• No results found

Indien daar in Eloffsdal in die leierskorps en gemeente deur die bogenoemde kritieke areas gegroei word, gaan die identiteit van die gemeente ook nie onaangeraak bly nie.

Kapasiteit gaan voortdurend geskep word. Dit verseker weer die volhoubaarheid wat so noodsaaklik is op die gestuurde reis. Die volgende transformasie en groei kan dan plaasvind (Marais, 2007:79):

 van dissipels na apostels  van vergifnis na versoening

 van gelykheid tot wedersydse onderdanigheid  van liefde as reaksie na liefde as krag

 van geregtigheid as vergelding na transformasie  van die kerk as kokon tot ware kerk en koinonia.

Uit al bogenoemde gegewens asook die empiriese navorsingsresultate van Hoofstuk 3 is dit duidelik dat Eloffsdal se lidmate iets begin verstaan en ontdek van die gestuurde teologie asook die impak wat dit op hulle alledaagse lewens het. Dit is baie duidelik dat Eloffsdal se nuwe identiteit gebore is en in stand gehou word deur „n herontdekking van die inïsiatief van die Drie-enige God wat alreeds aan die werk is binne ons unieke konteks, in die Moot en in Sy koninkryk. Alles gaan dus oor God en oor Hom alleen! Eloffsdal NG Gemeente het as ʼn terdoodveroordeelde gemeente nuwe lewe en hoop gekry! Dus: Die Drie-enige God het, alles „nuut‟ gemaak en hoop geskep!

HOOFSTUK 5

DIE GESTUURDE GEMEENTE BOU NUWE

KAPASITEITE EN STEEK GRENSE OOR

5.1 Inleiding

Jaco Strydom (2010:2) van Echo Jeug in Pretoria, een van die multi-kulturele projekte in die Moot waarby Eloffsdal op verskillende maniere aktief betrokke is, sê:

Die evangelie roep ons tog nie op om rustige stil passiewe landsburgers te wees wat maar net krities sit en toekyk nie, maar om dapper te wees, op te staan teen ongeregtigheid, betrokke te raak waar daar nood is en die donkerste hole van die wêreld op te soek om juis daar `n lig te wees. Vir volgelinge van Jesus gaan medemenslikheid nie net daaroor om mekaar te verdra en nie te beledig, te vloek of te kroek nie. Dit breek deur die grense tussen ryk en arm, swart en wit, goed en sleg, bekend en onbekend. ... Dit is veronderstel om een van die wonderlikste avonture agter Jesus aan in die vreemde wêreld van „ander mense‟ in te wees - en die kerk moet juis die plek wees waar ontdekkingsreise na onbekende plekke gestimuleer en aangemoedig word. Die kerk mag nooit die plek wees waar jongmense net gewaarsku, gepaai en vermaak word nie. Dit moet juis díe plek wees waar hulle uitgedaag word om uit te beweeg. Jesus se evangelie was opwindend en gevaarlik, in sterk kontras met die boodskap van die godsdienstiges van sy tyd. Jesus verkondig „n nuwe manier van lewe, „n hoë risiko avontuur vry van gemaksug en materialisme, vol uitdagings en opwinding. Ek en „n paar vriende is verlede jaar met motorfietse om die Okavango Delta. Ons het elke aand buite geslaap - hyenas wat pla, leeus wat brul en muskiete wat byt. Dae lank moes ons deur dik sand en modderige moerasse sukkel... Sou jy my vra: Was jy moeg? Is die antwoord: Doodmoeg! Was jy seer? Op plekke wat ek nie geweet het ek het nie. Was dit gevaarlik? Motorfietse, krokodille, olifante...?! Wou jy moed opgee? Meer as een keer. Sal jy ooit weer gaan? So gou as wat my vrou my toestemming gee!!! Dit is hoe avonture werk. Die pyn en die ongemak is die moeite werd. Ek is oortuig daarvan dat as ons vandag vir Petrus of Paulus kon e-mail en vra oor hulle avonture agter Jesus aan, dat hulle baie dieselfde sou antwoord (behalwe die toestemming by die vrou natuurlik ...). Hulle sou vertel van woes moeilike tye, baie pyn en onsekerheid, maar dit sou net die een deel van hulle storie wees. Die ander deel sal gaan oor hoe dit

„die moeite werd‟ was om dag na dag die pad van Jesus te stap. Hulle sou vertel van „n avontuur wat ons Botswana trippie soos `n „boring‟ sondagskool piekniek in die parkie laat lyk. Jesus belowe nêrens „n rustige stil lewe vir sy volgelinge nie, maar eerder „n „die moeite werd‟ avontuur. Die boodskap van Jesus was revolusionêr en uitdagend in die tyd van die Nuwe Testament en dit is nodig dat ons jongmense help (of dalk moet hulle ons help!) om dit ook vandag te ontdek. Ons het jongmense nodig wat meer soos Jesus lyk en om dit reg te kry sal die kerk meer soos Jesus moet klink.

As gestuurdes moet ons, ons aan die stemme van díé jongmense en die ander steur. Daar gaan nou aandag gegee word aan „n paar belangrike sake wat die tema van die hoofstuk verder gaan belig. Geloofsonderskeiding, die beoefening van geestelike dissiplines, die nuwe kyk na die wêreld, die gemeente en jouself, om die „ander‟ te akkommodeer is van die fokusareas in die hoofstuk. Die skep van „n gestuurde kultuur en die bou van kapasiteit sal ook uit verskillende perspektiewe aangespreek word. Hoe het Eloffsdal NG Gemeente as ʼn terdoodveroordeelde gemeente nuwe lewe en hoop gekry? Dié navorsingsvraag gaan in die hoofstuk prakties beantwoord word deur die gemeente se nuwe lewe en hoop wat geskep is deur as gestuurde gemeente kapasiteite te bou en nuwe grense oor te steek.