• No results found

1.2 Standpunte oor Kerkhereniging van die onderskeie lede van die

1.2.5 Die standpunt van die RCA oor kerkhereniging

Die eerste Sinode van die “Nederduitse Gereformeerde Indian Church” konstitueer aanvanklik op 27 Augustus 1968 te Raisethorpe, Pietermaritzburg as konvensie van afgevaardigdes (6 leraars en 6 ouderlinge) uit die vier verskillende Indiër-ringe Durban-Noord/Pietermaritzburg, Durban-Suid, Transvaal en Kaapprovinsie en agt verteenwoordigers van die NG Kerk 389. Daar word amptelik besluit op die naam “Indian Reformed Church” (IRC) as naam van die nuwe kerk met as belydenisgrondslag die Drie Formuliere van Enigheid soos vasgestel by die Sinode van Dordrecht 1618-1619390. Reglement van Orde391

en Kerkorde392 word ook goedgekeur. In Artikel 3, wat algemeen aanvaar is,

387 Handelinge VGKSA 2005: 152 388 Handelinge VGKSA 2005: 151 389 Handelinge RCA 1968: 74,75 390 Handelinge RCA 1968: 79

391 Agenda en Handelinge RCA 1968:11-15, 75 392 Agenda en Handelinge RCA 1968: 31-54, 79-99

word verklaar dat die IRC vanweë die gemeenskaplike geloof en verbondenheid aan dieselfde Here en Sy Woord, “essential unity” met die NG Kerk en die NG Kerkfamilie vorm en “desires to conserve and to cultivate close ties of unity with

them”393. Daar word ook konsep-samewerkingsooreenkoms tussen die IRC en

die NG Kerk goedgekeur394 en verteenwoordigers op die Federale Raad van NG Kerke aangewys395. Hieruit is dit duidelik dat die IRC van die oomblik van sy totstandkoming strewe na die handhawing van noue bande met die NG Kerkfamilie.

Die tweede Sinode van die IRC konstitueer op 29 September 1970 op die Rylands Estate te Athlone, Kaapstad met afgevaardigdes (7 leraars en 7 ouderlinge) uit die vier verskillende Indiër-ringe Durban-Noord / Pietermaritzburg, Durban-Suid, Transvaal en Kaapprovinsie), 6 verteenwoordigers van die NG Kerk en 2 evangeliste van die IRC in adviserende hoedanigheid396. Aan hierdie

sinode word verslag gedoen van die versoek van die Raad van NG Kerke op 11 en 12 September 1968 te Pretoria dat lidkerke nie veranderinge aan die belydenisgrondslag van die kerk moet aanbring alvorens die res van die lidkerke nie eers geraadpleeg is nie, terwyl klem gelê word op nouer onderlinge samewerking wat betref leer (dogma), liturgie, kerkregering en die voorsiening en opleiding van werkers397. In die verslag van die regsfirma DAYSON DOUGLAS

MULLER & MEYER van Pretoria aan die Sinode, word aangedui dat kerk aan twee vereistes moet voldoen om regspersoonlikheid te verkry, naamlik: (a) die eienskap van “perpetual succession”. Dit beteken dat die Kerk bly voortbestaan ongeag van die wisseling van sy lede en (b) die bevoegdheid om eiendom in sy eie naam te besit. Volgens die regsadvies voldoen die IRC op tans slegs aan die

393 Agenda en Handelinge RCA 1968: 31 394 Agenda en Handelinge RCA 1968: 56, 57 395 Agenda en Handelinge RCA 1968: 61 396 Agenda en Handelinge RCA 1970: 141, 142 397 Agenda en Handelinge RCA 1970: 29

eerste vereiste en aanbevelings word gemaak om die kerk te help om aan die tweede vereiste ook te voldoen398.

Die derde Sinode van die IRC konstitueer op 29 Januarie tot 5 Februarie 1976 in Johannesburg met afgevaardigdes (nege leraars en elf ouderlinge) uit die nou sewe verskillende Indiër-ringe Pietermaritzburg, Durban-Suid, Transvaal, Emmanuel, Oos-Kaap en Kaapprovinsie en ses waarnemers399. Tydens hierdie derde Sinode van die IRC is die naam van die IRC verander na “The Reformed

Church in Africa” (RCA)400 en het die Sinode besluit (na aanleiding van die besluit van die NG Kerk op sy Algemene Sinode van 1974 dat leraars van die NG Kerk wat in die dogterkerke dien, lede van die dogterkerke kan word) dat predikante van die IRC wat deur die NG Kerk gelegitimeer en georden is en beroep na die IRC aanvaar het, deur die IRC aanvaar word as synde te voldoen het aan die wetlike vereistes van die IRC en om sy Artikel 10 dien ooreenkomstig te wysig401. Melding word gemaak van die geïsoleerde beeld van die NG Kerk

wanneer besluit word om aansoek te doen om volle lidmaatskap van die IRC by die SARK omdat die IRC deel wil wees van die groter kerkgemeenskap in SA402.

Die Skakelkomitee van die IRC en NG Kerk doen verslag van vyf vergaderings wat gehou is, waaruit die noue samewerking (veral wat die opleiding van en bediening deur leraars, evangeliste en lekewerkers betref) tussen hierdie twee kerke blyk403. Uit die verslag van die Gereformeerde Ekumeniese Sinode,

aanvaar die IRC die aanbevelings waarin alle vorme van rasse-diskriminasie en - vooroordeel, hoe subtiel ook al (bv. behuising, werkverskaffing, onderrig, wetstoepassing) verwerp word404. Die Sinode besluit om in sy nie-gewelddadige stryd teen rassisme te poog om sy bande met die NG Kerk te behou maar sonder om te kapituleer aan die eise van die NG Kerk, en om oop, eerlike en

398 Agenda en Handelinge RCA 1970: 81 399 Handelinge RCA 1976: 108, 109 400 Handelinge RCA 1976: 146

401 Agenda RCA 1976: 7, 124; Handelinge RCA 1976: 114 402 Agenda RCA 1976: 58; Handelinge RCA 1976: 166

403 Agenda RCA 1976: 177-201; Handelinge RCA 1976: 148-153 404 Agenda RCA 1976: 231; Handelinge RCA 1976: 162

Christelike dialoog met die NG Kerkfamilie te inisieer oor die rol van die kerk in die sosiale, politieke en ekonomiese situasie in SA405. Verder besluit die Sinode eenparig om sy Kerkorde Artiikel 3 te wysig om te lees: “By virtue of the common

faith in its bond tot he same Lord and His Word, the Indian Reformed Church forms an integral unity with all Churches of the Nederduitse Gereformeerde Connection in Africa, and desires to conserve and to cultivate close ties of unity with them”406. Daarom het die Sinode sy ASK gemagtig om samesprekings in verband met kerkvereniging met die ander lede van die NG Kerkfamilie te voer en kerkrade van die RCA dien ooreenkomstig in te lig407. Die Sinode het ook met waardering kennis geneem van die Federale Raad se gedagte van die vorming van Algemene Belydenis-Sinode eerder as Federale Sinode408.

Die vierde Sinode van die RCA konstitueer op 4-10 Oktober 1980 in Durban met afgevaardigdes (14 leraars en 11 ouderlinge) uit die nou nege verskillende Indiër-ringe: Pietermaritzburg, Durban-Suid, Transvaal, Emmanuel, Charisma. Lenasia, Moria, Oos-Kaap en Kaapprovinsie en vier waarnemers409. Met

betrekking tot die opdrag van die vorige Sinode oor die inisiëring van gesprek met die NG Kerkfamilie oor kerkeenheid, word verslag gedoen van die werksaamhede van ad hoc-studiekommissie410. In aansluiting by die NGKA se

besluit in 1975411, het die RCA memorandum opgestel412 waarin hy aandui dat

hy reeds in 1970 sy begeerte uitgespreek het om met die NG Kerkfamilie te verenig en waarin hy die volgende meedeel: In 1976 is mandaat aan sy Sinodale Kommissie gegee om samesprekings in hierdie verband te inisieer, en gedurende Mei 1977 het al die kerkrade van die RCA hulle ten gunste van

405 Agenda RCA 1976: 266; Handelinge RCA 1976: 114 406 Handelinge RCA 1976: 142

407 Handelinge RCA 1976: 172 408 Handelinge RCA 1976: 159 409 Handelinge RCA 1980: 1-3

410 Agenda RCA 1980: 32-34; Handelinge RCA 1980: 10

411 “Die Algemene Sinode wens om met die Indian Reformed Church (RCA) die Ned. Geref. Sendingkerk en

die Ned. Geref. Kerk tot een kerk te verenig en dra dit aan die ASK op om met die oog hierop met hulle in verbinding te tree”. (Sien Agenda en Handelinge NGKA 1975: 253; vgl. Boshoff, 1976: 19)

sodanige kerkhereniging uitgespreek413. Op 18 Maart 1978 het die RCA die voorstel van die NG Sendingkerk gesekondeer dat die Federale Raad van NG Kerke vervang moet word met Algemene Sinode bestaande uit die NG Kerk, NGKA, NGSK en die RCA om met twee-derde meerderheid besluite te neem oor die belydenis, die kerkorde en oor sake van gemeenskaplike belang vir die samestellende kerke, terwyl die huidige Federale Raad kan voortbestaan vir skakeling met die wyer NG Kerkfamilie, voorstel wat deur die Federale Raad goedgekeur is vir voorlegging met die oog op goedkeuring of kommentaar deur die onderskeie lidkerke van die bestaande Federale Raad. Verder word vermeld dat gesamentlike beraadslagings tussen die NG Kerkfamilie op 28 April 1978 te Durban (met die RCA, NG Kerk en NGSK teenwoordig) en op 30 en 31 Mei 1978 te Kaapstad (weer slegs met die RCA, NG Kerk, en NGSK teenwoordig) waartydens “Memorandum oor kerkeenheid”414 wat drie verskillende modelle van kerkvereniging tussen die vier lidkerke van die NG Kerkfamilie in Suid-Afrika voorstel, opgestel is vir voorlegging aan die Sinodale Kommissies van die onderskeie kerke. Hiervolgens kan oorweging gegee word aan Ekumeniese Sinode (wat in wese maar net die Federale Raad vervang en wie se besluite se geldigheid afhangende is van die goedkeuring daarvan deur die onderskeie samestellende sinodes se goedkeuring), oorkoepelende sinode (wat alleen gesag besit oor sake wat deur die samestellende sinodes na hom verwys is, terwyl die onderskeie sinodes steeds outonoom bly voortbestaan met hul eie reëls en bevoegdhede) en kerkeenheid wat uitdrukking vind in één Algemene Sinode met streeksinodes en ringe, maar met uitsluiting van gemeentes (wat steeds op taal, kulturele en geografiese gronde afsonderlik groepeer en funksioneer)415. Die Sinode het egter geoordeel dat Federale skakel-sinode nog steeds onvoldoende uitdrukking van kerkeenheid is416. Die Sinode herbevestig weereens sy erkenning en aanvaarding van die grondige eenheid

413 Handelinge RCA 1976: 76-77, 172

414 Agenda RCA 1980: 35-48; Handelinge RCA 1980: 10, 11 415 Agenda RCA 1980: 45,46

tussen die RCA, NG Kerk, NGKA en NGSK aangesien hulle dieselfde gereformeerde tradisie deel, dieselfde belydenisgrondslag het, volgens dieselfde kerkregtelike beginsels die kerk regeer en bestuur en dieselfde gemeenskaplike taak en roeping deel om die Koninkryk van God in hulle gemeenskaplike vaderland uit te brei, en dat die beginsel van kerkvereniging op al die vlakke van gemeente, ring en sinode as ideale gereformeerde basis kan dien waarop onderhandelinge kan plaasvind om die Godgegewe eenheid in die NG Kerkfamilie te laat realiseer417. Die Sinode besluit om met die NGSK te onderhandel om in “fully fledged union” (uitgebreide vereniging) met die NGSK te tree en die deur oop te laat vir die ander lede van die NG Kerkfamilie om tot die eenheid toe te tree418. In sy Herderlike Brief beklemtoon die Sinode sy oortuiging vir noodsaaklike organiese eenheid op alle vlakke van kerkregering van die NG Kerkfamilie419.

Tydens hierdie Sinode word verslag gedoen van die vergadering van die moderamena van die RCA, NG Kerk, NGKA en NGSK wat op 11 Maart 1980 ter voorbereiding vir ontmoeting met die Eerste Minister van die RSA waarop gesamentlik besluit is op gesamentlike persverklaring deur dr. Geldenhuys en dat geen verdere persvrystellings deur enigiemand anders naas hierdie gesamentlike verklaring gemaak sal word nie. Sake wat bespreek is, was die Groepsgebiedewet, die Wet op Gemengde Huwelike en die Ontugwet. Dr EPJ Kleynhans, Moderator van die NG Kerk, het egter op die volgende dag onderhoud met SATV en koerant (Die Transvaler) toegestaan en daarna (op 14 Maart) ook onderhoude met Beeld en Die Volksblad gevoer waarin hy te kenne gegee het dat die gesamentlike verklaring slegs na die wet op gemengde huwelike verwys. Die RCA het hierdie gebeure as vertrouensbreuk bestempel en geëis dat dr Kleynhans die berigte regstel. Die regstelling is nie gedoen nie

417 Agenda RCA 1980: 24; Handelinge RCA 1980: 11 418 Agenda RCA 1980: 26; Handelinge RCA 1980: 12 419 Handelinge RCA 1980: 139

en die gevolg was dat dit uiteindelik gelei het tot die tydelike opskorting van samesprekings met die NG Kerk 420.

Verdere teken van opbouende spanning in die verhouding tussen die RCA en die NG Kerk, was die besluit van die RCA dat, indien die NG Kerk gaan volhard in sy weiering om die legitimasie van leraars van die RCA te erken, die RCA op sy beurt nie langer die legitimasie van NG-dominees in sy midde gaan erken nie. Enige leraar wat dus uit die NG Kerk na die RCA beroep is, sal eers weer deur die bevoegde kommissie van die RCA gelegitimeer moet word421.

Die Buitengewone Sinode van die RCA konstitueer op 23 Oktober 1984 en verdere dae te Durban. Uit die verslag van die waarnemende aktuarius blyk dit dat die NG Kerk nie op die legitimasie-besluit van die RCA gereageer het nie, waarop die ASK van die RCA op sy vergadering van 5 en 6 November 1982 die besluit van die Sinode in 1980 in werking gestel het, wat onmiddellik die sittingsreg van voormalige NG-dominees op die sinodale kommissies van die RCA in gedrang gebring het422. Uitgebreide korrespondensie tussen die

voormalige aktuarius (ds EJ Manikkam) en die skriba van die Kommissie vir Opleiding en Toelating tot die bediening (ds IJ Haasbroek) waarby ook ander leraars betrek is423, asook verklaring van die Transvaalse kerkraad424, dien

voor die Sinode. Al hierdie gebeure, asook aantygings oor die wettigheid van afvaardigings uit gemeentes na die Sinodale Kommissie, het baie spanning in eie geledere veroorsaak, wat uiteindelik die saamroep van die Buitengewone Sinode genoodsaak het425. Om sake nog meer te kompliseer, het die voormalige aktuarius, ds EJ Manikkam op 1 Augustus 1984 sy bevoegdheid verloor aangesien hy verkies is as Lid van die Parlement426. Nodeloos om te sê dat daar

420 Agenda RCA 1980:29, 30, 56-66 421 Handelinge RCA 1980: 52

422 Agenda Buitengewone RCA 1984: 6 423 Agenda Buitengewone RCA 1984: 11-29

424 Agenda Buitengewone RCA 1984: 30a, 30b, 31a, 31b, 32-52 425 Agenda Buitengewone RCA 1984: 53

tydens hierdie sinode nie aandag gegee is aan die tema van kerkeenheid nie – alle aandag is gewy aan die normalisering van hul eie huishoudelike sake.

Die vyfde sinode van die RCA konstitueer op 15-21 Junie 1986 in Pietermaritzburg met afgevaardigdes (ses leraars en ses ouderlinge) uit vyf van die nou tien verskillende Indiër-ringe: (Teenwoordig = Pietermaritzburg, Emmanuel, Calvary, Moria en Jeshuran. Afwesig = Transvaal (sonder verskoning), Durban-Suid (in die lig van die vorige besluite en gebeure), Kaapprovinsie (wat aandui dat hulle hul lidmaatskap van die Sinode onttrek), Charisma (wat die geldigheid van die Skriba van die Sinodale Kommissie van die RCA of enige aksie wat hy uitvoer ontken in die lig van die voorafgaande gebeure waarin al drie sy leraars uit die amp gesit {“defrock” = afset / uitsit uit die amp van leraar} is427] en Lenasia (sonder verskoning) en ses waarnemers428. Hieruit blyk duidelik dat daar stééds groot spanning in die geledere van die RCA was rondom die wettigheid van optrede teen sy leraars en die aksies wat daarna geneem is. Die Charisma-ring het hul gevoelens baie sterk uitgedruk in hulle skrywe in antwoord op die oproep na die Sinode, toe hulle gesê het:

“At the last legal Synodical Committee meeting (Laudium 18th March, 1984) we feel that the procedure to defrock the three ministers was illegal, unjustifiable and unchristian. Two years have passed since the defrocking of these ministers and it is only now that you want to unite the RCA. It is clear to us that your present initiative is not really out of concern for our congregations, but merely with the legality of the approaching Synod. We as a congregation have committed ourselves to work for church unity and not for church fragmentation as propogated and upheld by the NG Kerk apartheid policy of separate churches for Indians, Blacks, Coloureds and Whites. Our congregation is open to all Christians regardless of race”429.

427 Agenda RCA 1986: 8, 9 428 Handelinge RCA 1986: 1, 2 429 Agenda RCA 1986: 9

Na aanleiding van al hierdie ongelukkigheid, besluit die Sinode van die RCA om die NG Kerk te versoek om die legitimasie van al sy huidige leraars te erken ongeag hulle teologiese kwalifikasie, en om uit te stip watter teologiese kwalifikasie vereis word vir die erkenning van toekomstige leraars van die RCA430. Daar is verder besluit om die bevoegdheid van die Transvaalse leraars (GJA Lubbe, C du P le Roux en JNJ Kritzinger) te herstel sonder om eise van colloquim doctum of getuigskrifte te stel, maar slegs te eis dat hulle die Akte van Legitimasie in teenwoordigheid van die Sinodale Kommissie sal teken, waarna hulle Akte van Bevestiging sal ontvang431. Verder is besluit om die RCA te herstruktureer in één ring vir die hele RCA432.

In aansluiting by die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke verwerp die RCA die teologiese en enige ander poging tot regverdiging van apartheid as onskriftuurlik en die praktiese ondersteuning daarvan as onchristelik, alhoewel die Sinode hom daarvan weerhou om dit as kettery te bestempel433.

Wat betref kerkeenheid word gestel dat die eenheid baie dieper as net in strukture in die eenheid tussen die lidmate van die kerk lê. Vanuit hierdie dieperliggende onderlinge eenheid moet, uit onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan die eise van die Woord, dan uiteindelik iets struktureel sigbaar gemaak word, en die Federale Raad met sy diversiteit van kerke kan as vertrekpunt geneem word (al is dit nog ontoereikend) – dit sal omvorm moet word in Ekumeniese Sinode van Suid-Afrikaanse kerke met oop deure, oop lidmaatskap, wedersydse erkenning van legitimasie en een belydenisgrondslag434.

Verdere Buitengewone Sinode van die RCA konstitueer op 14 en 15 November 1986 in Durban met afgevaardigdes (ses leraars [nog twee het formeel verskoning gemaak] en vyf ouderlinge) uit vyf van die nou tien verskillende Indiër-ringe (teenwoordig = Pietermaritzburg, Emmanuel, Calvary, Moria en 430 Handelinge RCA 1986: 14 431 Handelinge RCA 1986: 16 432 Handelinge RCA 1986: 120 433 Handelinge RCA 1986: 31 434 Handelinge RCA 1986: 49, 50

Jeshuran; afwesig = Transvaal [met verskoning], Durban-Suid [sal op 15 November teenwoordig wees], Kaapprovinsie [met verskoning], Charisma [wat slegs waarnemers gestuur het] en Lenasia [wil wegbreek van die RCA]) en vier waarnemers435. Hierdie Sinode is genoodsaak na aanleiding van die gebeure rondom die uitsetting uit en prosedure met betrekking tot die herstel in die amp van di JNJ Kritzinger, GJA Lubbe en dr C du P le Roux, die verlies van bevoegdheid van EJ Manikam, onderhandelinge met die kerkraad van Durban- Suid (in verband met die subsidiëring van ds GB Peter, ondertekenaar van die Kairos-dokument) en verdere bedieningsaangeleenthede (die posisie van aflos-leraar, die beroep van leraars van buite die RCA, praktiese reëlings in verband met Tentmakers en die erkenning van RCA-legitimasie deur die NG Kerk) en enkele ander algemene sake. Tydens hierdie sinode, wat dus hoofsaaklik rondom interne bedieningsaangeleenthede gehandel het, is besluit om samesprekings oor kerkeenheid met die NGSK op te skort tot by die volgende sinode van die RCA436. Daar word ook besluit dat geen

kerkvergadering of gemeente ekumeniese verhoudinge met ander liggaam sonder die besluit van die sinode mag aangaan nie en dat finansiële ondersteuning van leraars van ander liggame as die NG Kerk eers deur die betrokke ring of sy ringskommissie goedgekeur moet word437.

Volgende buitengewone sinode van die RCA konstitueer op 6 Mei 1988 in Port Elizabeth met vier afgevaardigde leraars [nog een het formeel verskoning gemaak] en ses ouderlinge uit vyf ringe (teenwoordig = Pietermaritzburg, Emmanuel, Calvary, Moria en Jeshuran), met amptelike waarnemer-status twee leraars en drie ouderlinge uit verdere drie gemeentes (Durban-Suid, Charisma en Shanti), met twee sendelinge, een evangelis en twee kerkraadslede uit nog vier sendingposte (Kaapprovinsie, Paarl, Wes-Transvaal en Noord van Phoenix) en verdere twee waarnemers438 om die Kerkorde goed te keur vir publikasie439.

435 Handelinge Buitengewone RCA 1986: 104, 105 436 Handelinge Buitengewone RCA 1986: 6-16 437 Handelinge Buitengewone RCA 1986: 110, 111 438 Handelinge Buitengewone RCA 1988: 44-46

Die sesde Sinode van die RCA konstitueer op 2-7 Oktober 1990 in Laudium, Pretoria met afgevaardigdes (agt leraars en tien ouderlinge) uit die nou nege verskillende ringe (Pietermaritzburg, Durban-Suid, Emmanuel, Charisma, Calvary, Moriah, Jeshurun, Shanti, Sunthosham), met een sendeling, een evangelis en twee persone uit nog vier sendingposte, en verdere nege waarnemers440. Wat betref die Belharbelydenis verklaar die Sinode dat hy hom kan identifiseer met die inhoud van Belhar, maar dit nie kan erken as belydenisskrif op dieselfde vlak as die ander drie Gereformeerde Belydenisskrifte nie, aangesien die sosiale sake waarna Belhar verwys onderhewig is aan voortdurende verandering. Belhar is hoogstens leerstellig van aard en geloofsverklaring gebaseer op die Skrif441. Omdat die Belharbelydenis as belydenisskrif vir die nuwe kerk voorgestel is, het die RCA onttrek aan die eenwordingsproses met die VGKSA442. Die Sinode het hom opnuut verbind om

hom te beywer om een, verenigde, nie-rassige Gereformeerde Kerk in Suider- en Sentraal-Afrika tot stand te bring443. Om dit te bereik herhaal die Sinode sy

voorneme om slegs in multilaterale samesprekings tot kerkeenheid deel te neem met as ideaal sambreel-sinode vir die familie van Gereformeerde Kerke444.

Die sewende Sinode van die RCA konstitueer op 26 September tot 2 Oktober