• No results found

Die lewensverhaal as sosiale konstruksie en geestelike groei.

3.2 Sosiale Konstruksionisme

3.2.6 Dekonstruksie as die skep van ’n nuwe lewensverhaal

Daar is reeds aangetoon dat mense betekenis gee aan hulle lewens deur dit te storie. Verder is daar aangetoon dat die verhaal ’n eie ingeboude sensorskap besit wat alle inligting wat nie inpas

by die bestaande verhaal nie, óf ignoreer óf dit so interpreteer dat dit inpas by die verhaal. Maturana noem dit ’n “organizationally-closed self-determining entity or unit” (Efran & Lukens 1985:25). Teoreties gesproke is transformasie, groei of verandering onmoontlik. Met die oog op dekonstruksie is daar twee belangrike uitgangspunte wat in gedagte gehou moet word. Eerstens is dit belangrik om te besef dat kennis wat mag gekry het, slegs ’n konstruksie is en dus gedekonstrueer kan word. Waarheid is dus slegs ’n keuse en ander of nuwe keuses kan gemaak word. Tweedens moet die persoon verantwoordelikheid aanvaar en besef dat hy verantwoordelik is vir sy lewe en niemand kan verwyt vir sy lewenskwaliteit nie, behalwe hyself. ’n Nuwe lewe is moontlik, maar vra nuwe keuses en ’n nuwe lewensverhaal (Kleynhans en Kellerman 2000:77).

In die konstruering van die lewensverhaal word sekere gebeure gekies en betekenis aan hulle gegee om op die einde ’n lewensverhaal te skep. White & Epstone beklemtoon dit dat daar in die proses verskeie verhale uitgelaat word ( 1990:11). Bruner bevestig hierdie standpunt as hy sê: “Narrative structures organize and give meaning to experience, but there are always feelings and lived experience not fully encompassed by the dominant story” (1986:143). Hierdie’“onvertelde’ verhale moet aan die woord kom. ’n Meer volledige lewensverhaal kan gekonstrueer word indien so veel as moontlik verhale betrek word in die proses van die skep van ’n lewensverhaal (die proses van betekenis-gee). Die enigste wyse om te kom tot die konstruering van ’n nuwe lewensverhaal is deur meta-kommunikasie te laat plaasvind. Met meta-kommunikasie word

bedoel dat daar gesprek gevoer moet word oor die proses van betekenisgewing. Die

dominante storie of stories moet herevalueer word, want die storie is nie noodwendig negatief nie, maar die gesensorde stories moet ook in berekening gebring word (Joubert 2000:46).

Daar moet afstand tussen die persoon en die storie geskep word. Die persoon moet homself differensieer van sy storie en weer nuut bind. Wanneer die persoon slegs losmaak en nie weer

bind nie, het die persoon nie vrede gemaak met sy storie nie. Afsnyding wys op onopgeloste situasies. Eksternalisering moet plaasvind. Wanneer eksternalisering plaasgevind het, kom die persoon in ’n posisie van objektiwiteit, vanwaar hy sy verhaal van buite kan sien, asook die invloede wat meegehelp het tot die skep van die verhaal. In enige mens se geskiedenis is daar geleenthede waar die persoon as heel mens opgetree het. Indien die persoon na daardie geleenthede sou kyk, sou sy self-narratief beslis ’n opbouende positiewe verhaal gewees het.

Hierdie insidente waar die persoon miskien anders as wat sy self-narratief sou wou erken opbouend opgetree het, word ‘unique outcomes’ genoem. White & Epston beklemtoon die noodsaak dat alle stories in ag geneem moet word in die konstruering van ’n lewensverhaal. “Those aspects of lived experience that fall outside of the dominant story provide a rich and fertile source for the generation, or re-generation, of alternative stories” (White & Epston 1990:15).

Aangesien die sisteem of lewensverhaal ’n geslote sisteem is en geen inligting ‘ongesensor’ deurlaat nie, is pogings om inligting van buite te stuur met die oog op dekonstruksie teoreties gesproke ’n mors van tyd. Die lewensverhaal besit ’n onvermoë om die “unique outcomes” raak te sien en nuwe betekenis daaruit te konstrueer. Die lewensverhaal maak die persoon as’t ware blind. Inligting van buite word uitgesensor of so geïnterpreteer dat dit die lewensverhaal

versterk. Kennis is mag. ’n Bose kringloop speel hom dus af, waar elke ‘herïnterpretasie’ die

gekonstrueerde waarheid of self-narratief net meer versterk. Die enigste effektiewe wyse om

dekonstruksie te bewerk, moet dus van binne die sisteem kom.

Daar is ook reeds genoem dat die sisteem ’n linguïstiese sisteem is en dat enige verandering deur taal moet plaasvind. Aangesien die konstruering van betekenis deur taal gebeur het, is die enigste wyse hoe dekonstruksie kan plaasvind ook deur taal. Die persoon moet dus deur middel van

taal op ’n afstand van sy lewensverhaal geplaas word en wel op so ’n wyse dat meta- kommunikasie (’n her-vertaling of her-konstruering van die verhaal) plaasvind. Die

aanhaling van White plaas klem op hierdie proses as hy sê: “... through the objectification of a familiar world, we might become more aware of the extent to which certain ‘modes of life and thought’ shape our existence, and that we might then be in a position to choose to live by other ‘modes of life and thought’ ”(1991:6). Dit is belangrik dat dit wat as algemene waarheid aanvaar word, bevraagteken moet word. Daar moet gevra word na die oorsprong van die waarheid asook na die rolspelers in die vorming van die betrokke waarheid. Dit is belangrik dat dit persoonlike waarheid moet word in plaas van iets wat deur iemand geglo word en vir iemand anders sin maak. Die navorser is van mening dat dit ’n groot leemte by gelowiges geword het dat ander persone se waarheid aanvaar word sonder om ooit daaroor te wonder. Die navorser wil nie daarmee sê dat die ‘ander waarheid’ afbrekend of ‘onwaarheid’ is nie, maar slegs dat in die

kommunikasie-proses waar die ‘ander se waarheid’ ‘my waarheid’ word, groei plaasvind. As hierdie gesprek van ‘jou waarheid’ na ‘my waarheid’ nie plaasvind nie, word groei ernstig ingekort. Kommunikasie bring groei en transformasie. White (1990:6) sê ons moet “critical constructivists” word. Hierdie gesprek moet nie net gevoer word oor geestelike lektuur en preke nie, maar ook oor die Bybel. Ons sien dat hierdie ‘worstelgesprek’ in verskeie Psalms uitgebeeld word en getuig van geestelike groei wat gespruit het uit die worsteling. Psalm 13 is ’n sprekende voorbeeld.

Kommunikasie moet egter eksternalisering teweegbring. White (1991:80) praat van “a

counter-language”. Daarmee bedoel hy die kommunikasie moet dwing in ’n teenoorgestelde rigting of die kommunikasie moet juis die homeostase of krag binne die sisteem skud. Die kommunikasie moet die persoon losmaak van die verhaal en hom buite die verhaal plaas. Hierdie kommunikasie stel belang in die invloed van die verhaal op die persoon en die invloed op al die ander verhoudinge waarin die persoon betrokke is. In watter mate beïnvloed die persoon se lewensverhaal sy emosies, sy familie, sy verhoudings met ander, sy siening op die wêreld en sy onmiddellike omgewing en veral sy verhouding met God en as verteenwoordiger van God? In hoe ’n mate beïnvloed die persoon se lewensverhaal sy hantering van situasies? Hierdie kommunikasie stel belang in die wyse hoe hierdie lewensverhaal tot stand gekom het. In die proses kry die persoon afstand van sy lewensverhaal en dring die besef deur dat die persoon nie net slaaf hoef te wees nie, maar in beheer kan wees (White 1991:8). Die besef van ’n alternatiewe verhaal word ’n moontlikheid.

Hierdie kommunikasie stel ook belang in gebeure of insidente waar die persoon nie opgetree het in lyn met die lewensverhaal nie. Insidente waar die reëls van die lewensverhaal verbreek is, is baie belangrik. Soos vroeër genoem word hierdie insidente ‘unique outcomes’ genoem en open die pad na alternatiewe optrede. Hierdie kommunikasie stel belang in die gebeure rondom die “unique outcome”. In die proses word die persoon bewus van sy eie vermoëns asook van nuwe maniere van doen. Die persoon moet self die ‘unique outcomes’ identifiseer en aandui waarom hierdie insident uitgesonder word. Die kommunikasie poog om meta-kommunikasie (dit wil sê kommunikasie oor kommunikasie) te laat plaasvind. Die vraag moet ook gevra word na die verband tussen die Godsverhaal en die ‘unique outcomes’. Getuig die ‘unique outcome’ meer van

die verhaal wat in lyn met God se wil is of nie? Die nuwe verhaal moet nie net die persoon

pas nie, maar moet ook inpas by God se wil vir die persoon.

Dit is reeds verskeie kere genoem dat hierdie sisteem of lewensverhaal geslote is met betrekking tot inligting van buite en dat dekonstruksie of verandering alleen kan plaasvind as iets binne in die sisteem kan gebeur. ’n Baie effektiewe wyse om die kommunikasie met die oog op die

verkryging van afstand (objektiwiteit) aan die gang te sit binne in die sisteem, is deur vrae te vra, wat op verdere kommunikasie gerig is. Die intensie van die vraagsteller is egter

bepalend. Tomm (1988:1-15) noem dat daar vier tipes vrae is wat gevra kan word. Drie van die vier is gerig op inligting terwyl die vierde beskryf word as refleksiewe vrae wat gerig is op beïnvloeding. Met betrekking tot die refleksiewe vrae skryf Tomm (1988:12): “Family members experience themselves as being invited into entertaining new views instead of being pushed or pulled into them. The questions tend to open space for family members to entertain new directions, and new options.” Aangesien die navorser die krag van kommunikasie met die oog op verandering beklemtoon, is hy van mening dat refleksiewe vrae baie belangrik is, aangesien dit verdere kommunikasie stimuleer. Vrae wat reeds die antwoord veronderstel, smoor kommunikasie. Tomm (1988:12) noem dat hierdie vrae kan lei tot verwarring aangesien dit die vastighede kan skud. Die navorser stem egter saam met Tomm dat hierdie onsekerheid in werklikheid positief is, “For instance, when certain family members ‘know the Truth’ or ‘have all the answers’ in a manner that keeps them stuck in problematic patterns and blind to novel alternatives, the confusion can be quite liberating” (1988:12). Die doel van die vrae is juis om die bestaande konstruksies te bevraagteken met die oog op persoonlike geloof. Vrae is dus baie

belangrik, maar die intensie van die vraagsteller moet altyd wees om afstand te skep tussen die persoon en sy lewensverhaal.

White (1991:8) noem twee tipes vrae wat gevra kan word wat eksternalisering tot gevolg het, naamlik “landscape of action” en “landscape of consciousness” vrae. Albei hierdie groepe kan beskryf word as refleksiewe beïnvloedingsvrae. White verduidelik hierdie vrae soos volg: “Landscape of action questions encourage persons to situate unique outcomes in sequences of events that unfold across time according to particular plots. Landscape of consciousness questions encourage persons to reflect on and to determine the meaning of those developments

that occur in the landscape of action” (1991:8). Hierdie vrae lei tot die ontdekking van ‘unique outcomes’: “Thus unique outcomes provide the foundation for unique accounts or stories. Questions are then initiated that invite an appreciation of the significance of the unique outcomes and unique accounts in terms of unique redescriptions of self, others, and relationships, and the associated unique possibilities” (White 1988:39). Deur vrae te vra kan die sisteem reageer sonder dat daar inligting van buite oorgedra word. Hierdie vrae laat dus ’n reaksie binne in die sisteem ontstaan wat lei tot ’n kettingreaksie. White onderstreep hierdie proses as hy sê: “Relative influence questioning provides for multiple description” (1988:38).

“Landscape of action” vrae vra na insidente (‘unique outcomes’) in die verlede, hede en selfs die toekoms waar die persoon nie opgetree het in lyn met die verwagte optrede volgens die lewensverhaal nie. Die doel met die vrae is om die persoon bekend te stel aan ’n ander manier van hanteer en dat die persoon sal besef dat hy nie altyd slagoffer hoef te wees nie, maar persoon in eie reg is wat self besluite kan neem. Voorbeelde van ‘landscape of action’ vrae is die volgende:

- Hoe het jy jouself gereed gekry om die stap te neem?

- Net voordat jy die stap geneem het, het jy weerstand beleef en ’n behoefte om weer op die ou weë terug te gaan? Hoe het jy die versoeking oorkom?

- Indien jy aan hierdie weerstand ’n naam moet gee, wat sal jy dit noem? Waar dink jy kom hierdie weerstand vandaan?

- Watter invloed dink jy kan God op hierdie weerstand hê? Hoe kan jy Hom in staat stel om die weerstand af te breek?

- God het Jesus gestuur om die mens te bevry. Sou jy die bevryding in Jesus op enige manier aan hierdie insident kan koppel?

- Is daar enige van die gebeure wat jou terugvoer na jou jongdae?

- Wat het jy gedink gedurende die tyd van die gebeure?

- Watter kommunikasie het jy met jouself gevoer tydens die gebeure?

- Watter kommunikasie het jy met God gevoer?

- Watter ontwikkeling het gebeur in ander areas van jou lewe wat direk aan hierdie insident gekoppel kan word?

- In hoe ’n mate dink jy het hierdie insident jou gereed gemaak om verdere stappe te neem?

- Hoe beïnvloed hierdie insident en jou optrede jou denke oor God en jouself?

In die proses om afstand te probeer skep tussen die persoon en sy lewensverhaal, kan daar ook op ‘unique outcomes’ in ander mense se lewensverhale gefokus word. Vrae soos die volgende kan gevra word:

- Hoe dink jy het jou ouers of beste vriend dit reggekry om so op te tree?

- Jou ouers staan bekend as gelowige mense. Hoe het hulle dit reg gekry om so op te tree?

- Wat in jou ouers se opvoeding in die algemeen en ook geestelik het hulle toegerus om so op te tree?

- Hoe verskil jou opvoeding van hulle opvoeding? Watter rol kan jou opvoeding speel in jou optrede?

- In jou waarneming die afgelope tyd van jou vriend, wat het jy opgemerk wat hom instaatgestel het om so op te tree?

- Watter voorbereiding (stappe) het jou vriendin gedoen om haar gereed te kry vir hierdie groot stap?

- Watter mense het ’n rol gespeel in hierdie optrede en wat was die rol?

Die voorafgaande vrae het gefokus op die onmiddellike geskiedenis om die ‘unique outcome’. Vrae wat die lig laat val op die algemene geskiedenis of invloede wat ook ’n invloed gehad het op die gebeure, moet ook gevra word. Ook hierdie vrae is daarop gerig om afstand te skep tussen die persoon en sy lewensverhaal en verder om die persoon in die proses eienaarskap te laat aanvaar vir sy optrede. In die proses word alternatiewe ‘landscape of actions’ geskep (White 1991:9). Suksesverhale uit die Bybel moet ook geneem word om op te konsentreer. Vrae oor God se rol en hoe dit die persoon se lewe kan beïnvloed moet gevra word. Die volgende vrae pas in by hierdie kategorie wat konsentreer op die geskiedenis of invloede wat die persoon gereed gemaak het vir die optrede:

- Watter invloede in jou geskiedenis het ’n rol gespeel in jou sukses?

- Watter invloede het jou voorheen verhoed om so op te tree?

- In Jesus wil God die mens bevry. Hoe kan jy Jesus se bevryding koppel aan hierdie gebeure?

- Watter rol het God gespeel in jou optrede?

- Kan jy dink aan enige gebeure in die verlede wat jou gereed gemaak het vir hierdie optrede?

- Wat het jy opgemerk met betrekking tot jouself wat jou ’n idee kon gee dat hierdie optrede moontlik is vir jou?

- Wat dink jy watter rol het jou ontwikkeling as persoon en ook op geestelike gebied gespeel om jou gereed te maak vir hierdie optrede?

- Aan watter Bybelfiguur laat jou optrede jou dink?

- Watter rol het God gespeel in die Bybelfiguur om die persoon gereed te maak vir sy optrede?

- Watter invloed het God op jou gehad wat jou gereed gemaak het vir die optrede en

watter rol kan God nou in jou lewe speel met die oog op die herhaling van die optrede?

Die volgende vrae wat gevra kan word met die oog op eksternalisering of die verkryging van afstand is ‘landscape of consciousness’ vrae. Hierdie vrae dwing tot ’n verdere rondte van kommunikasie naamlik die betekenis van die optrede wat in die ‘unique outcome’ geïdentifiseer is. Vrae wat hier gevra kan word, is die volgende:

- Wat sê hierdie gebeure vir jou met betrekking tot jou voorkeure?

- Ek is bewus daarvan dat jy op hoogte is met die gebeure in jou vriendin se lewe en die dinge wat aanleiding gegee het tot haar optrede. Hoe beïnvloed dit jou beeld wat jy van haar het?

- Hoe beïnvloed hierdie gebeure jou beeld van God?

- Hoe dink jy gaan hierdie nuwe Godsbeeld jou optrede beïnvloed?

lewe wil hê?

- Wat sê hierdie ontwikkeling vir jou met betrekking tot jou doel en motiewe in die lewe?

Waarheen mik jy?

- Hoe dink jy het hierdie insident en jou nuwe Godsbeeld jou denke oor die toekoms verander?

- Wat sê hierdie optrede van jou vir jou van God se rol in jou lewe?

- Wat sê die rol wat God gespeel het in byvoorbeeld Dawid se lewe vir jou met betrekking tot jou optrede?

- Hoe verskil die God van Dawid en jou God van mekaar? Watter betekenis het jou antwoord vir jou met die oog op jou lewe?

Wanneer persone op die vrae reageer, dwing dit hulle om sekere gebeure vanuit ’n ander hoek te herleef. Hulle kyk dus nuut en in die proses word hulle lewensverhale verander. Alternatiewe kennis met betrekking tot hulself en hul verhoudings met die wêreld om hulle word ontwikkel.

White (1991:10) noem ook ’n derde groep vrae wat gevra kan word, naamlik ‘experience of experience questions’: “These questions encourage persons to provide an account of what they believe or imagine to be another person’s experience of them”. Hierdie vrae poog ook om die persoon te lei tot eksternalisering, deur hom te dwing om deur iemand anders se oë na hom te kyk. ’n Alternatiewe belewing van die self word dus moontlik. Dit is egter belangrik om te beklemtoon dat al hierdie verskillende vrae in die loop van kommunikasie gevra word en dat dit onder geen omstandighede soos geweerskote afgevuur word nie. Voorbeelde van ‘experience of experience’ vrae is die volgende:

’n belangrike rol gespeel het om jou in staat te stel om hierdie optrede moontlik te maak?

- Wat dink jy vertel hierdie optrede vir my van jou en wat jy vir jou lewe beoog?

- Wat dink jy vertel hierdie optrede van jou vir ander van die God wat jy aanbid?

- In hoe ’n mate dink jy is my siening van jou beïnvloed deur dit wat ek nou gesien het?

- In hoe ’n mate dink jy is jou vriende se siening van God beïnvloed deur jou optrede?

- Hoe dink jy voel God oor jou?

- Jou familie was bewus van jou posisie in die sisteem. Wat dink jy watter boodskap het jou optrede aan hulle deurgegee oor hulle posisies in die sisteem?

- Wat dink jy vertel hierdie optrede van jou vir my met betrekking tot dit wat vir jou belangrik is in die lewe?

- Indien jy hierdie kennis wat jy nou oor jouself opgedoen het die hele tyd in gedagte