• No results found

Die teorie-praktyk spanning.

VAN MEDELYE-MOEGHEID

2.2.1 Die teorie-praktyk spanning.

Die taak van die Praktiese teologie (Heyns & Pieterse, 1990:7) is die vorming van teorie vir die praxis van kerklike en godsdienstige handelinge. Teoriee word egter nie net deur die Praktiese teologie ontwikkel nie maar word ook gevorm deur en in die praktyk. Trouens, alle praktyk is aldus Heyns (in Heyns & Pieterse, 1990:19) teoreties gebaseer. Gelowiges skep bewustelike en onbewustelik teoriee op grond van hul praktiese geloofshandelinge en geloofservaringe. Dit geskied weer op grond van hul interpretasie van die Skrif en soos dit aan hulle geleer is in die geloofsgemeenskap. Hierdie naiewe of voorwetenskaplike teoriee is ook die voorwerp van studie deur die Praktiese teologie. Die gelowiges is egter steeds besig om hul geloofsteoriee te

heroorweeg in die lig van hul daaglikse lewenservaringe en in die lig van die wetenskaplike kennis uit ander vakgebiede, soos byvoorbeeld die Sielkunde, waarmee hulle in kontak kom. Die geldigheid en effektiwiteit van die bestaande teoriee en praxis moet gevolglik voortdurend onder die vergrootglas kom.

Die doel van hierdie studie is dan om vas te stel watter bestaande teoriee en praxis bewustelik of onbewustelik funksioneer in die sorg aan die getraumatiseerde deur geestelike werkers. Ook die Praktiese teologiese teorie vir die pastorale praktyk val onder die soeklig. Die ondersoek fokus dus op die bestaande praktyk van pastorale hulpverlening, asook die pastorale selfverstaan van

te beskerm, deur die tempo van sy lewe te verlangsaam en horn te dwing om minder intens by die pyn van ander betrokke te raak?

Voorlopige vrae

Van die vrae wat dus in hierdie studie om verheldering vra is: Is die verskynsel van medelye- moegheid nie meer algemeen en dalk een van die grootste stresfaktore onder pastors, hul

eggenotes, ander geestelike werkers en hul gesinne nie? Is medelye-moegheid en uitbranding nie dalk die teenpole van dieselfde probleem is nie? Is dit dalk so dat juis die bewustheid van hul geroepenheid, pastors en geestelike werkers dryf om hulleself met soveel oorgawe aan hul taak te wy? Word daar genoeg aandag gegee aan die verskynsel van medelye-moegheid in die teologiese en professionele opleiding van pastors en ander geestelike werkers? Het die geestelike werkers wat wel aan medelye-moegheid ly, self geestelik genoeg gegroei om die traumatiese data wat deur die primere slagoffers aan hulle oorgedra is, gelowig te verwerk? Daar sal ook in die loop van die studie besin moet word of al bogenoemde vrae legitiem en ter saaklik vir die studie was.

Doelstelling

Soos reeds aangedui, is die doel van hierdie studie om vanuit 'n pastorale vertrekpunt praktiese riglyne daar te stel vir geestelike werkers. Dit kan verhoed dat hulle nie weens medelye-moegheid emosioneel en geestelik so afgestomp raak dat hulle uiteindelik of hulle beroepe verlaat of nie meer effektief funksioneer nie. Hierdie doel kan alleen bereik word na die verkenning van die basisteoretiese perspektiewe met betrekking tot die moontlike bydrae wat die reformatoriese kerklike tradisie en Skrifinterpretasie gelewer het, tot die stimulering van medelye-moegheid by geestelike werkers en pastors.

Die vrae wat hier om verheldering vra is veelvuldig: Is dit so dat in die Reformatoriese kerklike tradisie daar in die verlede van die pastor en geestelike hulpverleners verwag is, om te alle tye gereed te wees om hulp te verleen en selfs ten koste van hulleself empaties en met oorgawe diensbaar te wees? Is hierdie oortuiginge gegrond op 'n suiwere interpretasie van die Skrif? Is die oortuiginge dalk gebaseer op ongegronde interpretasies of 'n eensydige beklemtoning van sekere gedeeltes in die Skrif wat nie in samehang met die ander toepaslike en balanserende Skrifgedeeltes gebruik is nie. Sou hierdie diep gewortelde oortuiginge, gegrond op bepaalde interpretasies van die Skrif, daartoe kon lei dat pastors en hulpwerkers hulleself emosioneel, liggaamlik en selfs geestelik beskadig het? Is daar Bybelse narratiewe waarin dit sou blyk dat die Skrif geestelike hulpverleners wat hulle met oorgawe toewy aan hulle bediening om die heilswerk van Christus in die gebroke lewens van mense te laat tuiskom, vermaan om in die proses ook na hul eie geestelike en emosionele welsyn om te sien?

geestelike werkers. Betekenisvolle momente in die geskiedenis van die pastorale versorging van mense in nood deur geestelike werkers, sal ook aan die orde gestel word.

Zerfass se model dien as nuttige instrument vir hierdie ondersoek

Aan die hand van Zerfass se model sal die studie gestruktureer word (Klosterman & Zerfass, 1974:167; Heyns & Pieterse, 1990:35-17) . Die hoofstukindeling sal ooreenstem met die stappe uiteengesit in die model.

Praxis 1

Ons sal dus begin met praxis (1) en hopelik eindig met 'n nuwe en verbeterde praxis (2). Praxis een in hierdie studie veronderstel dat geestelike werkers wat traumawerk verrig, 'n probleem met medelye-moegheid mag ervaar en dat die bestaande situasie roep om pastorale riglyne daar te stel vir die hantering van medelye-moegheid. Praxis (1) stem dus ooreen met die probleemstelling wat in hoofstuk een van hierdie studie aangebied is.

Beraders (soos onder andere predikante en maatskaplike werkers) wat voortdurend blootgestel word aan die pyn en lyding van getraumatiseerde mense, raak mettertyd afgestomp en gevoelloos. Dit word vir hulle gaandeweg al moeiliker om empaties en met oorgawe hulleself te gee en sommiges tree mettertyd uit hulle beroepe. Die waarskynlikheid is groot dat talle gesinne en huwelike reeds op hierdie wyse skade gely het.

Die volgende diagram is 'n grafiese voorstelling van Zerfass se metode (Klosterman & Zerfass, 1974:167).

Teologiese tradisie

(5) Situasie analise

Teologiese oorlewering (Hoofstuk 2 en 3)

Praxis (I) spruit hipoteties gedeeltelik voort vanuit 'n bepaalde teologiese tradisie en neem ons dus na pyltjie (2). Die rigting van die pyltjie (2) noop die navorser om die teologiese tradisie waarbinne die bestaande praktyk ontwikkel het, te ondersoek. Van die pastor en geestelike werkers word van altyd af verwag om empaties en met oorgawe betrokke te wees by die nood en lyding van andere. Binne die kerkgeskiedenis is daar talle voorbeelde van sendelinge, predikante, Christen medici en evangelisasie werkers wat in hierdie proses alles opgeoffer het om diensbaar te wees. Heintink formuleer die diepste motiewe van die pastorale optrede, wat uiteraard deel van die teologiese oorlewering vorm. "Het evangelisch karakter van het werk komt echter in de eerste plaats hierin tot uidrukking, dat het om Christus' wil gedaan wordt, met het oog op Hem, op zijn Koninkrijk, de vernieuwing van mens en wereld" (1984:155). Hy toon aan dat hierdie taak in die lig van die evangelie volvoer word. Daarom sal die Bybelse riglyne 'n kragtige invloed uitoefen op die geestelike werkers wat hierdie werk doen. Maar hierdie basisteoretiese uitgangspunte staan in 'n polere spanning met die bestaande praxis. Die bestaande praxis in hierdie studie wentel om die geestelike werker se verstaan van sy roeping, sy interpretasie van Skrifuitsprake wat op homself en die werk wat hy doen van toepassing is, asook die praktyk van sy sorg aan die getraumatiseerde.

Omdat hierdie 'n pastorale studie is, sal die gesag en die voorrang van die Woord van God nie misken word nie. In die volgende hoofstuk sal intensief aan hierdie aspek aandag gegee word.

Situasie analise (Hoofstuk 4 en 5)

Hier sal 'n empiriese ondersoek gedoen word om vas te stel waarom die situasie ontwikkel het soos beskryf onder praxis (1). Praxis (1) noop die navorsing om ook bronne in die

grenswetenskappe te raadpleeg ten einde groter begrip vir die probleem in praxis (1) te verkry en neem ons dus na pyltjie (3). Aan die hand van vraelyste wat deur predikante, maatskaplike werkers en ander geestelike werkers voltooi word, sal die probleem gei'dentifiseer in praxis 1 verhelder word. Persoonlike gesprekke sal ook in die verband gevoer word. Die resultate van studies op die terrein van die Sielkunde, Maatskaplike werk, asook die Mediese veld rondom die tema van trauma, medelye-moegheid en sekonddre traumatisering sal ook verdiskonteer word. Pyltjie (5) dui daarop dat die teologiese tradisie en die situasie analise voortdurend met mekaar in verband gebring word ten einde groeiende insig in die probleem te ontwikkel.

'n Nuwe prakties-teologiese teorie (Hoofstuk 6)

Uit die resultate van bogenoemde twee bewegings sal gepoog word om 'n prakties-teologiese teorie te formuleer. Die empiriese navorsingsdata sal met die teologiese tradisie in verband gebring word (pyltjie 5) en dit bring ons by pyltjies (7) en (8).

Praxis 2 (Hoofstuk 6)

Hier sal die praktiese toepassing van die prakties-teologiese teorie aan die orde kom. Daar sal gepoog word om duidelike riglyne neer te le vir die bekamping van medelye-moegheid en sekonddre traumatisering. Omdat hierdie model gerig is op voortgaande teologiese ontwikkeling, sal die teorie steeds getoets moet word aan die teologiese tradisie en situasie analise. Die leser hiervan moet bewus wees dat uit die resultate van hierdie studie daar moontlik 'n nuwe praxis (1) tot stand mag kom wat dan weer onderhewig sal wees aan voortgaande prakties-teologiese navorsing.

BASISTEORETIESE VERTREKPUNTE TEN OPIGTE VAN DIE