• No results found

Gevolge van die subsidiariteitsbeginsel op interstaatlike aanneming

HOOFSTUK 4 Effek van die subsidiariteitsbeginsel

4.1 Gevolge van die subsidiariteitsbeginsel op interstaatlike aanneming

Faktore soos armoede, die gebrek aan toegang tot dienste vir die instandhouding van gesinne, die verlies van een of albei ouers en ander traumatiese ervaringe, soos geweld teen kinders, dra almal by tot die huidige ouerlose posisie van talle kinders.385 Ten spyte van sommige Suid-Afrikaanse gemeenskappe386 wat poog om vir hierdie kinders te sorg, bly die beskikbaarheid van gepaste plaaslike permanente sorg 'n uitdaging.387 Die subsidiariteitsbeginsel vereis dat alle plaaslike permanente en tydelike plasingsopsies eers behoorlik oorweeg moet word voordat interstaatlike aanneming oorweeg kan word. Hierdie volgorde van oorweging bring mee dat die aannemingsproses vertraag word. Die vertraging veroorsaak op sy beurt dat kinders vir langer tydperke aan ongunstige omgewings blootgestel word, soos kinder- of jeugsorgsentrums wat hulle welstand op die langtermyn kan aanraak.

Kinders word gewoonlik met twee alternatiewe in die gesig gestaar indien hulle nie plaaslik of interstaatlik aangeneem kan word nie.388 Sodra kinders emosionele volwassenheid389 bereik, kan hulle volgens Bartholet390 ʼn besluit neem om op straat te woon en self probeer oorleef, andersins sal hierdie kinders wat sorg en beskerming benodig heel waarskynlik hulle ontwikkelingsjare in kinder- en jeugsorgsentrums spandeer.

385 Van der Walt 2016 Obiter 674.

386 Sommige kulture glo dat indien ʼn kind se ouers van daardie gemeenskap of stam iets oorkom, die

gemeenskap of stam die kinders informeel aanneem. Dit wil sê dat daar geen fromele aanneemingsproses geskied nie, maar die kinders word deur die gemeenskap of stam groot gemaak. Mosikatsana 1997 South African Journal On Human Rights 605.

387 Van der Walt 2016 Obiter 674.

388 Worthington 2009 Duke Journal of Comparative & International Law 568.

389 Artikel 10 van die Kinderwet no. 38 van 2005 bepaal dat: "Elke kind van sodanige ouderdom,

volwassenheid en fase van ontwikkeling dat hy of sy instaat is om deel te neem aan enige aangeleentheid betreffende daardie kind het die reg om op enige gepaste wyse deel te neem en behoorlike oorweging moet gegee word aan sienswyses wat deur die kind uitgespreek is.".

56

UNICEF,391 ʼn interregeringsorganisasie,392 erken dat baie kinders onnodig en te lank in kinder- en jeugsorgsentrums geplaas word, waar hulle nie voldoende stimulasie en individuele aandag ontvang om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel nie. Hulle toon verder aan dat dit vir kinders in kinder- en jeugsorgsentrums moeilik kan wees om betekenisvolle, blywende verhoudings te vorm as gevolg van onvoldoende personeel- tot-kind verhoudings, asook die gebrek aan opleiding van opsigters en ʼn hoë personeelomset.393 Aangesien kinders in kinder- en jeugsorgsentrums dikwels nie die nodige emosionele en psigiese stimulasie kry nie, is die plasing van kinders in kinder- en jeugsorgsentrums nie altyd in die beste belang van ʼn kind nie.394

UNICEF bevorder die idee dat kinders wat sorg en beskerming benodig feitlik ten alle koste in hulle land van oorsprong gehou moet word.395 UNICEF stem in beginsel saam met die bepaling dat kinders as heel laaste opsie in kinder- en jeugsorgsentrums geplaas moet word, en beklemtoon die ontwikkeling van alternatiewe plaaslike sorg opsies wat ondersteuning aan behoeftige ouers, versorging van die kind in die kind se familie omgewing, pleegsorg en selfs kinder- en jeugsorgsentrums insluit.396 UNICEF voer verder aan dat hulle nie absoluut teen interstaatlike aanneming gekant is nie, maar dit uitdruklik as laaste plasingsopsie oorweeg.397 Soos interstaatlike aanneming al hoe meer uitgebrei het, het UNICEF al hoe meer op die gepaardgaande probleme gefokus, soos aannemingsmisbruike, onwettige handel van babas, bedrog en kinderontvoering.398 UNICEF poog om al hierdie aannemingsmisbruike aan te spreek en te verminder, maar hulle poging om die aannemingspraktyk se misbruike te bekamp, behoort nie ten koste van ʼn kind se beste belang om aangeneem te word wees nie.

391 UNICEF, Children Without Parental Care (2006).

392 UNICEF is 'n lid van die Verenigde Nasies Ontwikkelingsgroep wat op 11 Desember 1946 deur die

Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies geskep is om voeding en gesondheidsorg aan behoeftige kinders te verskaf. UNICEF werk in 190 lande om kinders se lewens te red, hulle regte te verdedig en om hulle te help om hul potensiaal te bereik.

393 UNICEF, Enhanced Protection for Children Affected by AIDS (2007) 16.

394 Worthington 2009 Duke Journal of Comparative & International Law 571. 395 Bartholet 2010 Global Policy, Issue 1, January, 2010 7.

396 Bartholet 2010 Global Policy, Issue 1, January, 2010 7. 397 Bartholet 2010 Global Policy, Issue 1, January, 2010 7. 398 Bartholet 2010 Global Policy, Issue 1, January, 2010 7.

57

Indien voornemende aannemende ouers nie geskik verklaar word om aan te neem op grond van ʼn spesifieke kultuur, ras of nasionaliteit, is dit moontlik dat die sentrale gesag mag besluit om die proses te vertraag en vir ‘beter’ voornemende aannemende ouers te wag wat meer geskik sal wees vir die kind.399 Alhoewel dit die kind kan baat om te wag tot die mees geskikte ouer/s ʼn aansoek bring, kan die wagtydperk permanente skade aan die kind aanrig indien die kind te lank in pleegsorg, of in ʼn kinder- en jeugsorgsentrum bly.400 Dit bring mee dat die kind se kans om vroeër familiebande te vorm, ontneem word en hulle kans van aanneming al hoe skraler word hoe ouer die kind word. Internasionale instrumente behoort meer klem te lê dat tyd ʼn belangrike oorwegende faktor in die aannemingsproses speel.

In Mei 2016 het die Departement van Sosiale Ontwikkeling 'n onmiddellike stop gesit vir aanneming in KwaZulu-Natal oor beweerde kinderhandel.401 Die nuwe norm behels vertragings, onwettige prosedurele vereistes en onetiese praktyke.402 Dit het gelei tot 'n agterstand van moontlike aanneming waar honderde kwesbare kinders vir onbepaalde tye in pleegsorg geplaas is sonder enige wettige bevestiging van enige ouer- of pleegouer.403 Tydelike plekke van alternatiewe sorg in die kind se land van oorsprong is oorvol in afwagting van die finalisering van aanneming.404 Volgens Foxton405 het studies bevestig dat die lang tydperke in kinder- en jeugsorgsentrums die kinders se vermoë om emosioneel met ander mense te verbind beïnvloed word.

399 Carlson 2010 New York Law School Review 774.

400 Permanente skade sluit in byvoorbeeld emosionele en psigiese ontwikkeling; Carlson 2010 New

York Law School Review 774.

401 Vorster RV 2017 Dirty tricks, delays and deception: The sabotage of child protection

https://www.dailymaverick.co.za/opinionista besoek 12 Mei 2018.

402 Vorster RV 2017 Dirty tricks, delays and deception: The sabotage of child protection

https://www.dailymaverick.co.za/opinionista besoek 12 Mei 2018.

403 Vorster RV 2017 Dirty tricks, delays and deception: The sabotage of child protection

https://www.dailymaverick.co.za/opinionista besoek 12 Mei 2018.

404 Vorster RV 2017 Dirty tricks, delays and deception: The sabotage of child protection

https://www.dailymaverick.co.za/opinionista besoek 12 Mei 2018.

405 Foxton J 2017 We Need to Decolonise Adoption – For the Sake of the Children

https://www.justinfoxton.com/2017/06/21/adoption-decolonise-sake-children/ besoek 14 Junie 2018.

58

Aanneming is beslis nie wydverspreid nie.406 Vorster407 glo dat Suid-Afrikaanse Owerhede die aannemingsproses opsetlik bemoeilik. Suid-Afrikaanse howe is onwillig om ouerlike regte tersyde te stel en interstaatlike aanneming te bevorder as gevolg van die moontlikheid van die kind se kulturele verlies.408 In teenstelling met die Haagse Aanneming Konvensie, 409 dring die Departement van Sosiale Ontwikkeling en Binnelandse Sake daarop aan dat maatskaplike werkers elke plaaslike plasingsopsie eers uitput voordat interstaatlike aanneming as opsie oorweeg mag word.410

Dus veroorsaak die subsidiariteitsbeginsel onnodige vertragings in die aannemingsproses wat nie in die beste belang van die kinders is nie. Dit bring mee dat kinders verder die geleentheid ontneem word om deur ʼn permanente gesin groot gemaak te word, en hulle vir langer tydperke in kinder- en jeugsorgsentrums en tydelike pleegsorg moet deurbring.