• No results found

DIE ROL VAN INTERPERSOONLIKE VERHOUDINGS Portuurgroep en sosialisering 

HOOFSTUK VYF

DIE ROL VAN INTERPERSOONLIKE VERHOUDINGS Portuurgroep en sosialisering 

‐Ondervind probleme om vriende te  maak  ‐Blameer gestremdheid vir  probleme  Met sosialisering  ‐Selfbewus en skaam in die  portuurgroep  ‐Aspirasies vir ʼn huwelik en gesinslewe  in die toekoms  Familieverhoudings ‐Ouers is ondersteunend  ‐Belangrik dat ander omgee  ‐Ander se belangstelling laat  hom meer positief oor sy  gestremdheid voel  ‐Ouers is nie oorbeskermend  nie  ‐Suster ondersteunend t.s.v.  irritasie en konflik  ‐Blameer gestremdheid vir  konflik in die gesin  DIE ROL VAN DIE SKOOLSISTEEM  ‐Ondersteunende faktor ‐Positief teenoor LSOB‐sisteem  ‐Voel veilig en aanvaar  ‐Het ’n begeerte om ’n hoofstroomskool  by te woon   ‐Bied geleentheid vir deelname aan  buitemuurse aktiwiteite 

143

reggestel kan word. Die navorser moes haar daarvan weerhou om nie die rol van ʼn terapeut in te neem en die onrealistiese verwagtinge aan te spreek nie. Sibusiso is vir psigoterapie verwys.

6.2.2 Agtergrond

Sibusiso is ʼn dertienjarige seun wat op die ouderdom van een jaar en vier maande ʼn traumatiese breinbesering opgedoen het nadat ʼn motorhek op hom geval het. Die gevolg van die besering was dat hy met serebrale gestremdheid (regter-hemiplegie) gediagnoseer is en ook aan epilepsie lei. Sibusiso kan fisies onafhanklik loop en beweeg, maar die funksie van sy regterhand is beduidend ingeperk. Hy is die oudste van twee kinders. Sibusiso en sy jonger suster is in die sorg van sy biologiese moeder en stiefvader. Die ouers is geskei en die biologiese vader is nie betrokke by die kinders nie. Hy het wel op ʼn ongereelde basis kontak met Sibusiso. Sibusiso ondervind leerprobleme en het vroeër graad 2 herhaal. Hy is tans in graad 6, maar ondervind steeds skolastiese agterstande. Die gesin se huistaal is Zoeloe en sy onderrigtaal is Engels. Sibusiso het sy skoolloopbaan by ʼn hoofstroomskool begin, maar het onvoldoende vordering getoon. Hy is aan die begin van sy graad 2 jaar na ʼn LSOB-skool oorgeplaas.

6.2.3 Bespreking van die resultate 6.2.3.1 Gestremdheid

6.2.3.1.1 Kundigheid en fisiese impak

Sibusiso beklemtoon die feit dat hy fisies ʼn normale kleuter was voordat hy ʼn hoofbesering opgedoen het. Hy is opstandig dat God toegelaat het dat die ongeluk gebeur en hy bevraagteken die feit dat die ongeluk met hom gebeur het. Sibusiso dra nie kennis van die mediese diagnose van serebrale gestremdheid nie, maar is daarvan bewus dat die motoriese probleme die gevolg van ʼn fisiese oorsaak (breinbesering) is.

“I really, I really don’t know why it happened. Only God has a reason why He puts it like that. I was like a normal child but then a big gate fell on my head. Only drawn into my hand. So a little part of my brain is damaged.” [B] (14, 26-28)

144

Hy kan onafhanklik beweeg, maar benodig wel hulp met fyner motoriese aktiwiteite, byvoorbeeld die hantering van veters, knope en ritssluiters.

“I don’t think there’s a big problem really. No it’s quite easy sometimes, ja. My sister ties my shoes and helps me with the zips. The things that I can’t do.” [B] (14, 28-23)

Sibusiso verkies om nie sy gestremdheid te bespreek of daaroor te praat nie. Dit frustreer hom en laat hom depressief voel as ander hom oor sy gestremdheid uitvra.

“When I go to the shop there are always some people who ask what happened to your hand. Then it gets very irritated because I feel depressed when people ask and I have to tell them.” [B] (14, 15-17)

6.2.3.1.2 Subjektiewe belewing

Sibusiso het ʼn begeerte om sy gestremdheid te verander en om fisies “normaal” te wees. Hy koester ’n onrealistiese verwagting dat dit moontlik is om sy fisiese gestremdheid deur middel van ʼn operasie te herstel. Hy hoop dus dat herstel deur ʼn operasie en mediese ingrepe moontlik sal wees, maar vestig ook sy hoop op God om hom te genees. Hy idealiseer persone sonder enige fisiese gestremdheid, asook die aktiwiteite waaraan niegestremdes kan deelneem. Sy begeerte om fisies “normaal” te wees, word ook bevestig deur sy begeerte om aan aktiwiteite deel te neem waartoe hy nie werklik fisies in staat is nie. Dit het uit die onderhoud duidelik geblyk dat Sibusiso steeds nie tot aanvaarding van die permanente aard van die gestremdheid gekom het nie. Hy sien ʼn gestremdheid steeds as ’n toestand wat reggestel moet word.

“I always ask my mother when I’m going to fix my hand. My mother says this December she is taking me to Doctor ******** hospital to fix my hand…to try.” [B] (14, 21-22)

“Well, I hope so. If they can’t do it, I’ll ask God’s help. I’ll ask God to help me.” [B] (14, 24) “Ja, I will change my hand too.” [B] (17, 6)

“I would like to do…mmm…like…mmm…high jumping and athletes stuff.” [B] (15, 32) “Ja. Ja. Mmm…I would like to drive a normal car. Not an automatic one. Ok.” [B] (16, 2)

145

Hy voel teleurgesteld in homself en blameer homself vir die feit dat hy ʼn fisiese gestremdheid het. Hy is nie seker wat hy verkeerd gedoen het om die gestremdheid te verdien nie. Sibusiso reken egter dat hy al in ’n mate meer positief oor sy gestremdheid voel.

“Mmm…when I knew I had this hand I felt very disappointed in myself and I ask God what did I do to deserve this. Ja, but I feel better now.” [B] (15, 1-2)

Die fisiese gestremdheid is vir hom ʼn verleentheid en hy is skaam en selfbewus daaroor.

“Ja, ja…and sometimes I feel very sad when I think about that. I also feel shy…like when…it is a party and I have to dance in front of all those people. I think other people might laugh the way I dance because with this hand I can’t dance properly.” [B] (15, 13-15)

6.2.3.1.3 Ervarings vanuit die samelewing

Sibusiso ervaar dat hy verbaal en fisies oor sy fisiese voorkoms geviktimiseer word. Die optrede deur ander laat hom ontsteld en magteloos voel. Die insidente vind binne en buite skoolverband plaas.

“The other kid, it’s from last year, his name is **, he uses to tease me a lot and other kids call me a bat and teases on my arms, yes. So I honestly don’t know when it’s going to stop.” [B] (12, 18-20)

“Because some of the friends hit me for no good reason. Like ** here. Sometimes he bullies on me like like…mmm…I’m busy talking to someone then he just comes and hits me for no good reason.” [B] (14, 7-9)

Hy word na sy mening dikwels aangestaar en sy fisiese gestremdheid word met kognitiewe inperking vereenselwig. Sibusiso beklemtoon dat hy net soos enige ander persoon behandel wil word.

“At the youth…at the youth sometimes it’s hard because some kids are looking at me like I’m some kind of freak.” [B] (16, 27-28)

“I’ll tell them not to ask about this hand and not to look at me like I’m some kind of person like a freak and that stuff and to treat me like all other human beings. Sometimes I feel really sad because people think I am stupid because of my hand.” [B] (15, 9-11)

146 6.2.3.2 Persepsie van die self

6.2.3.2.1 Selfkonsep

Sibusiso sou graag sy fisiese self wou verander, maar hy voel dat hy as persoon oor positiewe eienskappe, byvoorbeeld mededeelsaamheid en bedagsaamheid, beskik. Hy is trots op wat hy reeds bereik het en is van mening dat hy wel suksesvol aan sekere eise voldoen. Hy voel tevrede en menswaardig wanneer hy aan ander hulp verleen.

“I think about other people and I share.” [B] (17, 8)

“I normally help them with cleaning. I help my sister with a lot of things and ironing of clothes, that kind of stuff. I feel satisfied when I feel useful.” [B] (13, 19-20)

“Ja. I feel proud when I done things I couldn’t do before like play PlayStation. I could never do that. I can now work on the computer and cook.” [B] (15, 5-7)

Sibusiso ondervind leerprobleme en voel oorweldig en moedeloos deur akademiese eise. Hy ondervind veral probleme met Wiskunde en Tegnologie, maar is egter tevrede met sy prestasie in die ander vakke.

“Sometimes I feel…sometimes I feel depressed because it’s so much work I feel like crying.” [B] (12, 29-30)

“Ja, especially with Technology and Maths. I think I need extra help with…mmm… mmm…let’s see…mmm…Maths and Technology but the teachers always help me with that. I feel confused like when the teacher says something very fast and I couldn’t understand. I’m good at English, Social Science, any subject, every subject except Maths and Technology.” [B] (13, 2-6)

6.2.3.2.2 Persoonlike vrese, motivering, verwagting en betekenisgewing

Hy is bekommerd dat die mense na aan hom, byvoorbeeld sy vriende en ouers, iets sal oorkom. Hy vrees ook dat sy gestremdheid eendag as gevolg van ʼn mediese ingreep kan vererger.

147

“What worries me is about when my friends are in danger. I feel very worried over when my parents in hospital and stuff. Ja. Sometimes I worry like when they doing an operation on my hand and they fail, and then they have to cut it off.” [B] (16, 18-20)

Geloof en godsdiensbeoefening speel ʼn prominente rol in Sibusiso se lewe. Hy is aktief by die kerk se aktiwiteite betrokke. Na sy mening gee godsdiens sin aan die lewe en die aktiwiteite bied ook geleentheid vir sosialisering. Hy plaas sy hoop op geloof en gebed ten einde fisiese herstel van sy gestremdheid te bewerkstellig. Sy geloof, asook die ondersteuning van sy ouers en vriende, dien vir hom as motivering in die lewe.

“Ja. I think it is important. I go to Friday church and Sunday church. I pray, I ask God to heal me of this hand and stuff. Ja, and I join the youth group.” [B] (16, 22-23)

“Mmm…God helps me. My parents support me to move forward. Ja and my friends.” [B] (16, 30)

Hy wil eendag sy eie besigheid besit, maar het geen aanduiding gegee hoe hy beplan om hierdie ideaal te verwesenlik nie.

“I would want to own a business like my mother. Have a lot of money. Ja” [B] (16, 10)

Sibusiso hanteer probleme deur dit met sy vriende of ouers te bespreek. Hy vind dit egter moeilik om uitdrukking aan sy gevoelens te gee en sal homself eerder onttrek en afsonder.

“At school I talk to my friend **. He is also here at school and at home I talk to my mother.” [B] (13, 29-30)

“I don’t talk to no one. I just find peace.” [B] (16, 12) “Ja, until I calm down.” [B] (16, 16)

6.2.3.3 Die rol van interpersoonlike faktore

6.2.3.3.1 Familieverhoudings

Daar is verskeie persone wat ʼn betekenisvolle en ondersteunende rol in Sibusiso se lewe speel. Hy ervaar dat sy stiefpa ʼn positiewe bydrae in sy lewe maak. Dit is vir hom baie belangrik om te

148

weet dat ander omgee en in hom belangstel, wat hom meer positief oor sy gestremdheid laat voel. Die feit dat sy biologiese vader na sy mening onbetrokke is, is vir hom problematies. “At home my sister and my mother, everyone, my family. They always help and support me.” [B] ( 13, 8-9)

“Ja. He [stepfather] is the best. He helps me with projects and stuff. He never shouts at me if I do wrong.” [B] (13, 23-24)

“My real dad I only see him sometimes but he doesn’t call me. I always have to call him. Sometimes I miss him.” [B] (13, 26-27)

“I feel better now that I know I got people who care about me. Don’t ask too much about this hand and care about what I do and stuff helping a lot now.” [B] (15, 4-5)

Sy ouers is nie oorbeskermend nie en hulle stel grense deur middel van vasgestelde reëls. “Yes, but I must be back at a certain time and my parents must know where I am.” [B] (15, 17) Sibusiso meld dat sy suster behulpsaam is met fisiese aktiwiteite. Die verhouding word soms deur konflik en irritasie gekenmerk Hy ervaar egter nie dat sy ouers enige onderskeid tussen hulle tref nie. Sibusiso is dankbaar dat sy ouers hom nie uitsonder nie en ervaar dat hulle nie eens sy gestremdheid raaksien nie.

“I have only one sister. She is younger. My sister usually helps me with everything. She ties my shoes and zip my shirt up. The things that I can’t do. She sometimes she calls me names and that irritates me.” [B] (13, 11-13)

“...and I’m happy now and both of my parents they love me so well, they treat me like I’ve got two hands, and they send me to this school.” [B] (14, 11-13)

Sibusiso blameer sy fisiese gestremdheid vir die persoonlike probleme wat hy ervaar, byvoorbeeld konflik tussen hom en sy ouers.

“Ja. Sometimes when my parents ignore me I think this hand is the problem. Sometimes I battle to make friends and I also think it’s about my hand.” [B] (15, 19-20)

149 6.2.3.3.2 Portuurgroep en sosialisering

Sibusiso ondervind probleme om lojale vriendskappe te sluit. Hy blameer sy fisiese gestremdheid vir sy onvermoë om vriende te maak. Sy ouers gee aan hom die geleentheid om sosiale geleenthede en gesellighede by te woon, maar hy is selfbewus oor sy gestremdheid in die portuurgroep.

“Sometimes I battle to make friends and I also think it’s about my hand.” [B] (15, 19-20)

“Finding a friend like ** was very hard ’cause all the friends that I have used to steal from me.” [B] (14, 2-3)

“Ja, ja…and sometimes I feel very sad when I think about that. I also feel shy…like when…it is a party and I have to dance in front of all those people. I think other people might laugh at the way I dance because with this hand I can’t dance properly.” [B] (15, 13-15)

Hy sal in die toekoms in ’n verhouding met iemand van die teenoorgestelde geslag wil wees. Hy het ook aspirasies om in die toekoms ʼn huwelik te sluit en ʼn gesinslewe te hê. Die seksvoorligting wat hy ontvang het, is na sy mening onvoldoende, onduidelik en soms onverstaanbaar.

“I would want one [girlfriend], and I would want to get married. Ja,.” [B] (15, 26)

“Well, sometimes the teacher talks too fast and I get confused what she says and eish… ja. We don’t receive a lot of information.” [B] (15, 29-30)

6.2.3.4 Die rol van die skoolsisteem

Sibusiso ervaar dat die LSOB-skoolsisteem ’n ondersteunende faktor in sy lewe is en hy is positief teenoor die sisteem. Die onderwysers en medeleerders is hulpvaardig en ondersteunend. Hy besef dat hy op individuele hulp aangewese is en reken dat dit dan ook die rede is waarom hy nie in ʼn hoofstroomskool bevredigende vordering getoon het nie. Hy het egter steeds ’n begeerte om ʼn hoofstroomskool by te woon, wat waarskynlik verband hou met sy begeerte om fisies normaal te wees. Hy voel egter veilig in die LSOB-skoolsisteem en is van mening dat hy nie na ʼn ander skool kan gaan nie. Die skool bied ook die geleentheid vir deelname aan buitemuurse aktiwiteite en sport.

“School help me e “Yes, I w best.” [B “Because 11) “Because much hel “I partic Figuur 13 Die feit mensteke die liggaa is wonderful everywhere. will like it to B] (12, 8-9) e no other s e other child lp and that s ipate in shot 3. Mensteke dat Sibusi ening gerefle am weg, wat l. It’s the be ” [B] (12, 5- go to an ord chool will ta dren will tea stuff.” [B] (1 t put and jav

ning (Sibusi iso nie sy ekteer. Hy g t moontlik d est school I e -6) dinary schoo ake my hand ase me and t 2, 13-14) velin.” [B] (1 iso) fisiese gest gee ’n gedet dui op weerst 150 ever had. I ol but I will d and they to the principal 16, 8) tremdheid a tailleerde we tand en opst

like the child not leave th old me to co l won’t excep

aanvaar nie eergawe van tand teen die

dren. They his school. T ome to this s ept it ‘cause , word waa n die gelaats e fisiese gest

are the best, This school school.” [B] I will ask fo arskynlik in strekke, maa tremdheid. , they is the ] (12, or too n die ar laat

151

6.3 GEVALLESTUDIE 3 – CANDICE – BELEEF HAARSELF AS TWEE

IDENTITEITE

Candice beleef haarself as twee afsonderlike identiteite, naamlik die fisies gestremde self en die psigies normale self. Die fisiese gestremde self is gefrustreerd vanweë die fisiese beperkinge en is selfbewus in die openbaar. Die psigiese self is “normaal”, is nie selfbewus nie en het ’n behoefte aan sosialisering. ʼn Positiewe ingesteldheid is na haar mening van die uiterste belang in die suksesvolle hantering van alledaagse lewenseise. Candice was gretig en bereidwillig om haar gevoelens en ervarings van gestremdheid met die navorser te deel.

Figuur 14. Visuele voorstelling van Candice se belewing as adolessent met ’n serebrale gestremdheid en aspekte wat ’n rol in sielkundige weerbaarheid speel

; CANDICE – BELEEF HAARSELF AS TWEE IDENTITEITE  GESTREMDHEID Kundigheid en fisiese  impak  ‐Oorsaak (fisies)  ‐Beperk beweging  ‐Beperk onafhanklikheid  ‐Affekteer kommunikasie  ‐Inligting kan  onrealistiese verwagtinge  voorkom    Subjektiewe belewing  ‐Frustrasie, irritasie  ‐Selfbewus, skaam  ‐Sou fisiese  gestremdheid wou  verander  ‐Twee identiteite   ‐Volle aanvaarding is  nie moontlik nie  ‐Hoop steeds op  oplossing  ‐Lewe van dag tot dag  ‐Wil as unieke mens  raakgesien word Ervarings vanuit die  samelewing  ‐Word aangestaar  ‐Geassosieer met  kognitiewe inperking  ‐Bejammering  ‐Word nie ernstig  opgeneem nie  ‐Negatiewe  verwagtings en  houdings.  Word as  onbekwaam beskou  ‐Word net op die  fisiese beoordeel  NAVORSER  ‐Kommunikasie is  nie vlot nie  (Candice)  ‐Verg geduld om  te luister  ‐Weerhou van  voortydige  interpretasie  CANDICE  ‐Twee  verskillende  identiteite   ‐Positiewe  houding 

152 PERSEPSIE VAN DIE SELF Persoonlike vrese, aspirasies, motivering verwagtinge en  betekenisgewing  ‐Vrees dat ander haar altyd as afhanklik sal beskou  ‐Vrees dat sy a.g.v. gestremdheid nie aan die fisiese eise van  sekere verhoudings sal voldoen nie  ‐Gestremdheid beperk beroepsgeleenthede  ‐Toekomsaspirasies: Tersiêre opleiding, huwelik, gesinslewe  en moederskap  ‐Betekenisvolle gesinsverhoudings dien as motivering  ‐Wil as unieke mens raakgesien word en nie op fisiese  voorkoms beoordeel word nie  ‐Eienskappe bydraend tot sukses: Wilskrag, doelgerigtheid,  probleemoplossingsvermoë,  toegewydheid en  deursettingsvermoë Selfkonsep  ‐Persoonlike groei lei tot ’n positiewe  lewensuitkyk  ‐’n Positiewe ingesteldheid is  belangrik (optimisme, wilskrag en  deursettingsvermoë)  ‐Neem persoonlik  verantwoordelikheid  ‐Akademies: Gemotiveerd en  hardwerkend  DIE ROL VAN INTERPERSOONLIKE VERHOUDINGS Familieverhoudingsdings en  verhoudings met betekenisvolle  ander  ‐Moeder, gesin en betekenisvolle  ander is ’n ondersteunende faktor  ‐Positiewe invloed van optimistiese  individue is belangrik   Portuurgroep en sosialisering  ‐Ondersteuning (skoolverband)  ‐Hou kontak m.b.v. tegnologie  ‐Sosiale uitsluiting en isolasie  ‐Sosialisering vind hoofsaaklik binne  gesinsverband plaas  ‐Selfbewustheid en praktiese probleme  (vervoer) beïnvloed sosialisering DIE ROL VAN DIE SKOOLSISTEEM EN OPENBARE DIENSTE FssSkoolsisteem:  ‐Voel veilig en aanvaar in die  sisteem.  ‐LSOB‐skoolsisteem is ‘n  ondersteunende faktor  Openbare dienste  ‐Openbare vervoerstelsel is  ontoereikend  ‐Geboue is ontoeganklik 

153 6.3.1 Reflekterende notas van die navorser

Candice het spontaan gekommunikeer en was nie selfbewus of terughoudend tydens die onderhoud nie. Sy ondervind egter ʼn spraakproduksieprobleem en het met tye baie gehakkel en nie vlot gepraat nie. Kommunikasie was dus stadig en tydrowend. Die navorser moes haarself dus deurentyd daarvan weerhou om woorde en sinne namens Candice te voltooi. Dit het baie geduld geverg om Candice toe te laat om haarself uit te druk sonder om haar te onderbreek, insette te lewer en voortydige interpretasies te maak.

6.3.2 Agtergrond

Candice is ’n sestienjarige dogter gediagnoseer met serebrale gestremdheid (diplegie, C4). Sy kan vir kort afstande onafhanklik met behulp van ’n loper beweeg, maar maak egter meestal van ’n elektriese rolstoel gebruik. Candice se biologiese moeder was sestien jaar oud met die aanvang van haar swangerskap. Die baba is prematuur gebore en deur die grootouers aan vaderskant versorg en opgevoed. Die biologiese ouers is later getroud, maar Candice het steeds by haar grootouers gewoon. Sy het wel vir kort tye by haar ouers gewoon, maar is telkens weens voortdurende huwelikskonflik terug na die grootouers. Albei grootouers is kort na mekaar in 2007 aan natuurlike oorsake oorlede. Die ouers het intussen geskei en Candice het daarna by haar moeder gaan woon. Sy is die enigste kind. Candice was sedert die voorskoolfase in ’n LSOB-skool. Haar huis- en onderrigtaal is Engels.

6.3.3 Bespreking van die resultate 6.3.3.1 Gestremdheid

6.3.3.1.1 Kundigheid en fisiese impak

Candice dra kennis van die diagnose van serebrale gestremdheid en is bewus van die feit dat die