• No results found

DIE BELANGRIKSTE GEVAARTEKENS TEN OPSIGTE VAN MEDELYE-MOEGHEID

DIE VERHOUDING TUSSEN UITBRANDING EN MEDELYE MOEGHEID

4.10 DIE BELANGRIKSTE GEVAARTEKENS TEN OPSIGTE VAN MEDELYE-MOEGHEID

Coetzer (2004a:211) gee 'n beknopte samevatting ten opsigte van die belangrikste gevaartekens wat kan dui op medelye-moegheid. Gevaartekens is aanwesig wanneer die berader/terapeut:

• nie daarin slaag om redelike grense en limiete vir hom-/haarself te definieer en te handhaaf nie;

• te veel kliente te woord staan en te veel ure spandeer aan werk/berading; • verlig is as kliente afsprake kanselleer of nie opdaag nie;

• begin ervaar dat kliente te afhanklik van horn raak;

• ook afhanklik van kliente begin raak en as't ware behep raak met die gedagte om hulle te help en ook te afhanklik raak van "bewondering" deur kliente;

• oormatig identifiseer met 'n klient - grense tussen hulle vervaag;

• 'n vrees ontwikkel dat hy in dieselfde krisis/trauma gaan beland as die klient; • obsessiewe gedagtes/bekommernisse het oor kliente en hul situasies.

'n Berader moet bedag wees op tendense wat kan dui op medelye-moegheid. Hy moet dus onder andere die gevaartekens herken as hy:

• begin agterkom dat werk sy hoofaktiwiteit in die lewe geword het, of aan die ander kant, dat dit geen prioriteit geniet nie;

• probleme begin ondervind om na kliente te luister;

• die klient se krisis minimaliseer of nietig ag, of sy gevoelens gering ag;

• deur kliente geblameer word vir die feit dat daar nie genoeg hulp verleen word in die oplossing van hul probleme nie;

• woede en bitterheid begin opbou teenoor ondankbare kliente; • gevoellose en pynlike humor gebruik ten koste van kliente;

• gei'rriteerd raak, oorreageer, gebrek aan sensitiwiteit toon of krities raak teenoor kliente en andere.

Negatiewe gevoelens en gedragspatrone wat uitlopers is van medelye-moegheid kan ook manifesteer as 'n berader:

• 'n weersin begin ervaar om boodskappe op die antwoordmasjien op te volg; • 'n weersin ontwikkel om werk toe te gaan;

• sessies herhaaldelik kanselleer, laat opdaag, en/of die sessies voortydig beeindig; • enigiets vermy wat horn herinner aan kliente of werksprobleme;

Die rooi ligte behoort te flikker wanneer 'n berader:

• 'n behoefte het om weg te kruip, te ontvlug of sigself te isoleer;

• begin neig in die rigting van ongesonde verslawende middels, aktiwiteite of verhoudings;

• slaapprobleme, eetprobleme en/of ontstellende drome begin ervaar; • angstig raak, gedreineer, uitgeput en verward voel;

• oorweldig voel deur gevoelens van hulpeloosheid en hopeloosheid; • depressiewe gevoelens en 'n begeerte na die dood ervaar;

• irrasionele denke en selfmoordneigings koester."

4.11 GEVOLGTREKKINGS

• Medelye-moegheid hou inderdaad gevare in vir elkeen wat 'n hart vir sy medemens het en een of ander vorm van krisiswerk of traumaberading doen. Om voortdurend by ander se verhale van seer en pyn betrokke te wees, kan 'n ingrypende invloed op die traumawerker se lewe he. Die koste verbonde aan traumawerk is groot en daar is gestel dat traumawerkers die gevaar loop om sekonder getraumatiseer te word. Medelye-moegheid toon simptomaties al die kenmerke van posttraumatiese stresversteuring met die verskil dat dit voortspruit vanuit die berader/terapeut se betrokkenheid by iemand anders se trauma. Medelye-moegheid raak 'n

verskeidenheid beroepe en dissiplines en kan organisasies en selfs gemeentes en gemeenskappe affekteer. Dit blyk belangrik vir die pastor te wees om begrip te ontwikkel hoe medelye-moegheid hom raak, asook 'n verskeidenheid van lidmate betrokke in die gemeente soos sielkundiges, dokters, verpleegsters, polisie, regsverteenwoordigers, nooddienswerkers, joernaliste, trauma navorsers, maatskaplike werkers, paramedici, ens.

• Die wese van medelye-moegheid hou verband met die transformering van die innerlike ervaringswereld van die berader/terapeut. Dit is die natuurlike emosies en gedragsveranderinge wat spruit uit die wete dat iemand anders die slagoffer van traumatiese ervaringe is/was. Die gevolge hiervan is ernstig en kan lei tot kort-, langtermyn of selfs permanente emosionele, psigiese of gedragsveranderinge. Die indiwidu se geestelike lewe, lewens- en wereldbeskouing asook basiese sielkundige behoeftes kan in die proses gewysig word.

• Krisiswerkers soos polisie, paramedici en brandweermanne is 'n kategorie van traumawerkers wat tradisioneel manlik is en dikwels binne 'n paramilitere konteks funksioneer, met 'n bepaalde gesagstruktuur. Groeps- en kulturele norme dikteer dikwels hoe daar binne 'n bepaalde konteks opgetree sal word. Die gevolg is dat

krisiswerkers wat enige simptome openbaar, maklik gestigmatiseer word en dan met wantroue bejeen word. Hulle is ook geneig om mense van buite, wat nie deel van die groep is nie, te wantrou. Die niepraat nie reel is kragtig, met die gevolg dat emosies ontken en onderdruk word.

Die aksie van oordrag en teenoordrag neem in traumaberading unieke dimensies aan en die opleiding van traumawerkers betreffende hierdie reaksies blyk belangrik te wees. Veral twee tipes oordrag reaksies, naamlik oormatige identifiseringsaksies en vermydingsreaksies blyk belangrik te wees. Vermydingsreaksies word gekenmerk deur ontkenning, verkleining, distorsie en die losmaak van die empatiese rol, terwyl identifiseringsaksies gekenmerk word deur idealisering, vervlegting met die klient en skuldgevoelens as gevolg van die berader/terapeut se oenskynlike onvermoe om voldoende ondersteuning te bied

Persoonlike aspekte wat 'n berader/terapeut meer kwesbaar maak vir medelye- moegheid, is faktore soos 'n eie traumageskiedenis, persoonlike omstandighede en die selflose optrede van die berader/terapeut wat sy eie behoeftes ontken.

Gebrekkige opleiding laat individue ook meer kwesbaar. In die verband word die belangrikheid om in spanverband traumawerk te doen, beklemtoon.

Beraders/terapeute wat op hulle eie funksioneer, loop 'n groter risiko betreffende medelye-moegheid.

Wanneer beraders/terapeute en krisiswerkers voortdurend moet werk met die trauma van kinders blyk dit ook die risiko vir medelye-moegheid te verhoog. Die hantering en herwinning van lyke blyk ook nadelig te wees. Navorser is dus verwonderd daaroor dat oenskynlik nie veel aandag in hierdie verband aan werkers by begrafhisondernemings en lykshuise gegee word nie.

Die sosiale- en organisatoriese kontekste waarbinne traumawerk gedoen word, blyk ook baie belangrik te wees betreffende die skepping van 'n klimaat waarin medelye- moegheid gedy of bestry word. Indien die probleem van medelye-moegheid nie erkenning geniet in hierdie kontekste nie, lei dit tot die sabotering van empatiese vermoens en mislukkings in die terapeutiese proses. Bedankings as gevolg van medelye-moegheid uit sekere organisasies blyk 'n probleem te wees en die koste verbonde aan die opleiding van traumawerkers regverdig die aandag van organisasies betreffende medelye-moegheid.

Daar blyk belangrike raakpunte te wees tussen die verskynsel van medelye-moegheid en uitbranding. Individue wat reeds aan uitbranding ly, is meer kwesbaar vir

medelye-moegheid.

Die praktiese riglyne vir die bekamping van medelye-moegheid met betrekking tot die berader self, andere en ook die werkplek behoort bewustelik toegepas te word.

HOOFSTUK 5

EMPIRIESE NAVORSING TEN OPSIGTE VAN DIE VOORKOMS VAN