• No results found

Die organisatoriese en professionele konteks

Die kwantitatiewe ondersoek

5: Besonder lae risiko

5.6 RESULTATE VAN DIE KWALITATIEWE ONDERSOEK: AFLEIDINGS EN GEVOLGTREKKINGS

5.6.10 Die organisatoriese en professionele konteks

Soos reeds bo aangetoon, blyk dit dat die verhouding kerk/organisasie grootliks gesond en gelukkig is. Wat die situasie was toe die werkers wat hulle salarisse betref, ver agter hul kollegas in die staat se diens geraak het, is nie nagevors nie. Dit blyk egter duidelik dat 'n aantal werkers toe die diens verlaat het.

'n Opvolgonderhoud met medewerker 6 wat jare vir NG Welsyn gewerk het en tans 'n aantal maande in 'n nuwe hoedanigheid vir 'n ander organisasie werk, het baie belangrike perspektiewe belig. Sy het baie uitgewei oor die werksdruk waaronder hulle verkeer het. Sy meen dat sy vir 'n tydjie lank 'n bietjie verwyte gehad het teen die organisasie en wou sS "julle het nie na my gekyk

nie ", maar die realiteit is dat sy nou besef sy het 'n verantwoordelikheid gehad om na haarself te

kyk. Sy beweer dat sy nou baie beter na haarself omsien. Sy erken dat sy baie gedrewe was.

Op die vraag: "Kyk NG Welsyn na sy werkers - verstaan NG Welsyn die behoeftes van sy werkers - is daar genoegsame strukture in plek om probleme op te vang?" het sy met onverwagte deernis geantwoord:

"Ek dink nie so nie. Ek het die idee geby dat diegene wot moet kyk, self so oorwerk en oorblufis - hulle spartel so rond om die organisasie aan die gang te hou want daar is soveel mense wat ajhanklik is van hierdie werk, dat hulle so bang is hulle stel hierdie mense teleur - hulle kan dus nie effektiewe hulp verleen nie... "

Veral met betrekking tot die senior werkers, het sy die gevoel gekry dat hulle vir haar se:

"Jy is mos nou al lank in die land,jy weet mos nou waarvoorjy werk, ... asj'y vandag nou 'n bietjie afvoel is dit OK, more sal dit beter gaan, jy weet mos dit raak beter. "

Die medewerker het toe na 'n spesifieke persoon verwys en met groot agting gese dat die persoon al ongelooflike wonderlike insette in die organisasie gelewer het. Die medewerker het bygevoeg dat die persoon na haar mening baie moeg moet wees van altyd gee en gee. Sy dink gevolglik dat sy nie gehoor is, selfs nie gehoor kon word nie en dat dit te wyte is aan die uitputting van die supervisor, toe sy hulp gesoek het. Later in die gesprek het die medewerker bygevoeg dat sy dink die persone wat haar moes help, toe moontlik in dieselfde situasie as sy was. Sy voel dit is belangrik om by te voeg, "hulle weet dit dalk nie self nie. " Sy voel dat die organisasie dit dalk moet oorweeg om terapeute van buite te gebruik - mense wat met 'n ander oor as 'n welsyn-oor luister en wat nie in presies dieselfde situasie is nie. 'n Bykomstige rede vir hierdie gedagte is dit wat sy in haarself gesien het. Sy wou dalk self nie hoor wat hierdie bekende mense in eie kring destyds vir haar wou se nie. Sy het self geworstel met 'n gesindheid van "houjou mond van my

sake af. " Sy dink nie sy sou hierdie perspektief kon aanbied as sy nie self gedwing was om

afstand van die situasie te kry nie. Sy voeg by dat dit ook moeilik is om jou hartsgeheime te deel met iemand wat in 'n gesagsposisie bo jou aangestel is - hulle is dalk net te naby aan jou. Sy wys daarop dat jy iemand professioneel kan vertrou, maar dit is nie te se jy vertrou die persoon

emosioneel nie. Die medewerker het verklaar dat dit nou met haar duisend maal beter gaan. Dit is

egter nie aan slegs enkele positiewe faktore te wyte nie, maar wel 'n totale verandering van situasie. Waar sy tans is, kry sy wonderlike terugvoer omdat die dienswerksituasie anders is en haar salaris beter is. Sy werk nie meer onder soveel druk nie en sy het ook geleer om beter na haarself om te sien.

Na bogenoemde stellings het die medewerker laat blyk hoe geweldig baie waardering sy vir NG Welsyn as organisasie het. Hulle het haar geweldig baie geleer. Die organisasie het geweldig baie om te bied en doen dit ook volgens haar.

Medewerker 8 meen die wortel van baie kwaad is dat maatskaplike werkers nie na mekaar luister nie, omdat hulle met mekaar kompeteer vir erkenning en aanvaarding. Haar eie begeerte om raakgesien te word as iemand wat 'n verskil maak, het haar ondergang beteken. Die gevolge vir haar was emosionele stagnering. Sy het steeds intellektueel gegroei, maar nie geestelik of emosioneel nie. Sy moes op 'n stadium self supervisie doen, maar het daardie tyd geen benul gehad van waaroor dit eintlik gaan nie. Sy voel sterk daaroor dat sy vroeere jare nie 'n

ondersteuningsbasis gehad het nie. Sy meen maatskaplike werkers dink hulle moet almal red en dat die drang uit hulle kinderjare kom.

5.6.10.1 Afleidings en gevolgtrekkings

■ Die onderlinge verhoudings van die personeel in NG Welsyn is van 'n hoogstaande

gehalte.

■ Die verhouding, leraars en maatskaplike werkers, blyk van groot betekenis te wees. Van die werkers getuig van die mooi verhoudings wat hulle reeds tydens hul jeugjare met hul leraars gehad het.

■ Salarisagterstande vir werkers wat professionele werk verrig, is 'n probleem. Benewens die persoonlike koste aan die werk verbonde, gee die werkers beter salarisse prys net om hierdie spesifieke werk te kan doen. Hoewel dit duidelik is dat maatskaplike werkers nie die werk in die eerste plek vir geld doen nie, is dit tog jammer dat lae besoldiging, wat persoonlike oorlewing bemoeilik, aan die orde van die dag is.

■ 'n Professionele vertrouensverhouding beteken nie noodwendig 'n emosionele

vertrouensverhouding nie. Dit kan egter ook impliseer dat die persoon nie diep emosies en emosionele pyn, openbaar nie.

■ Professionele verhoudings word moontlik oorbelas deurdat die persone wat supervisie doen, somtyds te na aan die werkers is.

■ Emosionele uitputting vind plaas omdat kollegas al byvoorbaat weet wat die ontstelde persoon se probleem is en dat die persoon weet die kollega sit maar in dieselfde situasie. ■ Terapeute van buite die organisasie sal moontlik probleme identifiseer en verstaan wat

nie binne die organisasie erken word nie.

■ Die feit dat die howe maatskaplike werkers van NG Welsyn se kwaliteit van

dienslewering respekteer, mag 'n verdere bydrae lewer tot meer werk en tot nog meer werksuitputting /oorwerktheid lei.

■ Dit is duidelik dat kermis aangaande die impak van medelye-moegheid veel te wense oorlaat. Die ouer werkers het niks hiervan geweet nie en supervisie het in hierdie opsig dikwels nie ver genoeg gestrek nie.