• No results found

HOOFSTUK 3 – PARADIGMATIESE SKUIWE OP EKKLESIOLOGIESE VLAK

3.3 GENERASIONELE SIKLUS-TEORIE EN DIE

3.3.1 Die Generasionele siklus teorie

Hoewel Strauss en Howe (1991) hulle navorsing toespits op die Amerikaanse konteks is hierdie teorieë met groot vrug deur ander navorsers getoets en is daar gevind dat daar verskeie sogenaamde “generasionele argetipes” bestaan in Kanada, Australië, Wes-Europa, Rusland, Israel, China. Codrington (1998) het bogenoemde verder uitgebrei deur ook te kyk na die wyse waarop hierdie teorie ooreenstem met die Afrika kontinent.

Regele (1995:27) sê dat wanneer ons kyk na die detail van die verloop van geskiedenis...”there doesn’t seem to be much of a pattern, but when we look at the large picture, we can see broad, general patterns. Predictable, continues

change is like a river. Each individual water molecule follows what appears to be an unpredictable path, but the river as a whole flows in a single direction.”

Codrington (1998: http://tomorrowtoday.biz) verduidelik dat daar basies twee verskillende soorte modelle is wat belangrike tendense in die geskiedenis opsom, voorspelbare patrone hieruit probeer identifiseer en dan as norm gebruik word om verandering in die toekoms te projekteer.

Die strategie van die eerste model behels die ondersoek na die verband tussen invloedryke leiers en sekere wêreldgebeure. Aangesien die meeste mense op hulle mees invloedrykste is tussen die ouderdomme 45 en 60 veroorsaak dit dat ‘n mens dan ‘n baie eensydige, ouderdom-spesifieke en horisontale beeld van die ontwikkeling van geskiedenis kry en dus nie ‘n globale beeld kan aflei oor die spesifieke kragte wat ‘n rol gespeel het in die leiers se lewens nie (sien diagram 1)

‘n Ander model wat ook gebruik word is om ‘n studie te maak van biografieë en op dié wyse die uitstaande elemente van historiese persone se lewens te bestudeer. Ook hierdie metode het bepaalde tekorte aangesien dit ‘n vertikale, individuele perspektief is van ‘n persoon gemeet vanaf kinderjare tot en met bejaardheid. So ‘n metode kan as volg voorgestel word (sien diagram 2)

Die feit dat beide bogenoemde modelle wesenlike tekorte het, het in ‘n groot mate aanleiding gegee tot die ontwikkeling van die generasionele teorie wat poog om die beste van model A en B te kombineer en dan ‘n diagonale perspektief te bied (sien diagram 3)

Die voordeel van bogenoemde is dat ‘n mens ‘n baie algemener beeld kry van hoe sekere wêreld gebeure en tendense mense in verskillende fases van hulle lewens op ‘n gegewe tydstip beïnvloed. 32

Strauss en Howe beweer dat die geskiedenis haar herhaal deur middel van ‘n repeterende siklus wat ongeveer 80-90 jaar lank is. Hierdie siklus kan weer in vier periodes wat ongeveer ewe lank is, verdeel word (met ander woorde ± 22 jaar elk). Skematies word dit voorgestel as ‘n elliptiese wentelbaan met die vernaamste draaipunte. Regele (1995:29) verwys na die vernaamste draaipunte as sogenaamde “spirituele ontwaking” en “sekulêre krisis” momente. Gedurende die era van “spirituele ontwaking”33 fokus ‘n gemeenskap op die innerlike naamlik waardes, norme en oortuiginge. Net voor die spesifieke gebeurtenis plaasvind is sekere tekens wat dui op ‘n geestelike onvergenoegdheid, waarneembaar en

32

Codrington sê in die verband “If we were to plot different people, born in different years, and then take an historical “slice” through the graph, in a particular year, we would find that people of different dates co-exist at one point. In 1976, then, a person born on 1900 will be 76 (person a), a person born in 1940 will be 36 (person b) and a person born in 1960 will be 16 (person c)...The value of the generational theory is that in viewing people born at similar times as being ‘grouped’ together, and sharing common perceptions of reality and common attitudes. This occurs since major historical events will affect people differently, in large part depending on the age at which that event occurs.”

33

Strauss en Howe (1997:40) haal Anthony Wallace, ‘n religieuse antropoloog aan wat ‘n “spirituele ontwaking” definieer as ‘a deliberate, organised, conscious effort by members of society to construct a more satisfying culture’. Dit is egter belangrik om daarop te let dat ‘n sogenaamde ontwaking nie noodwendig altyd as ‘n positiewe gebeurtenis ervaar word nie, maar dikwels plaasvind deur ontberinge en weerstand teen ‘n bepaalde beweging / siening / groepering.

hierdie waarneembaarheid bereik ‘n hoogtepunt wanneer die spesifieke gebeurtenis in aanvang neem. By die hoogtepunt vind die sogenaamde “spirituele ontwaking” dan plaas en dit duur vir ongeveer ‘n dekade.

‘n Sekulêre krisis moment is weer presies die teenoorgestelde van bogenoemde. Regele (1995:30) beskryf dit as volg: “Just prior to a secular crisis, the social order becomes so fragmented in its individualism that it is finally overturned, provoking a secular crises. In response to the crises, society begins to feel its vulnerability to negative forces and in reaction halts its individualistic and fragmented momentum and begins to recoalesce around a common set of values – generally for survival reasons.”

‘n Verdere belangrike aspek van die Generasionele teorie is die sogenaamde “na buite-gerigte era” en die “na binne-gerigte era”. Die rede hiervoor is logies: soos wat die gemeenskap beweeg tussen die draaipunte van “spirituele ontwaking” en “sekulêre krisis” ontstaan daar ook oorgangsfases tussen hierdie draaipunte. So byvoorbeeld is daar na ‘n groot “sekulêre krisis” moment ‘n gevoel van verligting, euforie en ‘n toename in selfversekerdheid binne die gemeenskap.

Soos wat die gemeenskap dan binne hierdie nuwe ritme begin funksioneer word die kollektiewe energie wat gebruik is om die krisis op te los gerig na die opbou en ontwikkeling van die gemeenskap. Codrington (1998) sê verder in die verband: “There is a great sense of community and individualism is discouraged. All this is understandable, as society’s future seems secure.” Hierdie fase staan bekend as die “na-buite-gerigte era” en word gekenmerk deur groei, positiwiteit, energie en hoop. Hierdie fase hou egter net vir ‘n sekere tydperk en dan volg ‘n volgende “spirituele ontwaking” moment wat weer uitloop op ‘n totaal na binne gerigte en selfgesentreerde lewensbeskouing (vandaar dan ook die benaming “na-binne-gerigte era”). Wat baie kenmerkend is van hierdie era is dat daar dus ‘n hernude premie geplaas word op individualisme, ‘n agterdog ontwikkel teenoor institusies en dat die gemeenskap gefragmenteer word in kleiner belange groepe

ten koste van die groter eenheid wat vroeër geheers het. As ons dit in ‘n skematiese vorm moet weergee sou dit as volg daarna uitsien (sien diagram 4)

Strauss en Howe gebruik in aansluiting by bogenoemde die konsep van “kohort” om elke generasie verder te definieer. ‘n Kohort generasie kan kortliks beskryf word as ‘n generasie wat min of meer dieselfde houding en wêreldbeeld openbaar vanweë gedeelde lewenservaringe op sekere gegewe ouderdomsfases. Volgens die teorie kan daar basies vier breë generasies geïdentifiseer word wat weer tegelykertyd beïnvloed word deur die vier energie punte soos aangetoon in diagram 4. Hierdie generasies staan bekend as die Idealiste, die Reaktiviste, die Burgerlikes en die Aanpasbares. Laasgenoemde vier generasies word weer onderverdeel in nog vier kohortegenerasies34 wat met ander woorde, verskil in ouderdom, maar op sekere gegewe tydstippe dieselfde problematiek, uitdagings en veranderinge beleef.

34

Die volgende kohorte generasies word onderskei naamlik die “GI” Generasie, die “Silent” Generasie, die “Builders”, die Boomers, Generasie X en die “Millennial” Generasie. Huidiglik (vanaf die jaar 2000 tot en met die hede) word nog ’n generasie geïdentifiseer wat die “Millenial”Generasie opvolg naamlik Generasie Z. Laasgenoemde is jong, aktiewe verbruikers wat gebore is in ’n tegnologies gedrewe samelewing en dus ook baie verbind is aan mekaar (dink maar aan netwerke soos “Facebook”, “Mxit”, selfone en sms’e)

3.3.2 Die toepassing van hulpmiddels soos die Generasionele