• No results found

DIE FAKTORE IN TRAUMAWERK WAT 'N BEPALENDE ROL IN DIE ONTWIKKELING VAN MEDELYE-MOEGHEID VERVUL

Figley (in Stamm, 1999:20-21) noem dat empatie en blootstelling aan die wortel van die begrip medelye-moegheid le. Daarby is die persoonlike vorige traumatiese ervaringe en onopgeloste trauma in die verlede van die werker uiters belangrik - net so ook enige betrokkenheid by die trauma ervaringe van kinders. Saakvitne en Pearlman (1996:40) wys ook op die volgende bydraende faktore: naamlik,

• Die aard van die werk; • Die aard van die kliente;

• Die effek van die kumulatiewe blootstelling aan traumamateriaal; • Die organisatoriese konteks en die sosiale en kulturele konteks.

Traumawerk vereis empatie

Om werklik andere wat deur trauma gaan, by te staan, vereis dat die helper in 'n sekere sin self deur die trauma van die ander persoon aangeraak moet word. "Empathy is a major resource for trauma workers to help the traumatized" (Figley, 1999:20). Die traumawerker moet hom-/haarself in die ander se skoene kan plaas. Ware ontmoeting vra om oor grense te beweeg en dit buite jou eie sekuriteit te waag. "Dit laat jou kwesbaar, maar juis jou kwesbaarheid is die voorwaarde vir ware verstaan" (Miiller, 1996:12).

"If "we are not engaged with others sufficiently to understand their pain and their experiences, then how could we truly be with them " (Stamm, J999:xxxiv).

'n Traumawerker se kwesbaarheid betreffende plaasbekledende traumatisering is onvermydelik omdat die werk empatiese luister behels, met die doel om te help (Saakvitne & Pearlman, 1996:25).

Rothschild (2006:35) behandel die neurofisiologie van empatie en verduidelik dan interpersoonlike fenomene waaronder die somaties-emosionele gevolge van empatie. Sy

verduidelik die konsep van (weer)spieelende neurone in empatie (2006:43-45) wat op sy beurt die outomatiese senuweesisteem van die empaties betrokke persoon aktiveer (2006:55). Dit verklaar dus die somatiese reaksies wat betrokke is in empatie soos 'n verandering in

liggaamstemperatuur, die hartslag tempo wat verander en die verandering in spierspanning (2006:52). Hierdie neurofisiologie van empatie verklaar egter ook die onderliggende meganisme betrokke in emosionele kontaminasie. Emosies en gevoelens is dus aansteeklik (2006:57) en het 'n fisiese onderbou wat ook hormonale veranderinge ten gevolge het (2006:101). Indien hierdie prosesse onbewustelik in die traumawerker plaasvind, het dit 'n potensieel ernstige nadelige effek (2006:59). Rothschild gee kragtige riglyne vir die beheer en kontrole van somatiese empatie, waaronder die belangrikheid van bewustheid (2006:106) en wat sy noem die terapeut se brieke (2006:112). Sy bespreek verder die belang van professionele grense (2006:125, Cloud & Townsend, 1993:111), diebeheervan empatiese verbeelding (2006:146), die belang van selfkennis (2006:171) en bied dan 'n riglyn vir gestruktureerde selfsorg (2006:191-194).

Pearlman en Saakvitne (1995:296) onderskei twee soorte empatiese betrokkenheid by trauma slagoffers, naamlik kognitiewe en affektiewe empatie, asook twee betekenisvolle tydraamwerke

waarbinne die klient se ervaring deur die terapeut ervaar word. Die twee soorte empatiese betrokkenheid word soos volg beskryf:

• Kognitiewe empatie: Dit is die kognitiewe verstaan van die verhaal van die klient. Dit is die klient se verhaal van wat gebeur het, wat hy ervaar het, hoe dit gekom het dat dit so kon gebeur, watter betekenis die klient daaraan heg en watter nagevolge dit vir horn inhou.

• Affektiewe empatie: Die berader voel iets van die klient se pyn, sy woede, vrees, rou en die reeks intense emosies gekoppel aan die trauma.

Die impak van verskillende tydraamwerke soos verlede en teenswoordige tyd op empatiese belewenisse, word deur Pearlman en Saakvitne (1995:297) soos volg verklaar: Tydens die trauma, as kind, het die klient beide kognitiewe en affektiewe ervaringe gehad. Tans, in die terapeutiese situasie, as volwasse "survivor", het die klient ook kognitiewe en affektiewe ervaringe van wat gebeur het. Dus kan die terapeut die klient op vier domeine empaties ontmoet naamlik:

• Die kognitiewe ervaring in die verlede; • Die affektiewe ervaring in die verlede; • Die kognitiewe ervaring in die hede; • Die affektiewe ervaring in die hede.

In die eerste domein (verlede kognitief) probeer die terapeut byvoorbeeld verstaan watter gedagtes 'n meisie wat gemolesteer is, oor die molestering gekoester het. Die terapeut wil weet hoe sy die volwassenes om haar gesien het, hoe sy die gebeure verwerk het en aan wie sy probeer het om dit te vertel. In die tweede domein (teenswoordige kognitief) wil die terapeut verstaan hoe die "survivor" klient die gebeurtenisse teenswoordig vertolk. Die terapeut wil weet hoe hy reageer op die gebeure en hoe dit sy volwasse lewe beinvloed. In die derde domein (verlede affektief) ervaar die terapeut byvoorbeeld die dogter se vrees, woede, kwesbaarheid tydens die gebeurtenis in die verlede. In die vierde domein (teenswoordig affektief) beleef die terapeut die pyn, woede, en rousmart van die dogter (nou 'n volwassene) wat beter verstaan wat destyds gebeur het, hoe weinig beheer sy oor die molestering kon uitoefen en die verliese waaroor sy rou as die gevolg van wat gebeur het (Schauben, 1995:49-50, Taylor & Wilson, 1997:39).

4.4.2 Unieke blootstelling aan die trauma en pyn van andere

Pearlman en Saakvitne (1995:298-299) onderskei drie soorte traumamateriaal, naamlik grafiese traumamateriaal, moedswillige wreedheid, en die kliente self.

Grafiese traumamateriaal

Beraders werk met die emosioneel skokkende beelde van afgryse en lyding van mense (Follette

et al, 1994:279). "Professionals who listen to reports of trauma, horror, human cruelty and

extreme loss can be overwhelmed (Sexton, 1999:393, Schauben, 1995:61). Die grafiese beskrywings van verkragting en sadisme wat sommige volwasse "survivor" kliente aan die berader moet vertel ten einde genesing te bevorder, kan die berader agtervolg en met afsku vervul. Die duidelike beelde (woordprentjies) wat voor die terapeut afspeel, gaan soms gepaard met spesifieke reuke, klanke en liggaamlike pyn wat die terapeut skok en ontstel.

"The therapist's body may be involuntarily recruited for affect

management as he works with graphic details of bodily experience or his clients' somatic symptoms" (Pearlman en Saakvitne, 1995:298).

Intensionele wreedheid

Beraders se verwysingsraamwerke word herhaaldelik deur die wrede dade wat mense aan mekaar doen, uitgedaag. Wanneer dit gepaard gaan met die besef van hoe kwesbaar kinders in die hande van onbetroubare volwassenes is en dat volwassenes kinders op veelvuldige maniere beseer, verneder, molesteer en sistematies afbreek, tref dit die berader in sy diepste wese. Daarom is dit so moeilik vir die berader om steeds te glo aan die goeie intensies van vreemdelinge. Die siening van kinderdae as 'n ryd van onskuld, vreugde en van liedevolle familielewe gaan dikwels in die proses verlore (Pearlman & Saakvitne, 1995:298).

Die kliente self

Saakvitne & Pearlman (1996:44) gee samevattend die volgende beskrywing van slagoffers:

■ Hulle veelvoudige probleme en beperkte bronne; ■ die skokkendheid van hul geskiedenis van mishandeling; ■ die intensiteit van hul lyding;

■ die krisis van onlangse trauma; die problematiek van hul interpersoonlike style wat dikwels ontwikkel het uit reaksie op die uitbuitende konteks waarbinne hulle grootgeword het;

■ hul oor-idealisering of intense negatiewe verwagtinge van die helpers;

■ die aanwesigheid van gevare wat hulle steeds bedreig (bekommernisse oor hul veiligheid);

■ die vrees en skaamte wat hulle verlam;

■ die hulpeloosheid en kwesbaarheid van kinders asook selfvernietigende gedrag, selfhaat, wanhoop en kroniese selfmoordwense.

OORSAKE EIE AAN DIE VERHOUDING TRAUMAWERKER-