INLEIDING
Paradigmatiese vertrekpunt
In 'n kwalitatiewe ondersoek moet die navorser eers sy epistemologiese vertrekpunt uitspel. Delport en Fouche (2005:261) verwys daarna as die
"Paradigm that underpins the study- the researcher's point of view, or frame of reference for looking at life or understanding reality. "
Navorser vind aansluiting by die model en uitgangspunte van Gerkin (1991:16) wat hy
"narratiewe hermeneutiese praktiese teologie" noem. Hierdie paradigma plaas 'n besondere klem op die normatiewe begronding van die Christelike gemeenskap in die Bybel en die teologiese tradisie waarvan die Christen gelowiges deel is. Dit bejeen eweneens met net soveel erns die kontemporere situasie waarin die lewe geleef word en waarin die evangelie "moet gebeur." 'n Belangrike vraag vir die praktiese teoloog is: Wat se die Bybel hiervan? Daarom is die praktiese teologie gefokus op 'n dialoog met God, wetenskaplike literatuur en gekweste individue. Gerkin noem dat in hierdie proses die moontlikheid van die 'fusion of horizons" mag plaasvind. "God moet verstaan, vertolk en gemterpreteer word in terme van die netwerk van reele kontekste" (Louw, 1999:23). Die drie temas wat volgens Gerkin (1991:93) sodanige normatiewe visie begelei, is teenwoordigheid ("presence "), gemeenskap ("community ") en roeping ("vocation ") want
"... those themes and their accompanying dilemmas in contemporary life
provide us with a new sense of wisdom and aesthetic vision for ministry, and indeed provide us with a renewed wisdom about how life together should be lived. It can give depth and authority to the pastoral guidance we are to provide for God's people in our time ".
Hierdie uitgangspunte sluit aan by die model van Zerfass soos uiteengesit in hoofstuk 2 (vgl. 2.2.2). Soos reeds vermeld in hoofstuk 1, is die doel van hierdie studie die daarstelling van pastorale riglyne om medelye-moegheid te bekamp by geestelike werkers. Die finale oogmerk is dan ook om volgens Zerfass se model uiteindelik te vorder tot 'n nuwe verbeterde praxis met
betrekking tot die problematiek van medelye-moegheid by geestelike werkers (vgl. 2.2.2). Die empiriese navorsing wat vervolgens in hierdie hoofstuk aan die orde gestel word, is dan ook 'n belangrike komponent binne hierdie proses.
5.1.2 Literatuurstudie
Die literatuurstudie (hoofstuk 3) het reeds die navorsingsprobleem verhelder en die logiese raamwerk vir die verdere navorsing aangetoon en ondersteun (Delport & Fouche: 2005:263). Daar sal dus vervolgens vryelik gebruik gemaak word van die reeds beskikbare meetinstrumente betreffende medelye-moegheid. Die "Compassion Satisfaction/Fatigue Self-Test for Helpers (Green Cross Foundation, 2004) van Figley en Stamm is gebruik in die kwantitatiewe studie. Daar is ook van die riglyne betreffende die bekamping en transformering van medelye-moegheid, soos aangedui in die werke van Figley (2002) Treating compassion fatigue, Saakvitne en
Pearlman (1996) Transforming the pain en die werk van Stamm (1999) Secondary traumatic
stress, gebruik gemaak. Die werk van Rothschild (2006), naamlik Help for the Helper: The psychophysiology of compassion fatigue and vicarious trauma, open belangrike perspektiewe op
die liggaamlike prosesse betrokke in medelye-moegheid. Rothschild (2000) se The body
remembers, the psychophysiology of trauma and trauma treatment is 'n kragtige werk en het
eweneens belangrike prosesse in primere en sekondere trauma belig. Die studies van Coetzer (2004a) "Medelye-moegheid" - die hantering van sekondere traumatiese stres en Coetzer en Kotze (2007) Meta-teoretiese perspektiewe op liggaamlike probleme as moontlike uitvloeisel van
onverwerkte trauma, lewer 'n belangrike bydrae in die Suid-Afrikaanse konteks en sal ook
verreken word. Nog enkele voorbeelde van navorsing op die Suid-Afrikaanse akademiese terrein (vanuit 'n pastorale vertrekpunt) met raakpunte betreffende hierdie studie, is byvoorbeeld die van A.J. van der Merwe (2006) wat navorsing gedoen het betreffende die Effektiewefunksionering
van die Christenberader op emosionele vlak In die onderafdelings van haar navorsing het sy emosie en emosionele heling, sekondere trauma, medelye-moegheid, uitbranding, en die geestelike lewe van die Christenberader ondersoek. Lindeque (2006) het 'n studie gedoen
aangaande Die pastorale berading van persone met gekompliseerde trauma, wat ook raakpunte met die huidige studie vertoon. Die studie van Fourie (2005), Die vrou se seksuele disfunksie in
die huwelik as uitvloeisel van vroeere seksuele molestering, is veral belangrik met betrekking tot
die aanwesigheid van medelye-moegheid by vroulike beraders.
5.2 DIE DOEL VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK
Die doel van die empiriese ondersoek is om na te vors of medelye-moegheid wel 'n faktor in die lewe van pastors, maatskaplike werkers en geestelike werkers in die algemeen is. Indien dit 'n faktor blyk te wees, moet vasgestel word in watter mate dit moontlik hul professionele en
geestelike lewe kan benadeel. In hierdie opsig sal aspekte betreffende die sosiale en
organisatoriese kontekste, wat mag bydra tot medelye-moegheid, verreken word. In hierdie proses sal daar veral gefokus word op die pastorale identiteit wat deur hierdie werkers
aangeneem is en ook gepoog word om te verstaan wat hulle oorspronklik geinspireer het om die werk te doen. Watter Bybelse metafore het hul geinspireer om by ander mense in nood betrokke te raak en watter Bybelse metafore van omgee vir ander, ondersteun hul geestelik in die werk wat hulle doen? Die empiriese ondersoek sal gedoen word aan die hand van 'n kwantitatiewe sowel as 'n kwalitatiewe ondersoek.
In hoofstuk 2 (vgl. 2.1.1) is voorlopige vrae gevra wat pleit om verheldering. Navorser kom tot die gevolgtrekking dat sommige van die vrae alreeds positief beantwoord is deur die
metateoretiese navorsingsmateriaal wat in hoofstuk 3 weergegee is. Die navorsing in hoofstuk 3 het aangetoon dat medelye-moegheid in alle waarskynlikheid nog altyd aanwesig was waar traumawerk gedoen is, maar dat die traumawerkers nie noodwendig altyd oor die taal en konsepte beskik het om die uitputtende en negatiewe reaksies op hul werk te interpreteer en te verwoord nie. Navorser gaan uit van die hipotese dat, in die geval van geestelike werkers, hulle dit moontlik kon toeskryf aan hulle swak geloof, hipersensitiwiteit of blote uitbranding. Moontlik worstel hulle met baie skuldgevoelens hieromtrent. Indien dit sou blyk dat van hulle dit stilswyend oorweeg om hulle beroepe te verlaat, sal dit 'n aanduiding wees van die pyn waarmee hulle worstel. Moontlik is daar in die dienswerk beroepe, soos maatskaplike werk, meer "returned empties" soos Dr. Marjory Foyle (2001) dit gestel het in haar boek, Honorably wounded, wat oor getraumatiseerde sendelinge handel. Die bevindings van hoofstuk 3 sal egter in hierdie hoofstuk in 'n kwalitatiewe ondersoek verder gevoer word.
Gekombineerde kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing
'n Kwantitatiewe en kwalitatiewe studie word gedoen deur gebruik te maak van
• Kwantitatiewe navorsing aan die hand van 'n wetenskaplik gestruktureerde vraelys. • Kwalitatiewe navorsing deur die voer van semi - gestruktureerde onderhoude (Greef,
2005:297).
• 'n Kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing wat komplimenteer en aanvul (Neuman, 1997:335).
Verskille tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing
Kwantitatiewe navorsing
Met kwantitatiewe navorsing word daar gesoek na die sogenaamde objektiewe feite en die fokus is op die veranderlikes waar betroubaarheid vooropstaan. Dit word opsommend gekenmerk deur aspekte soos die volgende (Strydom, 1999:74):
■ Die navorser bly op die agtergrond. ■ Statistiese analise van data is moontlik. ■ Meet objektiewe feite.
" Betroubaarheid van die data staan voorop. ■ Meer "gevalle" kan geanaliseer word.
Kwalitatiewe navorsing
Strydom (2005:276-277) wys op die volgende karakteristieke van deelnemende navorsing:
" Die navorser streef na in-diepte insig in die manifestering van realiteite. " Die navorser streef na die versameling van die gevoelens en ervaringe van die
deelnemers en wil dus poog om die ervaringswereld van die deelnemers te betree.
■ Al die sintuie van die navorser word betrek. Hy moet oor die vermoe beskik om te luister, te sien, waar te neem en ondersoekende vrae te vra.
■ Betroubaarheid en geldigheid kan 'n probleem wees.