• No results found

Onthou asseblief dat die verslag nié „n evaluering van die gemeente is nie. Dit bevat opmerkings oor die kultuur van die gemeente: die waardes, die standaarde wat aangelê word vir sukses en die persepsies omtrent God en kerkwees waarmee die gemeente leef. Daar word ook nie te veel advies gegee nie. Die leesspan noem hoogstens hier en daar iets waaroor hulle gewonder het en maak soms „n suggestie wat moontlik mag bydra tot verdere gesprekke en beplanning. Hulle respekteer elke antwoord, veral die ousiders/buitestanders s‟n. Dit het alles bygedra dat hulle „n prentjie van die gemeente kon vorm.

Die dinge wat raakgesien is en wat in die verslag saamgevat is, moet meehelp in die gemeente se prosesse van geestelike onderskeiding en beplanning. Die nodige kapasiteit moet gebou word sodat die gemeente binne die unieke konteks as gestuurdes nog „n groter duik in die emmer (verskil) kan maak. Die werk wat in die reis saam met God gedoen word, moet verrykend wees en tot betekenisvolle geestelike groei en verdieping bydra.

Die etnografiese vraelys is „n baie betroubare metode van navorsing wat wêreldwyd deur al die Vennote van Gestuurde Gemeentes gebruik word. Daar word tussen 24 en 32 respondente of medenavorsers ewekansig gekies uit die totale populasie van die gemeente. Die goed opgeleide luisterspan van min of meer agt lede gaan elk na so drie of vier van die medenavorsers en stel die agt vrae van aanhangsel C aan elke persoon. Die medenavorser se antwoord word dan woordeliks neergeskryf en aan hom/haar terug gelees vir die verifikasie van die skryf proses. Al die lede van die luisterspan verseker die medenavorsers deur die skriftelike invul van „n vertroulikheids klousule van die vertroulikheid van die inligting en die hantering daarvan. Die handgeskrewe antwoorde word dan aan een persoon oorhandig wat dit verbatim tik op „n voorgeskrewe wyse. Die rou getikte inligting word dan aan die leesspanne se koördineerder, Me. Corrie du Toit in Stellenbosch gestuur. Sy stuur die rou materiaal aan een van die leesspanne wat dit lees

en „n objektiewe verslag as buitestaanders opstel. Die etnografiese leesspan stuur die voltooide leesverslag terug aan haar. Sy stuur die leesverslag terug aan die luisterspan van die betrokke gemeente wat dit aan die taakspan, kerkraad en in „n kleiner formaat daarvan aan die gemeente voorlê. Die gemeente kultuur en sekere tendense word dan as hulpmiddele en aanwysers gebruik op die gemeente se verdere reis. Hieruit word daar dan ook drie patrone afgelei wat weer help met die gemeente se visionering en verdere reis saam met die sturende God.

Figuur 10 hieronder dui die verdeling van die medenavorsers aan: Gewoonlik word daar ten minste ses “familie” lidmate gekies. Dit is persone wat aktief berokke is by die gemeente en al die werksaamhede. Dan word daar ten minste 12 “binne vreemdelinge” gekies. Dit is lidmate wat nie so betrokke is by die gemeente en die aksies nie. Laastens word ten minste ses “buite vreemdelinge” gekies. Dit is persone wat glad nie kerk toe kom nie en ook nêrens betrokke is nie. Almal se stemme moet dus duidelik gehoor en verreken word.

Hoe word die lidmate verkies met wie onderhoude gevoer word?

How do you select the members to be interviewed?

1 = familie 2 = binne vreemdelinge 1 = buite vreemdeling 6 = familie 12 = binne vreemdelinge 6 = buite vreemdeling

11

1 = family 2 = inside strangers 1 = outside strangers 6 = family 12 = inside strangers 6 = outside strangers

Figuur 10: Wyse waarop lidmate gekies word vir onderhoude (Konsultanthandleiding van Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes, 2010:11)

Die medenavorsers moet so verteenwoordigend as moontlik wees van die gemeente. Die getalle moet ewe veel manlike as vroulike medenavorsers insluit. Alle ouderdomsgroepe

moet volgens die gemeente se unieke ouderdomsprofiel verteenwoordig word. Die tydperk wat die persone in die gemeente as lidmate woon moet ook eweredig versprei wees om „n gebalanseerde prentjie te verkry.

Die etnografiese vraelys en onderhoude is in Junie 2007 in die gemeente gedoen. Die detail daar rondom kan in aanhangsel C, D en E gesien word. Die gemeente loop sederdien die pad van gestuurd wees. Dit sal ook insiggewend wees om weer die hele oefening aan die einde van die vier jaar reis as gestuurde gemeente te doen. Tabel 6 gee die volledige profiel van die dertig medenavorsers wat in die navorsingsproses gebruik is. Tabel 6: Profiel van die medenavorsers

Persoon Geslag Betrokkenheid Ouderdom Jare in gemeente

1 Vrou OutsideStranger 50+ 10+ 2 Man Familie 60+ 10+ 3 Man InsideStranger 30+ 10+ 4 Man InsideStranger 30+ 2-5 5 Man InsideStranger 70+ 10+ 6 Vrou Familie 40+ 10+ 7 Vrou InsideStranger 70+ 10+ 8 Man OutsideStranger 40+ 10+ 9 Man Familie 20+ 10+ 10 Man InsideStranger 20+ 10+ 11 Man InsideStranger 10+ 10+ 12 Man OutsideStranger 10+ 2 13 Man Familie 70+ 10+ 14 Vrou InsideStranger 50+ 10+ 15 Vrou InsideStranger 40+ 2-5 16 Man OutsideStranger 20+ 5-10 17 Man Familie 70+ 10+ 18 Man Familie 70+ 10+ 19 Man InsideStranger 70+ 5-10 20 Man Familie 70+ 10+

21 Man + Vrou Familie 70+ 10+

23 Vrou OutsideStranger 50+ 5-10 24 Vrou Familie 10+ 10+ 25 Vrou InsideStranger 10+ 10+ 26 Man InsideStranger 50+ 10+ 27 Vrou Familie 50+ 10+ 28 Vrou InsideStranger 50+ 10+ 29 Vrou OutsideStranger 40+ 10+ 30 Vrou Familie 60+ 10+

Die onderstaande leesverslag (Afdeling 3.9) is saamgestel uit die rou materiaal wat aan hulle verskaf is. Dit is in aanhangsel D vervat. Die onderhoude word deur ‟n spesiaal opgeleide etnografiese span geïnterpreteer. Nadat die luisterspan en die etnografiese span gekonfereer het, gaan die taakspan, die kerkraad en die gemeente die leesverslag ontvang. Dit vertel die gemeente wie hulle is en wat hulle kultuur is. Dit word gemeet en geïnterpreteer aan die hand van die agt gestuurde patrone (Konsultanthandleiding van Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes, 2010:21). Hier volg die volledige leesverslag van die leesspan aan Eloffsdal gemeente.

3.9 Suider-Afrikaanse Vennootskap van Gestuurde gemeentes se