• No results found

Die hele proses is „n hoogs georganiseerde een. Die fasiliteerder in ons geval was Cecilna Grobler, „n dosent in verpleegkunde en predikant van die NG Kerk. Sy is „n goed opgeleide leier en het gesorg dat die hele proses glad en rustig verloop. Ek het as haar helper opgetree. Daar is twee groepe gekies. Die een groep was „n volwasse groep lidmate van 12 persone. Die ander groep was 15 persone wat uit die jeug van die gemeente gekies is. Die eerste groep is die oggend hanteer terwyl die jeug groep die middag hanteer is. Sy het al die data op die blaaiborde opgeskryf. Die nominale groep tegniek bestaan gewoonlik uit vyf of ses verskillende stappe of fasette.

3.3.1 Die opening stelling

Dit verskaf die nodige agtergrond om almal op hul gemak te plaas en die hele proses te verduidelik. Die moderator/fasiliteerder verskaf nou die oorhoofse taak en die unieke bydrae wat elke groepslid het om te lewer. Op die stadium is dit goed dat die moderator

die prosedure verduidelik, hoe die resultate gebruik gaan word en hoe die stappe werk wat tydens die proses gevolg gaan word. Elke groepslid ontvang „n stuk papier waarop die vraag verskyn wat spesifiek vir die geleentheid ontwerp is. Die vraag was: Wat het God nuut gedoen in die gemeente? Dit is „n eenvoudige en duidelike vraag wat op een tema fokus. Dit behoort so 15 minute te neem om die stap of faset sinvol af te handel.

3.3.2 Die stille generasie van idees

Die groepslede word nou uitgenooi om alle idees neer te skryf wat by hulle opkom rakende die bepaalde vraag wat gestel is. Hulle word ook aangemoedig om spesifieke maar ook breër sake neer te pen wat op die vraag van toepassing is. Hulle word versoek om in stilte, sonder om met mekaar te praat en onafhanklik van mekaar vir die volgende 10 minute te werk. Die penne word neergesit as hul klaar is met die stap.

3.3.3 Die wedersydse lug van idees en gedagtes

Die derde stap of fase gee aan al die lede van die groep die geleentheid om hulle idees en gedagtes met die ander te deel, sonder dat hulle in die rede geval word. Hulle word gevra dat elke lid slegs een idee of gedagte deel. Die moderator of helper skryf dan die gedagte op die blaaibord neer. Elkeen se idees word neergepen sonder dat dit bespreek word. Groeplede mag „n geleentheid mis as dit haar/sy beurt is om iets by te voeg, indien dieselfde idee alreeds neergeskryf is of as haar/sy idees uitgeput is. „n Groepslid mag weer iets byvoeg as dit haar/sy beurt is. Dit moedig hul gewoonlik aan om al hul idees onbevange met die ander te deel. Die aangetekende resultate op die blaaibord bly sigbaar vir die hele groep. Die proses waarborg gelykheid en objektiwiteit. Die neergepende idees word nou gesien as „n produk van die groep se werk en nie as die van enkele lede van die groep nie. Die faset of stap duur ongeveer 25-30 minute.

3.3.4 Die klarifikasie en saambondeling van die idees en gedagtes

Die data op die blaaibord is nou die eiendom en gedagtes van die groep. Enige lid kan nou kommentaar lewer op die data of vra vir die uitklaar van sekere inligting. Die moderator moet verhoed dat daar kritiek gelewer of veroordelende opmerkings gemaak word. Die uitklaringsproses moet so neutraal as moontlik plaasvind. Indien daar „n duplisering van idees voorkom, kan daar met die toestemming van die groep

saambondeling onder een tema of idee plaasvind. Sake moet egter nie sommer net vir die gerief saamgebondel word nie want dan kan daar spesifieke idees verlore gaan. Die tyd wat per faset of stap gespandeer word behoort so twee minute per item te wees.

3.3.5 Stem vir die idees en gedagtes

Die tweevoudige stemproses is nou uiters belangrik. Elke lid moet onafhanklik van haar/sy eie idees die top vyf idees van die lys op die blaaibord kies. Vyf stukke skoon papier word aan elke groeplid gegee. Die lid moet dan die vyf belangrikste idees vir haar/homself identifiseer en dit op die vyf verskillende skoon papiere neerskryf. Sprei nou die papiere met die vyf belangrikste idees oop. Kies nou die heel belangrikste idee of gedagte en skryf die waarde 5 in die onderste regterkantse hoek van die papier neer.

In die tweede stemming word die minste belangrike idee gekies wat op die papier neergeskryf is. Die waarde 1 word nou onder in die regterhoek van die papier neergeskryf. Die oorblywende drie papiere word nou volgens waarde geprioritiseer in volgorde van die belangrikste tot die onbelangrikste.

3.3.6 Die priorisering van die idees of gedagtes van die lede van die groep

Tabel 3: Priorisering van die idees of gedagtes van die groeplede

Idee Stemme daarvoor Totaal Prioriteit

1 5+3+2+5+5+4 24 1 2 1+1+2+4+3+2 13 4 3 5+1+2+4+4 16 2 4 3+4+1+4+3 15 3 5 5+1+2+2 10 6 6 2+2+1+1+5 11 5

3.4 Etiese oorwegings

Die skriftelike toestemming van die NG Kerk Eloffsdal se kerkraad, die volwasse persone asook van die jeug se ouers is verkry. Daar is toe aan al die deelnemers/medenavorsers verduidelik wat die doel van die navorsing is sodat almal „n duidelike prentjie kon vorm

van hoe die prosesse gaan verloop en wat van hulle verwag word. Almal is toe volledig oor die proses ingelig. Daar is toe aan al die deelnemers/medenavorsers die versekering gegee dat vertroulikheid gehandhaaf sal word. Die deelnemers/medenavorsers word nou gevra dat hulle die inligting/data vertroulik sal hanteer en is weereens seker gemaak dat almal die hele proses en verloop van die navorsing verstaan. Al die harde kopieë van die data/inligting wat op die blaaiborde en skoon papiertjies neergeskryf was asook alle elektroniese data/inligting sal met die nodige sekuriteit beskerm word. Die data en inligting word anoniem hanteer omdat daar geen name aan gekoppel was nie. Die finale uitslag of bevindinge van die navorser sal ook tot hul beskikking gestel word.