• No results found

Die subsidiariteitsbeginsel in Suid-Afrika

HOOFSTUK 3 Plaaslike Instrumente

3.2 Die subsidiariteitsbeginsel in Suid-Afrika

Soos vroeër genoem is dit uiters belangrik om die beste belang beginsel saam met die subsidiariteitsbeginsel te oorweeg. Hierdie twee beginsels is interafhanklik van mekaar, omdat die beste belang van die kind die beslissende beginsel is wanneer die kind se welstand oorweeg word.215 Dus behoort die beste belang beginsel voorkeur te geniet wanneer die subsidiariteitsbeginsel in die interstaatlike aannemingsproses aangewend word.

Artikel 28 van die Grondwet handel spesifiek oor die grondwetlike beskerming van kinders, soos byvoorbeeld die reg tot ʼn naam en nasionaliteit vanaf geboorte,216 basiese voeding en skuiling,217 en beskerming teen misbruik, mishandeling en verwaarlosing.218 Alhoewel dit nie uitdruklik interstaatlike aanneming aanspreek nie,

212 Aanhef van die Kinderwet No. 38 van 2005; sien ook Songca 2011 The Comparative and

International Law Journal of Southern Africa 344.

213 Artikel 254 van die Kinderwet No. 38 van 2005. 214 Artikel 254 van die Kinderwet No. 38 van 2005. 215 Bartholet en Smolin 2012 Ashgate Publishing 236.

216 Artikel 28(1)(a) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. 217 Artikel 28(1)(c) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. 218 Artikel 28(1)(d) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.

34

bevat artikel 28 sekere bepalings wat relevant tot kinders is wanneer hulle interstaatlik aangeneem word.219 Daar is egter in die Fitzpatrick-saak voorgehou dat die beste belang beginsel buigsaam toegepas moet word om sodoende aan die kind se behoeftes te voorsien.220

Artikel 7 van die Kinderwet dien as 'n goeie voorstelling van watter faktore om te oorweeg wanneer die beste belang van die kind bepaal word.221 Die Departement van Sosiale Ontwikkeling se Practice Guidelines on Inter-Country Adoption se algemene riglyne is eens met artikel 7 van die Kinderwet wat bepaal dat enige maatreël wat geneem word vir die beskerming van 'n kind, gelei moet word deur die beste belang van die kind.222 Liu223 glo dat die reg tot sekuriteit,224 ʼn behoefte aan liefde,225 en voortgesette en langtermyn-stabiliteit226 deel vorm van die beste belang van ʼn kind. Artikel 157(3) van die Kinderwet bepaal oor die algemeen dat aanneming as 'n wenslike opsie beskou moet word, veral aan kinders wat mishandel word en wees of verlate is.227 In Centre for Child Law v Minister of Justice and Constitutional Development and Others (CCT98/08) [2009] ZACC 18 het Regter Cameron voorgehou dat:

The child’s interests are more important than anything else, but do not mean that everything else is unimportant. The paramount principle does, however, require a

219 Rushwaya A Critical Analysis of the Legislative framework regulating Intercountry Adoption in South

Africa and Ghana 56.

220 Minister for Welfare and Population Development v Fitzpatrick 2000 (7) BCLR 713 (CC) 18;

Fitzpatrick v Minister of Social Welfare and Pensions 2000 (3) SA 139.

221 McCall v McCall 1994 1 SA 509 (T) par 205 het gesorg vir ʼn kontrolelys wat in ʼn regterlike

besluitnemingsproses oorweeg word in alle aangeleenthede rakende die welsyn en beste belang van die kind; Artikel 7 van die Kinderwet het dus hierdie kontrolelys bevestig.

222 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

223 Liu 1994 Temple International Comparative Law Journal 193.

224 Artikel 26 van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989; Aanhef van die

Afrika Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, 1990.

225 Aanhef van die Kinderwet No. 38 van 2005; aanhef van die Haagse Konvensie oor Beskerming van

Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993; aanhef van die Verenigde

Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989; aanhef van die Afrika Handves oor die Regte

en Welsyn van die Kind, 1990.

226 Artikel 157(1)(b) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 227 Van der Walt 2014 Obiter 449.

35

truly child-centred approach, which in turn requires a close and individualised

examination of the precise real life situation of the particular child involved.228

Regter Goldstone het in die voorafgaande Fitzpatrick-saak die volgende verklaring gemaak:

Section 28(2) requires that a child’s best interests have paramount importance in every matter concerning the child. The plain meaning of the words clearly indicates that the reach of section 28(2) cannot be limited to the rights enumerated in section 28(1) and section 28(2) must be interpreted to extend the beyond those provisions.

It creates a right that is independent of those specified in section 28(1).229

Dit bring mee dat wanneer howe die kind se beste belang moet bepaal, hulle elke individuele saak op eie meriete moet oorweeg, asook die effek wat die spesifieke geval op die individuele kind sal of moontlik kan hê.230

Kragtens die Guide to Good Practice het lidstate ʼn plig om te verseker dat die subsidiariteitsbeginsel nie nadelige gevolge meebring nie deurdat dit so effektief as moontlik poog om die kind permanent by ʼn familie te plaas.231 Die Guide to Good Practice bepaal verder dat die toepassing van die subsidiariteitsbeginsel nie geïnterpreteer behoort te word dat alle moontlikhede vir die plasing van die kind eers uitgeput moet wees nie, maar eerder dat die plasing van die kind in lyn moet wees met die beste belang van die kind op 'n langtermyn basis.232

Die Kinderwet maak voorsiening vir die toepassing van die subsidiariteitsbeginsel deur te verseker dat plaaslike maatreëls geprioritiseer word voordat 'n kind interstaatlik aangeneem kan word.233 Die Kinderwet bevat bepalings van dienste om gesinne in nood te ondersteun, soos byvoorbeeld pogings om kinders binne hulle gesinne te hou,

228 Centre for Child Law v Minister for Justice and Constitutional Development and Others (CCT98/08)

[2009] ZACC 18 par 17.

229 Minister of Social Welfare and Population Development v Fitzpatrick 2000 3 SA 422 (CC) par 17.

230 Van der Walt 2016 Obiter 679.

231 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 49.

232 The Implementation and Operation of the 1993 Hague Intercountry Adoption Convention, Guide

No.1, Guide to Good Practice (2008) par 50.

233 Artikel 254 van die Kinderwet bepaal dat daar aan die Haagse Aanneming Konvensie se bepalings

effek gegee moet word. Die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten

opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993 bepaal in sy aanhef dat elke lidstaat toepaslike

maatreëls moet instel om die kind in staat te stel om in die sorg van sy of haar gesin van oorsprong te bly, asook dat interstaatlike aanneming die voordeel van 'n permanente gesin aan 'n kind kan bied vir wie 'n geskikte familie nie in sy of haar land van oorsprong gevind kan word nie.

36

die hereniging van kinders met hulle gesin of kinderhuishoudings.234 Couzens235 voer aan dat die gebruik van pleegsorg as 'n langtermyn familie-tipe alternatief beskou word as gevolg van die maatskaplike realiteite in Suid-Afrika waar uitgebreide gesinne die versorging van kinders oorgeneem het weens die siekte of die dood van hulle ouers. Die Kinderwet moedig dus plaaslike aanneming aan en stel dit duidelik dat ʼn kind interstaatlik aangeneem kan word indien daar geen geskikte aannemende ouers in die kind se land van oorsprong beskikbaar is nie.236

In AD and Another v DW and Others237 was baba R verlate gelaat in ʼn emmer onder ʼn boom in Roodepoort.238 Baba R se ouers en familie kon ook nie opgespoor word nie.239 Die applikante was Amerikaanse burgers in wie se pleegsorg baba R geplaas was. Tydens die ontmoeting was baba R in die pleegsorg van die eerste en tweede respondente, ook Amerikaanse burgers wat in Suid-Afrika woonagtig was. Die applikante wou baba R aanneem. Die applikante het 'n aansoek gebring om te verklaar dat baba R verlate240 is, om volle toesig en voogdyskap van baba R te verkry, en die applikante te magtig om Suid-Afrika te verlaat saam met baba R met die oog daarop dat hulle die kind in die Verenigde State van Amerika gaan aanneem.241

Daar is egter bevind dat daar moontlike plaaslike aannemende ouers is wat gretig om vir baba R aan te neem.242 As gevolg van die moontlikheid van plaaslike aannemende

234 Artikel 137, artikel 231(7) en artikel 231(8) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 235 Couzens 2009 PER 65.

236 Hoofstuk 16 van die Kinderwet No. 38 van 2005 wat handel oor interstaatlike aanneming sê in

artikel 254 dat die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van

Interstaatlike Aanneming, 1993 se bepalings in Suid-Afrika van krag is; Die Aanhef van die Haagse

Aanneming Konvensie bepaal dus: "Recalling that each State should take, as a matter of priority, appropriate measures to enable the child to remain in the care of his or her family of origin. Recognising that intercountry adoption may offer the advantage of a permanent family to a child for whom a suitable family cannot be found in his or her State of origin."; artikel 261(5)(g) van die

Kinderwet No. 38 van 2005.

237 AD & another v DW & others; Centre for Child Law (amicus curiae); Dept of Social Development

(Intervening) [2008] JOL 21203 (CC); ook bekend as De Gree v Webb 2008 (4) BCLR 359 (CC).

238 De Gree v Webb 2008 (4) BCLR 359 (CC) par 2.

239 De Gree v Webb 2008 (4) BCLR 359 (CC) par 2.

240 Die term verlate word kragtens Hoofstuk 1 van die Kinderwet No. 38 van 2005 gedefineer as:

““verlate” met betrekking tot ‘n kind, ‘n kind wat – (a) klaarblyklik verlaat is deur die ouer, voog of versorger; of (b) vir geen oënskynlike rede geen kontak gehad het met die ouer, voog of versorger vir ‘n periode van ten minste drie maande nie.”.

241 AD & another v DW & others; Centre for Child Law (amicus curiae); Dept of Social Development

(Intervening) [2008] JOL 21203 (CC) par 1.

37

ouers, is die Amerikaanse paartjie se aansoek geweier, omdat interstaatlike aanneming eers toegelaat word na behoorlike oorweging van geskikte plaaslike plasingsopsies.243 Alhoewel die geskiktheid van die pleegouers om aan te neem nie in dispuut was nie, was die aansoekprosedure om ʼn bevel wat hulle verklaar die voogde van die kind te wees foutief.244 Dit het meegebring dat die wyse waarop die subsidiariteitsbeginsel toegepas was, bevraagteken was.245 Die Appèlhof het bevind dat dit eerder wenslik sou wees om ʼn aannemingsbevel in die Kinderhof te verkry.246

Nadat die verhoor in die Konstitusionele Hof aanvang geneem het, is die Kinderhof genader om die aansoek van baba R deur die applikante op 'n spoedige basis aan te hoor.247 Daarna is die aannemingsaansoek deur die Kinderhof toegestaan.248

Regter Sachs249 het voorgehou dat alhoewel die subsidiariteitsbeginsel nagekom behoort te word, beteken dit nie dat dit die finale beslissingsfaktor in interstaatlike aanneming moet wees nie. Die beste belang beginsel van die kind is dus die uiteindelike beslissingsfaktor, en nie die subsidiariteitsbeginsel nie.250