sy stem laat hoor oor die Christelike implikasies van ,,apartheid”, ,,afsonderlike ontwikkeling”, eiesoortige ontwikkeling” of hoe die heersende politieke denke ook van tyd tot tyd die probleme van ons veelvolkige land benader het”123.

Hierin openbaar die kerk baie sterk trekke van die Anglikaanse episkopale stelsel, waar die grense tussen die regering van die kerk en die staat met wedersydse beïnvloeding begin vervaag. In die verdere beredenering van die etniese of rasseverskeidenheid word in stellinge 7, 8, 12 en 13 aangedui dat die Skrif die eenheid van die menslike geslag handhaaf, maar dat daar tog ook etniese verskeidenheid is (stellings 9 en 13), maar dan is stelling 13.6 opvallend, want eensklaps word ’n politieke model ingevoer waarin die kerk tekens toon van die Lutherse territoriale stelsel: “13.6 Onder bepaalde omstandighede en

voorwaardes laat die N.T. ruimte vir die reëling van die saambestaan van verskillende volkere in een land langs die weg van afsonderlike ontwikkeling.”124

Tot krediet van die NG Kerk moet egter gestel word dat hy homself in dieselfde dokument korrigeer wanneer hy in stelling 27 pertinent stel dat die kerk as

122 “The Dutch Reformed Church in Southern Africa” 1970: 9,10 123 Ras, Volk en Nasie… 1974: 3,4

instituut nie politiek mag bedryf nie. In stelling 14 van die genoemde dokument, met sy subartikels, word duidelik gestel dat die Kerk van Christus oor alle grense (kulties, geografies, nasionaal) heen strek en sy eenheid in Christus vind as ’n geloofsgemeenskap wat alle skeidinge transendeer, maar nogtans word voorsiening gemaak vir groepering in verskillende “kerke” (stelling 14.4) om ’n verskeidenheid binne die eenheid te vorm – wat tekens toon van

Kongregasionalisme in die destydse denke van die NG Kerk. Vanaf stelling 15

tot stelling 41 word die wese (stellings 15 en 16), kenmerke (stelling 17), eienskappe (stellings 18, 19, 39 tot 41) en funksionering (stellings 19 tot 38) aan die orde gestel, met ’n al sterker konsentrasie op die verdediging van ’n verskeidenheid van inheemse kerke binne die verskeidenheid van volke in dieselfde land (stellings 29 en 30) maar tog met klem op die eenheid van die kerk in God (stellings 32 tot 35) met ’n oproep tot ekumeniese verhoudinge (stellings 36 tot 38) – dus ’n duidelike gereformeerde ekklesiologiese ontwerp wat gevolg word. Ter volledigheid kan genoem word dat in die res van die dokument gefokus word op ’n beoordeling van horisontalisme (stellings 42 tot 43), ’n beoordeling van die teologie van rewolusie (stellings 44 en 45) en die taak van die kerk ten opsigte van maatskaplike geregtigheid (stellings 46 tot 57), sending [aan die hand van die eienskappe van die kerk] (stellings 58 tot 61), die huwelik (stellings 62 tot 65) en ’n slotopmerking (stelling 66).

Reaksie op hierdie dokument het nie uitgebly nie. In 1976 publiseer prof CWH Boshof, wat op daardie stadium ’n dosent aan een van die teologiese fakulteite van die NG Kerk was, sy boekie “Kerklike Verhoudinge in die Nederduitse

Gereformeerde Kerk” waarin hy aanvanklik pleit vir handhawing van die

eenheidsband tussen die “Moederkerk” en die “Dogterkerke” “kragtens die

gemeenskaplike geloof in en verbondenheid aan dieselfde Here en sy Woord en