• No results found

Die tradisionele strategiese beplanning wat gemeentes doen, kan so maklik tot gevolg hê dat ons vasval en/of selfs verdwaal op my/ons reis saam met die Drie-enige God. Ek as leier en predikant sal eerder saam met die leiers en die gemeente ‟n omgewing en kultuur moet begin skep waarin die kinders van God self sal moet leer en begelei word om te onderskei. Ons het in Eloffsdal al meer bewus geraak van die feit dat die geestelike dissiplines my/ons al meer oop en ontvanklik maak vir die prosesse van geloofsonderskeiding. Peterson (1993:14) sê: “.... ascetical is an athlete‟s word. It means training for excellence. It is the practice of the disciplines that fit us for performing our very best in an event”. Daar gaan nou kortliks gekyk word na verskeie geestelike dissiplines wat nodig is vir geloofsonderskeiding.

5.4.1 Geestelike begeleiding

Barry en Connolly (1982:2) definieer geestelike begeleiding soos volg:

As help given by one Christian to another which enables that person to pay attention to God‟s personal communication to him or her, to respond to this personally communicating God, to grow in intimacy with this God, and to live out the consequences of the relationship.

Geestelike begeleiding help gelowiges om God se stem in hulle daaglikse lewe weer te hoor en te ontdek. Dit beteken dat ek/ons weer sal moet erken en ook aktief daarop bedag wees dat God steeds aan die werk is in die wêreld en altyd besig is om iets te doen. Omdat Hy altyd aan die werk is in Sy wêreld moet ek/ons altyd ook oop en bedag wees vir die onverwagte en onbeplande. Ek/ons lewe elke dag met die misterie van die Handelende Drie-enige God saam. Geestelike begeleiding “moet mense dus help om in

hulle plaaslike omstandighede, binne die gemeenskap, die Woord se impak in hulle lewe te vertolk (kerugma), gemeenskap te skep (koinonia) en hulle aan te spoor tot diens in die wêreld (diakonia en marturia)” (van Wyk, 2007:10). Meyer (2007:11) sê: “dit is nie maklik om God se stem te onderskei terwyl ons heen en weer hardloop om ons besige skedule in stand te hou nie. Binne-in elke mens is daar ‟n plek van stilte, en net ek en jy weet wanneer ons in daardie rus is”.

5.4.2 Persoonlike verhale

Om persoonlike belewenisse op te teken is een van die mees doeltreffende maniere om uiting te gee aan my/ons persoonlike verhouding met die Triniteit. Die byhou van ‟n joernaal kan beslis meehelp om my/ons persoonlike daaglikse reis met God te boekstaaf. Ackerman (2003:7) skryf oor haar persoonlike ervaringe vanuit haar eie konteks en sê dit help haar om uiting te gee aan ‟n holistiese inkarnasie spiritualiteit. Die opskryf van die persoonlike narratiewe help gewoonlik om aan die reis met God meer diepte en rigting te gee. Dit is uit die aard van die saak ook ‟n goeie metode om ‟n bietjie afstand te skep en sodoende met ander oë asook uit ‟n ander hoek na sake te kyk. In die proses speel geloofsonderskeiding ‟n belangrike rol. In en deur die verhale ontdek ek/ons weer die betrokkenheid en teenwoordigheid van die Drie-enige God in my/ons verhale en alledaagse lewe.

5.4.3 Om fyn te luister

Talle skrywers en veral dan ook Anne Long (2007:15) lê geweldig baie klem op luister vaardighede. Dit is ‟n ander verstaan van evangelisasie wat deur almal beoefen kan word want dit gaan oor ‟n sekere manier van luister. Sy sê: “Listening to my inner world is not necessarily comfortable, yet it is as I dare to listen and hear that I gradually become aware of the different levels of identity and my continuing need for further integration and healing” (Long, 2007:4). Sy ontwikkel ‟n hele bediening van aktiewe luister. Op ‟n baie outobiografiese wyse help sy my/ons deur haar boek om wéér en anders te luister na God, na die wêreld, na ander en ook na onsself. In die proses van fyn luister hoor en onderskei ek/ons weer die stem van die Here, die wêreld, ander mense en onsself binne ‟n bepaalde konteks. Long sê ook (2007:175): “For He is the God who speaks ... But he is also a God who listens, who is always more ready to hear than we to pray. Listening is at the heart of God for He is not one but three, a Trinity of Father, Son and Spirit”. Ek/ons

behoort al meer oop en ontvanklik te wees vir die werk en teenwoordigheid van die Triniteit. Narratiewe/verhale speel ‟n belangrike rol in hierdie verband. Om fyn te luister help om die verhale oop te breek. Verhale van betekenis, volgens van Wyk (2007:9) is verhale “uit die verlede waar God se nabyheid, teenwoordigheid en voorsiening besonders was, dit moet vertel word en na geluister word”. Verskeie beproefde luistertegnieke kan gebruik word soos “lectio divina”, ”daily examen”, die luistersiklus asook die “Stop-Look-Listen” tegniek van Ackerman (2003).

5.4.4 Verskillende dissiplines

Die doel van die geestelike dissiplines soos reeds gesê is om my/ons oop en ontvanklik te maak vir die prosesse van geloofsonderskeiding. Forster (1992:11) sê: “Oppervlakkigheid is die vloek van ons tyd. Die leer van kitsbevrediging is die grootste geestelike probleem. Vandag is die desperate behoefte nie meer aan intelligente of meer begaafde mense nie, maar aan diep mense”. Deur die beoefening van die dissiplines leer ek/ons weer om by van die basiese beginsels van my/ons geloofslewe uit te kom. Die dissiplines vorm dus die middelpunt van my/ons praktiese geloofsbeoefening. Die klem met die beoefening van dissiplines moet altyd op blydskap val. Dit is die sleutelnoot van al die dissiplines volgens Forster (1992:11). Die doel met die beoefening van die dissiplines is juis om my/ons werklik te bevry van al die verstikkende verslawing van eiebelang en vrees.

Die Triniteit werk genadiglik in my/ons en daarom is innerlike transformasie wel moontlik. Met behulp van die dissiplines is dit moontlik om my/ons in te stel op die Here se vernuwende werk in my/ons. Omdat God alreeds aan die werk is, kan juis gewone mense daarvan gebruik maak om ‟n dieper, vryer en meer persoonlike verhouding met God Drie-enig te bou. Hy onderskei dan die volgende drie tipes dissiplines naamlik: inwaartse dissiplines soos meditasie, gebed, vas en studie asook uitwaartse dissiplines soos eenvoud, afsondering, onderwerping en diens en dan die gemeenskaplike dissiplines van belydenis, aanbidding, leiding en blydskap (Forster, 1992:25 ev).

Peterson (1993:126) praat van “studie”, en kleur dit in met die woord “contemplative exegesis”. Hy sê dan: “(it) involves these two matters: an openness to words that reveal and a submission to words that shape. Words are double dimensioned: they carry meaning from their source, and they carry influence to their destination.... It simply means

treating the tool with respect, not using an axe to hoe the garden.” Keifert (2007:60) praat van Wandel in die Woord. Hy sê die Woord van God moet toegelaat word om my/ons te gebruik. “Meer Bybels gestel, sou ‟n mens kon sê: Ons wil leer om in die Woord te wandel (vgl. Ps.119:1)”.

5.4.5 Verskillende slaggate

Indien my/ons menslike pogings nie meer resultate lewer nie, raak ek/ons eers werklik oop vir ‟n wonderlike nuwe oortuiging: innerlike regverdigheid is ‟n gawe van God wat ek/ons uit genade ontvang, volgens Foster (1992:16,20-21). Volgens hom is daar sewe slaggate waarvan kennis geneem moet word en wat vermy behoort te word:

 Die versoeking om van die dissiplines ‟n wet te maak. Om gedissiplineer te wees bevestig dat ek/ons by die tyd kan aanpas en dan soos ‟n drywende ballon reageer op die bewegings van goddelike genade. Die dissiplines is insigte in die lewe en nie voorskrifte van hoe om die lewe te reël nie.

 Die onvermoë om die sosiale implikasies van die dissiplines te begryp. Dit is ‟n oproep om in ‟n sonde geteisterde wêreld gehoorsaam te lewe. Om op alle gebiede en vlakke van die samelewing juis ‟n verskil te maak deur op ‟n sekere manier te lewe en op te tree.

 Om die dissiplines as deugde te beskou. Op sigself het hulle geen waarde nie. Die dissiplines plaas my/ons voor God. Dit gee daarom nie vir my/ons meriete punte by God nie.

 Om die klem eerder op die dissipline te laat val as op Christus. Hulle behoort my/ons daaraan te herhinder en daarop te wys dat daar iets groter en beter is, naamlik Christus Self. Hy alleen behoort altyd die middelpunt van my/ons aandag en eindpunt van my/ons soeke te wees.

 Om een dissipline uit te sonder as meer belangrik as die ander. Hulle vorm soos die vrug van die Gees ‟n eenheid. Die dissiplines vorm dus ‟n organiese eenheid, ‟n enkele pad.

 Om te dink dat die twaalf dissiplines God se genade kan uitput. Dit is maar slegs verskillende wyses waarop God se genade en teenwoordigheid op ‟n besondere manier beleef en bevestig kan word.

 Om die dissiplines te bestudeer sonder om hulle self te beleef. Die avontuurlike lewe van die Gees behoort biddend, tydsaam, miskien met talle vrese en vrae ingegaan te word.

Dit is belangrik om altyd te onthou dat God die dissiplines van die geestelike lewe juis vir my/ons gee as ‟n besondere manier om sy genade mee te ontvang. Hulle help my/ons om al meer oopgestel te word aan die Drie-enige God sodat ek/ons al meer verander kan word, tot Sy eer en verheerliking.

Die dissiplines kan ook anders benoem en omskryf word deur verskillende skrywers. Daar kan self verdere onderverdeling plaasvind en ook ander dissiplines bygevoeg word. Die afgelope tyd word daar ook heelwat gemaak van „onthouding‟ as ‟n soort of tipe dissipline. Ek/ons onthou my/ons van plesier, genot en dinge wat vir my/ons lekker is. Tydens die onthouding wy ek/ons, my/ons weer toe aan aandgodsdiens in daardie tyd, of om pa-seun bande te versterk kan ek op ‟n Saterdag middag in plaas van rugby te kyk, liewers saam gaan visvang en kuier.

5.4.6 Leierskap strukture

Die geestelike dissiplines maak die leiers in Eloffsdal asook die gemeente self, oop en ontvanklik vir geloofsonderskeiding. Die strukture waarbinne ek/ons elke dag lewe en werk, behoort ook deur die proses van geestelike onderskeiding omvorm te word. Veral die vergaderings en die leiers van ‟n gemeente behoort nooit weer dieselfde te wees nie. Alles gaan nou anders begin werk want ek/ons vra nou God‟s vrae. Ek/ons gaan nou saam soek en ontdek waar God reeds aan die werk is in onsself, die leierskorps, die gemeente, die konteks/gemeenskap rondom ons, en in Sy wêreld. Marais (2007:55) stel dit so mooi as hy sê: “Die drie-enige God van die Bybel het nie sy skepping verlaat nie, maar is steeds getrou besig om as Vader, Seun en Gees in die konkrete werklikheid waarin ons daagliks leef herskeppend teenwoordig te wees”.

Deur verskillende luistervaardighede leer ons weer om na mekaar te luister en saam te soek na God se wil in my/ons lewe en dit weer te ontdek asook met mekaar te deel. Vergaderings word nou luisterende byeenkomste. Leiers sal nou ontdek: “dat die sleur om ‟n agenda deur te werk, verander in die opwinding van ‟n byeenkoms voor God se aangesig. Dit is ‟n nuwe wêreld met die belofte van ‟n skuif van demokrasie na

geloofsonderskeiding, en van besluite na geloofsoortuigings.... leiers sal God se roepstem onderskei en só stemme wees wat toekomsmusiek laat opklink” (Marais, 2007:10).