• No results found

st~atsinstellinge

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "st~atsinstellinge "

Copied!
15
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

H 0 0 F S T U K I.

F.AKTORE W.AT DIE BEGIN EN ONT1NIKKELING VAN PLAASLIKE BEHEER IN DIE ONDERWYS IN DIE ZUID-AFRIKAANSCHE REPUBLIEK BEINVLOED HET.

1. Inleiding.

Die onder~ysstelsel van 'n volk is te alle tye 'n

weerspie~ling van sy geskiedenis, sy godsdiens, sy sosiale struktuur en sy politieke en ekonomiese toestanae1

). 'n Onderwysstelsel ontstaan saam met 'n gemeenskap, dit groei en verander saam met daardie gemeenskap. Vervleg in die politieke, ekonomiese, maatskaplike en kerkgeskiedenis van die Zuid-Af'riksansche Republiek l~ den ook daardie f'aktore wat van tyd tot tyd die onderwyspraktyk, dus ook die plaaslike beheer oor en verantwoord~likh~de vir die onderwys bepaal het.

Hierdie wisselwerking tussen die bevolkingsomstandig- hede en die onderwys ·word tewens n@rens beter geopenbaar nie as reeds in die stelsel van plaaslike beheer oor en verantwoordelikheid vir die onderwys, ~ant dit is op hierdie terrein waar die belangstelling en verpligtinge*

kortom die onderwysbeskouinge van ouer, kerk en staat tot noodwendige openbaring kom. Ten einde dan die begin en ontwikkeling van plaaslike beheer en verantwoordelikheid in die onderwys in die Zuid-Af'rikaonsche·Republiek te begryp, is dit nodig om kortliks te let op daardie staatkundige, maatskaplike en kerklike toestande

en probleme wat gelei het tot die eiesoortige begin en ontwikkeling/ •••

1. Vgl. Aloys Fischer in Educational Yearbook, Columbia University, 1929, 182: ,,The educational system of' a nation is, like the nation itself, a historical phenomenon; bound up with all the varying situations and the f'ate of the nation, and with all the other creations and manifestations of' its spirit, education too develops in a multitude of' changing forms,

temporary styles and f'ashioris."

(2)

2.

ontwikkeling van die onderwysbeheer sedert 1852.

2. Die staatkundige ~:g_giaatskaplikf.3_t.oestande.

Nadat die oorvaalse gebied gedurende die veertiger jare van die vorige eeu langsamerhand bevolk geraak het, het die blanke bevolking, wat oor nagenoeg geen beproef-

de en erkende

st~atsinstellinge

beskik het nie1

>,

voor

die noodwendige taak van gemeenakapsordening en staats- vorming te staan gekom. Die toekomstige staatsvorm, die groepering van en die verhouding tussen die verskillende megte daarin moes deur 'n bykans heeltemal onervare Aan- tal leiers van die grond af opgebou wora 2

>.

Hierdie

veelomvattende taak is bemoeilik deur 'n aantal haas onvermydelike faktore.

Geografies was die blanke pioniers, wet teen 1852 bestaan het uit sowat 2000 blanke gesinne van 2 tot

14

persone, versprei oor 'n gebied van ongeveer 71,600 vier- kante myl; 'n gebied wat gestrek het van die vrugbare oewers v~n die Mooirivier in die suidweste tot die koors- geteisterde Ohrigstad in die ooste en Schoemansdal in die noorae3).

Hoewel die bewoonbaarmaking van die gebiede deur trekgroepe aangepak is, het dit tog gebeur dat bure

dikwels tien of twaelr uur te perd van mekaar gewoon het;

in elke geval so wyd verspreid dat daar van onderlinge samewerking of hulpverlening, behalwe in gevalle van uiterste nood, weinig sprake was4). Soos vroeer op die

oo sgrens/ •••

1. Pelzer: Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek, deel I, 6.

2. Ibid., 79.

Kruger: Die weg na die see,

34.

3. E.V.R. 235, 36 - 39: H.T. BUhrman aan J. Schutte Hoijman, Lydenburg, 4 Des. 1851.

Wichmann: Die wordingsgeskiedenis van die Zuid- Afrikaansche Republiek, 1836 - 1860, 123.

Pelzer: a.w., 10.

4.

Pelzer: a.w., 10.

(3)

oosgrens van die Kaepkolonie was die TrekkerpionieP in die Transvaalse gebied weer op die selfetandige be- hart iging van sy eie seke aangewys l). Hierdie self- standige behartiging van eie sake, die noodwendige

voorsiening in eie behoeftes, die persoonlike beslissing oor die lot van die syne het by die Boer sekere per- soonlike eienskappe en dsardeur 'n eiesoortige houding teenoor gemeenskapsake loat ontstaan2 ). Dit het by die Boerepionier 'n sterk indiwidualistiese en selfstandig- heidsgees ontwikkel, eienskappe wat geineenskaplike beheer in elke opsig bemoeilik het3). Hierdie houding van

die Boerepionier sou hom op 'n groat aantal terreine in die proses van gemeenskapsordening laat geld, en een daar- van was die onderwys.

Let ons 09 die staatsinstellinge ten tye van die aanvsng VBn ons periode van ondersoek, vind ons 'n een-

voudi~e gemeenskapsorganisasie, met uiters element~re

verpligtinge op die indiwidu. Die Volksread en Korn- missierade is besig gehou met sake wat dikwels niks meer was as gewone plaaslike aangeleenthede nie. In die notule van 'n Volksraaasvergedering in 1852, toe die georgeniseerde onderwys 'n aanvang geneem het, vind

ons onder/ •••

1. Van der Merwe: Wie was die Voortrekkers? Die Huisge- noot, Des .. 1938.

2. Pelzer: Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek, deel I, 53: ,,Danksy die gevoel van gelykheid en ge- lykwaerdigheid kon volksreadslede en ander persona wet met die regeringstaak belas was, nie ongestnord hulle

gang gaan nie, maar is voortdurend deur indiwidue of groepe lastig geval, wet probeer het om hulle wil op die owerheid af te dwing of die wetgewing in 'n bepaalde rigtin~ te stuur. Dit was asof die hele volk, aangevuur deur n oordrewe demokratiese gevoel, mede-

verc;.;;:~ t,rn01·J01 i_kheid vir die lendsbestuur wou aanvaar. :r

3. Ibid., 50 - 53.

Viljoen: Die wording van die Trekker, in die Voor- trekker-gedenkboek van die Unive:rsiteit van Pretoria,

25~ ,,Beweeglikheid, verdeeldheid en onverdreagseam- heid teenoor enige vorm ven kontrole is die karekter- trekke van alle herdervolke."

(4)

ons onder andere besluite oor die toekenning vsn plase

en erwe aan indiwidue, die oplegging van boetes, die benoeming van onderwysers, waterbeurte, die beroep van

'n predikant, huweliksake en egskeidings1 ). Ds. Van der Hofr het hierdi~ Raad beskryf es ,,een wondersoort van lichaam, het is alles; justitie-raad, hoog en laeg geregtshof, hof van

app~l,

met een woord een

amalgama"

2

~

Maar selfs hierdie Read hat dit aan selfvertroue ont- breek. Hy was dikwels onvoltallig3), en sy gesag is verswak deur die partyskappe en enwelwillendheid van groepe teenoor mekaar4).

Die landdroste en veldkornette was die ~nmisbare

skakels in die landsadministrssie. Oek in die plaas- like onderwysbeheer sou hulle, socs in die volgende hoofstukke eangetoon word, 'n belangrike skakel word.

Tog is ook hulle posisie dikwels bemoeilik deur mis- kenning van hulle gesag en gebrek aan eamewerking

5).

Die progressiewe ontwikkeling van die lendsad- ministrasie is ongetwyfeld deur twee verdere faktore vertraag, nl. die onverrno§ om 'n grondwet in die lewe te roep wat oeur alle groepe erken sou word, en die feit dat in die Transvaal 'n emptenarekorps lank afwesig

was6).

Die staat was vir die Boer 'n vrywillige assosia- sie. Hy_was steeds gereed om dit in tye van gemeen-

skaplike/ ••

1. Not. Volksraad, Rustenburg, 12 Febr. 1852; Potchef- stroom, 15 Junie 1852.

2. Van den Hoff aen Prof.Lauta, 7 Des.1853. Opgeneem in Engelbrecht. Geskiedenis van die Ned.Herv.Kerk van

Afrika, 94. ·

3. Vgl. Not. Volksraad, Elsndsrivier, 15 Jan.1851,art.I.

Ibid., Rustenburg, 17 Maart 1852, art.I.

4.

Pelzer: Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek, deel I, 63 e. v.

5~ Ibid., 59 e.v.

6. Kruger: Die weg na die see, 23.

Pelzer: a. w. • 73. · 103.

(5)

5.

skaplike nood te verdedig en om vrywillige dienste of bydraes daarvoor te lewer, mear verder wou hy sy eie sake behartig1). Die daarstelling van sekere nood- wendighede vir die funksionering van die landsbestuur en vir die gemeenskapsontwi!.tkeling is dikwels met ver- set begroet. So is ds~r beswaor gemeak teen die daar- stelling van 'n Uitvoerende Read, teen die benoeming van

'n staatsprokureur en teen die voorneme van die re- gering om in al die verneemste dorpe onderwysers te bcnoem 2 ). In alle gevalle was die verset gegrond op die bykomstige las wat die instellinge vir die landsburger sou meebring3).

Belastings was vir die burger dikwels 'n grief4).

In sommige gevalle is die regering selfs versoek om die

begi~sel van belasting oorboord te gooi en v8n sy onder- dane geen finansiele bydrees te vorder nie5). Die ge- ringe belastings wat daAr wel was, is met groat moeite ingesamel en net so dikwels nie betaal nie, of dit is nie in klinkende munt beteal nie, terwyl dit die

regering ontbreek het ean die nodige instellinge en selfvertroue om die belastings by sy onderdane af te dwing6 ).

Die finansiele behoeftcs ven landsburger en landsregering/ •••

---··-··---··--·-···---

1. Viljoen: Die Finensies van die Transvaalse Voor- trekk.ers, in die Voortrekker-geaenkboek van die Universiteit van Pretoria, 1938, 107.

2. Pelzer: Geskiedenis van die Suid-Afrikaense Repu- bliek, deel I, 54, 75 e.v.

3. Ibid., 54 e.v.

4. Ibid., 73: ,,Die onverskilligheid wet die lands- burger in hierdie verbAnd (d.i. die betaal van be- lastings) aan die dag gel~ het, was skri1-rwekkend - byna net so erg soos die onbenydenswaardige posisie waarin dit' die owerheid beland het".

5. Ibid., 54 e.v.

6. Not. Com.raad, Lydenburg, 27 Nov. 1851, ert.13.

Not. Volksraad, Rustenburg, 17 - 19 Maart 1852,

· art.44.

Pelzer: a • . . . . 1 54 e.v.

(6)

6.

landsregering was groot1 ). Die enkele amptenare wat daar was, is ongereeld en karig besoldig2 ). Die steatskas was gewoonlik leeg, sodat in dringende gevalle kollektelyste uitgestuur moes word, selfs om amrmµ1isie aan te koop3).

Die noodsaaklikheid daarvan om 'n standhoudende fonds in die staatskas op te bou waaruit alle regeringsuitgawes bestry kon word, is, in die begin altans, nie ingesien nie4). Die invloed van hierdie ontoereikende

finansi~le

vermoM van die landsburgers sou nie elleen gedurende die wordingsjare van die Republiek nie maar selfs nog in latere jare sy invloed last geld in die plaaslike onder- wysbeheer en verantwoordelikhede5). Soos aangetoon sal word, was dit reeds hierdie faktor Wat in elke stadium van die onderwysontwikkeling in die Republiek die plaas- like onderwysre~lings grootliks be!nvloed het. Kon of wou die landsburger geen of geen genoegsarne f1nansi~le

bydrae tot die opvoeding van sy kind lewer nie, sou dit noodwendig ook sy seggenskap in die onderwys belnvloed.

Die onderwysbeheer gedurende die eerste jare van georganiseerde onderwys was dan, soos in die volgende hoofstµkke aangedui sal word, die direkte gevolg van die onklaarheid op maatskaplike en s.taatkundige gebied.

Voorts het die ontwikkeling en veranderings in die onderwysbeheer/ •••

l. E. V.R. 235, 35 - 39: H.1.r. BUhrman aan J.Schutte Hoijnen, Lydenburg, 4 Des. 1851 •••• ,,want wij kunnen het niet helpen dat onzen toestand zoo droevig en onzen verarm- ing zoo groat is, want wij zijn verstoken van allen goeden raad, handel en inrigtingen; sinds 15 jaren is het ons zonder goeden hulp zoo ala van U.Ed.of anderen vrienden onmooglijk om onzen toest-and.t.e verabeteren;

of" nuttigez:i kunde of werkzaamheden ender ons tot stand

te brengen9

° · .

2. Pelzer: Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek, deel I,

74.

3. Wichmann; Die wordingsgeskiedenis van die Zuid-Afri•

kaansche Republiek, 1838 - 1860, 123.

4•

Pelzer: a.w., 73 - 107•

5. Ibid., 28: ,, Geld het in die wordende Trekkerstaat 'n belangriker rol gespeel as wat ons in die re~l geneig is om aan te neem~"

(7)

7.

onderwysbeheer, nadat daarmee begin is, tred gehou met die vordering wat gemaak is t.o.v. die gemeenskaps- ordening en staatsvorming.

In sy proefskrif: Die wordingsgeskiedenis van die Zuid-.AfrikaeDSC.he Republiek, .1838-1860, som. ar.

Wichmann die toestand soos volg op: ,,Dit was 'non- georganiseerde en verwaarloosde groep mense wat in 1852 met die Sandrivier-traktaat hulle politieke vry- heid verkry het. Nog baie probleme sou hullo moes

oplos alvorens die nuwe Republiek goed gegrondves

was

1

~

Een van hierdie probleme was die onderw~cs.

3. Die toestande op kerklike gebied.

Soos hulle staatkundige organisasie het die kerk- like organisasie van die vroegste blanke intrekkers in die oorvaalse gebied 'n moeisame ordoning van eie kragte

tot gevolg gehad2). In hlill.ekerklike lcwe en organi- sasie moes hulle die leidende krag van 'n predikant ontbeer. Tog sou hulle juis hulle kerklike organisasie nie verwaarloos nie. Dit was dan ook niks Pnders nie oo

'n diepe godsdienssin, die belangrikste bindendo krag in 'n oormatig gedesentraliseerde gemcsnskap3), wat daartoe gelei het dat dit reeds die ~erklike organi- sasie was wet eerste in die Trekk~rstaet 'n gevestigde vorm aangeneem het.

Nadat kommand~mt H. Potgieter en ander krygs- offisiere reeds in November 1841 die leidin,:;: geneem het in die insameling van geld vir die bou van 'n kerk4), het die Potchefstroomse Adjunkraad 'n nominasie

vir drie/ •••

1. Wichmann: Die wordingsgeskiedenis v8n die Zuid-

Afrikaansch~ ~epubliek, 1838 - 18~0, 123.

2. Vgl. Engelbrecht: Die Ned.Eerv.Gemeente Potchef- stroom, 1842-1942, 17.

3. Pelzer: Geskiedenis van die Suid-Afrikn~nse Repu- bliek, deel I, 201.

4. R. 88/41, Potchef'stroom, 1 Nov .18Ltl: Voortrek1~er-

argiefstukke, 1829-1849, 146. ·

(8)

8,

vir drie ouderlinge en vier diakens aan die Katalse Volksraad vir aanstelling

voorgel~l).

Op 23 Februarie

1842 is hierdie voordrag deur die Nntalse Volksr8ad goedgekeur2). Transvaal, met Potchefstroom RS sentrum, het hiermee sy eerste kerkr2ad gekry, en die l1ele

oorvaalse gebied het een gemeente gevorm. Die Ameri- kaanse sendeling Dani~l Lindley, wat in Januarie 1840 deur die Natalse Volksr~aa as predikant onder die Voortrekkers aangestel is, het hierdie kerkraad be- vestig3). Cit hierdie verloop van sake blyk die be- sondere verhouding wat daar in die vroegste jare van

I I )

die Trekkerstaat tussen staat en kerk best~8n hetL' , 'n verhouding wat in besonder tot openbaring sou kom in die vroegste vorm van die plaaslike beheer in die georgani- seerde onderwys.

Op 16 November 1850 is van die Potchefstroomse gemeente in die Magaliesbergse wyk (~-Lustenburg)

meente argestig en ses kerkraadslede gekies5). Van hierdie gemeente is op 30 April 1852 die Zoutpansbergse gemeente (Schoemansdal) afgestig6).

Tydens di~ benoeming van die eerste twee onder- wysers vir Rustenburg en Potcher''stroom o-p 19 I''.f!art 18527) het daar dus wel 'n mate ven kerklike orgsni- sasie in Transvaal bestaan, in besond;r op die genoande

twee dorpe/ •••

---·-·-

...

______ ----·

1. Engelbrecht: D:le Ned.Herv. Ganeente , Potchefstroom, 1842-1942,17.

2. Ibid.

3. Ibid.

4.

Wypkema: De invloed van Nederl8nd op ·ontstaan en ontwikkeling van de staatsinstellingen der

-z.A.

RopUbliek tot~ 1881, 473: · . , ,Evenals in f;atal, stonden ook in de Z~id-Afrik0snse Republiek de drie instellingen: Staat, Kerk en School, gedurcnde de eerste jaren zeer nabij elkasr, en we vinden hier tevens dezelf'de onderw:·sbasis onverEmderd t.srug."

5. Steenekamp: Die ontstaen en groei van die ~~ed. :Ierv.

Gemeente van Rustenburg, in die Rustenourgse Eeufees- gedenkboek, 56.

6. Engelbrecht: Die Ned.Herv. Gemeente,Pietersburg, 1852-1952, rr.

?. Not.Vo~sraad,Rustenburg,19 Maart 1852,art.24.

(9)

9.

• Die gemeentee was egter eonder predikant. Die be- roeping van predikante van die Kaapse Sinode het geen

2)

vrugte a:fgewerp nie • Weliswaar is die oorvaalse ge- meenskappe sedert 1847 periodiek besoek deur predikante

3)

van hierdie Sinode en het hierdie besoeke hulle die gesogte geleentheid gebied om hulle kinders ter doop te hou, jong lidmate die geloofsbelydenis te last afl@

en die negmaal te vier, meer verder het dit nie gekomnie.

Eers op 27 April 1853, due vyftien jaar na die stigting van die eerste Voortrekkerdorp, Potchefstroom, het

as.

Dirk van der Hoff, die eerste permanente predi- kant in die oorvealse gebied, op Potchefstroom eenge- kom •

4)

Hy was predikant uit Holland, 'n persoon vir wie baie in die ongeordende Transvealee gemeenskap vreemd moee voorgekom het, 'n persoon aanvanklik nie op hoogte met die probleme en versqrtin.ge van die oorvaalse pionier

5) nie •

4.

Die onderwystp~stande voor 1852.

Die onderwystoestande gedurende die wordingejare van die Zuid-Afrikaansche Republiek was 'n noodwendige produk van die steatkundige en maatskaplike struktuur van die Trekkersteat. Hoewel die Voortrekkergrondwet van 1838 reeds die onderwys as 'n staatsverantwoordelik-

he id/ •••

l. Steenekamp: Die ontstaan en groei van die Ned.Herv, Gemeente van Rustenburg, in die Rustenburgse Eeufees- gedenkboek, 56.

2. Gerdener: Geskiedenis van die Ned.Geref.Kerke in Natal, Vrystaat en Transvaal, 62.

3. Dreyer: Die Kaapse Kerk en die Groot Trek,87 e.v.

Spoelstra: Het kerkelijk en godsdienstig leven der Boeren van den Grooten Trek, 77, 112 e.v.

4.

Engelbrecht: Die Ned.Herv. Gemeente, Potchefstroom, 1842-1942, 43.

5. Bylae XXXI in Engelbrecht: Geschiedenis van de Ned.

Herv. Kerk in Zuid-Afrika, deel I: Ds.D.van der Hoff aan prof. Lauts, Potchefstroom, 1 Aug. 1853.

Pelzer: Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek, deel I, 200.

(10)

1)

10.

heid beskryf het , het die worstelbestaan ven staat en burger in die oorvaalse gebied vir 'n geruirne tyd verhoed dat die staat die verantwoordelikheid vir die onderwys kon aanvaar. Selfs op 3 Desember 1851, dus dertien jaar na die stigting van Potchefstroom, het G.C. Schoeman, C.Potgieter en H.T. BUhrman in opdrag van die Kommissie- raad van Lydenburg aan onderwyser P. de Holl van Amster- dam, wat aangebied het om ender sekere voorwaardes ne die

2)

Transvaal te kom , geskryf dat die geldmiddele van die Beere uitgeput is, dat dit onrnoontlik sou wees om van regeringswee ondersteuning toe te

..

s~ aan die onderwys voordat daar 'n vaste en gereelde handel tot stand ge-

3)

bring is • Dit was vir die staat ,,onmoogelijk een burgerschool opterichten door gebrek aan genoegzamen fondsen om de kosten te bestrijden. Een ieder burger of

inwoner is verplicht om zijnen kinderen te laaten onder- wi jzen zoo verre zijn vermogen hem zulke toelaat, of hij zulks vermeend te kunnen verantwoorden ••• Ook is het voor- naamste voor ons onderwijzers te bekomen welken door zich naar onzen behoeften te schikken, genegen zijn om in

afdeelingen of enkelen fami~lien bij beurten den kinderen te onderwijzen in de noodzakelijksten, kundigheden, dat is leezen, s~hrijven en rekenen, want hooge onderwijs te laten geven, hieraan veld in onzen tegenwoordigen toe-

stand nog niet te denken, want onzen arrnoede is groot"

4)

Hierdie verklaring was 'n openhartige onthulling van die/ •••

1. Regulati~n en Instructi~n voor den Raad van Represen- tanten van het Volk, aan Port ~atal en omliggende land, art.13.

2. V.R. 134/50: P. de Holl aan die Volksraad,Arnsterdam, 9 Des. 1850.

3. E.V.R. 235, 33-34: G.C.Schoeman e.~. aan P.de Holl, Lydenburg, 3 Des.1851.(V.R. 187/SlJ.

Van Jaarsveld: Tydgenote oor die Boer, die onderwys en die onderwyser 1837-1877,in Historiese studies, Jan.1948, 86.

4.

E.V.R. 235, 33-34: G.C.Schoernan e.a. aan P. de Holl, Lydenburg, 3 Des.1851, Vgl. V.R. 187/51.

(11)

11.

van die heersende toestande op onderwysgebied. Soos op so baie ander terreine was die Boerepionier dus

gedwing tot selfvoorsiening ook in die onderwysbehod'tes van sy kinders. Hierdie toestand van sAke was tewens slegs 'n voortsitting van 'n stelsel wanrtoe die pionier

reeds op die Oosgrens van die Kaapkolonie gedwing was1 ). Oor die periode van die Trek heen is dit ge-

handhaR~ en gestimuleer deur 'n sterk godsdienssin het dit in die oorvealse gebied diep wortel geskiet.

Dit was hierdie godsdienssin wet vader en moeder in 'n tyd toe daar geen behoefte was aan ,,geleerdheid"

nie, ge!nspireer het om die kinders te bring tot die aflegging van die geloofsbelydenis2). Die geringe mete van skoolonderwys wat 'n voorbereiding vir o~ deel

van die· katkisasie gevorm het, moes noodwendig deur die ouers self' gegee word, of hulle moes 'n rondgeande of huisonderwyser vir die doel huur. Hierdie sg. huis- onderwysers, waarvoor daar 'n groot aanvraag was3 ), was dikwels persone van geringe onderwysbevoegdhede, persore

wat dikwels self nog onderwys nodig gehad het, mense wat in die maatskappy 'n heel geringe posisie beklee het4). Gegewens oor hierdie vroegste onderwyserskorps

in die Zuid-Afrikeansche Republiek cui darr~ook daarop dat hulle dikwels persone was wat ,,na alle andere

broodwinningen/ •••

1. Hoogenhout in V.V.O.O.Z.A. Gedenkboek, 1893-1910,43.

Du Toit: Onderwys in Kaapland, 1652-1939, 73.

2. Coetzee: Onderwys in Transvaal, 1838-1937, 12.

Roos: Onderwys in Transvaal, 1838-1858, 145 e.v.

Hoogenhout in V.V.O.O.Z.A. Gedenkboek, 1893-1918, 44:,,Zonder lezen en schrijven kon men moeilik lidmaat

van de kerk worden. En daarvoor moet het Afrikaanse volk de kerk ten eeuwigen dage dankbaar wezen. Want deze weigerins van wege de kerk om personen, die niet lezen of' schr1jven konden tot het lidmaatschap toe te leten, heeft de Af'rikaner van analfabetisme gered."

3. Bylae XXXVII in Engelbrecht: Geschiedenis van de Ned.

Herv. Kerk in Zuid-A~rika, deel I: Ds. van der Hoff aan prof. Lauts, Potchefstroom, 3 Aug.1854: ,,liuis- onderwijzers kunnen er van de Kaap af' tot hier toe wel een pear honderd a 20 K.Rsd.per msand geplastst worden. 11

4.

Cachet: De worstelstryd der Transvalers,406.

Bosman: Onderwys en die Groot Trek, in Gedenkuitgawe Die Huisgenoot, Des. 1938, 159.

Spoelstra: Ons volkslewe, 59-60.

(12)

12.

broodwinningen vruchteloos te hebben beproefd," as laaste middel tot 'n lewensbestaan onderwysers geword het1 ). Minstens een geval is bekend waar burgers aen- soek gedoen het dat 'n sekere persoon uit die gevange- nis vrygelaat moes word om horn , , te heb·:en voor onder- wijs"2).

Het 'n ouer of 'n aantal ouers so 'n onderwyser :ID.

diens geneem, is dit gedoen op geheel eie verantwoor- delikheid. Die Boer was verantwoordelik vir die op- voeding van sy kind, en hy was baas oor sy skool en sy meester. Sy skool het hy begin wanneer hy wou in 'n skoollokaal wat ~Y as geskik beskou het. Sy onder- wyser het hy gehuur wanncsr hy kon en teen 'n salaris

soos ooreengekom tussen horn en die onderwyser en vir solank hy dit kon bekostig of nodig

gea~

het3 ).

Hoewel daar uiters min dokument~re gegewens be- staan oor hierdie skole, is daar tog minstens een geval bekend waorin die politieke twiste vaii di~ tyd 'n

invloed uitgeoefen het op die skoal van so 'n rond- gaande onderwyser. So het landdros J.H. Visagie en heemraad H.

s.

Lombardt op 19 .April 181.i.7 vrmef' Mooi- rivier ean die ,,Raad der Reprecentanten geskryf: •••••

,,dat U.Ea. partijen zekere Rabie, die de klerk van Potgiter is, heeft precenteerd dat als Rabie uwe partij

bevorder/ •••

1. Herderlike brief van die Kaapse Sinode, 1834, aangehaal deur Venter: Die verband tussen kerk en skool in S.A., 60.

Van Jaarsveld: Tydgenote oor die Boer, die onderwys en die onderwyser, 1837-1877, in Historiese studies, Jan. 1948, 87 e.v.

2. S.S.Supl. Stukke, 1854 / 62, no. 19/59.

3. Lugtenburg: Geskiedenis van die onderwys in die Suid-Afrikaans'J Republiek, 1836 - 1900, 13.

(13)

13.

bevorder, hij Rabie, als dan een van de beste erfe krijse zal voor een precend, en dat gezorg zoude worde dat hij, Rabie, altoos oen groote aandeel kindere in zijn school hebbe za1 111 ).

Baie van hierdie onderwysers het net vir kos en klere gewerk en selfs in 1854 toe daar reeds 'n begin gemaak was met die georganiseerde onderwys, was die salaris van die huisonderwysers slegs 20 Rds. per maand 2).

Ons kan aanvaar dat die Boer 'n strenge toesig oor sy meester gehou het en daarom selfs die verantwoordelik- heid aanvaar het om 'n persoon van twyfelagtige herkoms . in di ens te neem3).

Van regeringswee het 1aar wel 'n maatre~l bestaan aangaande die beheer oor die onderwysers4), maer in welke mate dit toegepas is, kan nie vasgestel word nie.

Klaarblyklik is hierdie bepaling ook nie opgestel met die oog op beheer oor die ondorwysers nie maar eerder op die beheer oor immigrante in die Republiek. Dit het tewens net so veel betrekking gehad op ambagslui en knegte as op onderwysers.

Die onderwys was dus 'n ouerverantwoordelikheid.

Die voorsiening/ •••

1. V.R. 26/47: J.H. Visagie, H.S. Lombardt aan die Raad der Reprecentanten, Mooirivier, 19 April 1847.

2. Bylae XXXVII in Engelbrecht: Geschiedenis van de Ned.

Herv. Kerk in Zuid-.hfrikn, r'leel . I: Vnn r1er Hof'f [Ian prof.

Lsut~, Potchefstroo~, 3 ~ug. 1854.

3. S.S.Supl. Stukke, 1854/62, nool9/59.

4. R. lllf/45. Voortrekkerargiefstukke, 197: Instructie voor de Veldcornetten in de Maatschappij der Zuid- hollandsche Emigrant en bilmen oo .26ste Graad Zo B. agter de Portugeesche Havens, 22 Jan. 1846, art.27.

Daarintegen zal niemand die geen burger dezer volks- plantinge is, of het regt van inwooning in de zelfde bezit zich in eenige buiten district het zij als schooimeester,ambachtsman, knegt den wel onder enige and er ti tul, mo gen nederzetten of onthru 'fon,, zonder voorzien te zijn van een schriftelijk verloff van het gouvernement, welke verlof hij gehouden zal zijn by zijn aankomst te vertoonen niet alleen aan den Land- drost van het district, maer ook aan den Veldcornet van den omtrek, waar hij voornemens is verblijf te houden. "

(14)

14.

Die voorsiening van en beheer oor die onderwyser, sy salaris, die skoolgebou en die hulpmiddels was in die hande van die Boerepionier selI'. Dit het gevolg uit en aangepas by die lewensomstandighede van die Boer en die maatskaplike struktuur van die wordende Republiek.

Hierdie praktyk het diep wortelgeskiet by die vroegste

gemeenska~pe in die Transvaal. Daar was tewens geen ander uitweg nie, maar dit het ook tot gevolg gehad dat die Boer in latere jare, toe beter onderwys-

geleenthede gebied is, verkies het om nog sy eie sake op onderwysgebied te behartig.

5o Samevatting.

Die skepping en orde~ing van 'n steatsorganisasie in ooreenstemming met die vryheidsdrang en lewensop- vatting van die Transvaalse pionier was 'n moeisame proses, bemoeilik deur die uitgestrektheid van die gebied waarop die Trekkers hulle gevestig het, die neiging tot groepvorming, die selI'standigheidsgees en staatsopvatting van die landsburger en die ongenoeg- same geldelike middele van landsburger en landsregering.

Vanwe~ hierdie toestande was die landsregering nie by magte om die leiding te neem in 'n georganiseerde

onderwysstelsel vir die nuwe Republiek nie.

Aangewys op die selfstandige behartiging van sy ~

eie sake en beslissing oor die lot van sy kinders, moes die Boerepio~ier ook selI' voorsien in die onderwys van sy kinders. Na sy eie vermoe, op sy eie voorwaardes het hy 'n ron iiz2Pn~<? l'"lnner, •. /.::: ::.:c g13huur om ender sy persoonlike toesig sy kinders te onderrig in dit wat hy as noodsaaklik beskou het. Hier het s~· onr1erv(y-s-

beskoui~g en sy onderwyspraktyk aangesluit by sy ge- loofsoortuiging. Al het die pionierbestaan weinig eise aan ,,geleerdheid" gestel, sy kind moes belydende

lidmaat/ •••

(15)

15.

lidmaat van die kerk word. In die andersins grootliks gedesentraliseerde gemeenskap was hierdie gemeenskap- like geloofsoortuiginge van die Boerepionier die stGrk- ste bindende krag. Ten spyte van die gemis aan 'n

predikant het die kerklike organisasie vroeg reeds vorm aangeneem en uitgebrei, sodat daar in 1852 reeds ge- vestigde kerklik0 organisasies op die belangrikste sentra in die Republiek bestaan het. By hierdie mate van organisasie wat daar op kerklike gebied bestnan he4

sou die eerste pogings tot georganiseerde onderwys dan ook aansluit.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Zo wordt in één studie geen verband gevonden tussen roken tijdens de zwangerschap en de kans op kinderen met ass (Lee e.a. 2012), terwijl een ander onderzoek een

Voor het goed functioneren van een sproeiinstallatie is het nodig dat b r o n , pomp, leidingen en sproeiers op elkaar zijn afgestemd.. Eventueel kan men wel de prijs van het

Van onze monumenten van geschiedenis en kunst staan zonder enige twijfel de kaSitelen wel het meest in de belangstelling. Zij immers spreken niet a;lleen. tot

Nu impliceert de aanvaarding van het verdrag de tussenkomst van de commissie en die van het Comité van Ministers, maar de aanvaarding impliceert niet zonder

Maar gelukkig is het niet nodig in het geval vanjezus' opstan- dmg terstond een beroep te doen op het juist vermelde theo- retische prmcipe Dat prmcipe isjuist, en nien mag het

Die sekondere bronne m ateriaal was uiter s ontoereikend en dit was moeilik om 'n geheelbeeld te kon vorm van sake soo s die gemeenskapslewe, die bevolking

derdom en ontw.ikkelingspeil. Fokus op dieonr'lerwysstelscd, pp.. 'J) llierdic bevolkingsgroepe WdS nie allee~n Vl~rsprcci.. 1ewenswyse en omstandighede kon aanpas. 12)

skoolkommissie afgeskef moes word , sodat die skool onder die alleenbeheer van die kerklike skoolkommissie sou wees. Algemene ondersteuning vir die skool, wat