• No results found

HOOFSTUK 5: NORMATIEWE TAAK: PERSPEKTIEWE RAKENDE

5.10 HOOPVOLLE VERWAGTING

Wanneer ons in die Afrikaanse spreektaal “ek hoop so” sê, dra dit dikwels die betekenis dat die spreker glad nie sekerheid oor ʼn saak het nie, maar dat daar tog ʼn moontlikheid bestaan dat dit wel so sal wees. In die Bybel word hoop uitgedruk as ʼn verwagting en vooruitsig dat iets goeds gaan gebeur (Donfried, 2011:389). Louw (1999:532) beskryf die Christelike hoop as ʼn versekering in die huidige lewe van ʼn absolute, versekerde toekomsverwagting van die gelowige in God se trou aan sy beloftes van heil, ʼn sinvolle lewe en die werklikheid van die uiteindelike ewige lewe. Die Christelike hoop in die opstandingswerklikheid word aan die wederkomsverwagting en die ontmoeting met Jesus Christus gekoppel.

In die Ou Testament word die uitdrukking oor hoop meestal geassosieer met die werkwoorde “om te wag, om te verwag” (qawah) en “om versekerd te wees, om te vertrou” (batakh). God is die basis van alle hoop, vir die volk en die individu (Donfried, 2011:389; vgl. Ps 33:18; Ps 71:5). Hoopvolle vertroue in God is vry van angs (Jes 12:2), maar gaan met vrees vir die Here gepaard (Spr 14:16,26). Hy sal sy goedertierenheid uitstort oor die wat Hom vrees en hul vertroue in Hom stel (Kittel et al., 1985:230).

In die Nuwe Testament dra die Griekse woorde elpis (“hoop”) en elpizein (“om te hoop”) die betekenis van vertroue en om te hoop op wat goed en voordelig is (Donfried, 2011:389; Louw & Nida, 1996, vol1:295; vgl. Rom 15:4). Wanneer hoop op God gefokus is, bevat dit die drie elemente van toekomsverwagting, vertroue en geduldige wag. Hoop word verbind aan geloof (Heb 11:1) waarin die sekerheid van vertroue in ʼn goddelik bepaalde toekomsverwagting benadruk word (Kittel et al., 1985:231). Paulus benadruk in Romeine 8:24-25 dat die gelowige wat gered is, klaar die hoop het. ‘n Mens hoop nie op dit wat gesien kan word nie, maar op die onsigbare; wanneer daar egter op die onsigbare gehoop word, moet daar met volharding daarop gewag word. Die element van volhardende wag kom sterk na vore in Romeine 5:4, 1 Tessalonisense 1:3 en Hebreërs 6:11, terwyl die gedagte van ʼn vaste vertroue uitgebeeld word in 1 Korintiërs 15:19, 2 Korintiërs 1:10, Filippense 1:20, Hebreërs 3:6 en 1 Petrus1:21.

Die Ou Testamentiese hoop is vervul in die verlossingsdaad wat deur Jesus Christus volbring is, sodat die hoop self ʼn eskatologiese seëning is (Matt 12:21; 1 Pet 1:3). Hoop rus op geloof in die daad van verlossing (Rom 8:24-25) en word deur die Heilige Gees volgehou (Rom 8:26-27). Die element van geduldig wag op die eskatologiese toekoms kom sterk na vore in Kolossense 1:5 en 1 Timoteus 4:10. Die Christelike hoop stel afgetredenes in staat om die onbekende te begryp met die volle versekering dat die Here daarin is (vir hul eie heil) (Small, 2000:135). Christus is die gelowige se hoop op die heerlikheid (Kol 1:27), terwyl die goeie hoop in genade aan die

is op die belofte van die ewige lewe gerig (Tit 1:2; 3:7; 1 Joh 2:25); tot dan bly die gelowige ouer persoon volhardend in die wedloop om goed te eindig.

Die volgende gebed (“Om goed te eindig”) is deur Thom S. Rainer geskryf (Sweeting & Sweeting, 2012):

A PRAYER TO FINISH WELL Lord, strengthen me to finish well.

May I, as I draw closer to the end of my earthly life, Be a man who loves Your Church more than I ever have,

A man who prays for Your Church and Your leaders in the church, A man who shows his commitment to Your bride in all that I do. Lord, strengthen me to finish well.

May I be a man of greater moral purity, So indwelled in Your Word and in prayer,

That I am able to resist the temptations of the enemy,

That my life shines as an example for You to the watching world. Lord, strengthen me to finish well.

May I be a man who loves my family more with each passing day, A man more in love and dedicated to his wife,

A man who loves his adult children even more than I did when they were younger, And a man who loves his grandchildren and generation to come.

Lord, strengthen me to finish well.

May I be a man who loves others more as I grow older, A man who is less judgmental and more giving of grace, A man who realizes that the plank in my own eye is large, And that I should forgive even as You forgive me.

Lord, strengthen me to finish well.

May my life have greater joy with each day.

May I see the blessings of life and count them daily. May I not grow older and more bitter,

But grow older rejoicing in You always. Lord, strengthen me to finish well.

As the day draws closer when I meet You face to face, May I be a man who was already drawing closer to You, A man who eagerly anticipated that day,

And a man who left behind a legacy and not regrets. Lord, strengthen me to finish well.

5.11

SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is daar volgens die prakties-teologiese model van Osmer (2008) aandag aan die normatiewe taak gegee in ʼn poging om na die wil van God te vra vir die mens se optrede in ʼn praktyk van Christelike lewensbegeleiding met betrekking tot aftrede, die ouderdom en ʼn hoopvolle verwagting. Daar is gepoog om Skriftuurlike perspektiewe na te vors wat die beginsels van lewensbegeleiding ondersteun. Die handelswyse van verskeie Bybelse figure wat opgetree het as leiers in die praktyk, sowel as geestelike leiers/begeleiers (soos wat dit vandag geïnterpreteer kan word), is van nader beskou. Daar is ook ondersoek gedoen na wat die Skrif oor die begrip van aftrede en die ouderdom leer, en die bevinding is dat die bejaarde persoon tot in die gryse ouderdom steeds veel vrug kan dra en die wedloop van die lewe goed kan eindig. Laastens is daar gekyk hoe die bejaarde persoon op grond van die heilswerk van Jesus Christus met ʼn hoopvolle verwagting kan uitsien na die wederkoms, die ontmoeting met Jesus Christus en ʼn ewige lewe.

In die volgende hoofstuk sal daar gepoog word om om riglyne vir ʼn lewensbegeleidingsmodel te formuleer wat gebruik kan word om mense wat op die vooraand van aftrede staan te begelei, beter voor te berei en toe te rus vir die aanpassings wat gemaak moet word in die oorgangsfase tot aftrede.