• No results found

1.1 DIE VESTIGING EN UITBREIDING VAN DIE ST AALNYWERHEID IN SUID-AFRIKA

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "1.1 DIE VESTIGING EN UITBREIDING VAN DIE ST AALNYWERHEID IN SUID-AFRIKA "

Copied!
19
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 1

YSKOR SE AANDEEL IN DIE VESTIGING VAN VANDERBIJLPARK

1.1 DIE VESTIGING EN UITBREIDING VAN DIE ST AALNYWERHEID IN SUID-AFRIKA

Die staalnywerheid vorm in die meeste groat nywerheidslande 'n belangrike dee! van die nywerheidstruktuur en !ewer 'n groat bydrae tot die ekonomie. In Suid-Afrika was die verslag van mnr. Robert Kotze, die Transvaal-regering se myningenieur, in 1909, eintlik die eerste amptelike erkenning in Transvaal van die moontlikheid om 'n yster- en staalnywerheid te vestig. Hy het die oprigting van 'n. hoogoond en staalaanleg bepleit met die oog op die gebruik van plaaslike erts vir die vervaardiging van staal.

Omdat dit moeilik sou wees om so 'n hoogoond op te rig, het hy aanbeveel dat ' n elektriese oond opgerig moes word waar staal uit skroot vervaardig ken word. Hier- deur kon die lewensvatbaarheid van 'n yster- en staalnywerheid bewys word.

5

Om verder op die saak in te gaan, het die Transvaal-regering mnr. F.W. Harbord. 'n Britse kenner van die staalnywerheid: versoek om 'n verslag oor die hele aange- leentheid op te stel. Die verslag van mnr. Harbord, gedateer 25 Januarie 1910, was egter negatief ten opsigte van die vervaardiging van ru-yster en staal uit plaaslike grondstowwe. Hy het aanbeveel dat ' n elektriese oond eerder opgerig moes word waar die groot hoeveelhede skroot wat beskikbaar is, verwerk ken word.

7

Die Transvaal-regering het die verslag van mnr. Harbord aanvaar en die gevolg hiervan was dat die regering op 2 Februarie 1910 tenders vir die koop van 15,000 ton skroot teen £1 per ton aangevra het. Die suksesvolle tend eraar moes verder jaarliks nie minder nie as 500 ton skroot teen dieselfde prys koop. 'n Aanleg moes vir die vervaardiging van staal uit skroot opgerig word. Verder moes eksperimente ook ge- doen word om plaaslike erts te verwerk. Die suksesvolle tenderaar was die South African Iron and Steel Company en die ooreenkoms met die Unie-regering, wat die plek van die Transvaal-regering ingeneem het, is op 26 Junie 1911 onderteken . Die ooree nkoms is de ur die Union Stee l Corporation (of South Africa) Ltd . (Usee), wat op

s C.S. Richards. The iron and steel industry in South Africa, pp.23-25.

7 C.S. Richards. The iron and steel industry ... , pp.26-28.

(2)

15 November 1911 gestig is, oorgeneem. Die ooreenkoms tussen Usco en die re- gering is op 8 Julie 1912 gefinaliseer en was vir 16 jaar geldig.

8

Mnr. C .F. Delfos was vasbeslote om sy ideaal te verwesenlik, naamlik om plaaslike grondstowwe aan te wend om ' n gei·ntegreerde yster- en staalnywerheid op die been te bring . Om die rede is daar 'n ooreenkoms met die Pretoria-munisipaliteit oar die gebru i k van die erts in die omgewing aangegaan.

In 1917 is die Pretor ia Iron Mines ltd. gestig . Nadat 'n eksperimentele hoogoond in 1918 opgerig is, is daar tussen 22 Januarie 1920 en 21 April 1921 ' n goeie gehalte ru-yster geproduseer. Die sukses van die eksperiment het Delfos aangespoor om onclersoek te laat instel oar die moontlikheid om ' n yster- en staalwerke te laat oprig.

Vir die doe! is dr. Percy Wagne r (geoloog van die re gering) en prof. G.H. Sta nle y (ve rbond e aan die Universite it v an die Witwatersrand) se hulp ingeroep.

9

Die verslag was baie positief en vir Delfos het die tyd aangebreek om op 'n grater en meer ekonorniese skaal yster en staal uit plaaslike gronclstowwe te vervaarctig . Om die rede is die South African Iron and Steel Corporation Limit ed op 1 Februari e 1920 gestig. Die 100,000 aandele van die Pretoria Iron Mines ltd., is deur die South African Iron and Steel Corporation Limited oorgeneem. Voordat die nuwe maat- skappy gestig is, het die Pretoria Iron Mines ltd. daarin geslaag om op 24 Januarie 1920 'n voorlopige ooreenkoms (en op 18 Junie 1920 ' n aanvullende ooreenkoms) met die Spoorwegadministras ie te be reik, waardeur die Spoorwegadministrasi e vir 15 jaar (1923-1937) 50 persent van hulle staalprodukte van die voorgenome nuwe maatskappy sou koop.

10

Die ooreenkoms is op 11 Augustus 1920 deur beide huise van die parleme nt goedgekeur en op 5 September 1921 is dit deur die South African Iron and Steel Corporation Limited, oo rgeneem.

11

Ander maatskappye wat oak staal vervaardig het, was onder andere die Dunswart Iron and Steel Works Limited (voorheen bekend as Cartwright and Eaton , ltd .), asook die Ne wcastle Iron and Stee l Works wat oak deur Eaton opg erig is. D ie Ne w c astle- werk e is in 1924 de ur Usco oorge nee m.

12

a C.S. Richards, The iron and steel industry ... , pp.28-40.

9 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , pp.57-60.

1o C.S. Richards, The iron and steel industry ... , pp.61-63.

11 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , p.66.

12 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , pp.81-82.

HOOFSTUK 1 7

(3)

Afgesien van die reeds genoemde staalmaatskappye, was daar verskillende stamme onder andere in Transvaal, Natal en Rhodesie (Zimbabwe) van vroeg af reeds met ystersmeltery bedrywig . Van hulle was byvoorbeeld die Wes-Sotho, Noord-Sotho, Venda en die Lemba, Tsonga, Zoeloe en die Shona .

13

Een van die bekendste terreine vir ysterontginning is gelee in die Ysterberg tussen Potgietersrus en Pietersburg . Aan die westekant is daar 'n aantal vlak holtes waar vroee ystererts uitgegrawe is . Daar kan in die omgewing van Phalaborwa oorblyfsels van baie ystersmeltterreine gevind word.

14

'n Verskeidenheid tipes smeltoonde wat deur verskillende stamme gebruik is, is in die verskillende gebiede aangetref. So is daar die Kaditshwene-tipe wat John Campbell reeds in 1822 beskryf het. Die betrokke smeltoond was van klei gebou.

Aan die bokant het dit ' n ronde opening gehad waardeur die erts ingesit is. Aan die onderkant was daar ' n holte waarin vuur gemaak is. Daar was ook twee openinge vir blaaspype.

1s

Die betrokke smeltoond se verspreidingsgebied het noordwaarts gestrek vanaf die Pretoria-Witwatersrand-gebied tot by Potgietersrus en vandaar weswaarts tot by Botswana.

16

Ander tipes smeltoonde was onder andere die Melville Koppies-tipe, Lolwe-tipe, Schuynshoogte-tipe en die Masorini-tipeY Verder is daar ook smeltoonde in Natal gevind, bv. in die Dukudukubos in die Matubatubu-distrik , op die plaas Craighead 2140 in die distrik Dundee en op die plaas Klipwal in die Piet Retief-distrik.

18

Verskeie voorwerpe is deur verskillende stamme vervaardig, soos bv. assegaailemme, byle, messe, pylpunte, beitels, skoffelpikke, ens.'

9

Die ooreenkoms met die South African Iron and Steel Corporation Limited was vir Usco 'n bedreiging omdat hu lle gevoel het dat dit hulle pogings om verder uit te brei.

sou benadeel. Die regering was egter nie gretig om self 'n yster- en staalnywe rheid

13 U.S. Kusel, 'n Argeologiese studie van vroee ystersmelting in Transvaal. (ongep. M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 1979). pp.78-84.

14 U.S. Kusel. 'n Argeologiese studie .... p.30.

15 U.S. Kusel, 'n Argeologiese studie .... p.32.

1s U.S. KOsel. 'n Argeologiese studie .... p.40.

17 U.S. KOsel, 'n Argeologiese studie ... , p.40-54.

1s U.S. KOsel, 'n Argeologiese studie .... p.57-58.

19 U.S. Kusel. 'n Argeologiese studie .... pp.78-84.

(4)

te vestig nie, maar wou hulle eerder gehad het dat privaatondernemings dit moes doen.

20

Ten einde belangstelling in die yster- en staalnywerheid in Suid-Afrika aan te wakker en kapitaal te bekom, is Delfos in 1920 oorsee . . Onderhandelings met Britse en lta- liaanse staalmaatskappye het egter misluk. In 1922 is hy weer oorsee in 'n poging om kapitaal te bekom, maar weer eens het hy nie sukses behaal nie.

21

Om die staalnywerheid aan te moedig, is die Wet ter Bevordering van die Yster- en Staalnywerheid in 1922 aanvaar. Dit was veral dr. H.J. van der Bijl (die regering se tegniese adviseur rakende nywerheidsaangeleenthede) se aanbeveling wat daartoe gelei het dat die wet aanvaar is , omdat hy geglo het dat die yster- en staalnywerheid di e grondslag vir die industrie le ontwikkeling in Suid-Afrika moes vorm . Volge ns die wet sou premies tot ' n maksimum van 15 sjielings per ton ru-yster of staal wat in Suid-Afrika vervaardig is, betaal word. Die voorwaarde was dat die werke ten rninste 50,000 ton ru-yster of staal per jaar rnoes vervaardig.ZZ

In 1923 het g e nt. Smuts die Unie se Europese Hande lskornrnissaris opdrag gegee om nyweraars op die kontinent te probeer oorreed om betrokke te raak by die vestiging van 'n staalnywerheid in Suid-Afrika . Die gevolg van die pogings was dat die GutehoffnungshOtte, 'n Duitse maatskappy, 'n tegniese kommissie na Suid-Afrika ge- stuur het om die lewensvatbaarheid van ' n yster- en staalnywerheid in Suid-Afr ik a t e ondersoek. As die verslag gunstig was, sou hulle in sarnewerking met ander entrepreneurs die oprigting van 'n yster- en staalnywerheid finansier. Kontak is tus- sen die GutehoffnungshOtte en die South African Iron and Steel Corporation bewerk- stellig en die kommissie het in Februarie 1924 in Suid-Afrika aangekom. Hull e verslag van 1925 was bai e gunstig t.o.v. die vestiging van 'n yster- en staalnywe rhe id in Suid-Afrika. Hulle het Pretoria as die plek waar sodanige nywerheid gevestig moes word, aanbeveel. As gevolg van die na-oorlogse ekonomiese toestande in Duitsland, kon die GutehoffnungshOtte nie die projek finansier nie.

23

Die verslag het egte r die basis van die Yster- e n Staalnywerheid Wet van 1928 gevorm .

20 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , pp.64-67.

21 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , pp.?0-75.

22 Eskom, Megawattpark, H.J. van der Bijl-versameling, "The South African iron and steel industry: its development and possibilities", H.J. van der Bijl, Miscellaneous papers and adresses, 1927 to 1929, val. 2, pp.110-111.

23 C.S. Richards. The iron and steel industry ... , pp.83-84.

HOOFSTUK 1 9

(5)

Delfos het nie tou opgegooi nie, en het die regering probeer oorreed om die vestiging van 'n yster- en staalnywerheid te steun. Aangesien die privaatinstansies gesukkel het om kapitaal in die hande te kry, het die regering al meer oorweging begin skenk aan die gedagte om self so 'n nywerheid tot stand te bring.

24

Na vele oorweging het die regering besluit om voort te gaan met die voorbereiding van 'n wetsontwerp vir die daarstelling van 'n yster- en staalnywerheid. Die Yster- en Staalnywerheidswetsontwerp is dan ook tydens die parlementsitting van 1927 deur die Minister van Verdediging ingedien . Die doe! van die wetsontwerp was om die yster- en verwante nywerhede in die Unie te bevorder en om die Suid-Afrikaanse Yster- en Staal lndustriE'!Ie Korporasie 8eperk (Yskor) te stig. Die wetsontwerp het egter baie teenkanting gekry, vera! in die Senaat.2

5

Die groat beswaar was nie teen die vestiging van 'n yster- en staalnywerheid nie, maar teen die staatsbeheer.zs Na ' n gesamentlike sitting van beide huise van die parlement is die wetsontwerp op 30 Maart 1928 goedgekeur. Die Yster- en Staalnywerheid Wet, no. 11 van 1928, i s op 14 April 1928 in die Staatskoerant afgekondigY

Volgens die proklamasie in die Staatskoerant is Yskor op 5 Junie 1928 gestig.zs Daar sou sewe direkteure wees, waarvan vier deur die Goewerneur-generaal, wat die houer van die A-aandele was, benoem sou word. Uit die vier direkteure is die voorsitter ook deur die Goewerneur-generaal aangewys. Die ander drie direkteure sou deur die privaataandeelhouers, die houers van die 8-aandele, aangewys word.

29

Die gemagtigde aandelekapitaal sou £3,500,000 bedra, waarvan 500,000 gewone aan- dele van £1 elk sou wees (A-aandele), en 3,000,000 gewone aandele van £1 elk (8- aandele). Die Goewerneur-generaal sou die houer van die A-aandele wees, terwyl

24 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , p.97.

25 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , p.1 00.

2e C.S. Richards, The iron and steel industry ... , p.115.

27 Unie van Suid-Afrika, 'Wet om binne die Unie die ontwikkeling van die yster en verwante nywerhede te bevorder en vir daardie doel die Suid-Afrikaanse Yster-en Staal lndustriele Korporasie Beperk te stig', wet no. 11 van 1928, Buitengewone Staatskoerant. vol. 72, no. 1698, 14 April 1928, p.8.

2s Unie van Suid-Afrika, 'Stigting en die tot-regspersoonverheffing van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staal lndustriele Korporasie, Beperk', proklamasie no. 119 van 1928, Staatskoerant, vol. 72, no. 1709, 1 Junie 1928, p.459.

29 Unie van Suid-Afrika, 'Wet om binne die Unie die ontwikkeling van die yster-en verwante nywerhede te bevorder ... *, pp.9-10.

(6)

die B-aandele vir inskrywing aan die publiek beskikbaar gestel sou word. Met die toestemming van die Goewerneur-generaal kon die raad die aandelekapitaal van Yskor vergroot met 500,000 addisionele gewone B-aandele van £1 elk wat aan die publiek beskikbaar gestel kon word. Om voorsiening te maak vir die kapitaaluitgawes kon Yskor oak £1,500,000 se ob-ligasies uitreik.

30

Die totale kapitaal beskikbaar was dus £5,500,000. Die bates van die South African Iron and Steel Corporation Limited is oorgeneem vir £117,895 en 92,000 ten valle opbetaalde B- aandele .31

In Augustus 1928 is die eerste direkteure deur die regering aangestel, nl. dr. H.J. van der Bijl (voorsitter), dr. A.J. Bruwer, mnr. C.F. Delfos en dr. J .H. Dobson. Die direk- teure wat deur die privaataandeelhouers aangestel is, was mnre . J.R. Leisk, C.

Maggs e n A.M. Moste rt.

32

Dit was nie 'n maklike tyd vir Yskor nie, maar dr. Van der Bijl en die ander direkteure was , ondanks al die kritiek en pessimisme van die publiek, val vertroue in die staalnywerheid. Die kritiek en teenstand teen Yskor was daarvoor verantwoordelik dat die publiek baie min van die sogenaamde "B" -aandele, wat spesi::Ial vir hulle beskikbaar gestel is, gekoop het.

Die Yster- en Staalnywerheid Wysigingswet van 1931 het daarvoor voorsiening ge- maak dat die B-aandele wat nie deur die publiek opgeneem word nie, deur die Goewerneur-generaal opgeneem sou word. Volgens die wysigingswet sou die Goewerneur-generaal met betrekking tot die B-aandele as ' n private aandeelhouer beskou word.

33

Nadat die B-aandele en obligasies aan die publiek beskikbaar gestel is, was die reg e ring genoodsaak om self die meeste B-aandele op te neem, asook om die meeste van die obligasies aan te koop , aangesien die reaksie van die publiek baie swak was. Van die 3,500,000 gewone B-aandele wat uitgereik is , is 92,000 deur die aandeelhouers van die South African Iron and Steel Corporation Limited, 6 ,800

30 Unie van Suid-Afrika, 'Wet om binne die Unie die ontwikkeling van die yster- en verwante nywerhede te bevorder ... *, pp.11-12.

31 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , p.126.

32 Eskom, Megawattpark, H.J. van der Bijl-versameling, ·Address delivered at second annual general meeting of lscor shareholders·, H.J. van der Bijl, Miscellaneous papers and addresses, 1930 to 1932, vol. 3, p.23.

33 Unie van Suid-Afrika, ·wet om die Yster- en Staalnywerheid Wet, 1928. te wysig·, wet no. 40 van 1931, Buitengewone Staatskoerant, vol. 84, no. 1959, 10 Junie 1931, p.41.

HOOFSTUK 1 11

(7)

deur die algemene publiek en 3,401,200 deur die regering gehou.

34

Die regering was dus nou die grootste aandeelhouer in Yskor en as gevolg van die goedkeuring van die Wysigingswet van 1931 kon die Goewerneur-generaal aldie direkteure aanwys.

In 1929 is 'n internasionale komitee van raadgewende ingenieurs aangestel wat ver- antwoordelik sou wees vir die oprigting van die staalwerke.

35

Na deeglike beplanning is daar in Mei 1930 begin met die bou van die nuwe staalwerke. Op 7 Maart 1934 is die eerste hoogoond ingeblaas en op 4 April 1934 is die eerste vloeistaal getap. Die amptelike opening van die staalwerke het op 11 Augustus 1934 plaasgevind.

36

Die finansiele posisie van Yskor was aanvanklik nie baie goed nie. In 1934 was daar 'n verlies van £266,002, maar vanaf 1935 is daar 'n wins getoonY In 1936 het Yskor reeds stewig op sy bene gestaan en vir die boekjaar eindigende 30 Junie 1937 het Yskor 'n netto wins van £535,700 getoon.

38

Dr. H.J. van der Bijl het op 23 Maart 1939, tydens die funksie waar die eerste sooi van die nuwe Vaal-kragstasie gespit is, aangekondig dat 'n nuwe staalfabriek op Vereeniging in die vooruitsig gestel word.

39

Gedurende die Volksraaddebat van 18 April 1939 het mnr. N.C. Havenga, die minister van Finansies, gese die nuwe staalfa- briek sal 'n privaatonderneming wees, maar dat dit in samewerking met Yskor opgerig sou word.

40

Die vooruitsig is egter in die wiele gery deur die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog en daar is tydelik afgesien van die plan om 'n nuwe staal- fabriek op te rig.

Met die uitbreek van die oorlog in 1939 was Suid-Afrika op homself aangewese om ir. sy eie staalbehoeftes te voorsien. Yskor het dadelik begin met kleiner uitbreidings

34 C.S. Richards, The iron and steel industry .... p.131.

35 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , p. 126.

36 C.S. Richards, The iron and steel industry ... , p.133.

37 Eskom, Megawattpark, H.J. van der Bijl-versameling, "Address delivered at eight general meeting of lscor shareholders·, H.J. van der Bijl, Miscellaneous papers and addresses, 1936 to 1937, vol. 6, p.24.

3B Eskom, Megawattpark, H.J. van der Bijl-versameling, "Address delivered at eighth general meeting of lscor shareholders·. H.J. van der Bijl, Miscellaneous papers and addresses, 1936 to 1937, vol. 6, p.110.

39 The Vereeniging Leader, 25 March 1939: report.

40 Unie van Suid-Afrika, Volksraad, Debatte, 18 April 1939, kolom 3110.

(8)

orn in die toenemende vraag te voorsien, aangesien oorlogsbehoeftes en die ver- vaardiging van ander benodigdhede ' n verhoogde staalproduksie vereis het. Dit was vera! swaar plate wat vir skeepsherstelwerk en die vervaardiging van gepantserde vo e rtuie gebruik is, wat in groot aanvraag was. Verdere groot uitbre idings op die terrein in Pretoria was egter nie meer moontlik l")ie, aangesien die area te klein was . Daar moes dus na ' n ander terrein gesoek word waar Yskor kon uitbrei.

41

1.2 DIE SOEKE NA 'N GESK/KTE TERREIN

Met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog het African Metals Corporation a ll es reeds beplan vir die uitbreiding van die staalnywerheid in Vereeniging , maar die be- lange is nou deur Yskor oorgeneem .•

2

In Maart 1940 het dr. Vander Bijl aangeko ncli g dat Yskor gaan uitbrei en dat dit die aa nbou van ' n nuwe staalwerke insluit.

43

Vir di e nuwe u itbreidings rnoes daar kapitaal beskikbaar wees en dr. Van der Bijl was v an mening dat Yskor se gemagtigde kapitaal vermeerder moet word, terwyl die leningsbevoegdhede dalk ook verhoog sou moes word. Bo en behalwe die ka pitaa\

wat nodig sou wees om die nuwe uitbreidings te finansier, moes African M e tal s Corporation ook vergoed word viral die onkostes wat hulle reeds aangegaan het met die beplanning van die nuwe staalwerke.

44

Dr. Van der Bijl het aan mnr. J.H. Hofmeyer voorstelle g e rnaak oor hoe die n uwe uitbreidings van Yskor gefinansi e r moes word. Di e uitbre idings het nodig ge wo rd.

omdat die plaaslike produksie net in ' n derde van die Unie se behoeftes voorsi e n het.

Yskor was aanvanklik finansie e l nie sterk genoeg om ' n nuwe staalwerke te finansi er ni e en kon net die uitbreiding s by die Pretoria-werke finans ie r. Yskor se finan s ie le posisie h et lat er so ve rb ete r d at dit e nige uitbre idings te r waarde van tussen 5 e n 6 miljoen pond kon finansier. Wat Yskor egter verhinder het om die uitbreidings te finansier , was die verband w at die regering op sy bate s verkry het, omdat hy die

hoofsom asook die re nte op die obligasies gewaarborg het.

41 Anon., "25 Years of progress·, lscor News, val. 18, no. 7. July 1953, pp.17-19.

42 South African Iron and Steel Corporation (lscor) Head-Office, Pretoria, lscor accession, Report of the proceedings of the third annual ordinary meeting of African Metals Corporation Limited, 26 Septem- ber 1940.

43 The Star, 5 March 1940: report.

44 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, Minute of the 147th Board meeting, no. 3 of 1940, 27 March 1940.

HOOFSTUK 1 13

(9)

Dr. Van der Bijl het twee moontlikhecle voorgestel hoe die uitbreidings gefinansier kon word. Die verband op Yskor se kapitaal kon gekanselleer word of die regering kon die obligasielening oorneern. Yskor sou dan in kontant aan die regering die uit- staande bedrag van al die obligasies betaal.

Aangesien die obligasies 5% rente betaal en die regering geld kon leen teen minder as 4% sou Yskor die verskil tussen die 5% en die persentasie waarvoor die regering geld kon leen , aan die regering uitbetaal soos wat die obligasies se rente betaalbaar word.

Om Yskor in staat te kon stel om die nuwe staalwerke as dee! van Yskor self te bou, rnoes die gemagtigde kapitaal van ses rniljoen pond met 'n verclere vyf miljoen pond verhoog word. Dit sou meebring dat die Yster- en Staalnywerheidswet va n 1928 gewysig moes word. Dr. Van der Bijl het versoek dat die wysiging gedurende die huidige sitting van die parlement (1940) deurgevoer word.

45

Dr. Van der Bijl is deur mnr. R. Stuttaford, die minister van Handel en Nywerhe id, meegedeel dat die kabinet gewillig was om Yskor se kapitaal vry te stel van die ver- band wat volgens die Obligasie Trustakte op hulle geplaas is, sander dat Yskor die nodige fondse by die regering deponeer. Dr. Van der Bijl het ingestem om nie druk uit te oefen dat die nodige wysiging aan die Yster- en Staalnywerheidswet gedurende die huidige sitting (1940) van die parlement deurgevoer word nie. Die versekering is egter gegee dat dit gedurende die volgende sitting van die parlement gedoen sou word. Die ooreenkoms het nou rneegebring dat Yskor kon voortgaan met die nuwe staalwerke .

46

Die wysiging van die Yster- en Staalnywerheidswet is wei gedurende 1941 deurge- voer, maar net in soverre dit die leningsbevoegdhede van Yskor vanaf £1,000,000 tot

£3,000,000 verhoog.

47

Mnr. R. Stuttaford, die minister van Handel en Nywerheid , het gedurende die bespreking van die wysigingswet gese dat dit nodig sal wees om

45 fscor Head-Office, Pretoria, fscor accession, Letter from H.J. van der Bijl to J.H. Hofmeyer, 4 March 1940, (supplement to the 147th Board meeting, 27 March 1940).

46 fscor Head-Office. Pretoria. fscor accession, Minute of the 148th Board meeting, no. 4 of 1940, 24 April 1940.

47 Unie van Suid-Afrika, ·wet tot wysiging van die Yster- en Staalnywerheid Wet, 1928", wet no. 34 van 1941, Buitengewone Staatskoerant, vof. 124, no. 2911, 16 Mei 1941, p.31.

(10)

Yskor se kapitaal aansienlik te vermeerder, en dat sodanige wet hopelik gedurende die volgende sitting van die parlernent deurgevoer kon word.

48

Yskor het nou voortgegaan met die beplanning vir die oprigting van ' n plaatwals- werke , wat eintlik die eerste eenheid van 'n gei"11tegreerde staalfabriek sou wees wat na die oorlog opgerig sou word.

Die soektog na 'n geskikte terrein het voortgeduur. lntussen het African Metals Corporation Ltd. die opsie wat hulle op 422 morg grond in die Meyerton dorpsgebied gehad het, aan Yskor afgestaan. Die bestuursraad van Meyerton het ingestem dat die opsie tot 1 Desernber 1940 verleng kon word."

9

Verdere opsies is ook op grond op die plaas Klipriviersval verkry.

50

Op die plaas Houtkop is daar ook opsies op grond van P.J.J. Opperman, W.J. van Tonder, P.L. Moolman, H.C. van der Merwe en P.J. Marx verkry.

51

Na deeglike navorsing en inspeksie is daar afgesien van die plan om die beoogde staalwerke in die omgewing van Meyerton op te rig . Daar sou te veel probleme wees met die hantering van die afval van die staalwerke en boonop was die Rand Water- raad besorg oor die moontlike besoedeling van die Kliprivier . Dit is om die rede dat mnr. Louis Marks aan dr. Van der Bijl ' n nuwe stuk grond, wat moontlik meer geskik sou wees, voorgehou het, nl. die plaas Leeuwkuil no. 81.

52

Aangesien Yskor nie meer verder belanggestel het in die plaas Klipriviersval nie, is die opsies nie weer hernieu nie. Nog opsies is verkry: van P.J.J. Opperman vir ' n ged eelte van die plaas Houtkop, B.H. Pieterse vir ' n gecle elte van die plaas Cyfe rpan,

48 Union of South Africa. House of Assembly, Debates, 5 May 1941, column 8124.

49 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, Minute of the 153rd Board meeting, no. 8 of 1940. 4 September 1940.

5o lscor Head-Office. Pretoria, lscor accession, ref. V60/1, vol. 1: letter from K. Rood to mr. W.J. Lamont the commercial manager of lscor. 31 October 1940.

51 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession. ref. V60/1, vol. 1: letter from J. de Villiers Pohl to K.

Rood, 22 January 1941.

52 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. V60/1, vol. 1: letter from L. Marks to dr. H.J. van der Bijl. 23 January 1941.

HOOFSTUK 1 15

(11)

H.C. van Zyl vir 'n gedeelte van Cyferpan en W.J .L. Pretorius vir 'n gedeelte van die plaas QuaggafonteinY.

Dit was vera! dr. F. Meyer (algemene werkebestuurder) en mnr. W.J . Lamont (han- delsbestuurder) wat vir die verkryging van 'n geskikte terrein verantwoordelik was.

54

Die terrein wat mnr. Marks in gedagte gehad h· et, is deeglik ondersoek, en daar is besluit dat dit die geskikste terrein was. Genoeg water kon uit die Vaalrivier bekom word, terwyt die Ktiprivier-kragstasie en die kragstasie by Vereeniging in staat was om voldoende elektrisiteit aan die beoogde werke te verskaf.

55

Noudat die terrein ongeveer 10 myl wes van Vereeniging ge'ldentifiseer is, kon daar voortgegaan word om die nodige grond aan te koop .

Die volgende koopkontral<te is gesluit:-

1. Gekoop van A.J. van Wyk: (a) sekere gedeelte van die leningsplaas Vyffontein no.

3 (5 rnorg); (b) 'n sekere resterende gedeelte van ' n gedeelte van die leningsplaas Vyffontein no. 3 (395 morg 278.675 vierkante roede). Die gedeeltes is gekoop teen £15 per morg.

2. Gekoop van P.J.J. Opperman: ' n sekere gedeelte van die plaas Houtkop no. 28 (916 morg 218 vierkante roede) gekoop teen £35 per morg.

3. Gekoop van P.J.J. Opperm a n: ' n sekere gedeelte A van die plaas Cyferpan no.

23 (135 morg 341 vierkante roede) gekoop teen £40 per morg.

4. Gekoop van H.C. van der Merwe: ' n sekere gecleelte B van die plaas Cyferpan no. 23 (184 rnorg 406 vi erkante roede) gekoop vir £4,750.0.0.

5. Gekoop van B.H. Pieterse: ' n sekere gedeelte C van die plaas Cyferpan no. 23 (123 morg 73 vierkante roede) gekoop teen £20 per morg.

6. Ge koop van A.M.S.C. Muller (e n die erfgename W.J. van Tonder en A.C.

Moolman {gebore Van Tonder}): (a) 'n Se kere gedee lte C van die westelik e ge- cleelte van die plaas Houtkop no. 28 (978 morg 460 vierkante roede). (b) 'n Sekere

53 I scar Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. V60/1, vol. 1: letter from J. de Villiers Pohl to the Commercial Manager of lscor. 8 February 1941.

54 G. Reyburn, ·vanderbijl Park·, /scor News, vol. 15, no. 9, September 1950, p.761.

55 Anon., ·A glimpse into the future: !scar's five years Vereeniging plan·, lscor News, vol. 6, no. 8, August 1941, pp.518-519.

(12)

gedeelte van 'n gedeelte van die plaas Vyffontein no. 3 (277 morg 544 vierkante roede). Die gedeeltes is gekoop vir £25.608.0.0.

56

7. Gekoop van J .P. Cronje: 'n sekere gedeelte van no. 2 van gedeelte van die leningsplaas Vyffontein no. 3 (gedeelte 14) (100 morg) teen £10 per morg.

8. Gekoop van African European Investment Company Limited: 'n sekere plaas Klipfontein no. 26 (1494 morg 92 vierkante roede) vir £31,412.2.0.

9. Gekoop van Vereeniging Estates Limited: (a) ' n sekere gedeelte 30 van die plaas Leeuwkuil no. 81 (792.5786 morg); (b) 'n sekere resterende gedeelte van die plaas Klipfontein no. 29 (1359.1849 rnorg); (c) ' n sekere resterende gedeelte van die plaas Vyffantein no. 3 (3,357 rnarg 524 vierkante raede); (d) ' n sekere een stuk gauvermentsgrand no . 24 (133 marg 211 vierkante raede). Die bogenoe mde grand is gekaap vir £119,435.15.0_57

10. Gekoop van J.J . van der Merwe: (a) 'n sekere gedeelte van 'n gedeelte van die plaas Vyffontein no. 3 (11 marg 65 vierkante raede); (b) 'n sekere gedeelte van die plaas Vyffontein no. 3 (25 rnorg 145.375 vierkante roede); (c) ' n sekere ge- deelte 3 van 'n gedeelte van die plaas Vyffontein no. 3 (40 morg) . Die grond is gekoop vir £2,700.0.0.

58

Yskor het in nag grond belanggestel en verdere apsies is verkry, vera! ap gedeeltes van die plaas Klipfantein en Zuurfantein.

59

Daar is tydens die beplanning van die uitleg van Vanderbijlpark gevind dat ' n gedeelte van die plaas Klipfantein inrneng met die beplande dorpsantwikkeling.

60

Daar is toe vaortgegaan met die kaap van 407 rnorg 428 vierkante roede grand van M.C. Strydorn vir £16,330. Dit het die volgend e gedeeltes ingeslu it:-

(a) ' n Sekere gedeelte no. 4 van die noordwestelike gedeelte van die plaas Klipfontein no. 29 (39 rnorg 461 vierkante roede).

ss lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. V60/1, vol. 1: koopkontrakte, 17 April 1941.

57 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, rer. V60/1, vol. 2: deed of sale, 28 June 1941.

sa lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. V60/1, vol. 3: koopkontrak, 4 September 1941.

59 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. V60/1, vol. 3: letter from E. Rood to the Secretary of lscor, 23 December 1942.

so lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, Extract from minutes of Board meeting no. 180, 27 January 1943.

HOOFSTUK 1 17

(13)

(b) 'n Sekere gedeelte no. 5 van die noordwestelike gedeelte van die plaas Klipfontein no. 29 (39 morg 461 vierkante roede).

(c ) 'n Sekere resterende gedeelte van gedeelte no. 6 van die plaas Zuurfontein no . 31 (86 morg 426 vierkante roede).

(d) 'n Sekere resterende gedeelte van die noordwestelike gedeelte van die plaas Klipfontein no. 29 (112 rnorg 410 vierkante roede).

(e) ' n Sekere gedeelte no. 1 van die noordwestelike gedeelte van die plaas Klipfontein no. 29 (39 rnorg 461 vierkante roede).

(f)

'n Se kere ge dee lte no. 2 va n die noordwestelike g edee lte van di e pl aas Klipfontein no. 29 (39 morg 461 vierkante roede).

(g) 'n Sekere gedeelte no. 3 van die noordwestelike gedeelte van die plaas Klipfontein no. 29 (39 rnorg 461 vierkante roede ).

(h) 'n Sekere gedeelte A van gedeelte no. 6 van die plaas Zuurfontein no. 31 (9 morg 287 vierkante roede).

61

Verdere onderhandelinge het uitgeloop op di e koop van grand uit die boed e l van wyle F.A. de Villiers, nl.:

(a) 'n sekere gedeelte van 'n gedeelte van die plaas Vyffontein no. 3 (201 rnorg 565 vierkante roed e ; en

(b) resterende gedeelte van die plaas Vyffontein no. 3 (100 morg 569.95 vierkante roede).

Grand is ook aange koop uit die bo edel van wyl e I.M. Kok, nl.:

(a) ' n Sekere gedeelte van die plaas Vyffontein (201 rnorg 563 v ierkante ro ed e ).

Die grand uit b e ide boedels is aangekoop teen £40 per morg .

62

61 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. VS0/1. val. 4: deed of transfer, 30 June 1943.

82 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. VS0/1, val. 4: letter from W.J. Lamont to the Ac- countant of lscor. 27 July 1943.

(14)

Van L .J.C. Strydom is die hele gedeelte no. 6 van die noordwestelike gedeelte v an die plaas Klipfontein no. 29 (46 morg 238 vierkante roede) gekoop.

63

Terwyl die aankope van die grand aan die gang was, is claar reeds in 1941 begin met die beplanning van die plaatwalswerke. Dit is hoofsaaklik gedoen deur Yskor se te- kenkantoor in Pretoria. Teen die middel van 1942 het dit duidelik geword dat Yskor se tekenkantoor nie al die werk kon hanteer nie , en die hulp van verskillende myngroepe se tekenkantore is ingeroep. Die oorhoofse kontrole is gedoen deur mnr.

G. Godfrey.

84

Nadat die beplanning voltooi is , is daar in Julie 1942 met die konstruksie van d ie plaatwalswerke en ander ge boue begin. Die nuwe werke sou bekend staan as di e Vanderbijlwerke .

65

Met die voltooiing van die projek, sou dit by verre die grootste staalwerke in die land wees.

As gevolg van die nuwe staalwerke sou daar oak ' n verskeidenheid verwa nte nywerhede g evestig word.

66

Die verwagting was dat dit meer as 20 jaar sou neem om die hele staalwerke te voltooi Y Die verwante bedrywe wat in die vooruitsig ge- stel is, het in 1944 begin realiseer toe dr. Van der Bijl aangekondig het dat 'n ingeni- eursonderneming in Vanderbijlpark ge vestig gaan word. Die onderneming sou vir Suid-Afrika net so belangrik soos Yskor wees.

68

Die Vanderbijl lngenie urskorpora sie Bpk. (Vikor) is dan oak op 10 Februarie 1945 gestig. Die eerste direkteure van die maatskappy was dr. H.J. van der Bijl, sir Ernest Oppenheimer, mnr. P.V. Gawith , mn r.

R.B. Hagart en mnr. J.G. Finlay.

69

63 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. V60/1, vol. 4: letter from W.J. Prinsloo to the Commercial Manager of lscor, 13 August 1943.

64 T.W. Wilson. "lscor's new platemill: the history of Vanderbijl, 1940-1943", /scor News, vol. 9, no. 1, January 1944, pp.1 0-11.

65 The Star, 11 July 1942: report.

88 Sunday Times, 17 August 1941: report.

67 Sunday Times. 9 May 1943: report.

se Sunday Times, 3 September 1944: report.

89 The Star, 10 February 1945: report.

HOOFSTUK 1 19

(15)

Foto no. 2: Vanderbijlpark-werke: die oorspronklike plaatwalswerke en kantore, Augus-

tus '1947.

Bron Vanderbijlpark Stadsraad. Openbare Biblioteek. Fotoversameling.

19a

(16)

Die plaatwals is in Amerika aangekoop. terwyl die meeste elektriese toerusting uit Brittanje verkry is.

70

Vir Amerika. sowel as Brittanje, was die nuwe plaatwalswerke van groat belang. Om die rede is die vervaardiging van die plaatwals en ander toe- rusting hoog op hulle prioriteitslys geplaas.

71

Om Yskor behulpsaam te wees , het die kontrakteurs van die plaatwals en die elektriese- toerusting onderskeidelik vir mnre . Rex Greenfield en F. Emery na Suici-Afrika gestuur.

72

Ooreenkornste is gesluit met Victoria Falls and Transvaal Power Company Limited (VFTPC) vir die voorsiening van elektrisiteit en met die Rand Waterraad vir die voorsiening van water uit die Vaalrivier. Daar is ook met die Spoorwegadministrasie 'n ooreenkoms aangegaan vir die aanle van 'n

spoorverbindi~g

na die plaatwals- werke. Voordat die pomphuis en die hoofpypleiding voltooi is, is water van boorg at e wat in die omgewing gesink is, verkry. Water is oak aangery met wate rte nk s. In - tussen is daar teen die einde van 1942 'n tekenkantoor op Vanderbijlpark geopen waaruit aile verdere beplanning en kontrole beheer is.

73

Die verskillende kontrakteurs het fluks met die werk gevorder en ongeag problem e, is die eerste staal die aand van 21 November 1943 gewals.

74

Vanwee die groat tekort aan staal in Suid-Afrika is daar reeds in 1946 planne beraam vir die uitbreiding van die Vanderbijlpark-werke.

75

Die Raad van Handel en Nywerheid was teen hierdie uitbreidings by die Vanderbijlpark-werke gekant, en het aanbevee l dat daar eerder klem gele moes word op die rasionalisering en uitbreiding van die Pretoria-werke. Die regering het egter besluit om vanwee die nasionale belangrik- heid van die voorgestelde uitbreidings by die Vanderbijlpark-werke wei daarmee voort te gaan. Die groat tekort aan staal in Suid-Afrika het die uitbreidings nood- saaklik gemaak. Om al die b eplande uitbreidings te finansier, sou die £1 B-aandele van 9,000.000 tot 24,000,000 verhoog moes word /

6

7o Anon .. "Progress at Van Der Bijl Works: the beginnings of a new era in steel in South Africa·, /scor News, vol. 7, no. 7, July 1942, p.332.

71 The Vereeniging Recorder, 12 August 1942: report.

72 T.W. Wilson, "lscor's new platemill ... •• p.12.

73 T.W. Wilson, "lscor's new platemill ... •. pp.11-12.

74 T.W. Wilson. "lscor's new platemill ... •• p.12.

75 The Cape Argus. 9 May 1946: report.

76 Rand Daily Mail, 21 May 1946: report.

HOOFSTUK 1 20

(17)

Foto no. 3: Die kantore by die plaatwalswerke, 1944.

Bran: Vanderbijlpark Stadsraad, Openbare Biblioteek, Fotoversameling.

20a

(18)

Die plaatwals was slegs 'n onderdeel van ' n gelntegreerde staalfabriek, en nadat die nodige wetgewing deurgevoer is, is daar vroeg in 1947 b egin met verd ere uitbreidings by die Vanderbijlpark- werke. Op 4 Oktober 1952 is die Vanderbijlpark- werke amptelik deur die goewerneur-generaal, dr. E.G. Janse n, ge open .

77

1.3 DIE VROEERE BEPLANNJNG VAN VANDERBIJLPARK

Op 22 Oktober 1941 is besluit dat die grand wat Yskor vir hulle nuwe aanleg in d ie Vereeniging-distrik bekom het, " Vanderbijl" genoem sou word ter ere van die voorsitter dr. Van der Bijl.

78

Aansoek is gedoen om die registrasie van ' n poskant oor genaamd "Vanderbijl ", maar die Posmeester-generaal was nie hiervoor te vinde nie, en d aar is toe ooreengekom dat die poskantoor en die dorp "Vand erbijl Park" g e noem sou word.

79

Die vestiging van 'n nuwe dorp was vir dr. Van der Bijl ' n baie groat uitdaging . Hy het drome gehad oor hoe die dorp moet lyk, maar van een ding was hy seker, nl. dat die dorp baie deeglik beplan moes word .

80

Vir dr. Van der Bijl was dit belangrik dat die werknemers by Yskor en die inwoners van die dorp gelukkig moes wees.

8 '

Hulle moes onder die beste en die aangenaamste toe stande bly en werk. Daarom was die deeglike beplanning van die dorp so b e langrik. Sle gs met goeie beplanning sou die probleme wat daar by ander st ed e en dorpe se ontstaan en ontwikkeling (byvoorbeeld Johannesburg en Kaapstad) op- geduik het, vermy kon word.

82

Om in di e behoe ftes van die we rknemers van die nuwe pl aatwalsery te voorsi e n. is be gin me t die oprigting van huise . Yskor kon nie meer die rol van dorpsbepla nner

77 Anon., 'Die amptelike opetling Yskorwerke Vanderbijlpark, Oktober 4. 1952·, Yskor Nuus (byvoegsel), vol. 17, no. 11, November 1952. p.2.

78 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, ref. 151/40, vol. 2: extract from minute of the 165th Board meeting, 22 October 1941.

79 lscor Head-Office, Pretoria, lscor accession, Minute of the 194th Board meeting, no. 4 of 1944, 26 April 1944.

so A. Jacobs, South African heritage: a biography of H.J. van der Bijl, pp.184-185.

81 The Star, 18 December 1942: report.

82 A. Jacobs, South African heritage ... , p.184.

HOOFSTUK 1 21

(19)

volhou nie, en daar is begin met die voorbereiding vir die stigting van 'n maatskappy wat die taak sou he om die dorp tot in die fynste besonderhede te beplan .

83

Op 28 Desember 1944 is die Vanderbijl Park Eiendornsmaatskappy (Vesco) geregis- treer. Dr. Van der Bijl het 'n span tegnici en administrateurs aangestel wat vir die beplanning van Vanderbijlpark verantwoordelik sou wees. Dit was vir hom baie belangrik dat die uitleg van die dorp deeglik vooruit beplan moes word . Vanderbijlpark moes egter nie die heiligdom van Yskor word nie. Om die rede sou grand aan die publiek verkoop word vir die oprigting van huise en besighede.

84

Pri- vate ondernemingsgees is iets wat hy aangernoedig

het.8~

Voordat Vesco die taak van dorpsbeplanner van Yskor se Dorpsbeplanningsraad oorgeneem het, was die beplanning en uitleg van die eerste woongebied, sentraa l- wes no. 5 (CW 5). r eeds voltooi. Die Yskor Be huisingsutilite itsmaatskappy het in 1942 begin met die oprigting van 11Uise in hierdie woongebied. Op 22 Maart 1944 is besluit dat Yskor aansoek sal doen om 'n dorpsgebied te vestig op die gedeeltes bekend as uitlegte 1 en 1 (a), asook die gedeelte wat vir die ontspanningsklub gereserveer is.

86

Hierdie dorpsgebied sou as Vanderbijl Park , maar later as sentraal-wes no. 5 (CW 5) bekend staan. Alhoewel daar reeds in 1944 aansoek gedoen is om die dorpsge- bied CW5 te vestig, is die dorpsgebied, asook CW1 , CW2, CW6 en SW5 eers op 25 Augustus 1948 geproklameerY

83 G. Reyburn, ·vanderbijl Park". p.763.

84 H.J. van der Bijl, "The creation and planning of Vanderbijl Park", /scor News. vol. 12, no. 6, June 1947, p.463.

85 A. Jacobs, South African heritage ... , p.187.

86 lscor Head-Office, Pretoria, Is cor accession, ref. 151/60/5, vol. 1: extracts from minute of Board meeting no. 193, 22 March 1944.

87 Kyk p.53.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

van Walraven (eds), Africa Yearbook 2008: Politics, Economy and Society South of the Sahara, Leiden: Brill Academic Publishers, pp. Fafchamps, Bridging the Gender Divide:

van Walraven, eds, Africa Yearbook: Politics, Economy and Society South of the Sahara in 2007, Leiden/Boston: Brill Academic Publishers, pp.. Nubé, ‘The MDG on poverty and hunger:

Among the ASCL researchers specifically working on the above topics are A. Uche, who wrote papers and chapters on the Nigerian entrepreneur Dangote and his successful expansion into

The ASC coordinates contributions to the programme by researchers from Utrecht University, the University of Amsterdam, Wageningen University and Research Centre, Radboud

Lotte Pelckmans started her PhD research on the dynamics of social hierarchical relations in transnational Fulbe society in November 2004 and is connected to the research school

van Walraven (eds), Africa Yearbook 2004: Politics, Economy and Society South of the Sahara, Leiden: Brill Academic Publishers, pp. van Dijk, ‘Natural Resources, Scarcity and

It is an initiative of the African Studies Centre, the Netherlands institute for Southern Africa (NiZA) and the Council for the Development of Social Science Research in

van Walraven (eds), Africa Yearbook 2006: Politics, Economy and Society South of the Sahara, Leiden: Brill, pp. de, ‘Agency in and from the Margins: Street Children and Youth