• No results found

Die beperking van interstaatlike aanneming op die subsidiariteitsbeginsel.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die beperking van interstaatlike aanneming op die subsidiariteitsbeginsel."

Copied!
95
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE BEPERKING VAN INTERSTAATLIKE

AANNEMING OP DIE

SUBSIDIARITEITSBEGINSEL

S Warren

orcid.org 0000-0002-9594-5095

Skripsie voorgelê ter

gedeeltelike

nakoming vir die graad

Legum

Magister

in Vergelykende Kinderreg aan die Potchefstroom

kampus van die Noordwes-Universiteit

Studieleier: Me. C Feldhaus

20 November 2018

Gradeplegtigheid: Mei 2019

(2)

i

OPSOMMING

Regtens gereguleerde aanneming is vir die eerste keer in 1923 in Suid-Afrika geïmplementeer in die vorm van die Wet op Aannemings van 1923. Interstaatlike aanneming was uitdruklik deur hierdie wet verbied tot die Konstitusionele Hof se deurbraak in Fitzpatrick v Minister of Social Welfare and Pensions 2000 3 SA 422 (CC) wat dit wettig verklaar het. Met die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, word kinders geag die reg te hê tot spesiale sorg en beskerming. Dit het meegebring dat die beste belang van die kind die belangrikste geag word in alle aangeleenthede wat van toepassing is op die kind. Dit sluit in wanneer ʼn kind wat sorg en beskerming benodig oorweeg mag word vir interstaatlike aanneming.

Suid-Afrika het drie internasionale instrumente wat interstaatlike aanneming reguleer geratifiseer, naamlik die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989, die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990, asook die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993. Die drie Konvensies se onderskeie bepalings van wanneer om interstaatlike aanneming te oorweeg, verskil. Die interpretasie van die subsidiariteitsbeginsel, wanneer interstaatlike aanneming oorweeg kan word, is dus in geskil.

In die lig van Suid-Afrika se internasionale verpligting, ontstaan die volgende regsvraag: Watter interpretasie van die subsidiariteitsbeginsel behoort gevolg te word, en beperk die subsidiariteitsbeginsel enigsins interstaatlike aanneming as ʼn plasingsopsie?

(3)

ii

INHOUDSOPGAWE

OPSOMMING i

LYS VAN AFKORTINGS v

Hoofstuk 1 Inleiding 1

1.1 Probleemstelling en agtergrond 1

1.2 Navorsingsvraag en vooruitskouing van die studie 7 Hoofstuk 2 Internasionale instrumente 9 2.1 Die beste belang beginsel en die subsidiariteitsbeginsel

in internasionale instrumente 9

2.1.1 Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die

Kind, 1989 (KRK) 10

2.1.2 Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die

Kind, 1990 (AHRWK) 13

2.1.3 Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming,

1993 (Haagse Aanneming Konvensie) 16

2.2 Die subsidiariteitsbeginsel in die interstaatlike aannemingsprosedure vervat in internasionale

(4)

iii

2.3 Gevolgtrekking 26

Hoofstuk 3 Plaaslike instrumente 30

3.1 Die ontstaan van interstaatlike aanneming in

Suid-Afrika 30

3.2 Die subsidiariteitsbeginsel in Suid-Afrika 33

3.3 Die Kinderwet No. 38 van 2005 37

3.3.1 Die aanneembaarheid van die kind 40

3.3.2 Interstaatlike aannemingsprosedure en die

subsidiariteitsbeginsel in Suid-Afrika as stuurstaat 42

3.3.3 Interstaatlike aannemingsprosedure en die

subsidiariteitsbeginsel in Suid-Afrika as ontvangerstaat 45 3.4 Die subsidiariteitsbeginsel van toepassing op die

kultuur aspek in Suid-Afrika 46

3.5 Gevolgtrekking 52

Hoofstuk 4 Effek van die subsidiariteitsbeginsel 55 4.1 Gevolge van die subsidiariteitsbeginsel op

interstaatlike aanneming 55

4.2 Moontlikheid om die konsep van die subsidiariteitsbeginsel in interstaatlike aanneming te remedieer 58

(5)

iv

Hoofstuk 5 Gevolgtrekking 69

(6)

v

LYS VAN AFKORTINGS

AHRWK Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van

die Kind, 1990

KRK Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte

van die Kind, 1989

NGO Nie-regeringsorganisasie

RAKAO Register van Aanneembare Kinders en

(7)

1

HOOFSTUK 1 INLEIDING

1.1 Probleemstelling en agtergrond

Aanneming kan omskryf word as 'n permanente plasingsopsie vir kinders wat sorg en beskerming benodig.1 Dit het ten doel om ʼn veilige en gesonde gesinsomgewing op ʼn permanente basis te voorsien.2 Daar is ten minste 18.5 miljoen kinders woonagtig in Suid-Afrika, waarvan 4.5 miljoen ouerloos is.3 Hierdie ouerlose kinders wat sorg en beskerming benodig, het in die laaste dekade met 30% vermeerder na 5.2 miljoen.4 Dit het tot gevolg dat daar ʼn groter behoefte aan permanente huisvesting vir sulke kinders ontstaan het.5 As gevolg van die tekort aan permanente huisvesting vir kinders op plaaslike vlak,6 het Suid-Afrika verskeie internasionale en ander wetgewende instrumente aangeneem om ʼn moontlike oplossing vir hierdie behoefte te bied.7 Wetgewing wat aanneming reguleer is vir die eerste keer in 1923 in Suid-Afrika geïmplementeer in die vorm van die Wet op Aannemings van 1923, maar daar was geen voorsiening vir interstaatlike aanneming gemaak nie.8 Interstaatlike aanneming

1 Die woordomskrywing vervat in Hoofstuk 1 van die Kinderwet No. 38 van 2005 onderskei tussen

ʼn weeskind, verlate kind en straatkind: ʼn Weeskind word gedefinieer as: "ʼn kind wat geen oorlewende ouer het wat vir hom of haar sorg nie"; ʼn verlate kind word gedefinieer as: "ʼn kind wat – (a) klaarblyklik verlaat is deur die ouer, voog of versorger; of (b) vir geen oënskynlike rede geen kontak gehad het met die ouer, voog of versorger vir ʼn periode van ten minste drie maande nie"; en straatkind word gedefinieer as: "ʼn kind wat – (a) weens misbruik, verwaarlosing, armoede, gemeenskapsomwenteling of vir enige ander rede sy of haar woning, gesin of gemeenskap verlaat het en op straat woon, bedel of werk; (b) weens ontoereikende versorging bedel of werk op straat, maar snags terugkeer huis toe."; National Adoption Coalition of South_africa 2011 www.adoption.org/index.php?option=com_content&view+=article&id=18&Ltemid=18.

2 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

3 Nomkhosi 2017

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/the-number-of-abandoned-babies-is-growing-in-sa-20170920-2.

4 Nomkhosi 2017

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/the-number-of-abandoned-babies-is-growing-in-sa-20170920-2.

5 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

6 Nicholson "Inter-country Adoption" 373.

7 Hierdie instrumente sluit die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten

opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993(hierna verwys as die Haagse Aanneming Konvensie);

die Kinderwet No. 38 van 2005 (hierna verwys as die Kinderwet); Verenigde Nasies se Konvensie

oor die Regte van die Kind, 1989 (hierna verwys as die KRK); die Afrika Handves oor die Regte en

Welsyn van die Kind, 1990 (hierna verwys as die AHRWK) in.

(8)

2

in Suid-Afrika was dus nie geregtelik verorden nie, totdat die Wet op Kindersorg 74 van 1983 (hierna verwys as die Wet op Kindersorg) in werking getree het.9

Suid-Afrika het in 1994 egter ʼn fundamentele verandering ondergaan met die begin van ʼn Konstitusionele era, maar interstaatlike aanneming was dus steeds nie wettig in Suid-Afrika nie, omdat burgerskap, of ten minste permanente inwoning, steeds ʼn vereiste was om as voornemende aannemende ouer te registreer.10 Artikel 18(4)(f) van die Wet op Kindersorg, wat interstaatlike aanneming uitdruklik verbied, is in Fitzpatrick v Minister of Social Welfare and Pensions 2000 3 SA 422 (CC) (hierna verwys as die Fitzpatrick-saak) ongeldig verklaar op grond daarvan dat dit teenstrydig was met artikel 28(2) van die Grondwet.11 Artikel 28(2) van die Grondwet bepaal dat ʼn kind se beste belang van deurslaggewende belang is in elke aangeleentheid wat die kind raak. Die Konstitusionele Hof het bepaal dat dit wel moontlik is vir interstaatlike aanneming om in die beste belang van ʼn kind te wees.12 Die Fitzpatrick uitspraak het dit moontlik gemaak vir buitelandse voornemende aannemende ouers om ʼn Suid-Afrikaanse kind aan te neem.13

Die finale Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (hierna verwys as die Grondwet), het demokratiese beginsels volkome aanvaar. 14 Gelykheid en menswaardigheid voor die reg is aan elkeen gewaarborg.15

9 Die Wet op Kindersorg 74 van 1983 het nuwe ontwikkelings en meganismes ingesluit om die

bestaande aannemingspraktyk te verander en die moontlikhede vir aanneming in Suid-Afrika uit te brei; Moodley 2007 PER 3.

10 Artikel 18(4)(f) van die Wet op Kindersorg 74 van 1983 bepaal: "A children’s court to which

application for an order of adoption is made in terms of subsection (2), shall not grant the application unless it is satisfied - in the case of a child born of any person who is a South African citizen, that the applicant, except an applicant referred to in section 17(c), or one of the applicants is a South African citizen resident in the Republic, or the applicant has or the applicants have otherwise the necessary residential qualifications for the grant to him or them under the South African Citizenship Act, 1949 (Act No. 44 of 1949), of a certificate or certificates of naturalization as a South African citizen or South African citizens and has or have made application for such a certificate or certificates…".

11 Fitzpatrick v Minister of Social Welfare and Pensions 2000 3 SA 422 (CC) par 16.

12 Fitzpatrick v Minister of Social Welfare and Pensions 2000 3 SA 422 (CC) par 19.

13 Sien Hoofstuk 3 vir verdere bespreking oor die grondwetlikheid van interstaatlike aanneming en

die beste belang beginsel in Suid-Afrika.

14 Van der Walt 2016 Obiter 446.

15 Artikel 1(a), artikel 7(1), artikel 9 en artikel 10 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,

(9)

3

Om interstaatlike aanneming te fasiliteer en reguleer het Suid-Afrika ook die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993 (hierna verwys as die Haagse Aanneming Konvensie) in Desember 2003 bekragtig om ʼn meer kindergesentreerde benadering tot interstaatlike aanneming te bewerkstellig.16 Hoofstuk 16 van die Kinderwet No. 38 van 2005 (hierna verwys as die Kinderwet) gee uitvoering aan die bepalings van die Haagse Aanneming Konvensie. Die Kinderwet se omskrywing en toepassing van kinders se regte is meer omvattend as sy voorgangers.17 Artikel 256(1) van die Kinderwet bepaal dat die Haagse Aanneming Konvensie se bepalings oor interstaatlike aanneming van krag in die Republiek is. Die munisipale wetgewing van die Republiek is van toepassing op aanneming ten opsigte waarvan die Haagse Aanneming Konvensie van toepassing is, maar waar daar ʼn botsing tussen die statutêre reg van die Republiek en die Haagse Aanneming Konvensie is, sal die Haagse Aanneming Konvensie seëvier.18

Interstaatlike aanneming word regtens deur verskillende liggame gereguleer om toe te sien dat die proses sonder onnodige vertragings of onregmatighede verloop. Dit sluit in onder andere maatskaplike werkers vir die assessering van die kind wat permanente sorg en beskerming benodig,19 die stuurstaat en ontvangerstaat se sentrale gesag 20 en geakkrediteerde aannemingsdiensverskaffers. 21 Vanuit die verskeie bepalings wat in die Haagse Aanneming Konvensie uitgelê is, bevat die aanhef en artikel 4(b) ʼn beskrywing van die subsidiariteitsbeginsel. Die aanhef dui eerstens aan dat:

…Intercountry adoption may offer the advantage of a permanent family to a child for

whom a suitable family cannot be found in his or her State of origin…22

16 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

17 Van der Walt 2016 Obiter 448.

18 Artikel 256(2) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

19 Woordomskrywing vervat in Hoofstuk 1 van die Kinderwet No. 38 van 2005.

20 Die sentrale gesag word kragtens artikel 257 van die Kinderwet No. 38 van 2005 gedefinieer as:

"…die Direkteur-Generaal; of met betrekking tot ‘n konvensie land, ‘n persoon of kantoor deur sodanige konvensie land aangewys kragtens Artikel 6 van die Haagse Konvensie oor Interstaatlike

Aanneming.".

21 Van der Walt 2016 Obiter 446.

22 Aanhef van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van

(10)

4 Artikel 4(b) bepaal verder dat:

An adoption within the scope of the Convention shall take place only if the competent authorities of the State of origin…have determined, after possibilities for placement of the child within the State of origin have been given due consideration, that an

intercountry adoption is in the child's best interests.23

Die subsidiariteitsbeginsel behoort, in teorie, lidstate te help om die plasingsisteem vir kinders wat permanente sorg en beskerming benodig vas te stel ten einde 'n kind tydelik of permanent te huisves.24

Die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 (hierna verwys as die KRK) erken verder die belang van 'n kind se verhouding met sy of haar familie en word in die aanhef van die KRK beklemtoon. Die aanhef verklaar dat die gesin die fundamentele eenheid van die samelewing is en noodsaaklik is vir die groei en welstand van die hele gesin, veral vir kinders. Dit stem ooreen met die Haagse Aanneming Konvensie se aanhef met betrekking tot die belang van kinders wat grootword in 'n gesinsomgewing, in 'n atmosfeer van geluk, liefde en begrip. In hierdie verband verwys die aanhef, asook artikel 7(1) van die KRK na die belang dat alle kinders deur hulle biologiese ouers versorg behoort te word,25 en die Haagse Aanneming Konvensie fokus weer op ʼn permanente gesinslewe, ongeag dit die kind se biologiese ouers of aannemende ouers is.26 Die KRK se benadering is dus meer eng uitgelê wat plasingsopsies meer beperk en wat meebring dat interstaatlike aanneming moeiliker oorweeg sal word.

Artikel 20 van die KRK stel dat wanneer ʼn kind van ouerlike sorg ontneem word, berus die plig op die staat om alternatiewe sorg vir die kind te voorsien. Alternatiewe vorme

23 Artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

van Interstaatlike Aanneming, 1993.

24 Turner 2015 Chi.-Kent J. Int’l & Comp. L. Vol. XVI 95.

25 Aanhef en artikel 7(1) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 26 Aanhef van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van

(11)

5

van sorg sluit pleegsorg, kafalah,27 aanneming28 of die plasing in ʼn gepaste kinder- en jeugsorgsentrum.29

Die KRK wat in 1995 deur Suid-Afrika geratifiseer is, verwys ook na die subsidiariteitsbeginsel, asook wanneer interstaatlike aanneming oorweeg mag word te vind in artikel 21(b) wat bepaal:

…That inter-country adoption may be considered as an alternative means of child's care, if the child cannot be placed in a foster or an adoptive family or cannot in any suitable manner be cared for in the child's country of origin…

Dit is duidelik dat artikel 21(b) van die KRK eerste prioriteit verleen aan plaaslike aanneming, pleegsorg en enige ander gepaste plaaslike sorg opsies. Alhoewel die term “enige ander gepaste sorg opsie” nie in die KRK gedefineer word nie, gee artikel 20(3) van die KRK meer duidelikheid. Artikel 20(3) bepaal dat alle plaaslike sorg opsies voorkeur bo interstaatlike aanneming behoort te geniet. Artikel 20(3) vereis verder dat om gepaste sorg vas te stel, daar voldoende aandag geskenk sal word aan die kind se behoefte aan kontinuïteit in sy of haar opvoeding, asook die kind se etniese, godsdienstige, kulturele en taalkundige agtergrond. Dus ondersteun die KRK slegs interstaatlike aanneming indien die kind nie op enige gepaste wyse in sy of haar land van oorsprong geplaas kan word nie.30

In teenstelling met artikel 21 van die KRK blyk dit dat die Haagse Aanneming Konvensie uitdruklik die verwysing na pleegsorg uitlaat as ʼn alternatiewe plasingsopsie wat kragtens die KRK voor interstaatlike aanneming oorweeg behoort te word.31 Die Haagse Aanneming Konvensie se fokus is dus om ʼn permanente ouer-kind verhouding

27 Kafalah word kragtens Assim en Sloth-Nielsen gedefinieer as: "Throught kafalah, in Islamitic law,

a family takes in an abandoned child, a child whose natural parents or family are incapable of raising them, or who is otherwise deprived of a family environment, whithout the child being entitled to the family name or an automatic right of inheritance from the family." Assim en Sloth-Nielsen 2014 African Human Rights Law Journal 329.

28 Dit sluit interstaatlike aanneming in.

29 Artikel 20(3) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 30 Isanga 2013 Byu Journal of Public Law 255.

31 Aanhef en artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten

opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993; artikel 21 van die Verenigde Nasies seKonvensie oor

(12)

6

te skep.32 Die Haagse Aanneming Konvensie verwerp ook die KRK se konsep van geskikte sorg (suitable care)33 ten gunste van ʼn geskikte familie (suitable family).34 Die verskil tussen die woorde van sorg en familie is deur die Haagse Konferensie oor Privaat Internasionale Reg van die Haagse Aanneming Konvensie aangebring, omdat daar ʼn behoefte raakgesien is om die konsep van ʼn permanente familie vir kinders te erken wat op die lang termyn in die beste belang van die kind sal wees.35 Hieruit kan afgelei word dat die KRK pleegsorg, ʼn tydelike plasingsopsie, verkies bo interstaatlike aanneming, wat as permanente plasingsopsie vir ʼn kind kan dien.

Die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990 (hierna verwys as die AHRWK), wat Suid-Afrika in 2000 geratifiseer het, beklemtoon ook die KRK se konsep van die subsidiariteitsbeginsel in artikel 24(b) wat erken dat:

…inter-country adoption in those States that have ratified or adhered to the

International Convention on the Rights of the Child or this Charter, may, as the last resort, be considered as an alternative means of a child’s care, if the child cannot be placed in a foster or an adoptive family or cannot in any suitable manner be cared for in the child’s country of origin…

Die AHRWK is dus ten gunste daarvan dat plaaslike plasingsopsies wat geen permanente familie bied nie, soos pleegsorg, voorkeur bo interstaatlike aanneming geniet. Sulke plasingsopsies is uitdruklik geskik wanneer ʼn kind se taal, kultuur, nasionaliteit en ouderdom oorweeg word.36

Volgens Turner37 deel die reg van ʼn kind om deel te wees van ʼn familie ʼn onderlinge verband met die kind se beste belang beginsel. Die beste belang beginsel moet dus alle aksies in die interstaatlike aannemingsproses lei en behoort 'n primêre faktor in enige kinderwelsynsbesluit te wees.38

32 Artikel 2(2) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

van Interstaatlike Aanneming, 1993.

33 Artikel 21 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989.

34 Aanhef en artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten

opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

35 Turner 2015 Chi.-Kent J. Int’l & Comp. L. Vol. XVI 99. 36 Turner 2015 Chi.-Kent J. Int’l & Comp. L. Vol. XVI 98. 37 Turner 2015 Chi.-Kent J. Int’l & Comp. L. Vol. XVI 101. 38 Turner 2015 Chi.-Kent J. Int’l & Comp. L. Vol. XVI 101.

(13)

7

In die lig van interstaatlike aanneming word wyd beweer dat plaaslike sorg- of plasingsopsies voor interstaatlike aanneming oorweeg moet word, en dat interstaatlike aanneming slegs geïmplementeer behoort te word nadat permanente en tydelike plaaslike sorg- of plasingsopsies behoorlik oorweeg of selfs uitgeput is.39 Hierdie bewering stel voor dat interstaatlike aanneming minder geneig is om aan die beste belang beginsel te voldoen.40 Die kwessie met die subsidiariteitsbeginsel is of interstaatlike aanneming ondergeskik tot enige plaaslike plasingsopsie41 gesien behoort te word waar die kind se beste belang van deurslaggewende belang is in elke aangeleentheid wat die kind raak?42

1.2 Navorsingsvraag en vooruitskouing van die studie

Die vraag kan dus gevra word tot watter mate die subsidiariteitsbeginsel interstaatlike aanneming binne die Suid-Afrikaanse regsraamwerk beperk?

Die doel van hierdie skripsie is om ondersoek in te stel oor die mate wat die subsidiariteitsbeginsel interstaatlike aanneming binne die Suid-Afrikaanse regsraamwerk beperk met verwysing na verskeie internasionale en plaaslike instrumente soos die Haagse Aanneming Konvensie, KRK, AHRWK, Grondwet en Kinderwet.

Hoofstuk 2 bevat ʼn omvattende beskrywing van relevante internasionale instrumente van toepassing op interstaatlike aanneming. Die internasionale instrumente sluit in: Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 (KRK), Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990 (AHRWK), asook die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993 (Haagse Aanneming Konvensie). Met hierdie instrumente as agtergrond, word die beste belang beginsel en die subsidiariteitsbeginsel noukeurig

39 Turner 2015 Chi.-Kent J. Int’l & Comp. L. Vol. XVI 101. 40 Turner 2015 Chi.-Kent J. Int’l & Comp. L. Vol. XVI 101.

41 Plaaslike plasingsopsies sluit in byvoorbeeld pleegsorg, kinder- en jeugsorgsentrums en plaaslike

aanneming.

(14)

8

bespreek. Laastens word die aannemingsprosedure genoem soos bepaal deur bogenoemde instrumente.

In Hoofstuk 3 word Suid-Afrika se wetgewing onder die vergrootglas geplaas deur te kyk hoe betrokke plaaslike instrumente interstaatlike aanneming aanskou. Die ontstaan van interstaatlike aanneming in Suid-Afrika word vlugtig genoem, waarna uiteengesit word watter rol die beste belang beginsel en die subsidiariteitsbeginsel in Suid-Afrika speel. Die rol wat die subsidiariteitsbeginsel in die interstaatlike aannemingsprosedure in Suid-Afrika as stuur- en ontvangerstaat speel, word noukeurig bespreek met verwysing na die Kinderwet No. 38 van 2005 (Kinderwet). Hoofstuk 4 ontleed die effek wat die subsidiariteitsbeginsel op die gemeenskap het. Dit sluit die gevolge van die subsidiariteitsbeginsel op interstaatlike aanneming en die kind in. Laastens word daar ondersoek ingestel of dit moontlik is om die konsep van die subsidiariteitsbeginsel in interstaatlike aanneming te remedieer. Laastens bestaan Hoofstuk 5 uit ʼn gevolgtrekking van die bogenoemde hoofstukke.

(15)

9

HOOFSTUK 2 Internasionale instrumente

2.1 Beste belang beginsel en die subsidiariteitsbeginsel in internasionale instrumente

Alhoewel daar geen konsekwente verduideliking vir die beste belang van die kind bestaan nie, lê die Haagse Aanneming Konvensie, KRK en die AHRWK fundamentele beginsels en standaarde neer wat vereis dat die beste belang van die kind die hoogste vlak van oorweging vir interstaatlike aanneming verg.43 Dit bring mee dat die howe of die kind se ouers of voog besluit watter soort optrede en opdragte die beste vir die kind sal dien met inagneming van die kind se beste belang as prioriteit.44

Die KRK, AHRWK, asook die Haagse Aanneming Konvensie stem ooreen dat kinders in ʼn familie omgewing moet grootword.45 Hierdie internasionale instrumente is eens dat gesinsbewaring voorrang geniet bo interstaatlike aanneming wat tot die gevolg het dat interstaatlike aanneming as subsidiêre plasingsopsie oorweeg mag word nadat alle gepaste plaaslike plasingsopsies behoorlik oorweeg is. As gevolg van die gesinsbewaring as algemene voorkeur, voer Mezmur46 aan dat:

…children are assumed to be better off if they grow up with their birth family or extended family, if possible, and when in the best interests of the child.

Deur te verseker dat interstaatlike aanneming in die beste belang van die kind geskied, verplig die KRK, Haagse Aanneming Konvensie en AHRWK lidstate om eerstens die subsidiariteitsbeginsel toe te pas deur gepaste plaaslike plasingsopsies te oorweeg.47 Die verskil in die konvensies se aanwending van die subsidiariteitsbeginsel lê daarin dat die KRK en AHRWK tydelike plaaslike plasingsopsies, soos pleegsorg, belangriker

43 Aanhef, artikel 1(a), artikel 4(b), artikel 16(d), artikel 21(1) en artikel 24 van die Haagse Konvensie

oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993;

artikel 3(1) en artikel 21 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989; artikel 4, artikel 24 en artikel 25 van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990.

44 Mezmur 2009 Sur – International Journal on Human Rights 86.

45 Aanhef van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989; Aanhef van die

Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike

Aanneming, 1993; Aanhef van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990.

46 Mezmur 2009 Sur – International Journal on Human Rights 86. 47 Sien voetnoot 23, 25 en 36.

(16)

10

ag as interstaatlike aanneming.48 Dit bring mee dat ʼn kind eerder in pleegsorg geplaas kan word as om interstaatlik aangeneem te word en die kans gegun word om permanente gesinsbande te vorm. Die Haagse Aanneming Konvensie bepaal dat indien daar plaaslik nie aan die kind se beste belang voldoen kon word nie, die kind vir interstaatlike aanneming oorweeg kan word.49

Die subsidiariteitsbeginsel word uitgelig in artikel 21(b) van die KRK,50 artikel 4(b) van die Haagse Aanneming Konvensie51 en artikel 24(b) van die AHRWK52 wat vervolgens saam met die beste belang beginsel krities bespreek word.

2.1.1 Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 (KRK) Artikel 3(1) van die KRK bepaal dat:

In all actions concerning children, whether undertaken by public or private social welfare institutions, courts of law, administrative authorities or legislative bodies, the

best interests of the child shall be a primary consideration.

Die beste belang beginsel word in verskeie artikels in die KRK beklemtoon. Artikel 18(1) van die KRK verplig die ouers of voogde van ʼn kind om die kind se beste belang van

48 Artikel 21(b) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 beklemtoon

dat interstaatlike aanneming slegs as alternatief tot alle permanente, sowel as plaaslike plasingsopsies oorweeg moet word; Artikel 24(b) van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn

van die Kind, 1990 bepaal uitdruklik dat interstaatlike aanneming as laaste opsie oorweeg moet

word.

49 Aanhef en artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten

opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

50 Artikel 21(b) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 bepaal:

"States Parties that recognize and/or permit the system of adoption shall ensure that the best interests of the child shall be the paramount consideration and they shall: (b)Recognize that inter-country adoption may be considered as an alternative means of child's care, if the child cannot be placed in a foster or an adoptive family or cannot in any suitable manner be cared for in the child's

country of origin.".

51 Artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

van Interstaatlike Aanneming, 1993 bepaal: "An adoption within the scope of the Convention shall

take place only if the competent authorities of the State of origin have determined, after possibilities for placement of the child within the State of origin have been given due consideration, that an

intercountry adoption is in the child's best interests.".

52 Artikel 24(b) van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990 bepaal: "State

Parties which recognize the system of adoption shall ensure that the best interest of the child shall be the paramount consideration and they shall: recognize that inter-country adoption in those States that have ratified or adhered to the International Convention on the Rights of the Child or this Charter, may, as the last resort, be considered as an alternative means of a child’s care, if the child cannot be placed in a foster or an adoptive family or cannot in any suitable manner be cared

(17)

11

die kind as primêre belang te oorweeg.53 ʼn Kind se beste belang is ook die primêre oorweging in enige aannemingsproses.54

Die konsep van ʼn kind se beste belang is daarop gemik om die volle en gelyke genieting van alle regte in die KRK van die kind te verseker deur ʼn kind se fisiese, psigiese, en geestelike moraliteit, asook die kind se menswaardigheid te bevorder.55 Daar ontstaan wel ʼn moontlikheid dat die kind se beste belang beperk kan word.56 Wanneer interstaatlike aanneming oorweeg word, en die voornemende aanneembare kind se belang maak inbreuk op die beste belang van die kinders wat alreeds in die huishouding gevestig is, word voorkeur verleen aan die kinders in die huishouding se belang.57

Die KRK Komitee beklemtoon ʼn kind se beste belang as ʼn drievoudige konsep.58 Dit is eerstens ʼn materiële reg wat ten doel het om die beste belang van elke kind vas te stel en dat die belang primêr oorweeg moet word wanneer verskeie belange opgeweeg word.59 Tweedens is die beste belang beginsel fundamenteel om die mees effektiewe interpretasie wat in die beste belang van die kind sal dien, toe te pas.60 Laastens moet

53 Artikel 18(1) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 bepaal:

"States Parties shall use their best efforts to ensure recognition of the principle that both parents have common responsibilities for the upbringing and development of the child. Parents or, as the case may be, legal guardians, have the primary responsibility for the upbringing and development

of the child. The best interests of the child will be their basic concern.".

54 Artikel 21 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989.

55 KRK, General Comment No. 5 (Thirty-Fourth Session, 2003) General measures of implementation

of the Convention on the Rights of the Child Artikel 4, Artikel 42, Artikel 44(6) van die Verenigde

Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 par 1.

56 Mezmur Intercountry Adoption In An African Context: A Legal Perspective 133.

57 Die belang van die kinders sluit in byvoorbeeld die reg op gesondheidsorg of onderwys; Mezmur

Intercountry Adoption In An African Context: A Legal Perspective 133.

58 KRK, General Comment No. 14 (Sixty-Second Session,2013) The right of the child to have his or

her best interests taken as a primary consideration Artikel 3(10) van die Verenigde Nasies se

Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 par 6.

59 KRK, General Comment No. 14 (Sixty-Second Session,2013) The right of the child to have his or

her best interests taken as a primary consideration Artikel 3(10) van die Verenigde Nasies se

Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 par 6.

60 KRK, General Comment No. 14 (Sixty-Second Session,2013) The right of the child to have his or

her best interests taken as a primary consideration Artikel 3(10) van die Verenigde Nasies se

(18)

12

die besluitnemingsproses ʼn evaluasie insluit van die moontlike impak van enige besluit op die kind om sodoende die beste belang van die kind te bepaal.61

Die subsidiariteitsbeginsel het ontstaan uit artikel 21 van die KRK wat vereis dat plaaslike sorg opsies eers uitgeput moet word voordat 'n kind vir interstaatlike aanneming oorweeg kan word.62

Artikel 21 van die KRK stel prosedures vas om te verseker dat alle moontlike hulpbronne aangewend word sodat 'n kind in sy of haar land van oorsprong bly. Hierdie bepaling beskerm kinders verder teen onder andere verontagsaming van belangrike regte.63 Belangrike regte sluit in onder andere die beste belang van die kind,64 nie-diskriminasie,65 die reg tot oorlewing en ontwikkeling,66 asook om ʼn kind se sienings te respekteer in alle sake met betrekking tot die kind, met inagneming van die kind se ouderdom en vermoë.67 Hierdie vier pilare word gesien as die kern beginsels van die KRK wat ten doel het om die regte van die kind te realiseer en te respekteer.68 Die wyse waarop lande hierdie standaard toepas, sal die bepalende faktor vir interstaatlike aanneming wees. Artikel 21 van die KRK stel egter voor om die gebruik van die standaard vir die beste belang van die kind te verseker.

Artikel 21(b) van die KRK bepaal verder dat interstaatlike aanneming oorweeg kan word as 'n alternatiewe manier van kinderversorging indien die kind nie op plaaslike vlak behoorlik versorg kan word nie. Dit vereis dat prioriteit gegee word om die kind by sy of haar familie van oorsprong te plaas en dat plaaslike maatreëls voorkeur geniet bo interstaatlike aanneming.69 In dieselfde verband het die KRK Komitee verklaar dat:

61 KRK, General Comment No. 14 (Sixty-Second Session,2013) The right of the child to have his or

her best interests taken as a primary consideration Artikel 3(10) van die Verenigde Nasies se

Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 par 6.

62 Artikel 21 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989; sien ook

Couzens en Zaal 2009 Obiter 271.

63 Anon 2000 Syracuse J. Int’l L. & Com. 414.

64 Artikel 3 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 65 Artikel 2 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 66 Artikel 6 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 67 Artikel 12 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 68 Doek 2009 Family and Juvenile Law at the VU University of Amsterdam, Netherlands 779. 69 Isanga 2013 Byu Journal of Public Law 253.

(19)

13

Priority must be given to adoption by relatives in their country of residence. Where this is not an option, preference will be given to adoption within the community from

which the child came or at least within his or her own culture.70

Artikel 8 van die KRK verplig lidstate om die reg van 'n kind te respekteer deurdat die kind sy of haar eie identiteit behou. Die identiteit van 'n kind speel 'n belangrike rol in die bepaling of 'n kind aangeneem moet word al dan nie.71 ʼn Kind se kulturele erfenis word gesien as deel van sy of haar identiteit, en deur die kind aan interstaatlike aanneming te onderwerp, argumenteer Carlson 72 dat interstaatlike aanneming moontlik die kind van so ʼn identiteit kan beroof. Ku73 poog om hierdie moontlike identiteitskrisis op te los deur voor te stel dat opvoedkundige programme ingestel word gedurende die aannemingsproses. Die doel van hierdie opvoedkundige programme is om die voornemende aannemende ouers bewus te maak van die kind wat hulle wil aanneem se kultuur en erfenis sodat hulle unieke kulturele en identiteitskwessies van die kind se grootword jare kan aanspreek.74

Die interpretasie van die bepalings van die KRK is relatief. Met ander woorde, die interpretasie is afhanklik van die gepaste plaaslike plasingsopsies wat beskikbaar is as vorm van alternatiewe sorg.75 Daarom kan die subsidiariteitsbeginsel as

aanvullend tot die beste belang beginsel van die kind gesien word.76

2.1.2 Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990 (AHRWK)

Die AHRWK is opgestel as gevolg daarvan dat die KRK nie voldoende die kultuur-, ekonomies- en sosiaal-spesifieke kwessies wat uniek op kinders van toepassing in Afrika is aanspreek nie.77 Die Afrika Unie het die AHRWK aangeneem om die KRK aan

70 KRK, General Comment No. 6 (Thirty-Ninth Session, 2005) Treatment of unaccompanied and

separated children outside their country of origin, Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte

van die Kind, 1989 par 91.

71 Sien Hoofstuk 3.4 vir volledige bespreking oor die kind se kulturele identiteit; Rushwaya A Critical

Analysis of the Legislative framework regulating Intercountry Adoption in South Africa and Ghana

20.

72 Carlson 2010 New York Law School Review 746. 73 Ku 2005 Family Court Review, Vol. 43 No. 3 512. 74 Ku 2005 Family Court Review, Vol. 43 No. 3 512. 75 Isanga 2013 Byu Journal of Public Law 245.

76 Mezmur 2009 Sur – International Journal on Human Rights 92.

(20)

14

te vul binne ʼn Afrika konteks.78 41 Afrika lande het alreeds die AHRWK geteken en bekragtig.79

Kragtens die AHRWK speel kultuur ʼn belangrike rol om die beste belang van ʼn kind te bepaal.80 Om die beste belang en welstand van die kind te bevorder en te beskerm, is die African Committee of Experts on the Rights and Welfare of the Child81 (hierna verwys as die Afrika-komitee) gestig.82 Dit is die plig van hierdie komitee om die AHRWK se bepalings te monitor en implementeer, asook om reëls en beginsels uiteen te sit met die doel om die beste belang van die kind te beskerm.83Die Afrika-komitee beskik oor die mandaat om individuele klagtes te ontvang en te ondersoek, asook om AHRWK lidstate se verslae te oorweeg.84

Die aanhef van die AHRWK is eens met die KRK deurdat dit die belangrikheid van die bewaring van familiebande beklemtoon. Artikel 4 van die AHRWK beklemtoon verder dat die kind se beste belang as ‘die’ primêre oorweging moet geskied in alle aangeleenthede van toepassing op die kind. Die KRK bepaal egter dat die kind se beste belang slegs as ‘'n’ primêre oorweging moet geskied.85 Die verskil in die bewoording van die twee konvensies bring mee dat die AHRWK die kind se beste belang as die hoogste prioriteit ag, en die KRK die kind se beste belang slegs as ʼn prioriteit ag.86

78 Mezmur 2009 Sur – International Journal on Human Rights 102.

79 African Commission on Human and Peoples' Rights 2018

http://www.achpr.org/instruments/child/ratification/.

80 Sien Hoofstuk 4 vir die bespreking oor die rol wat kultuur speel in die bepaling van die beste belang

van die kind in interstaatlike aanneming; Aanhef en artikel 11(2)(c) van die Afrika Handves oor die

Regte en Welsyn van die Kind, 1990.

81 Die Komitee is 'n groep van 11 individue met hoë morele status, integriteit, onpartydigheid en

bevoegdheid in aangeleenthede rakende die regte en welsyn van die kind wat verplig is om kinderaangeleenthede te monitor en verslag te doen oor die vervulling van kinderregte in Afrika; Definisie gevind in African Committee of Experts on the Rights and Welfare of the Child 2018 http://www.acerwc.org/the-experts/.

82 Artikel 32 van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990. 83 Artikel 42(b) van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990.

84 Artikel 42 tot artikel 45 van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990; sien

ook Mezmur Intercountry Adoption In An African Context: A Legal Perspective 18.

85 Artikel 3(1) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989.

86 Artikel 4 van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990 bepaal: "…the best

interests of the child shall be the primary consideration."; Artikel 3(1) van die Verenigde Nasies se

Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 bepaal: "…the best interests of the child shall be a

(21)

15

Artikel 24(b) van die AHRWK, tesame met artikel 21(b) van die KRK dien as ʼn basis vir die siening dat interstaatlike aanneming minder prioriteit geniet bo plaaslike aanneming opsies.87 Mezmur88 voer aan dat lidstate wat beide die KRK en AHRWK geteken en bekragtig het, interstaatlike aanneming as ʼn subsidiêre aanneming opsie teenoor plaaslike plasingsopsies ag. Die KRK bepaal byvoorbeeld dat interstaatlike aanneming as plasingsopsie oorweeg mag word slegs indien die kind nie in pleegsorg, plaaslike aanneming of deur uitgebreide familie in die kind se land van oorsprong versorg kan word nie,89 en die AHRWK bepaal weer dat interstaatlike aanneming slegs as laaste uitweg oorweeg mag word.90

Artikel 24(b) van die AHRWK is strenger uitgelê as artikel 21(b) van die KRK deurdat die bepaling lidstate verplig om slegs interstaatlike aanneming toe te laat in ontvanger state wat die KRK of AHRWK onderteken het. 91 Alhoewel hierdie bepalings interstaatlike aanneming reguleer, rus daar geen plig op lidstate om interstaatlike aanneming toe te laat as 'n moontlike alternatiewe plasingsopsie vir kinders wat sorg en beskerming benodig nie.92

Die AHRWK bevat geen bepaling wat aandui dat kinder- en jeugsorgsentrums slegs oorweeg kan word indien alle gepaste plasingsopsies eers uitgeput is nie. Die KRK is versigtig oor kinder- en jeugsorgsentrums en moedig hierdie plasingsopsie nie aan nie, en voeg dus by dat kinder- en jeugsorgsentrums oorweeg moet word slegs indien die

87 Chirwa 2016 African Human Rights Law Journal 120.

88 Mezmur 2009 Sur – International Journal on Human Rights 86.

89 Artikel 21(b) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989 bepaal:

"States Parties that recognize and/or permit the system of adoption shall ensure that the best interests of the child shall be the paramount consideration and they shall… Recognize that inter-country adoption may be considered as an alternative means of child's care, if the child cannot be placed in a foster or an adoptive family or cannot in any suitable manner be cared for in the child's country of origin…".

90 Artikel 24(b) van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990 bepaal: "State

Parties which recognize the system of adoption shall ensure that the best interest of the child shall be the paramount consideration and they shall…recognize that inter-country adoption in those States that have ratified or adhered to the International Convention on the Rights of the Child or this Charter, may, as the last resort, be considered as an alternative means of a child’s care, if the child cannot be placed in a foster or an adoptive family or cannot in any suitable manner be cared for in the child’s country of origin…".

91 Couzens en Zaal 2009 Obiter 288.

92 Rushwaya A Critical Analysis of the Legislative framework regulating Intercountry Adoption in South

(22)

16

kind geen gepaste plasingsopsie tot sy beskikking het nie.93 Dit is belangrik om op te let dat die plig om te verseker dat interstaatlike aanneming in die beste belang van die kind geskied, slegs van toepassing op lande is wat interstaatlike aanneming erken in hulle wetgewing.94 Dit wil sê dat beide die AHRWK en KRK die diskresie aan lidstate oorlaat om gepaste plasingsopsies vir die kinders te bepaal.95 Dus beskik lidstate oor die bevoegdheid om te bepaal dat ʼn kind byvoorbeeld in kinder- en jeugsorgsentrums geplaas word, eerder as om interstaatlik aangeneem te word.

Artikel 25(3) van die AHRWK bepaal dat wanneer alternatiewe sorg tesame met die beste belang van die kind oorweeg word, die kontinuïteit in die opvoeding van die kind, asook die etniese, godsdienstige en taalkundige agtergrond van die kind in ag geneem word.96 Hierdie artikel word gebruik om te argumenteer dat ʼn kind se kulturele identiteit 97 as ʼn primêre grondslag dien vir die verbod of ondermyning van interstaatlike aanneming as ʼn alternatiewe plasingsopsie.98 Cantwell en Holzscheiter99 voer in teenstelling aan dat kultuur nie as rookskerm gebruik behoort te word om kinders hulle reg om in 'n gesinsomgewing groot te word te ontneem wanneer daardie familie slegs in die buiteland gevind kan word nie.

2.1.3 Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993 (Haagse Aanneming Konvensie)

Artikel 1 van die Haagse Aanneming Konvensie bepaal dat interstaatlike aanneming in die beste belang van die kind moet geskied met inagneming van die kind se fundamentele regte. Die Haagse Aanneming Konvensie versuim egter om duidelike en presiese vereistes daar te stel oor watter spesifieke faktore oorweeg moet word wanneer die beste belang van die kind om interstaatlik aangeneem te word, geëvalueer word.100 Die Haagse Konferensie van Privaat Internasionale Reg se

93 Artikel 20(3) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 94 Chirwa 2016 African Human Rights Law Journal 121.

95 Chirwa 2016 African Human Rights Law Journal 121.

96 Sien ook artikel 20(3) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989. 97 Sien Hoofstuk 4 vir die bespreking oor die rol wat die kind se kulturele identiteit speel in

interstaatlike aanneming.

98 Mezmur 2009 Sur – International Journal on Human Rights 88.

99 Cantwell en Holzscheiter "Article 20: Children Deprived of Their Family Environment" 63. 100 Rotabi en Gibbons 2011 Springer Science and Business Media, LLC 3.

(23)

17

Implementation And Operation Of The 1993 Hague Intercountry Adoption Convention: Guide to Good Practice101 (hierna verwys as die Guide to Good Practice) verskaf wel leiding en aanbevelings.102

Om aan die beste belang van die kind in interstaatlike aanneming te voldoen, erken die Haagse Aanneming Konvensie dat ʼn kind verkieslik in ʼn familie omgewing moet grootword;103 permanente plasingsopsies word bo tydelike plasingsopsies verkies;104 en laastens dat interstaatlike aanneming ʼn permanente familie kan bied aan ʼn kind vir wie daar geen plaaslike permanente plasingsopsies beskikbaar is nie.105

Die Haagse Aanneming Konvensie ag wel alle permanente plasingsopsies as ewe belangrik, ongeag hulle plaaslike of internasionale aard.106 Die aanhef van die Haagse Aanneming Konvensie stel dat:

...the child, for the full and harmonious development of his or her personality, should grow up in a family environment, in an atmosphere of happiness, love and understanding.

...intercountry adoption may offer the advantage of a permanent family to a child for whom a suitable family cannot be found in his or her State of origin…

Die nakoming van die subsidiariteitsbeginsel in hierdie Konvensie behels egter meer as om slegs plaaslike sorg opsies vir spesifieke kinders te identifiseer. Dit vereis fundamentele sistematiese aanpassings van kindersorg- en beskermingstelsels.107 Die Haagse Aanneming Konvensie se Permanente Buro108 van die Haagse Konferensie oor Internasionale Privaatreg stel voor dat:

101 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008).

102 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 38.

103 Aanhef van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van

Interstaatlike Aanneming, 1993.

104 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 43.

105 Aanhef van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van

Interstaatlike Aanneming, 1993.

106 Couzens en Zaal 2009 Obiter 288.

107 Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide No.1,

Guide to Good Practice, 2008 16.

108 Die Permanente Buro word gedefinieer as: "the general secretariat of the Hague Conference on

Private International Law."; Die doel van die Permanente Buro is: "assisting States (whether or not

(24)

18

This principle suggests the need for the service to be in some way connected to or integrated within the broader national child protection system, including the system of national adoption. It may be that the principle of subsidiarity imposes certain positive obligations with regard to the development of domestic family support and child care services within countries of origin, and that receiving countries also have an obligation to support the development of such services.109

Dus behels die subsidiariteitsbeginsel dat plaaslike sorg- en beskermingsisteme in die kind se land van oorsprong geplaas word om voortdurend vergelykings van beskikbare plaaslike en interstaatlike opsies te oorweeg. Lidstate het 'n positiewe plig om plaaslike sorg- en plasing hulpbronne beskikbaar te maak wat ten doel het dat elke saak op eie meriete ondersoek word voordat 'n interstaatlike plasing oorweeg word.

Die Guide to Good Practice 110 bepaal dat die subsidiariteitsbeginsel geïnterpreteer moet word in die lig van die beste belang beginsel van die kind. Dit sluit byvoorbeeld in dat die handhawing van 'n kind in sy of haar gesin of familie van oorsprong belangrik is, maar dat dit nie belangriker is as om 'n kind te beskerm teen mishandeling of misbruik nie.111 Permanente versorging deur 'n uitgebreide familielid kan verkies word, maar nie indien die versorgers nie geskik is of nie in staat is om na die behoeftes van die betrokke kind om te sien nie.112 Plaaslike aanneming of ander permanente gesinsorg is oor die algemeen verkieslik, maar indien daar 'n gebrek aan geskikte plaaslike aannemingsgesinne of versorgers is, word dit nie verkies om kinders in kinder- en jeugsorgsentrums te plaas indien die moontlikheid bestaan dat 'n geskikte

achieves the objects of the Convention, namely, the protection of children who are adopted

internationally."; Gedefinieer kragtens die Implementation and Operation of the 1993 Hague

Intercountry Adoption Convention, Guide No.1, Guide to Good Practice, 2008 16, 17.

109 Hague Conference, Permanent Bureau Report and Conclusions of the Special Commission on the

Practical Operation of the Hague Convention on Protection of Children in Respect of Intercountry

Adoption (2001) par 24.

110 Hierdie dokument dien as riglyn aan lidstate en nie-lidstate vir die praktiese implementering van

die Haagse Aanneming Konvensie om sy doelwitte te bereik, naamlik die beskerming van kinders wat internasionaal aangeneem word. Die dokument is verder gemik om wetgewers leiding te gee oor die korttermyn- en langtermynbeplanning om die Haagse Aanneming Konvensie in hulle land te implementeer; The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption

Convention, Guide No.1, Guide to Good Practice (2008) 17.

111 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 50.

112 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

(25)

19

permanente gesin in die buiteland bestaan nie.113 Kinder- en jeugsorgsentrums as ʼn permanente sorg opsie, terwyl dit in spesiale omstandighede toepaslik is, is as 'n algemene reël nie in die beste belang van die kind nie.114

Die Haagse Aanneming Konvensie vereis dat alle lidstate 'n sentrale gesag moet vasstel om interstaatlike aanneming te reguleer.115 Artikel 41 bepaal onomwonde dat die Haagse Aanneming Konvensie toegepas sal word op elke interstaatlike aanneming tussen die lidstate as die ontvanger- en stuurstaat.116 Die voornemende aannemende ouers wat die kind aanneem se land word beskou as die ontvanger staat, waar die stuurstaat geag word as die kind se land van oorsprong.

Artikel 2 van die Haagse Aanneming Konvensie gee ongekwalifiseerde steun aan interstaatlike aanneming, waarin verklaar word dat die Haagse Aanneming Konvensie die voordeel van 'n permanente gesin aan 'n kind kan bied vir wie 'n gepaste permanente familie nie in ʼn kind se land van oorsprong gevind kan word nie. Artikel 4(b) van die Haagse Aanneming Konvensie maak voorsiening vir interstaatlike aanneming sodra die sentrale gesag vasgestel het dat interstaatlike aanneming in die beste belang van die kind is, nadat alle moontlikhede vir die plasing van die kind binne die staat van oorsprong bepaal is met inagneming van elke kind se persoonlike omstandighede. Die sentrale gesag word kragtens die Haagse Aanneming Konvensie gedefinieer as die liggaam wat deur 'n lidstaat aangewys is om sekere verpligte funksies uit te voer.117 Hierdie funksies sluit in onder andere byvoorbeeld die nakoming van pligte opgelê deur die Haagse Aanneming Konvensie, om die doelwitte van die Haagse Aanneming Konvensie te realiseer en te verseker dat hulle behoorlik geïmplementeer word, om inligting oor die situasie van die kind en die voornemende

113 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 51.

114 Artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

van Interstaatlike Aanneming, 1993.

115 Artikel 6 van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van

Interstaatlike Aanneming, 1993.

116 Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike

Aanneming, 1993.

117 Artikel 6(1) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

(26)

20

aannemende ouers in te samel en te bewaar, asook om aannemingsverrigtinge te fasiliteer.118

Aangesien die Haagse Aanneming Konvensie alle permanente gesinsopsies prioritiseer, kan daar geïnterpreteer word dat interstaatlike aanneming bo kinder- en jeugsorgsentrums verkies word.119 Dit is ondersteun deur die Permanente Buro120 van die Haagse Konferensie oor Internasionale Privaatreg wat bepaal dat:

It is sometimes said that the correct interpretation of subsidiarity is that intercountry adoption should be seen as a last resort. This is not the aim of the Convention. National solutions for children such as remaining permanently in an institution, or having many temporary foster homes, cannot, in the majority of cases, be considered as preferred solutions ahead of intercountry adoption. In this context,

institutionalisation is considered as a last resort.121

Interstaatlike aanneming word beskou as een moontlike subsidiêre plasingsopsie vir gepaste plaaslike aannemingsopsies.122 Dus kan gesê word dat die hoof doelwit van die Haagse Aanneming Konvensie is om eerstens veiligheidsmaatrëels in te stel om te verseker dat interstaatlike aanneming in die beste belang van die kind plaasvind met inagneming van die kind se fundamentele regte; om ʼn sisteem van samewerking tussen lidstate vas te stel om die aannemingsproses spoedig, effektief en regsgeldig af te handel; en laastens om te verseker dat die nodige veiligheidsmaatreëls vir die aannemingsproses in plek is en gerespekteer is.123

Daar word egter nie vereis dat alle moontlike opsies eers uitgeput word vir interstaatlike aanneming om as ʼn permanente plasingsopsie oorweeg te word nie,

118 Artikel 7 en artikel 9 van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten

opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

119 Bartholet 1996 Journal of The American Academy of Matrimonial Lawyers 181.

120 Voetnoot 108 definieer die Permanente Buro van die Haagse Konferensie oor Internasionale

Privaatreg.

121 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 53.

122 Aanhef en artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten

opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

123 Artikel 1 van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van

(27)

21

omdat dit nie noodwendig in die beste belang van die kind sal wees nie, en dit ook die moontlikheid van ʼn permanente familie vir ʼn kind onbepaald kan belemmer.124

Vir ʼn kind om aangeneem te word moet daar aan ʼn aantal spesifieke maatreëls in die Haagse Aanneming Konvensie voldoen word. Hierdie maatreëls sluit in onder andere om te verseker dat die kind wel geskik is om aangeneem te word.125 Die term 'geskik om aangeneem te word' word nie in die Haagse Aanneming Konvensie gedefinieer nie.126 Parra-Aranguren127 het aangedui dat die term 'geskik om aangeneem te word’ na regs-, sosiale en kulturele faktore verwys. Elke lidstaat moet gepaste stappe neem om te verseker dat 'n kind wees of verlate verklaar word voordat die kind as geskik om aangeneem te word geag word.128 Bojorge129 is van mening dat dit vir die Haagse Aanneming Konvensie wenslik sou wees om die term 'geskik om aangeneem te word’ te omskryf en die omstandighede te verduidelik en waaronder sodanige aanneming in die beste belang van die kind behoort te wees.

Die beste belang van die kind wat as die kern van 'n interstaatlike aanneming beskou word, sal die beste beskerm word indien alle moontlike pogings aangewend word om soveel moontlik inligting oor die kind se oorsprong, agtergrond, familie en mediese geskiedenis in te samel en te bewaar.130 Hierdie kennis kan in die latere dele van die kind se lewe bydra tot die sielkundige welstand van die kind.131 Die kind se mediese geskiedenis kan belangrike inligting verskaf oor die kind se huidige gesondheidstoestand of vir die diagnose van enige mediese probleme wat die kind kan

124 Couzens en Zaal 2009 Obiter 289.

125 Hoofstuk II en Hoofstuk IV van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking

ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

126 Pretorius Inter-Country Adoptions and the Best Interests of the Child 10.

127 Explanatory Report on the Convention on Protection of Children and Co-operation in Respect of

Intercountry Adoption, 1993 par 117.

128 Pretorius Inter-Country Adoptions and the Best Interests of the Child 10.

129 Bojorge 2002 Queensland University of Technology Law and Justice Journal 271.

130 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 61.

131 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

(28)

22

hê, hetsy gedurende kinderjare of later in die lewe.132 Beide die kind se langtermyn- en korttermynbelange sal geraak word deur hierdie verpligtinge.133

2.2 Die subsidiariteitsbeginsel in die interstaatlike aannemingsprosedure vervat in internasionale instrumente

Die subsidiariteitsbeginsel dien as ʼn meganisme om toe te sien dat soveel kinders as moontlik in hulle oorspronklike omgewing grootword en hulle kulturele tradisies behou.134 Dit word gegrond op die veronderstelling dat die kontinuïteit in etniese, godsdienstige, kulturele en taalkundige aspekte van kinderopvoeding oor die algemeen in ʼn kind se beste belang sal wees.135

Die KRK en die AHRWK vereis beide dat behoorlike prosedures ingestel word om interstaatlike aanneming te reguleer.136 Albei hierdie instrumente verskaf egter geen leiding oor die prosedure wat lande kan volg om die nakoming van internasionale standaarde te verseker nie.137 Dit bring mee dat lidstate die diskresie het om die prosedure vir interstaatlike aanneming vas te stel. Die Haagse Aanneming Konvensie vereis egter uitdruklik dat interstaatlike aanneming aansoeke deur die sentrale gesag in die onderskeie lidstate gebring word.138

132 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 63.

133 Artikel 9(a) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

van Interstaatlike Aanneming, 1993 bepaal dat: "Central Authorities shall take, directly or through

public authorities or other bodies duly accredited in their State, all appropriate measures, in particular to collect, preserve and exchange information about the situation of the child and the prospective adoptive parents, so far as is necessary to complete the adoption…" Sien ook artikel 30 van die Haagse Aanneming Konvensie bepaal dat: "(1) The competent authorities of a Contracting State shall ensure that information held by them concerning the child's origin, in particular information concerning the identity of his or her parents, as well as the medical history, is preserved. (2) They shall ensure that the child or his or her representative has access to such information, under appropriate guidance, in so far as is permitted by the law of that State.".

134 Couzens en Zaal 2009 Obiter 286. 135 Couzens en Zaal 2009 Obiter 286.

136 Artikel 21(a) van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989; artikel 24(a)

van die Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990.

137 Rushwaya A Critical Analysis of the Legislative framework regulating Intercountry Adoption in South

Africa and Ghana 70.

138 Artikel 14-22 van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

(29)

23

Die KRK Komitee beklemtoon dat prioriteit gegee moet word aan plaaslike aanneming deur veral familielede.139 Indien dit nie haalbaar is nie, sal voorkeur gegee word aan plaaslike aanneming binne die gemeenskap, of ten minste binne sy of haar eie kultuur.140 Ten einde te verseker dat interstaatlike aanneming in die beste belang van die kind plaasvind, moet lidstate eers die subsidiariteitsbeginsel implementeer deur alle geskikte plaaslike oplossings te oorweeg. Voordat die interstaatlike aannemingsprosedure kragtens die KRK se bepalings ingestel kan word, moet alle permanente en tydelike plaaslike plasingsopsies eers deeglik oorweeg word. In die geval waar die AHRWK se interstaatlike aannemingsprosedure kan aanvang neem, moet alle permanente en plaaslike plasingsopsies eers uitgeput wees, maar indien die Haagse Aanneming Konvensie se prosedure nagevolg word, is dit wenslik om permanente ouer-kind verhoudings te skep deur te bepaal dat wanneer daar geen geskikte plaaslike plasingsopsies beskikbaar is nie, die interstaatlike aannemingsproses aanvang kan neem.

Die Haagse Aanneming Konvensie word beskou as die mees omvattende instrument wat interstaatlike aanneming reguleer, omdat dit die KRK se beginsels en norme gevat het en dit verfyn het deur substantiewe prosedures en voorsorgmaatreëls by te voeg.141 Vervolgens word die proses, soos vervat in die Haagse Aanneming Konvensie vlugtig bespreek om vas te stel wanneer interstaatlike aanneming oorweeg kan word. Daar berus ʼn plig op die sentrale gesag om onder andere toe te sien dat die aannemingsprosedure spoedig en effektief verloop.142 Die ontvanger staat se sentrale gesag moet vasstel of die voornemende aannemende ouers geskik is om ʼn kind aan te neem, waarna ʼn omvattende verslag voorberei word oor die voornemende

139 KRK, General Comment No. 6 (Thirty-Ninth Session, 2005) Treatment of unaccompanied and

separated children outside their country of origin, Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte

van die Kind, 1989 par 25.

140 KRK, General Comment No. 6 (Thirty-Ninth Session, 2005) Treatment of unaccompanied and

separated children outside their country of origin, Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte

van die Kind, 1989 par 25.

141 Rushwaya A Critical Analysis of the Legislative framework regulating Intercountry Adoption in South

Africa and Ghana 34.

142 Artikel 9(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

42 South African Iron and Steel Corporation (lscor) Head-Office, Pretoria, lscor accession, Report of the proceedings of the third annual ordinary meeting of African

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies

Durch eine südöstlich-nordwestlich verlaufende Niederung von dem geschlossenen Decksandgebiet getrennt, konnte sich noch ein niedriger Decksandrücken bilden, der etwas westlich

Aus dem letzteren Grabchen, das in Zusammenhang gebracht worden ist mit der Drei- pfostenreihe, die als Gebaude 34 erörtert wurde, stammen einige Scherben, deren jüngste Rössener

Die Ware der Chamer Gruppe in Hienheim ist in der Regel stark gemagert (mit Körnern und Broeken bis zu einer GröBe von 8 mm). Zur Beschreibung der Magerung dieses Repertoires

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons