• No results found

HOOFSTUK 3 Plaaslike Instrumente

3.3 Die Kinderwet No 38 van

Die aanhef van die Kinderwet verklaar onomwonde dat ʼn kind moet grootword in ʼn gesinsomgewing, in ʼn atmosfeer van geluk, liefde en begrip vir die volle en

243 Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike

Aanneming, 1993 bepaal in sy aanhef dat elke lidstaat toepaslike maatreëls moet instel om die kind

in staat te stel om in die sorg van sy of haar gesin van oorsprong te bly, asook dat interstaatlike aanneming die voordeel van 'n permanente gesin aan 'n kind kan bied vir wie 'n geskikte familie nie in sy of haar land van oorsprong gevind kan word nie.

244 De Gree v Webb (Centre for Child Law, University of Pretoria, Amicus Curiae) 2007 (5) SA 184

(SCA) par 27.

245 De Gree v Webb (Centre for Child Law, University of Pretoria, Amicus Curiae) 2007 (5) SA 184

(SCA) par 27.

246 De Gree v Webb (Centre for Child Law, University of Pretoria, Amicus Curiae) 2007 (5) SA 184

(SCA) par 27.

247 AD & another v DW & others; Centre for Child Law (amicus curiae); Dept of Social Development

(Intervening) [2008] JOL 21203 (CC) par 17.

248 Mezmur Intercountry Adoption In An African Context: A Legal Perspective 25.

249 AD & another v DW & others; Centre for Child Law (amicus curiae); Dept of Social Development

(Intervening) [2008] JOL 21203 (CC) par 49.

250 Rushwaya A Critical Analysis of the Legislative framework regulating Intercountry Adoption in South

38

harmonieuse ontwikkeling van sy of haar persoonlikheid.251 Artikel 7 van die Kinderwet beklemtoon dat wanneer die beste belang beginsel van die kind toegepas word, sekere faktore in aanmerking geneem moet word, soos onder andere byvoorbeeld die aard van die persoonlike verhouding tussen die kind en sy of haar ouer of voog,252 die waarskynlike effek van enige verandering in die kind se omstandighede op die kind,253 die behoefte van ʼn kind om groot te word in ʼn stabiele gesinsomgewing en indien dit nie moontlik is nie, in ʼn omgewing wat so nou as moontlik ooreenkom met ʼn versorgende gesinsomgewing.254 Dus is die Kinderwet nie net van toepassing op permanente ouer-kind verhoudings nie, maar verhoudings wat gefokus is op familie bewaring wat ʼn veilige omgewing vir die ongeskonde ontwikkeling van die kind bied. Artikel 231 en 232 van die Grondwet maak voorsiening dat internasionale regsinstrumente in Suid-Afrika se plaaslike regsisteem toepassing vind.255 Dit beteken dat Suid-Afrika 'n dualistiese staat is waarvolgens 'n internasionale ooreenkoms eers goedkeuring van die Parlement vereis voordat dit bekragtig word.256 Na bekragtiging, verkry die internasionale ooreenkoms regskrag in Suid-Afrika wanneer dit by nasionale wetgewing verorden word. 257 Artikel 39(1)(b) van die Grondwet maak verder voorsiening vir internasionale reg as ʼn interpretatiewe meganisme vervat in die Handves van Regte.258

251 Kinderwet No. 38 van 2005.

252 Artikel 7(a) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 253 Artikel 7(d) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 254 Artikel 7(k) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

255 Artikel 231(2), artikel 231(4), artikel 231(5) en artikel 232 van die Grondwet van die Republiek van

Suid-Afrika, 1996 bepaal onderskeidelik: "231(2) ʼn Internasionale ooreenkoms bind die Republiek

slegs nadat dit in sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit ʼn ooreenkoms genoem in subartikel (3) is; 231(4) ʼn Internasionale ooreenkoms verkry regskrag in die Republiek wanneer dit by nasionale wetgewing as wet verorden word; maar ʼn regstreeks uitvoerbare bepaling van ʼn ooreenkoms wat deur die Parlement goedgekeur is, verkry regskrag in die Republiek tensy die ooreenkoms met die Grondwet of ʼn Parlementswet onbestaanbaar is; 231(5) Die Republiek word gebind deur internasionale ooreenkomste wat die Republiek by die inwerkingtreding van hierdie Grondwet gebind het; Artikel 232 Volkeregtelike gewoontereg het regskrag in die Republiek tensy dit met die Grondwet of ʼn Parlementswet onbestaanbaar is.

256 Artikel 231(4) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. 257 Artikel 231(4) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.

258 State v Makwanyane and Another 1995 (6) BCLR 665 (CC) par 686 D-F het hierdie posisie bevestig

en het bevind dat internasionale reg in hierdie konteks beide bindende en nie-bindende internasionale instrumente insluit as interpretatiewe meganisme in Suid-Afrika.

39

Die hoofdoelwit van Hoofstuk 16 van die Kinderwet is om effek te gee aan die Haagse Aanneming Konvensie, om voorsiening te maak vir die erkenning van interstaatlike aanneming, om geskikte en gepaste aannemende ouers vir aanneembare kinders te vind, en om in die algemeen interstaatlike aanneming te reguleer.259 Die Haagse Aanneming Konvensie en die Kinderwet is eens dat dit nie interstaatlike aanneming aanmoedig as primêre plasingsopsie nie, maar eerder poog om die proses te reguleer, misbruik te elimineer, en wedersydse erkenning van interstaatlike aanneming tussen lidstate fasiliteer.260 Die Kinderwet reguleer interstaatlike aanneming waarin Suid- Afrika 'n stuur- sowel as ontvangerstaat is.261 Die Haagse Aanneming Konvensie bepaal dat sy standaarde slegs van toepassing is op aannemings wat 'n permanente ouer- kind verhouding skep.262 Die Kinderwet brei die toepassing van die interstaatlike aannemingstandaarde uit na voogdyskapaansoeke, alhoewel hierdie aansoeke nie aanleiding gee tot 'n permanente ouer-kind verhouding nie.263

Artikel 257 van die Kinderwet bepaal dat die Direkteur-Generaal van die Departement van Sosiale Ontwikkeling Suid-Afrika se sentrale gesag is om interstaatlike aanneming te reguleer.264 Dit kan potensieel 'n sleutelrol speel om te verseker dat die beginsel van subsidiariteit nagekom word.265 Artikel 261(5)(f) van die Kinderwet vereis verder dat, voordat 'n internasionale aannemingsbevel gemaak word, die hof eers tevrede moet wees dat die sentrale gesag toestemming tot die aanneming van die kind gegee het.266 In die besluitnemingsproses of toestemming verleen gaan word, al dan nie, moet die sentrale gesag toesien dat geskikte plasingsopsies behoorlik oorweeg word.267 Indien die subsidiariteitsbeginsel nie op hierdie wyse nagekom is nie, kan toestemming in die lig van die artikel 261(5)(f) geweier word.268 Die funksies van die

259 Artikel 254 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. 260 Couzens 2009 PER 58.

261 Artikel 264 en artikel 265 van die Kinderwet No. 38 van 2005.

262 Artikel 2(2) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

van Interstaatlike Aanneming, 1993.

263 Artikel 25 van die Kinderwet No. 38 van 2005.

264 Kinderwet No. 38 van 2005; sien ook artikel 6 van die Haagse Konvensie oor Beskerming van

Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

265 Couzens en Zaal 2009 Obiter 302.

266 Kinderwet No. 38 van 2005.

267 Couzens en Zaal 2009 Obiter 302.

268 Kinderwet No. 38 van 2005; sien ook artikel 261(6)(a) van die Kinderwet No. 38 van 2005 wat

40

Sentrale Gesag wat deur die Haagse Aanneming Konvensie toegewys word, moet na oorlegpleging met die Direkteur-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling uitgevoer word.269 Die sentrale gesag kan ook sy bevoegdhede en pligte ingevolge die Haagse Aanneming Konvensie aan 'n amptenaar in die departement,270 ander staatsorgane of kinderbeskermingsorganisasies delegeer.271

3.3.1 Die aanneembaarheid van die kind

Die Kinderwet moedig plaaslike aanneming aan. 272 Dit sluit gesinsbewaringsprogramme in, byvoorbeeld vroeë intredingsdienste,273 hereniging van kinders met hulle families274 en plaaslike alternatiewe sorg.275 Couzens276 voer aan dat geakkrediteerde aannemingsagentskappe oor die vermoë behoort te beskik om kinders te voorsien van 'n verskeidenheid relevante dienste voor die oorweging van interstaatlike aanneming.

Artikel 261(5)(a) van die Kinderwet vereis dat die hof eers tevrede moet wees dat daar aan die bepalings van die Haagse Aanneming Konvensie voldoen is voordat ʼn interstaatlike aannemingsbevel toegestaan kan word. 277 Dit beteken dus dat moontlikhede vir 'n plaaslike plasing eers gesoek moet word voordat 'n kind vir interstaatlike aanneming oorweeg word.278 Voordat die hof enige aannemingsbevel toestaan, moet alle relevante faktore en omringende omstandighede van die kind in ag geneem word.279 Hierdie faktore en omstandighede sluit in onder andere byvoorbeeld die kind, asook die biologiese en voornemende aannemende ouers se

kind terugtrek binne ʼn tydperk van 140 dae vanaf die datum waarop dit toegestem het tot die aanneming indien dit in die beste belange van die kind is om dit te doen.".

269 Artikel 257(2) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 270 Artikel 258(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 271 Artikel 258(2) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

272 Artikel 231(5) van die Kinderwet No. 38 van 2005 bepaal dat: "Enige persoon wat ʼn kind aanneem

kan aansoek doen vir middele-getoetste maatskaplike bystand waar van toepassing.".

273 Artikel 46(1)(g)(i) en artikel 46(1)(g)(iii) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 274 Artikel 156(3)(a)(ii) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

275 Artikel 46(1)(a)-46(1)(f) en artikel 156(1)(a)-156(1)(g) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 276 Couzens en Zaal 2009 Obiter 303.

277 Kinderwet No. 38 van 2005.

278 Artikel 4(b) van die Haagse Konvensie oor Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte

van Interstaatlike Aanneming, 1993.

41

godsdienstige en kulturele agtergrond.280 Artikel 240(1)(b) beperk nie die faktore wat in ag geneem moet word tot die godsdiens en kultuur van die kind nie, omdat daar ʼn diskresie aan die hof gelaat word om ag te slaan op alle omringende faktore wat die kind raak.281

Artikel 261(5)(g) van die Kinderwet bepaal verder dat voordat enige kind vir interstaatlike aanneming oorweeg mag word, die kind se naam vir ten minste 60 dae in die Register van Aanneembare Kinders en Voornemende Aannemende Ouers moet verskyn. Die RAKAO is ʼn register wat toegang tot inligting oor kinders wat beskikbaar is vir aanneming aan amptenare en aannemingsagentskappe verleen.282 Voordat ʼn bevel deur die hof gemaak kan word, moet die hof eers tevrede wees dat die naam van die kind in die RAKAO was vir ten minste 60 dae en dat geen geskikte plaaslike aannemende ouer vir die kind beskikbaar is nie.283 Dit dien as ʼn meganisme om toe te sien dat plaaslike aanneming opsies prioriteit bo interstaatlike aanneming geniet. Die RAKAO het verder ten doel om ʼn geïntegreerde benadering tot die keuring van aannemende kinders en voornemende aannemende ouers te skep en hulle bymekaar te pas.284 Boezaart285 voer aan dat hierdie register die mees vindingryke uitvinding van die Kinderwet is, omdat dit rekord hou van alle aanneembare kinders en geskikte aannemende ouers.

ʼn Maatskaplike werker moet ʼn waardebepaling doen om vas te stel of ʼn kind aanneembaar is.286 Om as aannemende kind geregistreer te word, moet die kind voldoen aan die vereistes soos bepaal in artikel 230 van die Kinderwet.287 Die kind

280 Artikel 240(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

281 Ferreira 2006 Speculum Juris 129; artikel 240(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005 bepaal:

"Wanneer ʼn aansoek vir die aanneming van ʼn kind oorweeg word moet die hof alle relevante faktore in aanmerking neem, insluitende die geloofs- en kulturele agtergrond…".

282 Artikel 232 van die Kinderwet No. 38 van 2005. 283 Artikel 261(5)(g) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 284 Van der Walt 2014 Obiter 449.

285 Boezaart Child Law in South Africa 136.

286 Artikel 230(2) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

287 Artikel 230(3) van die Kinderwet No. 38 van 2005 bepaal: "ʼn Kind is aanneembaar indien: (a) die

kind ʼn weeskind is en geen voog of versorger het wat bereid is om die kind aan te neem nie; (b) die verblyfplek van die kind se ouer of voog nie vasgestel kan word nie; (c) die kind geabandoneer is; (d) die kind se ouer of voog die kind misbruik of doelbewus verwaarloos het of toegelaat het

42

wat geag word aanneembaar te wees sal dan deur die Direkteur-Generaal van die sentrale gesag in die RAKAO geregistreer word.288 Die registrasie sal gewoonlik plaasvind indien 'n versoek deur 'n maatskaplike werker, geakkrediteerde aannemingsagentskap, geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie of die Departement van Sosiale Ontwikkeling gedoen word. 289 Deur inligting oor aanneembare kinders en voornemende gekikte aannemende ouers te konsolideer, voer Couzens290 aan dat die RAKAO huidige interstaatlike aannemingsprobleme aanspreek as gevolg van die gebrek aan effektiewe kommunikasie tussen die betrokke state. Al hierdie maatreëls dra by tot die prioriteitsfaktor van geskikte sorg op ʼn plaaslike basis.

Ongelukkig is artikel 261(5)(g) egter nie spesifiek oor die aard of omvang van die pogings wat aangewend moet word om geskikte plaaslike ouers te identifiseer nie.291 3.3.2 Die interstaatlike aannemingsprosedure en die subsidiariteitsbeginsel in Suid Afrika as stuurstaat

Met verwysing na die voorafgaande bespreking kan vasgestel word dat indien geen gepaste plaaslike plasingsopsie beskikbaar is nie, interstaatlike aanneming as plasingsopsie oorweeg kan word. Die interstaatlike aannemingsproses wat gevolg moet word, is intensief en behels ʼn kombinasie van die twee betrokke lidstate se unieke wetgewing. Een belangrike aspek is dat die sentrale gesag, (Direkteur-Generaal van die Departement van Sosiale Ontwikkeling) vir leiding benader moet word wanneer 'n interstaatlike aanneming oorweeg word.292 Interstaatlike aanneming kan slegs plaasvind waar 'n ooreenkoms tussen Suid-Afrika (stuurstaat) en die ander lidstaat tot

dat die kind misbruik of doelbewus verwaarloos word; of (e) die kind ʼn permanente alternatiewe plasing benodig.".

288 Artikel 232(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 289 Artikel 232(6) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 290 Couzens 2009 PER 65.

291 Couzens en Zaal 2009 Obiter 301.

292 Department of Social Development 2015

43

die Haagse Aanneming Konvensie (ontvangerstaat) ingestel is en hierdie ooreenkoms deur die sentrale gesag van die beide die lidstate goedgekeur is.293

In die geval van interstaatlike aanneming waar Suid-Afrika die stuurstaat is, die posisie waarin Suid-Afrika homself die meeste in vind,294 moet die voornemende aannemende ouers wat belangstel om 'n Suid-Afrikaanse kind aan te neem, hulle staat (ontvanger staat) se sentrale gesag kontak.295 Die sentrale gesag sal op hulle beurt die

voornemende aannemende ouers verwys na ʼn geakkrediteerde

kinderbeskermingsorganisasie wat geskik is om interstaatlike aanneming te hanteer.296 Indien ʼn Suid-Afrikaanse geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie297 'n kind beskikbaar het vir aanneming, en daar geen plaaslike aanneming opsies beskikbaar is nie, word ʼn verslag vir die sentrale gesag voorberei.298 Hierdie verslag sluit in onder andere die kind se kulturele en godsdienstige agtergrond, asook of die kind nog biologiese ouers of uitgebreide familie in die kind se land van oorsprong het.299 Nadat die sentrale gesag skriftelik ingestem het dat geen plaaslike aannemende ouers gevind kan word nie, kan interstaatlike aanneming oorweeg word.300 Die kind se naam word dan vir 60 dae in die RAKAO geplaas.301

Die plaaslike geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie kan dan die moontlikhede van gesertifiseerde aannemende ouers oorweeg van die organisasie met wie hulle 'n aannemingswerksooreenkoms gesluit het.302 Indien die voornemende aannemende ouers geskik is om aan te neem, moet die sentrale gesag ʼn verslag voltooi met

293 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

294 Couzens 2009 PER 55.

295 Artikel 261(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005; artikel 14 van die Haagse Konvensie oor

Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

296 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

297 Artikel 260(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 298 Artikel 261(3) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 299 Artikel 261(5) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 300 Artikel 262(5)(f) van die Kinderwet No. 38 van 2005. 301 Artikel 262(5)(g) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

302 Artikel 260(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005 bepaal dat: "ʼn Kinderbeskermingsorganisasie

wat ingevolge artikel 259 geakkrediteer is om interstaatlike aannemingsdienste te verskaf kan ʼn aannemingswerksooreenkoms sluit met ʼn geakkrediteerde aannemingsagentskap in ʼn ander land.".

44

vermelding van die kind se naam en besonderhede, asook die naam en besonderhede van die voornemende aannemende ouers wat aan die ontvangerstaat se sentrale gesag gestuur word. 303 Die ontvangerstaat se geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie sal dieselfde verslag voltooi en aan die plaaslike geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie en sentrale gesag stuur.304

Die plaaslike kinderbeskermingsorganisasie reël vir 'n hofdatum, asook ʼn besoek van die voornemende aannemende ouers aan Suid-Afrika.305 Die Kinderhof sal slegs 'n aannemingsbevel uitreik indien die verslae van beide die ontvanger- en stuurstaat by die hof ingedien word.306 Die hof sal slegs 'n aannemingsbevel toestaan indien so 'n bevel in die beste belang van die kind dien en daar aan al die bepalings soos deur wetgewing uiteengesit is, nagekom is.307Indien die Kinderhof die interstaatlike aannemingsbevel toestaan, rus die plig op die sentrale gesag van die stuurstaat om die aanneming te registreer.308 Couzens309 sê dat dit algemene praktyk geword het in Suid-Afrika om ʼn interstaatlike aanneming te finaliseer voordat 'n kind na die ontvangerstaat gestuur word.

Kragtens artikel 265(7) van die Kinderwet310 word 'n aannemingsbevel eers na die verstryking van die 140 dae van krag, mits die sentrale gesag sy toestemming nie teruggetrek het nie. 311

Die prosedure wat gevolg word wanneer 'n kind aangeneem word deur aannemende ouers wat in 'n staat woon wat nie ʼn party tot die Haagse Aanneming Konvensie is nie, is soortgelyk aan die proses hierbo bespreek. Suid-Afrika (stuurstaat) se sentrale gesag vervul dieselfde funksie as by 'n interstaatlike aanneming deur ouers in 'n

303 Artikel 261(2) van die van die Kinderwet No. 38 van 2005, Artikel 17 van die Haagse Konvensie oor

Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

304 Artikel 261(3) van die van die Kinderwet No. 38 van 2005. 305 Artikel 261(4) van die van die Kinderwet No. 38 van 2005. 306 Artikel 261(5) van die van die Kinderwet No. 38 van 2005.

307 Artikel 7 van die van die Kinderwet No. 38 van 2005, Artikel 261(5) van die van die Kinderwet No.

38 van 2005.

308 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

309 Couzens 2009 PER 80.

310 Kinderwet No. 38 van 2005.

45

lidstaat wat ʼn party tot die Haagse Aanneming Konvensie is.312 Hierdie soort aanneming kan slegs gedoen word deur kinderbeskermingsorganisasies wat geakkrediteer is om interstaatlike aannemings te behartig.313

3.3.3 Die interstaatlike aannemingsprosedure en die subsidiariteitsbeginsel in Suid- Afrika as ontvangerstaat

Die interstaatlike aannemingsproses neem aanvang in die lidstaat van die voornemende aannemende ouers.314 Artikel 264 en artikel 265 van die Kinderwet reguleer die prosedure indien Suid-Afrika die ontvangerstaat is. 315 Die aannemingsproses is ook baie dieselfde as die proses van die stuurstaat. Die voornemende aannemende ouers doen aansoek by die stuurstaat se sentrale gesag,316 waarna hulle ʼn verslag voorberei en aan die ontvangerstaat stuur in ooreenstemming met die vereistes van die Haagse Aanneming Konvensie.317 Die stuurstaat identifiseer dan ʼn aanneembare kind.318 Indien die ontvanger- en stuurstaat se sentrale gesag toestem tot die aanneming, verwys die sentrale gesag in die stuurstaat die aansoek vir aanneming vir die nodige toestemming in die ontvangerstaat.319 Hierdie soort aanneming word nie aangemoedig nie omdat Suid-Afrika baie kinders het wat permanente en stabiele huise benodig.320

Die Suid-Afrikaanse geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie moet nasorgdienste bied en opvolgverslae aan die ontvangerstaat se geakkrediteerde

312 Pretorius Inter-Country Adoptions and the Best Interests of the Child 27.

313 Department of Social Development 2015

www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

314 Dit is belangrik om op te let dat die ontvangerstaat ook ʼn lidstaat tot die Haagse Aanneming

Konvensie moet wees; Department of Social Development 2015 www.dsd.gov.za/index2.php?option=com_docman&task=doc_view&gid=148.

315 Kinderwet No. 38 van 2005.

316 Artikel 264(1) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

317 Artikel 264(2) van die Kinderwet No. 38 van 2005, Artikel 17 van die Haagse Konvensie oor

Beskerming van Kinders en Samewerking ten opsigte van Interstaatlike Aanneming, 1993.

318 Couzens 2009 PER 82.

319 Artikel 264(4) van die Kinderwet No. 38 van 2005.

320 Department of Social Development 2015

46

kinderbeskermingsorganisasie voorlê deur Suid-Afrika se sentrale gesag vir 'n tydperk van 5 jaar.321

Indien Suid-Afrikaanse aannemende ouers ʼn kind wil aanneem vanuit ʼn staat wat nie ʼn party tot die Haagse Aanneming Konvensie is nie, is die proses wat gevolg word ook dieselfde as bogenoemde. Hierdie proses word egter nie deur die Haagse Aanneming Konvensie gereguleer nie. Daar moet aan die wetgewing voldoen word soos voorgeskryf deur die stuurstaat.322 Hierdie soort aanneming word nie aangemoedig nie, omdat Suid-Afrika nog nie wetgewing in plek het wat 'n stuurstaat wat nie ʼn party is tot die Haagse Aanneming Konvensie se aannemingsbevel erken nie.323

3.4 Die subsidiariteitsbeginsel van toepassing op die kultuur aspek in