• No results found

ANALISE VAN DIE ONDERHOUDE MET LERAARS

Die kwantitatiewe ondersoek

5: Besonder lae risiko

5.7 ANALISE VAN DIE ONDERHOUDE MET LERAARS

5.7.1 Blootstelling aan trauma

Medewerker LI (vir leraar 1) se as jy reeds lank in 'n gemeente is en jy staan Sondag op die kansel, weet jy dat die groter persentasie mense wat voor jou sit reeds deur een of ander vorm van trauma geraak is. Wanneer mense deur 'n trauma gaan, weet die leraar dikwels eerste daarvan, al verwag hulle nie noodwendig van jou om hulle te beraad nie. Hulle wil dit net graag met jou deel - hulle gebruik jou as klankbord - in ernstige gevalle kom hulle jou raad vra. Hy was ook al 'n paar keer op die toneel waar 'n misdaad of'n moord of'n ongeluk plaasgevind het. Verskeie van sy lidmate is reeds in huisrooftogte oorval en 'n aantal is gekaap. Van hulle is in die proses

geskiet. In die middedorp waar hy werk, beskryf hy sy lidmate as getraumatiseerde mense. Dit is geskeide of enkellopende vrouens en bejaarde mense wat net goedkoop huisvesting kan bekostig. Hy beskou van sy lidmate as ekonomies getraumatiseer en dit is deels te wyte aan die

transformasieproses in die land, 'n Groot persentasie is oud en ly aan gevreesde siektes. Hy beskou selfs die gemeente as 'n getraumatiseerde gemeente. Feitlik al die natuurlike leiersfigure het weggetrek en die gemeente verkeer in 'n oorlewingskrisis. Die gemeente is vir horn soos sy eie familie. Hy vertel hoe een van die professore vir hulle as studente vertel het van die belangrike onderskeid tussen simpatie en empatie, maar se hy, "dit is nie so maklik nie ". Hy is tans voorsitter van die Gemeenskaps-polisieforum waar hy ook help met die traumaberading van polisiebeamptes. Hulle is in die proses om 'n Artikel 21 maatskappy te stig om mense te help met slagoffer ondersteuningsprogramme. Hyself is verbaas dat sy eerste kennismaking met die dood nie vir horn so erg was nie. Hy vertel later egter van sekere persone wie se dood hy helder kan onthou. Hy het byvoorbeeld op 'n lidmaat afgekom wat reeds oorlede was, waar hy nog in die motor gesit het, nadat voortvlugtende rowers in horn vasgejaag het. Van die rowers was ook dood op die toneel. Op die vraag of hy in die tydperk daarna terugflitse ervaar het, het hy geantwoord dat hy nie na ontstellende televisieprogramme soos Gray's Anatomy en ander hospitaal

programme op TV kyk nie. (Die verhaal van Blakely (2007:59-68) hou verband en is aangrypend. Dit ontlok 'n onaangename gevoel in horn. Hy voeg dan ook by:

"Kyk, aanvanklik is daar 'n ontsaglike aggressie by 'n mens aangesien dit voel ofj'y selfaangetas is - dus in 'n sekere sin beleefek wat die lidmate beleefmaar in 'n baie mindere mate, maar ek kan dit kontroleer, waar dit by hulle ongekontroleer is. In die situasie is dit baie sterk gekontroleer, en asj'y uit die situasie opjou eie is, is dit weer minder gekontroleer."

Hy erken dat hy die woede en aggressie van lidmate binne in horn voel.

Op die vraag of hy soms gevra het waar God is, toe hy deur sy eie krisisse gegaan het, was die antwoord nee. Hy dink dat hy 'n te reele ervaring van God in sy lewe het. Maar dan vertel hy van die dag toe hy met God in 'n rusie was oor 'n vrou wat kanker gekry het. Die gesin het geweldig baie vir horn as jong leraar beteken. Hulle het aan horn "geloof gemodelleer " en horn ook finansieel ondersteun.

Hy vertel van 'n reeks insidente wat plaasgevind het, waarna hy erg depressief, gestres en uitgebrand was en ook mediese hulp moes gaan soek. Hy meen daar is altyd iets wat die spreekwoordelike kameel se rug breek,

"van uiibrand wat plaasgevind het toe ek 11 sterftes en 9 begrafnisse in 5 dae beleefhet, waarvan een die moord op 'n lidmaat, waarvan ek oortuig was en is, dot haar man haar vermoor het. "

Na een van die begrafnisse wag 'n lidmaat hom dronk voor sy hek in. Die lidmaat word deur hulle finansieel ondersteun. As die dronk man nie weggehardloop het nie, het hy hom aangerand. Toe hy die volgende oggend met sy motor se pap battery sukkel, het hy onbedaarlik aan die huil gegaan.

Hy het altyd vas geglo dat hy in staat is om self die tekens van uitbranding in homself te identifiseer. Hy is egter met die laaste geval (waarvan hy tans besig is, om nog te herstel) heeltemal onverhoeds betrap. Hy doen met 'n paartjie, waarvan die man 'n vroueslaner was, huweliksberading. Dit het op 'n woorde konfrontasie tussen hom en die eggenoot uitgeloop. Hy het opgevlieg en was op die punt om die man te slaan, toe hy besef daar is groot fout met

homself. Hierdie insident het hom twee maande uit die bediening gehou. Hy het die volgende dag die dokter gesien wat hom meegedeel het dat hy aan erge stres en uitbranding ly. Vroeer daardie week het hy 'n wonderlike, maar erg emosionele gesprek met 'n kankerpasient gevoer waar hy self in trane was. Hy beskryf dan ook hoe teenstrydig hy nou oor lidmate voel:

"Ek is sat vir hulle. Ek het 'n aggressie, dis 'n vreemde ding, ek het 'n aggressie vir lidmate en terselfdertyd het ek hierdie hunkering om van moeg te word, maarjy is net sat. "

Hy vertel verder dat hy begin agterkom het, dat hy emosionele situasies vermy.

"Ek het ook agterna besef dat lank voordat ek by uitbranding gekom het, ek al begin het om sekere konfliksituasies te vermy. "

Wat hom moontlik die ergste gewond het was die ontdekking dat van sy leierspan wat hy die meeste vertrou het, tydens sy afwesigheid weens siekte, dinge begin se het soos dat "hulle nie die

opstandingskrag van Christus in hom sien nie. " Sy gevolgtrekkings was dat hierdie lidmate dit

nie kon hanteer dat hul predikant ook vrae het en met God worstel nie. Hierdie keer het hy glad nie die simptome erken nie. Hy is by die dokter meegedeel dat dit hierdie keer anders was as die vorige kere. (Dit was nie nou meer net stres en 'n mate van depressie nie, maar 'n gevorderde staat van uitbranding.) Hy is uiteindelik vir 10 weke op siekteverlof afgeboek. Sy mediese dekking was onvoldoende weens die finansiele situasie van die gemeente. Hy doen ongeveer 250 beradingsessies per jaar, maar moes dit die afgelope tyd afskaal omdat hy nie die energie daarvoor gehad het nie en dit emosioneel te uitputtend geword het.

Die betrokke leraar gaan jaarliks heeltemal alleen op 'n spirituele retraite, na 'n jagplaas met minimum fasiliteite, vir ongeveer tien dae met net sy Bybel en die Bybel in Praktyk. Dit beteken

vir horn geweldig baie. Hy werk dan sekere boeke in die Bybel deur en ervaar telkens dat dit weer aan hom nuwe rigting gee. Hy ervaar hierdie tyd vir gebed en die tyd vir nadenke as kosbaar. Hy het intussen ook bewus geword van die noodsaak om fiks te word, reg te eet en gewig te verloor. Hy het ook 'n kursus in Solution focussed therapy gedoen en baie van traumaberading geleer. Hy het 'n nuwe passie om kollegas help. Hy het 'n aantal nuwe gebedstegnieke en ontspannings- tegnieke aangeleer. Hy besef dat hy dikwels in die drama-driehoek met lidmate betrokke geraak het waarin hy hulle redder wou wees. Solution focussed therapy het hom geleer om nie meer in so 'n drama-driehoek betrokke te raak nie, want dit maak van jou 'n slagoffer en bevorder uitbranding.

ONDERHOUDE MET ANDER WERKERS IN MENSGERIGTE