• No results found

'n Ondersoek na die rol van lidmate in die proses van rou

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Ondersoek na die rol van lidmate in die proses van rou"

Copied!
212
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

I

b/38

~:s

7/

o

o

HIERDIE. EKSEMPlAAR l\\AG ONDEn

(2)

'N ONDERSOEK

NA

DIE ROL VAN LIDMATE

INDIE

PROSES VAN ROU

ABRAHAM LODEWICKUS

KLOPPER

(7723067)

Voorgelê ter vervulling van 'n deel van die vereistes vir die

graad

Magister Theologiae

in die

Fakulteit Teologie

(Departement Praktiese Teologie)

aan die

Universiteit van die Oranje Vrystaat

Studieleier: Ds M C Potgieter

(3)

Universiteit

van die

Oranje-Vrystaat

3Loc~FO~'TE I N

3 1 MAY 2001

(4)

OPGEDRAAAN

MY VROU ALET EN KINDERS, ALMA, WICKUS EN WILLEM

(5)

DANKBETUIGINGS

1.

Ds MC Potgieter my studieleier, vir al die goeie raad, groot geduld en

positiewe gesindheid.

2.

My vrou Alet, vir die proeflees van die skripsie en al die ondersteuning in die

afgelope twee jaar.

3.

Mev Wilma Olivier, vir die tik, ortografiese- en taalversorging.

Baie dankie

vir die aangename samewerking, bemoediging en goeie raad.

4.

Al die persone wat deelgeneem het aan die onderhoude vir hulle

bereidwilligheid en belangrike bydrae.

5.

Vir die kerkraad en gemeentelede van Kempton Park Oos vir die finansiële

ondersteuning, studieverlof en aanmoediging.

6.

Anton en Marlene Steyn vir die aanmoediging en motivering.

7.

Mev Linda Liebenberg vir al die hulp vanuit die kerkkantoor.

8.

Mev Maryna van Wyk van die biblioteek vir haar bydrae

(6)

OPSOMMING

Bedroefdes is ná die verlies van 'n geliefde deur die dood baie sterk aangewese op familie, vriende en ander belangstellendes soos lidmate, vir vertroosting. Ander bronne van

vertroosting word veral binne die eerste dae en weke nie na behore benut. Professionele hulpverleners word meestal net betrek indien daar tekens van gekompliseerde rou

voorkom. Literatuur oor die proses van rou kan nie binne die eerste dae (selfs weke) benut word nie as gevolg van die skokfase waarin bedroefdes meestal verkeer.

Die wyse waarop mense bedroefdes probeer troos, kan positief (fasiliterend) of negatief (frustrerend) op die proses van rou inwerk. Dit word as negatief ervaar wanneer hulpverleners bedroefdes aanmoedig om hulle rou te onderdruk, of so gou moontlik te bowe te kom. Dit word dikwels gedoen deur verklarings vir die dood te probeer gee in plaas daarvan om te vertroos. Teologiese- sowel as rasionele "verklarings" word dikwels aangebied. Minimalisering van 'n persoon se verlies kom ook dikwels voor.

Lidmate kan 'n positiewe rol speel in die fasilitering van die proses van rou indien hulle 'n beter verstaansraamwerk het van welke routake deur bedroefdes deurgewerk moet word om die proses van rou suksesvol af te handel. Deur teenwoordigheid, 'n bereidheid om te

luister en die validering van iemand se verlies, kan lidmate op 'n betekenisvolle wyse

vertroosting bied.

Die studie bestaan uit Bybelse koordinate ten opsigte van die dood, die wil van God en vertroosting deur medegelowiges; 'n literatuurstudie oor die proses van rou en effektiewe wyses van hulpverlening; 'n kwalitatiewe ondersoek na bedroefdes se ervaring van hulpverlening; en 'n konsepgids vir die toerusting van lidmate.

(7)

SUMMARY

The bereaved find themselves dependent on the comfort and support of friends, family and parishioners after the loss of a loved one. Few other sources of support plays such an important roll within the first days and weeks after a loss. Professional counselors are usually only consulted in cases of complicated mourning. Literature on the process of mourning is hardly ever read by the bereaved within the first weeks due to the state of shock in which they find themselves.

The way in which the bereaved are comforted can either have a negative (frustrating) or

positive (facilitating) impact on the resolution of their grief. Comforting can have a

negative effect in cases where the bereaved are denied ample opportunities of expressing their grief and encouraged to overcome their grief as soon as possible. This happens when explanatory interpretations and platitudes are offered instead of compassion. This is often done by theologizing, rationalizing or minimizing the loss.

Parishioners can play a positive roll in the facilitation of the process of mourning if they have better perception of the griefwork that needs to be done by the bereaved to resolve their grief. Presence, a willingness to listen and the validation of a person's loss could make a meaningful and comforting contribution towards resolution.

The study focuses on: Biblical coordinates concerning death, God's will and comforting by fellow believers; a literature study on the process of mourning and effective means of support and comforting; a qualitative investigation as to how the bereaved experience support; and a concept manual with guidelines for comforting the bereaved.

(8)

P.O. BOX 1221, BENONI1500

TELEPHONE: (011) 421-8725/6 FAX: (011) 421-8728

"Guiding your child to success"

Willowmoore

High School

25 Januarie, 2000

HEIL DIE LESER

Hiermee verklaar ek, Wilma Olivier, dat ek die Ortografiese- en taalversorging van

A. L Kopper se skripsie nagegaan het en in orde vind.

(9)

Inhoudsopgawe

HOOFSTUKI

ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN HIERDIE STUDIE BIs

A INLEIDING B WAARNEMENS EN VERMOEDENS 2 C PROBLEEMSTELLING 4 D HIPOTESE 5 E TEOLOGIESE FUNDERING 5 F NAVORSINGSMETODOLOGIE 8 G DOELSTELLINGS Il H BEGRIPSVERKLARING 12 HOOFSTUKTI

TEOLOGIESE KO ORDINATE TEN OPSGTE VAN: DIE DOOD, GOD SE WIL EN VERTROOSTING

A DIE DOOD 'N TEOLOGIESE PERSPEKTIEF

l. Dood as geestelike begrip 14

2. Dood as fisiese begrip 16

3. Dood as ewige begrip 17

4. Die opstanding van Jesus verander die dood in al sy begripsverbande 17 B DIE WIL VAN GOD: 'N ONAFGEHANDELDE DEBAT

1. 'n Eeue oue debat

2. Die ruimteskeppende besluite van God 3. Die inlatende wil van God

4. Die wil van God: Konklusies

VERTROOSTING DEUR GELOWIGES 1. Vertroosting as Bybels rigsnoer

2. Vertroosting: 'n Dogmatiese beskouing

3. Amp-, Priesterskap ofChristenskap van die gelowige 3.1 Die amp van die gelowige

C 14 20 21 24

26

27 30 30 32 33 34

(10)

3.3 Die Christenskap van alle gelowiges 3.4 Samevatting

37 38

HOOFSTUKill

ROU EN HULPVERLENING - BEGINSELS UIT DIE LITERA TUUR 40

A VERMINDERDE BLOOTSTELLING LEI TOT VREEMDHEID VAN

DIE DOOD

1. Blootstelling in die verlede 41

2. Blootstelling vandag 41

B DIE NOODSAAKLIKHEID VAN ROU EN DIE AARD DAARVAN 42

1. Die noodsaaklikheid van rou 42

2. Die aard van rou 43

2.1 Die manifestasie van rou op verskillende vlakke 43 2.2 Rou is 'n natuurlike proses en nie 'n siektetoestand nie 44 2.3 AIgemene- sowel as unieke individuele roureaksies 45

C FAKTORE WAT DIE INDIVIDUELE BELEWING VAN ROU BEÏNVLOED 46

1. Die aard van die verwantskap en die verhouding met die oorledene 46

2. Die wyse waarop 'n persoon gesterf het 48

3. Persoonlikheidfaktore van die bedroefde 50

4. Sosiale faktore 50

5. Die bepaalde ontwikkelingsfase waarbinne die bedroefde verkeer 51

D DRIE MODELLE WAARVOLGENS DIE PROSES VAN ROU BESKRYF

WORD

1. Die model van roufases 52

2. Die model van routake 53

3. Die model van prosesse in rou 53

4. Konklusie ten opsigte van die verskillende modelle 54

E VERSKILLENDE HULPVERLENERS EN HULLE BETROKKENHEID BY

BEDROEFDES 55

1. Professionele hulpverleners 55

1.1 Psigiaters en sielkundiges 55

(11)

2. Nie-professionele hulpverleners 57 F HULPVERLENING WAT NEGATIEF OP DIE PROSES VAN ROU INWERK 59

l. Opmerkings wat poog om die dood te rasionaliseer 59

2. Opmerkings wat die verlies minimaliseer 60

3. Opmerkings wat die dood teologiseer 60

G HULPVERLENING WAT BYDRA TOT DIE FASILITERING VAN DIE

PROSES VAN ROU 62

l. Hulpverlening deur middel van teenwoordigheid 62

2. Hulpverlening deur bereid te wees om te luister 63

2.1 Die oorvertel van die gebeure 64

2.2 Herinneringe aan die persoon 65

2.3 Woede 66

2.4 Ambivalente gevoelens 66

2.5 Hartseer 67

3. Hulpverlening deur die verlening van "toestemming" om te rou 68 4. Hulpverlening deur die gerusstelling dat roureaksies normaal is 69 5. Hulpverlening deur middel van validering van die verlies 69

6. Hulpverlening deur praktiese hulp 70

7. Hulpverlening deur aanmoediging tot aktiewe deelname aan die

begrafnis/roudiens sowel as gedagtenisviering 71

H DIE BLOOTSTELLING VAN KINDERS AAN DIE DOOD 73

l. Die sogenaamde beskerming van kinders ten opsigte van die dood 74 2. Riglyne vir hulpverlening aan kinders wat deur die dood geraak is 75

I DIE GEBRUIK VAN MEDIKASIE TYDENS DIE ROUPROSES 76

J KONKLUSIE OP GROND VAN DIE LITERATUURSTUDIE 78

HOOFSTUKIV

'N KWALITATIEWE ONDERSOEK NA HOE BEDROEFDES

HULPVERLENING ERVAAR HET

A B C

INLEIDING

DIE BREË SKEMA WAARVOLGENS DIE ONDERHOUDE GEVOER IS AGTERGRONDSINLIGTING VAN DIE DEELNEMERS

79 79 80

(12)

1. Die wyse van ondersteuning wat vir deelnemers die meeste betekenis het 81 2. Dit wat mense gesê het wat as positief en vertroostend ervaar is 83 3. Die dinge wat mense gesê het wat die deelnemers nie getroos het nie,

maar eerder ontstel het 83

3.1 Opmerkings waardeur daar gepoog is om die verlies te rasionaliseer 84 3.2 Opmerkings waardeur daar gepoog is om die verlies te minimaliseer 84 3.3 Opmerkings waardeur daar oor die dood geteologiseer is 85 3.4 Die opmerking: "Ek weet presies hoe jy voel." 86

3.5 Die opmerking: "alles sal regkom." 86

4. Die behoefte en geleentheid om oor die oorledene en die gebeure te praat 86 5. Die reaksie van hulpverleners op die uiting van emosies 87 6. Optrede van mense wat deelnemers as van waarde beleef het 88 7. Optrede van mense wat die situasie vir bedroefdes bemoeilik het 88 8. Die rol van literatuur in die beginstadium van die proses van rou 90 9. Die gebruik van medikasie tydens die proses van rou 92

1O. Die betrokkenheid van professionele beraders 92

E KONKLUSIE VAN DIE KW ALIT ATIEWE ONDERSOEK 93

HOOFSTUKV

BEVINDINGE EN KONKLUSIES TEN OPSIGTE VAN HULPVERLENING TYDENSROU

A BEVINDINGE, KONKLUSIES EN AANBEVELINGS 95

1. Hulpverlening deur lidmate tydens die proses van rou 95

2. Gesegdes ten opsigte van die wil van God 96

3. Professionele beraders en literatuur by die aanvangsproses van rou 96

4. Emosionele belewing van smart 97

B GEÏDENTIFISEERDE LEEMTES EN VOORSTELLE VIR VERDERE

c

NAVORSING SAMEV ATTING 98 99 BmLIOGRAFIE 100

BYLAAG A Skema waarvolgens onderhoude gevoer is tydens die kwalitatiewe ondersoek

(13)

HOOFSTUKI

ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN HIERDIE STUDIE

A INLEIDING

Die dood van In geliefde is een van die mees emosioneel traumatiese belewenisse wat In mens kan ervaar. Alhoewel dit In absoluut natuurlike deel van die lewe is, is dit In unieke ervaring waarop mense hulleself nie werklik kan voorberei nie. Dit laat mense baie kwesbaar.

Vanaf die oomblik waarop 'n persoon iemand aan die dood afstaan, is daar in feitlik alle gevalle 'n hele verskeidenheid van mense betrokke by die bedroefde. Naas die familie en vriende wat uit die aard van die saak betrokke sal wees, is daar gewoonlik ook ander belangstellendes wat betrokke raak. Hierdie "ander belangstellendes" kan mense uit die gemeenskap wees wat voor die dood van die persoon, nie noodwendig baie nabyaan die gesin gestaan het nie. Dit kan selfs mense wees wat hulle nie eintlik ken nie. Lidmate is in baie gevalle deel van hierdie "ander belangstellendes" wat betrokke raak. Dit spreek vanself dat lidmate ook familie ofvriende kan wees en daarom het ons nie hier met afsonderlike kategorieë van mense te make nie.

Die betrokkenheid van mense by bedroefdes is op een hoofdoel afgestem, naamlik om die

bedroefdes te troos. Maar hoe troos mens iemand nadat hulle 'n geliefde aan die dood

afgestaan het? Wat sê 'n mens? Wat kanjy doen om te help? Daar kan aanvaar word dat feitlik almal wat betrokke raak, dit met die beste intensies doen. Maar tot watter mate slaag betrokkenes daarin om werklik te troos? Kan dit gebeur dat hulle goedbedoelde pogings tot troos dalk die teenoorgestelde uitwerking kan hê? Dat hulle bedroefdes dalk meer ontstel,

(14)

selfs verwar? Kan hulle optrede daartoe lei dat bedroefdes hulle rou dalk eerder inhibeer as om dit positief en aktief te begin deurwerk?

In hierdie studie word daar ondersoek ingestel na die rol wat lidmate kan vervul wanneer hulle betrokke raak by bedroefdes en hoe hulle 'n betekenisvolle bydrae kan lewer tot die verloop van die proses van rou.

B WAARNEMINGS EN VERMOEDENS

Op grond van noue betrokkenheid by bedroefdes binne gemeentlike verband oor meer as 'n dekade, is waargeneem dat lidmate wat bedroefdes wil vertroos hulleself dikwels in 'n

dilemma bevind. Hierdie dilemma bestaan daarin dat hulle oënskynlik 'nonvermoë beleef om die hartseer van bedroefdes op te hef. Dit is asof die onomkeerbaarheid van die situasie 'n magteloosheid laat ontstaan 'van nie weet wat om te sê of te doen nie'. Hierdie magteloosheid lei daartoe dat lidmate dikwels terugval op opmerkings en verklarings wat oor die jare

aangehoor en aangeleer is. Dit word dan aan bedroefdes gesê in 'npoging om te troos. Die vermoede bestaan egter dat lidmate self, onvergenoegd voel en beleef dat hierdie

'trooswoorde' van hulle nie werklik die vertroostende effek het waarvoor hulle gehoop het me.

Bogenoemde waarnemings het die vermoede laat ontstaan dat dit 'n gebrek is aan kennis van wat werklik tydens die proses van rou plaasvind en behoort te gebeur, wat die grondslag vorm van hierdie gevoel van magteloosheid en onvermoë.

(15)

Ten opsigte van bedroefdes is waargeneem dat hulle 'n geweldige groot behoefte aan vertroosting het en meestal die behoefte het om op een of ander wyse uiting te gee aan hulle smart. In plaas daarvan dat hulle troos ooreenkomstig hulle behoeftes ontvang, is die

gemeenskap, waarvan lidmate deel uitmaak, geneig om aan hulle die boodskap oor te dra dat hulle, hulle verlies so gou as moontlik te bowe moet kom. 'Rasionele en teologiese

verklarings' van waarom die dood plaasgevind het, word dan onoordeelkundig ingespan in 'n poging om bedroefdes se hartseer te verminder.

Die vermoede bestaan dat bogenoemde benadering inhiberend en negatief op bedroefdes inwerk, eerder as dat dit hulle troos. Indien bedroefdes bystand ontvang wat van so 'n aard is dat dit rekening hou met dit wat tydens en deur die proses van rou bereik moet word, behoort bedroefdes hulle verlies baie beter te kan verwerk.

Verder is waargeneem dat twee belangrike bronne wat bedroefdes met die verwerking van hulle verlies behoort te help, skynbaar totaalonderbenut word. Hierdie bronne is naamlik die bestaande literatuur rondom rou en professionele hulpverleners. Die vermoede bestaan dat die redes hiervoor die volgende is: Aanvanklik is die bedroefdes eenvoudig te geskok en te hartseer om instaat te wees om toepaslike literatuur te lees en professionele hulpverleners word in feitlik alle gevalle eers genader indien daar tekens van gekompliseerde rou is.

Op grond van bogenoemde is daar 'n hipostese geformuleer en 'n kwalitatiewe ondersoek onderneem om te bepaal of daar Skriftuurlike, sowel as wetenskaplike navorsingsgegewens bestaan waaraan die hipotese getoets kan word.

(16)

C PROBLEEMSTELLING

In die meer resente literatuur oor die proses van rou het daar 'n verskuiwing plaasgevind, weg van modelle wat rou beskryf as 'n proses wat volgens stadiums en fases verloop, na modelle wat rou beskryf in terme van sekere routake ("tasks of mourning") wat deur bedoefdes

deurgewerk moet word (Cleiren 1993:22-25). Worden onderskei vier routake wat deurgewerk moet word voordat die proses van rou suksesvol hanteer is, naamlik:

1) om die realiteit van die verlies te aanvaar; 2) om die pyn van rou te ervaar;

3) om aan te pas by 'n omgewing waarin die oorledene afwesig is;

4) om emosionele energie te onttrek en dit te herinvesteer in 'n ander verhouding (Worden 1988: 11-16).

Bedroefdes self kan egter nie die waarde van die bestaande literatuur benut in die kritieke eerste dae en weke van rou nie. Hulle verkeer meestal in 'n skokfase en is meestal óf nie instaat om die Iiteratuur te lees nie, óf neem dit wat hulle lees nie in nie (Sanders 1992:40-51). Tweedens kry bedroefdes meestal slegs hulp van professionele beraders indien daar tekens van gekompliseerde rou ontstaan. Navorsing toon dat vriende en familielede, veral in die eerste dae en weke, 'n uiters belangrike rol speel ten opsigte van die deurwerking van die routake (Carnes & Ponder 1996:281-288; Sanders 1992:24).

Lidmate wat nie insig het in die noodsaak van die deurwerking van sekere routake deur die bedroefdes nie, kan daartoe aanleiding gee dat bedroefdes hulle rou inhibeer ofuitstel, wat tot psigiese en fisiese skade kan lei. Persone wat nie-professionele beraders is nie, maar insig en

(17)

toerusting het ten opsigte van die proses van rou, kan 'n betekenisvolle rol speel in die fasilitering van die proses (Folta 1981:10; Schneider 1981:56; Worden 1988:52; Paul & Grosser 1991 :93-94). Die noodsaak van toerusting word beklemtoon deur Crenshaw

(1991: 12) en Sanders (1992:36). Cleiren meen dat die kwaliteit van ondersteuning belangriker is as die kwantiteit (1993:69-72).

D HIPOTESE

Lidmate is dikwels instaat en in 'n ideale posisie om betekenisvolle ondersteuning te bied aan bedroefdes. Deur te luister na bedroefdes eerder as om redes en verklarings vir die dood te probeer gee, sal lidmate die proses van rou wat deurgewerk moet word, help fasiliteer in plaas daarvan dat dit frustreer word, of selfs geïnhibeer word. Daar bestaan egter 'n leemte by lidmate ten opsigte van 'n verstaansraamwerk van wat die proses van rou behels, sowel as van welke wyses van ondersteuning fasiliterend op die proses sal inwerk.

E TEOLOGIESE FUNDERING

In die afgelope dekade het daar groot verskuiwings plaasgevind binne die praktiese teologie ten opsigte van die wyse van wetenskapsbeoefening. Hierdie verskuiwing word vry algemeen beskryf as 'n paradigma-wisseling. Pieterse (1994:93) wys daarop dat die

verskuiwing na 'n nuwe paradigma in die praktiese teologie reeds in 1974 aangekondig is, met die verskyning van Zerfass se Praktische Theologie heute. Daarna is die

handelingswetenskaplike benadering tot die vak verder uitgewerk en verfyn voordat dit eers

twintig jaar later in ons land posgevat het. Oor hierdie saak bestaan daar 'n uitgebreide debat onder praktiese teoloë, maar die doel van hierdie debat is van die grootste belang. Pieterse

(18)

(1993: 197) beskryfhierdie doel as dat dit gaan om 'n " ... soeke na 'n respektabele wetenskaplike benadering in die praktiese teologie wat tegelyk die teologiese modaliteit daarvan sal handhaaf" Verder wys Pieterse op die belangrike bydraes van Gadamer en Habermas (1993: 199-201). Hy meen dat Habermas met sy kommunikatiewe

rasionaliteitsopvatting "die begrip 'wetenskap' op 'n onomkeerbare wyse verbreed ... " het (1993:200). Pieterse meen Habermas se teorie van kommunikatiewe handeling is "'n teorie waarby verwante vakke op meta-teoretiese vlak kan aansluit" (1993:201).

Alhoewel daar groot eenstemmigheid bestaan dat die waarde van ander vakke benut kan word binne die beoefening van praktiese teologie en dat empiriese metodes selfs in diens geneem kan word, ontstaan die vraag cc ... of die aansluiting by 'n meta-teorie soos die teorie van kommunikatiewe handeling, nie die Skrif verdring en die teologiese gehalte van die vak uithol nie"(Pieterse 1994:93). Pieterse verklaar sy standpunt uitdruklik wanneer hy sê dat dit vir hom in die beoefening van die praktiese teologie gaan cc .•. om die voortgang van die evangelie in die kerk en in die samelewing" (1994:94).

Ander deelnemers aan hierdie debat rondom die metodologie wie se bydraes ook van waarde is, is Van Wyk (1993:57-62), Dreyer (1998: 14-27) en Van der Ven (1994:29-44).

Die debat betree sedert 1997 'n nuwe fase. Die werk van Dill & Kotzé (1997) sowel as die van Kotzé &Kotzé (1997) is gedoen vanuit 'n post-moderne konstruktiwistiese of sosiale konstruksie-teoretiese epistemologie. Hierdie werk laat die debat 'n nuwe wending neem. Hulle bedryf 'n teologie "van onder" eerder as 'n teologie "van Bo". Louw het reeds in 1993 sy kommer uitgespreek oor die vraag of daar binne die paradigma-verskuiwing genoegsaam

(19)

aan die gesag van die Skrif plek gegee word en verwys in die verband na Trimp wat gesê het dat: "Die gevaar in die diakonie is dan dat met behulp van 'n relasionele waarheidsbegrip die gesaghebbende Woord ingeruil word vir die stem van die ervaringsteologie" (Louw

1993: 193). Hy stel dit verder dat: "Sonder die Skrifbesit die praktiese teologie kwalik 'n preskriptiewe dimensie" (Louw 1993:208). Janse van Rensburg voeg sy stem by die van Louwen spreek hom baie sterk uit oor die post-modernistiese ontkenning van 'n objektiewe waarheid en postuleer dat dit onafwendbaar lei tot 'n relativering van die Skrif en die gevaar inhou dat ook die Christelik-etiese norme in die slag kan bly (1998:68). Louw beklemtoon later weereens die rol van die Skrifwanneer hy dit stel dat die keuse vir 'n hermeneutiese paradigma ook 'n keuse beteken vir die interpretasie en vertolking van 'n primêre,

normatiewe bron, naamlik die Skrifgetuienis aangaande God se openbaring in Christus .... " (1997:48).

In die lig van die huidige debat is die keuse vir 'n bepaalde paradigmatiese fundering noodsaaklik. Ouweneel (1994: 1-24) postuleer dat die paradigmatiese vertrekpunt van die teologiese beskouing ook die konkrete gestaltegewing daarvan sal bepaal. Paradigma word verstaan soos Janse van Rensburg dit omskryfnaamlik: " ... 'n model, 'n vertrekpunt, 'n verwysingsraamwerk, 'n konsep ofveronderstelling wat die wyse van fundering,

strukturering, aanbieding en konklusies van 'n saak of leerstelling rigtinggewend bepaal" (1996: 152). In hierdie studie word daar doelbewus gekies vir 'n teologiese paradigma wat deur 'n diakoniologiese epistemologie gedra word. Diakoniologies word hier verstaan as uitgaande van die Skrif as gesagvolle Woord van God, terwyl daar in aansluiting by die Skrif ook gevra word na wat die navorsing in die ander wetenskappe tot hierdie tema kan bydra. Daar word verder ook 'n kwalitatiewe ondersoek onderneem na belewenisse van bedroefdes

(20)

ten opsigte van hulpverlening. Janse van Rensburg gee in sy artikel, Pastoraat en okkultisme:

'n Epistemologiese diskoers 'n uitmuntende voorbeeld van die diakoniologiese epistemologie

(1997: 61- 74). In die vermelde artikel word daar metodologies baie duidelik uiteengesit dat dit vir die teologie nodig is om na die praktyk te gaan kyk, maar dat daar nie met 'n suiwer-empiriese benadering tot die navorsing volstaan kan word nie.

F NAVORSINGSMETODOLOGIE

Eerstens word die Skriftuurlike beginsels ten opsigte van die volgende drie sake nagevors: i) Die dood; ii) Die wyse waarop God met die dood in verband gebring word; iii) Die

vertroosting van bedroefdes deur medegelowiges. (Hoofstuk II)

Tweedens word 'n literatuurstudie onderneem ten opsigte van bestaande vakliteratuur in die pastorale terapie en aanverwante vakliteratuur, om op grond van reeds bestaande navorsing te bepaal: i) Wat die proses van rou behels; ii) Welke behoeftes mense ervaar nadat hulle geliefdes aan die dood afgestaan het; iii) Welke wyses van hulpverlening positief of negatief inwerk op die proses van rou. (Hoofstuk III)

Derdens word 'n kwalitatiewe ondersoek gedoen om te bepaal hoe bedroefdes hulpverlening van familie, vriende en ander belangstellendes ervaar het. As model van navorsing word daar gekies vir die kwalitatiewe benadering soos omskryf deur Schurink (1998:239-251). Vir 'n basiese definisie van wat die kwalitatiewe benadering tot navorsing behels, steun Schurink op Denzin & Lincoln (1994) en postuleer die volgende:

(21)

"For our purposes, qualitative research is defined as a mutiperpective approach (utilising different qualitative techneques and data collection methods) to social interaction, aimed at describing, making sense of, interpreting or reconstructing this interaction in terms of the meanings that the subject attach to it" (1998:240).

Ander fasette van die kwalitatiewe benadering wat Schurink benadruk, is die volgende: i) Daar word 'n induktiewe wyse te werk gegaan om konsepte en insigte te.

ontwikkelop grond van patroonmatighede in die data.

ii) Die navorsing is idiografies (beskrywend) en poog dus om te verstaan welke betekenis mense aan die allerdaagse lewe heg.

iii) Daar word gepoog om fenomene te verstaan.

iv) Data word weergegee in die vorm van woorde, aanhalings uit bronne en transkripsies.

v) Die navorsingsontwerp is buigbaar en uniek. Daar is nie streng voorgeskrewe stappe wat gevolg moet word nie.

vi) Uit die data word temas uitgelig.

vii) 'n Holistiese benadering ten einde verhoudings en kontekste te beklemtoon (1998:242-243).

Verder gee Louw (1997:51-52) ook 'n beskrywing van die toepaslikheid van die kwalitatiewe benadering vir teologiese navorsing, sowel as wat hierdie benadering behels.

Vir die doel van hierdie ondersoek is sewe persone genader wat self geliefdes aan die dood afgestaan het. Hulle het op 'n vrywillige basis deelgeneem aan onderhoude wat deur die navorser met hulle gevoer is. Die doel van die onderhoude was om die inligting en beginsels

(22)

wat op grond van die literatuurstudie na vore gekom het, sowel as die navorser se vermoedens (soos hierbo genoem), te toets.

Persone is op die volgende wyse geselekteer vir deelname aan die ondersoek: i) Die navorser het kontak gehad met die persone op grond daarvan dat hulle van dieselfde gemeente deel is, of omdat hulle familielede het wat deel van gemeente is; ii) Persone wat 'n "naby" verlies beleef het is gekies. Dit wil sê 'n ouer, kind of huweliksmaat; iii) Ten einde instaat te wees om in retrospek te kon terugkyk na hoe hulle hulpverlening ervaar het is besluit om persone te kies wie se verlies nie meer as vyfjaar gelede plaasgevind het nie, maar ook nie meer onlangs as ses maande nie omdat die skokfase waarin bedroefdes verkeer na 'n verlies die belewing kan beïnvloed; iv) Sewe persone is genader waaronder twee egpare was. Daar is dus vyf onderhoude gevoer.

Ongestruktureerde onderhoude aan die hand van 'n skedule, is gevoer volgens die riglyne

wat vir so 'n onderhoud beskryf word deur Schurink. Hy lê die volgende basiese riglyne neer in verband met ongestruktureerde onderhoude aan die hand van 'n skema: Kwalitatiewe navorsers lei onderhoude deur middel van 'n navorsingsskema om inligting te verkry ten opsigte van die spesifieke fenomeen wat hulle bestudeer.

Die skema bestaan uit vrae en temas wat van belang is vir die navorsing. Die vrae hoef nie noodwendig in 'n bepaalde volgorde gestel te word nie, mits alle relevante temas gedek word. Ten opsigte van die tegniek van vraagstelling is dit vir die doel van ongestruktureerde

onderhoude van belang om te onthou dat lang en ingewikkelde vrae, sowel as leidende vrae (leading questions) vermy moet word. Daar behoort op "open-ended" vrae gekonsentreer te

(23)

word, waarop daar nie net 'n ja of nee antwoord gegee kan word nie. Verder behoort

deelnemers gevra te word na opheldering oftoeligting van hulle antwoorde, deur byvoorbeeld te vra: "Wat bedoel jy wanneer jy sê ... " (1998:297-312). Die bevindinge van bogenoemde ondersoek word samevattend weergegee in Hoofstuk IV.

Vierdens word die bevindinge van die ondersoek in sy geheel, kortliks en samevattend weergegee in hoofstuk V. Laastens word 'n konsepgids vir die toerusting van lidmate opgestel. Dit word aangebied as bylaag B.

G DOELSTELLINGS

Die volgende doelstellings word vir die navorsing gestel:

1. Om die Skriftuurlike gronde aan te toon ten opsigte van die volgende: i) die vertroosting van bedroefdes deur medegelowiges;

ii) die verstaan van die dood en;

iii) die wyse waarop God met die dood in verband gebring word.

2. Om deur middel van 'n literatuurstudie die prosesmatigheid en noodsaak van rou, die waarde van die betrokkenheid van familie, vriende en ander belangstellendes en die aspekte wat tot die fasilitering of frustrering van die proses van rou kan lei, aan te toon.

3. Om op grond van 'n kwalitatiewe ondersoek bedroefdes se ervaring van ondersteuning deur vriende, familie, lidmate en andere te bepaal.

4. Om die toepaslike beginsels vir die betekenisvolle bystand van bedroefdes deur lidmate in 'n konsepgids te vervat met die doel : Om praktyk-gerigte toerusting te

(24)

verskaf sodat lidmate met meer vrymoedigheid en met 'n gevoel van bekwaamheid instaat sal wees om bedroefdes betekenisvol by te staan.

H BEGRIPSVERKLARING

Die proses van rou: In hierdie studie word die begrip rouproses nie gebruik nie omdat dit die indruk kan wek van 'n proses wat volledig omskryf is, wat by almal dieselfde sal verloop en waarby bedroefdes nie aktiefbetrokke is nie. Deur die begrip die proses van rou te gebruik, word die prosesmatigheid en die uniekheid van die verloop daarvan beklemtoon.

Routake: Worden (1988) het spesifieke take onderskei wat bedroefdes moet deurwerk ten einde hulle rou te verwerk en die proses van rou suksesvol afte handel. Hierdie take (wat in hoofstuk III behandel word) word as routake beskryf.

Professionele hulpverleners: Psigiaters, sielkundiges, mediese dokters en predikante.

Nie-professionele hulpverleners: Persone wat bedroefdes bystaan na hulle verlies maar wat geen amptelike opleiding ontvang het vir hierdie taak nie.

Hulpverlening: Wyses waarop mense bedroefdes bystaan, ondersteun, en vertroos na hulle verlies.

Fasilitering van die proses van rou: Optrede deur hulpverleners wat bedroefdes help om hulle rou te verwerk deur uiting te gee daaraan sowel as om aktief aan routake te werk.

(25)

Frustrering van die proses van rou: Optrede en woorde wat daartoe lei dat bedroefdes hulle

emosies inhibeer, die deurwerking van routake vermy ofwat twyfel by bedroefdes wek ten opsigte van God en Sy wil.

Geykte tradisionele gesegdes: Gesegdes wat baie algemeen gebruik word wane er met mense

gesimpatiseer word. Byvoorbeeld: "Ons moet berus in die wil van die Here"; "Sy is nou op 'n beter plek"; "Julle moet net sterk wees".

Gedagtenisviering: Wyses waarop die betekenis van die oorledene se lewe gedenk kan

word. Ook wyses waarop herrinneringe aan die oorledene positiefbenut kan word.

Ongekompliseerde rou: Dit is die normale proses waardeur, by verre, die meeste mense

(26)

HOOFSTUKIl

TEOLOGIESE KOORDINATE TEN OPSIGTE VAN: DIE DOOD, GOD SE WIL EN VERTROOSTING

In lyn met die epistemologiese vertrekpunt van hierdie studie, naamlik die diakoniologiese

benadering, word die Skrif as uitgangspunt geneem. In hierdie hoofstuk word die volgende

sake ondersoek: Die dood, God se wil en vertroosting. Daar sal aandag gegee word aan die

Skrifbeginsels sowel as aan die teologiese besinning wat reeds oor hierdie sake plaasgevind

het. Daar sal in die eerste plek gevra word welke inhoud die Skrif aan die begrip dood

verleen. Hieruit vloei onvermydelik voort dat aandag gegee moet word aan die vraag of die

dood as die wil van God beskou kan word. Daarna kom die beginsel van vertroosting aan die

orde. Is dit 'n Bybelse opdrag? Is vertroosting die taak van die lidmaat?

A DIE DOOD: 'N TEOLOGIESE PERSPEKTIEF

Wanneer daar vanuit die Bybeloor die begrip "dood" besin word, moet daar deurgaans

rekening gehou word met die volgende twee wesenlike aspekte: 1) Dood word nie op sigself

nie, maar in verband met die teenstellende begrip lewe behandel; 2) Die begrip dood

-word in die Bybel met verskillende inhoude gevul waarvan die drie belangrikste die volgende

is: Dood as geestelike begrip; as tydelike/fisiese begrip; en as ewige begrip (Kittel & Friedrich

1985:290-296,312-15).

1. DOOD AS GEESTELIKE BEGRIP

In die Ou Testament is lewe gesien as gawe van God wat deur Sy genade in stand gehou is.

(27)

Testamentiese gelowiges se vrees vir die dood was gesetel in 'n vrees dat hulle kon uitval uit die verbondsverhouding en sodoende van God geïsoleer kon word (Louw 1994: 172). Lewe het beteken om in verhouding tot God te staan, van Hom afhanklik te wees en Hom te dien, gehoorsaam en te eer.

In die Nuwe Testament word die gelowige se lewe, voordat hy/sy Christus as Verlosser aangeneem het, beskryfas dat hy/sy dood was. Vgl KoI2:13; Ef2:1-12 (Kittel & Friedrich

1985:627). Ook diegene wat nie reageer op die oproep van Jesus tot geloofnie word as dood beskryf: Ef 5: 14; Jh 5:25. Om te glo in Jesus Christus en met Hom in verhouding te staan word in dieselfde tekste geteken as om die lewe te hê. Ook in Lk 15:24,32 word die verlore seun beskryf as een wat dood was maar nou weer lewe op grond van sy verhouding met die vader wat eers verbreek is en toe weer herstel is. In Jh 5:21-29 is 'n baie duidelike beskrywing van mense wat fisies lewend is, maar wat, omdat hulle nog nie aan Jesus gehoor gegee het nie, as dood beskryfword. Heyns beklemtoon die feit dat bestaan en voortbestaan vir die Skrifnie as sodanig die lewe is nie. "Die bestaan moet nog 'nbepaalde gerigtheid ontvang en binne 'n sekere atmosfeer betrek word, alvorens dit as lewe gekwalifiseer kan word." (Heyns

1978:394). Voorts beskryfhy dit so: "Die mens wat buite gemeenskap met God staan, sterwe, terwyl hy nog 'lewe', maar laat dan ook alles sterwe waarmee hy in aanraking kom (Ef2: 1; 4: 18; Op 3: 1)." (Heyns 1978:395). Lategan stel dit so: "Dus kan jy religieus dood wees voordatjy nog gesterfhet (1990:40). Wat die geestelike faset van die woord - dood-aanbetref, gebruik die Bybel dit dus om die toestand te beskryf van 'nmens wat nie in 'n verhouding tot die lewende God staan nie.

(28)

2. DOOD AS FISIESE BEGRIP

Die Bybel vul die woord dood ook met die inhoud van beëindiging van die fisiese lewe. Die oorsaak van die dood in hierdie sin word verbind met die sonde: Rm 5: 12~6:23~ Gn 2: 17~ 1 Kor 15: 21 (Louw 1994: 173). Die dood kan daarom nie gesien word as 'n natuurlike deel van die skepping en 'n noodwendige deel van ons aardse bestaan nie. Heyns beskryf die fisiese dood as "volkome in stryd met God se goeie skepping." (1978:395) en as abnormaal wanneer hy sê: "Wat vóór die sonde normaal sou gebeur het, vind nou, ten gevolge van die sonde, abnormaal plaas" (1978: 398). Louw beskryf die fisiese dood soos volg: "Dying is not a natural process, but an unnatural horror" (Louw 1994: 174). In die Theological Dictionary of

the New Testament word daar van die dood gesê dat dit nêrens in die Nuwe Testament

geneutraliseer word as 'n natuurlike proses nie (1985:313). In 1 Kr 15:26 en Op 20:4 word die dood beskryf as die laaste vyand.

Daar heers ook 'n wanopvatting onder talle christene dat die fisiese dood 'n skeiding

meebring tussen liggaam en siel. Berkhof meen dat hierdie mistasting teruggevoer kan word na Plato se idee van 'n onsterflike siel, wat die fisiese dood op 'n natuurlike wyse oorleef, maar dat dit in stryd is met die Skrif wat onsterflikheid slegs aan God toeskryf volgens 1Tm 6: 16 (Berkhof 1979:486). Ook Louw (1994: 173) verwys na die dualistiese skeiding van liggaam en siel as 'n konsep van Plato. Die gedagte dat die siel van die mens sy liggaam verlaat om " ... elders 'n selfstandige bestaan los van die liggaam te gaan voer. ... " word deur Heyns as 'n Grieks-filosofiese siening aangewys wat geen grond in die Skrifvind nie

(29)

3. DOOD AS EWIGE BEGRIP

Naas die dood as geestelike- en fisiese begrippe, beskryf die Bybel dood ook as 'n ewige dood. Dit is die toestand waaraan ongelowiges by die oordeelsdag sal deel kry. Dit word ook as die hel of ewige oordeel beskryf. Dit is 'n toestand van ewige rampsaligheid en verderf. 'n Toestand waarin die mens vir ewig van die gemeenskap van God uitgesluit sal wees (Op 20: 14) (Heyns 1978:395). Die ewige dood word ook beskryf as 'n tweede dood, " ... but physical death becomes definitive death (the second death, Rv 2: 11; 20:6,14; 21:8) through judgement." (Kittel &Friedrich 1985:314).

4. DIE OPSTANDING VAN JESUS VERANDER DIE DOOD IN AL SY BEGRIPSVERBANDE

Die mens het nog altyd gehoop en geglo dat daar iets meer as hierdie lewe is, dat daar anderkant die grens van die dood meer is as wat 'n mens tot hiertoe leer ken het. Op grond van menslike ervaring kon daar nog nooit bewys word dat 'n lewe anderkant die dood bestaan nie. Op grond van ons ervaring lyk dit asof die dood die radikale einde van ons menslike bestaan is (Berkhof 1979:483). Die dood en opstanding van Jesus Christus open saam met die beloftes in die Bybel 'n heel nuwe perspektief op die dood, sowel as op die lewe anderkant die dood. Louw (1985:87) beskryfdit as meer as net 'n nuwe perspektief: "Indien die opstanding net 'n nuwe perspektiefis maar nie 'n herskeppingswerklikheid nie, het dit konsekwensies vir die hoop. Die implikasie is dat daar dan maklik in die opstandingsverhaal 'n neerslag van die mens se subjektiewe verlange na voortgesette lewe gevind kan word. Opstandingshoop word dan hoop op 'n kollektiewe voortbestaan. Dit kan vervlak tot 'n

(30)

opstandingswerklikheid is egter nie 'npsigologiese projeksie nie, maar 'n openbaring van

God in die skepping waardeur die dood in sy kern geraak word. God se openbaring in die

opstanding beteken herskepping as skepping - nie uit niks nie, maar uit die dood." Louw haal ook die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 45 aan wat so lees: "Watter nut het die

opstanding van Christus vir ons? Eerstens het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat

Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood vir ons verwerfhet, deelagtig kon maak. Tweedens word ons nou ook deur sy krag tot nuwe lewe opgewek. Derdens is die opstanding van Christus vir ons 'nbetroubare waarborg van ons salige opstanding" (Louw 1985: 90).

Wat die dood as geestelike begrip aanbetref, verander Jesus dit vir elkeen wat in Hom glo na die lewe (Jh 5:24,25; Ef2:5; Ko12: 13; Rm 6:4). Om as vrygespreekte mens in 'n nuwe verhouding tot God te staan, is om te lewe volgens die Bybel.

Die dood as ewige begrip word vir die gelowige verander in die ewige lewe. Heyns beskryf dit so: "Die ewige lewe as voortsetting en geleidelike verdieping van hierdie lewe in

gemeenskap met God op grondslag van die geloofverbondenheid met Hom, wat die

opstanding en die lewe is, is dus baie meer as net 'nblote voortbestaan sondermeer" (Heyns 1978:395). Die ewige lewe word deur Berkhofbeskryfas die voltooiing van die vernuwing wat God deur sy Gees reeds hier op aarde in die gelowige begin het. Hy beskryf die verlossing as iets wat te groot is om binne die beperkinge van hierdie aardse bestaan te realiseer (Berkhof 1979:483,484). Skrifgedeeltes wat handeloor die lewe as ewige lewe is onder andere die volgende: Mt 19:29,25:46;Jh3:16, 11:25,26;Rm6:22; 1 Tm6:12.

(31)

Tussen die dood as geestelike begrip en die dood as ewige begrip, staan egter die dood as

fisiese begrip. Wat is die implikasie van Jesus se dood en opstanding vir die mens se fisiese

dood? Dit kan gestel word dat die dood en veral die opstanding van Jesus uit die dood, die fisiese dood van die gelowige niks minder as 'n oorgang van een bestaanswyse na 'n ander bestaanswyse maak nie. Die fisiese dood vorm dan slegs die verbintenis tussen lewe as

geestelike lewe wat hier op aarde reeds 'n aanvang neem en die ewige lewe wat anderkant die

grens van die dood sal realiseer. Hierdie standpunt kan as volg gemotiveer word. Berkhof (1979:484) teken hierdie verbintenis as volg:

"The natural death which comes to all men as a biological necessity does indeed seem entirely different from the preceding forms of death. But in Christ's death the two have been linked to each other. What is established between them is the link between

creation and redemption. As concerns its provisional character, creation is meant to be dissolved. Man's creative nature is such that he can only reach his destination through the dissolution of his selfhood. "

Hy stel dit dan dat verlostes die dood kan sien in verhouding tot die goddelike doel daarvan, naamlik as bevestiging van die voorlopigheid van die aardse bestaan sowel as beëindiging daarvan om oorgang ("gateway") te word na die vervolmaking van die lewe. Heyns stel dit dat die fisiese dood nie as "disintegrasieproses" van die mens gesien moet word nie, maar as 'n "transforrnasieproses van die een dimensionele bestaanswyse na die ander dimensionele bestaanswyse .... " (1978:396). Skrifgedeeltes in hierdie verband is Lk 16:20 ev; 1 Kor 15:21 ev; Flp 3:21; Op 20: 13 ev.

(32)

Wanneer die dood gesien word vir wat dit werklik is volgens Bybelse perspektief, verloor die dood sy vreesaanjaende karakter. Wanneer dit gesien en verduidelik word as oorgang na 'n nuwe bestaanswyse kan dit geweldig vertroostend wees vir diegene wat midde in die proses van rou verkeer. Dit is veral so omdat die dood "homself' aan die bedroefde voorhou as eindpunt, as vernietiger. Louw som die verandering wat Jesus se opstanding ten opsigte van die dood teweeg gebring het uitmuntend op as hy sê: "This liberation from the power of death was finally proved by the resurrection, which deprives death of its finality and fatality (1 Cor

15:55-56). In the resurrection Jesus's death becomes a proclamation of God's sovereignty over death." (1994: 173).

Die Skrifgedeeltes waarin die fisiese dood waarskynlik die duidelikste as oorgang beskryf word, is 2 Kor 5: 1,2. In Die Boodskap word dit duidelik so vertaal: "Wanneer ons eendag doodgaan, ja, wanneer ons liggaam soos 'n tent opgevou word en in die grond weggebêre word, is dit nie klaar met ons nie. Gelukkig nie. Dan begin die lewe eers' Want dan kry ons 'n splinternuwe hemelse liggaam by God. Terwylons nou nog in hierdie ou aardse tent moet aansukkel, kry ons regtig swaar. Ons wens werklik dat daardie dag aanbreek dat God ons na ons nuwe hemelse adres toe vat" (Van der Watt &Joubert 1997:577).

B. DIE WIL VAN GOD: 'N ONAFGEHANDELDE DEBAT

"Here, as U hier was sou my broer nie gesterwe het nie." Dit is die bekende woorde van die twee susters, Marta en Maria, aan Jesus ná die dood van hulle broer, Lasarus (Jh 11:21, 32). Naas die twee susters se "verwyt" lees ons dat van diegene wat die susters bygestaan het in hulle leed, ook gesê het: "Kon hy wat die oë van die blinde man genees het, nie ook gemaak het dat hierdie man nie sterwe nie?" (Jh 11:37). So word die dood vir eeue lank al op verskeie

(33)

wyses met God in verband gebring. Dit word dikwels in die Skrif, nie op negatiewe wyse gedoen nie, maar wel op 'n wyse wat spreek van geloof en vertroue in God, op 'n wyse wat getuig daarvan dat Hy gesien is as God van lewe en dood. Die wyse waarop God met die dood in verband gebring word, is egter van wesenlike belang. Soms word dit só gedoen dat God geteken word as die een wat die dood veroorsaak het, of dit so vooruit bestem het, selfs so wou gehad het. Daarom is dit nodig om kennis te neem van hoe mense God met die dood in verband bring, asook om krities te vra na wat die implikasies is van die wyse waarop dit gedoen word en om dit alles te toets aan hoe die Skrif God met die dood in verband bring.

Die vraag oflyding, dood en die gepaardgaande smart die wil van God is, word in hierdie studie as 'n wesenlike vraag beskou. Die rede daarvoor is tweeledig: 1) Omdat die vraag dikwels deur bedroefdes gevra word; 2) Omdat gelowiges baie dikwels probeer om bedroefdes te troos deur die dood van hulle geliefde op een of ander manier te probeer verklaar as dat dit die wil van God sou wees dat dit plaasgevind het.

1. 'N EEUE OUE DEBAT

Reeds in die Ou Testament is daar talle skrifgedeeltes wat getuig van die verbondsvolk in geheel, sowel as van individuele gelowiges se worsteling oor hoe lyding gerym kan word met God.

Die boek Job is seker die bekendste voorbeeld van 'n debat oor hierdie aangeleentheid. Job se vriende probeer hom te midde van sy lyding oortuig dat hy die lyding deur God as 'n straf opgelê is (Job 22:5). Job daarenteen, hou vas aan God as die getroue (De Klerk 1968:68).

(34)

In die Psalms vind ons dat hierdie worsteling in gebede en liedere onder woorde gebring is. Soms, deur 'n verslaendheid, wat iemand soos Asaf laat skryf dat hy net eenvoudig nie kan verstaan dat goddelose mense voorspoedig kan wees terwyl hy wat aan God getrou is, moet ly nie (Ps 73). Soms gaan dit by die psalmdigter oor 'n aanklag teen God, waarvan Ps ] 3 'n voorbeeld is. Ook in Jes 40:27 vind ons 'n aanklag teen God wat van die verbondsvolk af kom.

In die Nuwe Testament spreek die verhaal van die genesing van iemand wat blind gebore is (Jh 9: 1-] 2) duidelik van die algemene opvatting van daardie tyd dat blindheid veroorsaak is deur die sonde van'n persoon of deur die sonde van sy ouers (Smelik 1977:] 70). Soos in die geval van Job se vriende, is daar 'n direkte oorsaaklike verband gesien tussen lyding en sonde. Venter gee 'n meer breedvoerige behandeling van die Skrifgegewens wat op hierdie debat betrekking het (1994:659-675).

Nie net in die Skrif nie, maar ook alreeds by Calvyn, vind ons tekens van die debat oor God se wil. In sy Institusie (Inst 1:] 7.3) reageer Calvyn met skerp kritiek teen die standpunt van die Libertyne ('n groep spiritualiste). Enkele snitte van hoe hy hulle standpunt weergee, is die volgende: ''Hulle sê: As die Here die oomblik van onse dood vasgestel het, kan ons nie daaraan ontkom nie. Hulle kom selfs tot die gevolgtrekking dat die gebede van die gelowiges verkeerd of selfs oorbodig is, omdat gevra word dat God sal sorg vir wat Hy alreeds van ewigheid afbesluit het"; "As 'n sluipmoordenaar 'n goeie burger doodgemaak het, het hy God se raad uitgevoer, sê hulle. Hy kan nie teen God ingaan, wat dit van ewigheid af so bepaal het nie. So word van skandelike dade deugde gemaak .... " (Duvenhage 1978:99). Lategan en

(35)

Potgieter wys op Calvyn se standpunt hierteenoor as hulle skryf: "In'n brief gedateer 6 Oktober 1552 ontken Calvyn kategories teenoor die Raad van Geneve dat God die Outeur van die sonde kan wees" (1992: 95). 'n Meer breedvoerige behandeling van Calvyn se beskouing van die voorsienigheid van God kan in Lategan en Potgieter (1992:93-96) gevind word en 'n meer omvattende behandeling van die lydingsvraagstuk in De Klerk (1985:37-75).

"Die Stoïsynse noodlotsdenke van die Libertyne skyn verouderd te wees omdat Calvyn dit meer as 400 jaar gelede al geken het. Dit is egter vandag nog springlewendig soos blyk uit die huidige debat" (Schulze 1993:27). Schulze maak bogenoemde stelling op grond van die feit dat Nicol in sy rubriek in Beeld (27 Oktober, 1992) die tradisionele opvatting van God se regering as volg weergee:

Die geloof dat God albeskikker is, is baie gewild in die Christendom. Baie Christene

se geloof gaan in 'n groot mate daarin op. "Daar is geen toeval nie. Alles gebeur soos

dit moet. Jou paadjie is vir jou uitgestippel. Die kind het verongeluk, maar ons moet

aanvaar dis eintlik die beste so. As dit lyk of die aardse verloop van dinge met God se

wil in stryd is, moetjy aanvaar jy sal sy plan later verstaan. " (Schulze 1993: 19).

Hy wys daarop dat hierdie debat opnuut aangewakker is nadat prof. Adrio Konig in 'n radioprogram die standpunt gestel het dat God nie nou in beheer is nie, maar dit eers eendag sal wees (Schulze 1993: 18). Nicol stem nie net met Konig saam nie, hy pleit dat ons 'n nuwe Godsbeeld nodig het:

"Hy is nie die allerhoogste, universele beheersentrum wat koud toesien dat alles

afloop soos wat Hy dit klaar vas geprogrammeer het nie. Nee, Hy is liefde en warmte.

(36)

Verder wys Schulze op die verband tussen Nicol se standpunt en die van Wiersenga. Hy meld dat Wiersenga reeds in 1972 die tradisionele opvatting van die voorsieningheid van God afgewys het as 'n Grieks-filosofiese opvatting en nie 'n evangeliese opvatting nie (Schulze

1993:22).

Dit is baie duidelik dat hierdie debat wentel rondom die teodisee probleem: "si deus, unde malum? - as God bestaan, van waar die kwaad?" (Schulze 1993: 29). Ook al word daar vas geglo in die bestaan van God, bly die vraag: Hoe kan die kwaad en lyding met die goedheid, liefde en almag van God gerym word. Lategan stel dit so: "Teodisee is 'n rasionele poging om

God teenoor die kwaad te regverdig. Anders gestel: Op watter wyse is God by die oorsprong,

die instandhouding en beteuling van die sonde teenwoordig?" (1991 :20). Vir 'n duidelike uiteensetting van die bekendste hoofmomente in die teodisee probleem, kan Louw

geraadpleeg word (1982:2-5).

Dit val nie binne die skopus van hierdie studie om die debat as sodanig te behandel nie. Wat wel van belang is, is om kortliks aandag te gee aan enkele standpunte wat direk betrekking het op hierdie studie. Op grond van hierdie standpunte sal daar dan tot konklusies gekom word, wat van praktiese waarde sal wees vir lidmate wat bedroefdes wil bystaan.

2. DIE RUIMTESKEPPENDE BESLUITE VAN GOD

"Al is God dus werkend in die wêreld teenwoordig en al is die werklikheid ook die realisering van Sy besluite, nooit mag Gods wil sonder meer uit die werklikheid afgelei word nie" (Heyns

(37)

Heyns spreek hom baie sterk uit teen die tradisionele opvatting dat alles wat gebeur as die wil

van God voorgehou word en stel dit dat: " ... in elke moontlike vorm of gevolg van die sonde,

het God geen behae nie, maar ook geen aandeel nie" (1978:75).

Waar Louw rekening hou met die mag van die bose, het Heyns weer die aandag gevestig op die feit dat ons leef in 'n - deur - die - sonde - beskadigde werklikheid, waarvan pyn, siekte, lyding, hartseer en die dood deel is. Hy beskryf dit as volg: "Daarom salons moet sê: die skepping is in essensiële of substansiële sin normaal, maar in historiese sin abnormaal, aangesien dit met die sonde deurdring is" (Heyns 1978: 109).

Verder het Heyns kritiek op een van die tradisionele "antwoorde" wat op die lydingsvraagstuk gegee is, naamlik dat God die kwade nie wil nie, maar wel toelaat. Sy reaksie is dat dit van God " ... 'n magtelose en passiewe toeskouer maak en aan die sonde 'n te groot konkurrerende mag toeken. Hy het dit gewil - dit is te veel gesê; Hy het dit toegelaat - dit is te min gesê" (Heyns 1978:75). Dit stem ooreen met die kritiek van Calvyn soos aangehaal in Berkouwer (1975: 164-165). Calvyn het die begrip ordinatio gebruik omdat dit tussen die begrippe

veroorsaking en toelating lê (Du Rand 1987:34-35).

Die besondere van Heyns se bydrae tot hierdie hele problematiek lê in die baie sinvolle onderskeiding met betrekking tot die besluite van God, naamlik tussen die veroorsakende, ruimteskeppende, indiensnemende en predestinerende of vóórbestemde besluite van God (Heyns 1987:75). Onder die ruimteskeppende besluite van God verstaan hy dan dat God ruimte geskep het vir die sonde asook vir die mens en die bose om hulle mag te kan uitoefen. Die sonde en die gevolge daarvan kan dus plaasvind, maar " ... dit gebeur teen Sy wil,

(38)

hoewel nie buite Sy ruimteskeppende besluite nie. Teen die wil van God, is nog nie buite Sy Raad nie en in Sy Raad is nie noodwendig in ooreenstemming met Sy wil nie" (Heyns

1987:75-76). Konig se standpunt kom sterk hiermee ooreen (1975:202-206).

3. DIE INLA TENDE WIL VAN GOD

Louw meen dat wanneer mense in nood, pastoraal begelei moet word, bied die teodisee nie genoegsame antwoorde nie. Hy verwys na Berkouwer (1975) en motiveer die saak as volg: "Want die probleem met die teodisee is dat daar telkens vanuit die gebroke werklikheid gedink word. By wyse van deduktiewe denke wil die mens dan logies opklim tot by God. Vanuit hierdie God moet dan weer induktiefterug na die werklikheid gedink word. So 'n God word dan voor die forum van die menslike rede aanvaarbaar gemaak vir die lydende

mensdom. Teodisee word sodoende 'n soort 'natuurlike teodisee' waar daar vanuit die deduktiewe ervaringswerklikheid tot 'n logies aanvaarbare God gekonkludeer word" (Louw

1982:6).

Louw waarsku dat daar baie versigtig oor die wil van God gepraat moet word in die aangesig van lyding, want " ... die evangelie werk selfbaie suinig met die term" (1985: 107). Verder bevestig hy dat die wil van God nie as 'n "afskrikmiddel" gesien moet word nie, maar wel as 'n "troosfaktor" (Louw 1985: 108). Louw self gebruik die begrip: die inlatende wil van God. "God laat Hom met lyding en via die kruis en die opstanding in die modus van identifikasie en

oorwinning. Die inlatende en inskakelende wil van God sluit die mens nie uit nie, maar op

grond van die werking van die Heilige Gees, ook in" (1985: 107). Saam met die rol van die mens hou hy ook rekening met die mag van die bose as hy skryf dat "Gods almag, saam met

(39)

menslike skuld en verantwoordelikheid teen die agtergrond van 'n bose versteuringsmag, 'n spanningsituasie skep waarbinne die lydingsvraagstuk in die Skrif geïnterpreteer moet word" (Louw 1982:23).

Louw se pastorale gerigtheid kom duidelik na vore wanneer hy lyding en God se wil as volg met mekaar in verband bring: "God wil nie die siekbed of ongeluk of kanker of vloedramp as sodanig nie; God wil dit wat tydens 'n siekbed of ongeluk of kanker of vloedramp in die hart van 'n mens gebeur" (Louw 1982: 28).

4. DIE WIL VAN GOD: KONKLUSIES

Die begrip - die wil van God - moet baie versigtig gebruik word in die aangesig van lyding, dood en die gepaardgaande smart. Lyding en dood mag nie op 'n eenvoudige of op 'n enkelvoudige wyse met God in verband gebring word nie.

Die volgende konklusies word gemaak met inagneming dat die skopus van die studie die rol is wat lidmate kan speel in die fasilitering van die proses van rou. Die gaan dus oor die gebruik van die begrip - die wil van God - binne die konteks van rou en vertroosting en nie binne die konteks van 'n teoretiese teologiese diskussie in die algemeen nie.

4.1 God is nie die outeur van die kwaad nie. Die begrip - die wil van God - moet nooit so gebruik word dat God daardeur by bedroefdes geteken word as die outeur van die kwaad me. "Die grusame gevolge van die sonde word aan God toegedig. Dit is die resultaat van Sy wil - in baie uitsprake selfs blinde noodlotsmag. Wie so redeneer maak van God 'n bespotting - God het geen geheime verhouding met die sonde nie" (Lategan

(40)

1991:21). Ook Heyns beskryfdat die wil van God goed is en " ... in volledige ooreenstemming is met en ook voortvloei uit sy wese" (Heyns 1978:73).

4.2 Menslike vryheid en verantwoordelikheid mag nie buite rekening gelaat word nie. "God gee aan die mens selfstandigheid maar ook die moontlikheid om dit te misbruik" Lategan 1991 :21). Skrifgedeeltes wat hieroor handel is die volgende: Gn 1:26-28; 2: 15-17; Jos 24: 15; Rm 14: 10-12; GalS: 1,13. Menslike vryheid wat misbruik word en tot die dood van 'n ander persoon lei kan tog nie beskryfword as die wil van God nie.

4.3 Die algemene verdorwenheid van die skepping moet in gedagte gehou word. Rm 8: 18-23 is by uitstek die gedeelte in die Nuwe Testament wat handelaar die algemene verdorwenheid van die skepping. In Die Boodskap word vers 20 só vertaal:

"Want tot nou toe kry die skepping baie swaar. Hier gaan alles dood. Alles vergaan" en vers 23: ''Maar dit is nie net die skepping wat swaarkry nie. Ons kry ook swaar" (Van der Watt & Joubert 1997:496). Nog 'n skrifgedeelte wat hierdie realiteit

bevestig, is 2 Kor 4: 16 - 5: 10. Die vertaling in Die Boodskap (2 Kor 4: 18) is besonder duidelik: ''Dit wat ons vandag sien, is in elk geval more nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie" (Van der Watt & Joubert 1997:577).

Daar is egter 'n baie groot verskil oflyding toegeskryfword aan hierdie algemene verdorwenheid wat dan die gevolg is van sonde in die algemeen en of lyding toegeskryf word aan straf op spesifieke sondes.

4.4 Determinisme mag nie verkondig word nie. Die begrip - die wil van God - moet nie op so 'n wyse gebruik word om iemand se dood te "verklaar" , dat die indruk gewek word dat alles in ons lewe gepredestineer is nie (Vgl Heyns 1978: 77, 157). So 'n

(41)

standpunt het die implikasie dat dit van gebed 'n "klug" maak, terwyl God aan Sy kinders die voorreg van gebed gee en hulle nooi om hulle behoeftes voor hom uit te spreek (FI4:6; Mt 7:7-11; Lk 18:1-8; Dn 6:11; 2 Kron 7:14).

4.5 God veroorsaak nie die kwade nie, maar skakel dit in. Daar is reeds in 4.1 daarop gewys dat God nie die kwade veroorsaak nie. Terselfdertyd moet daarteen gewaak word dat die indruk nie gewek word dat die kwade God "onkant" betrap nie. God kan ook die kwade gebruik. Beide Louwen Heyns se standpunte ondersteun hierdie konklusie. Heyns (1978:76) sê: "Wel kom die sonde nie uit Sy hand nie, maar Hy neem dit tog ter hand en gebruik dit vir die verwerking van Sy doel met die skepping (Rm 9:8 ev; IPt 2:6 ev; Rm 1:24)." Louw stel dit so: "Nie die geloofontwikkel uit vanuit die lyding nie. Die lyding vlek juis die kwalitatiewe aard van geloof oop" (1982:30).

Twee gedeeltes waarop hierdie konklusie gebaseer is, is die volgende: Rm 8:28 "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet .... " In

Die

Boodskap word dieselfde vers vertaal as "Ons kan nou van een saak seker wees: God

gebruik elke ding wat in ons lewe gebeur, of dit nou goed is of sleg is, om sy doel te bereik. Alles wat met elkeen van ons gebeur wat God liefhet, werk tot ons beswil uit" (Van der Watt & Joubert 1997:497). Uit die Ou Testament kan die verhaal van Josef as voorbeeld van hierdie beginsel geneem word (Gn 37-50). Regdeur hierdie verhaal gebeur daar dinge wat direk in teenstelling is met die geopenbaarde wil van God, soos dat Jakob vir Josef voorgetrek het bo sy ander seuns; dat hulle "afkeer in hom" so groot was dat hulle hom wou doodmaak; dat hulle hom as slaaf verkoop het en dat hy in Egipte onskuldig in die tronk beland het. Tog som Josef self al hierdie gebeure op as

(42)

hy sê: "Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het" (Gn 50:20).

Ten slotte moet daar rekening gehou word met die feit dat verklarings nie troos nie.

Alhoewel teologiese besinning oor die wil van God noodsaaklik is, moet die waarde daarvan vir die vertroosting van bedroefdes nie oorskat word nie. Venter stel dit besonder mooi as hy sê: "Die pastor staan nie langs God nie, maar langs die lidmaat in sy nood"; "Saam met die lidmaat moet die antwoorde uit die Woord van God verkry word" (1994:664).

C VERTROOSTING DEUR GELOWIGES

In die ondersoek na die rol van lidmate in die fasilitering van die proses van rou, is dit noodsaaklik dat daar ook teologies besin sal word oor die funksie van mense in hulle

betrokkenheid by bedroefdes. Dit sal gedoen word deur eerstens te kyk na wat ons in die Skrif leer oor die betrokkenheid van mense by bedroefdes. Tweedens sal daar kortliks gekyk word na 'n dogmatiese beskouing van die verantwoordelikheid teenoor die medemens in nood. In die derde plek sal aandag gegee word aan die debat ten opsigte van die begrip - "Die amp van die gelowige".

1. VERTROOSTING AS BYBELSE RIGSNOER

In die Skrifblyk dit duidelik dat rou normaalweg nie gesien is as 'n private aangeleentheid nie. Dit is beskou as 'n geleentheid waarby nie net familie en vriende nie, maar ook die gemeenskap betrokke was (2 Sm 1:11,12,17,18). Daar was in die Ou Testament 'n routydperk wat normaalweg sewe dae geduur het (Jh 2: 13) maar wat in die geval van belangrike persone selfs heelwat langer kon duur. In die geval van Moses het die routydperk dertig dae geduur

(43)

(Dt 34:8) en in die geval van Jakob lees ons dat Egipte sewentig dae lank oor hom gerou het (Gn 50:3).

Die betrokkenheid van mense by bedroefdes is baie hoog geag. So hoog dat Dawid selfs ná die dood van die koning van die Ammoniete, gesante stuur na die koning se seun, Ganun, om deelneming te betuig met die dood van sy pa (2 Sm 10:2). Job sê dat een wat treurendes troos, soos 'n koning tussen soldate is (Job 29:25). Job wys egter ook op die teendeel en vaar uit teenoor sy vriende wanneer hulle hom met leë geykte tradisionele gesegdes probeer troos (Job

16:2; 26: 1-4).

Troosbesoeke tydens die routydperk het bestaan uit saam treur en dikwels saam huil (Verklarende Bybel: 132). Verder is daar ook dikwels kos en selfs wyn gebring vir die bedroefdes (Jr 16:7). Ook in die Nuwe Testament lees ons in Jh 11: 19,31,33 dat ná die dood van Lasarus daar baie van die Jode na die susters Marta en Maria toe gegaan het om hulle te troos oor die dood van hulle broer. Toe Jesus op die vierde dag na Lasarus se dood daar aankom was hulle nog steeds by die susters in hulle huis teenwoordig. Hierdie

ondersteuning wat hulle aan die susters verleen het, word beskou as die tradisionele Joodse ondersteuningsbesoek (Kittel & Friedrich 1985: 785).

Hierdie gebruik bestaan vandag steeds by die ortodokse- sowel as die konserwatiewe Jode. Na die dood van 'n geliefde bly die kerngesin vir sewe dae lank in een huis. Hulle "sit shivah",

(44)

klere nie. In hierdie sewe dae word hulle dan besoek en vertroos deur familie en vriende wat ook kos en selfs geskenke saambring (Hollingworth & Pasnau 1977: 124).

Die beginsel dat medegelowiges mekaar behoort te vertroos en te bemoedig, word ook in ander tekste in die Nuwe Testament bevestig (1 Kor 14:3; Fl 2: 1; Rm 12:8,13,15; 1 Ts 4: 18). Hierdie beginsel word ook spesifiek verbind met die motiefvan dankbaarheid vir God se vetroosting, hulp en bemoediging in 2 Kor 1:3,4.

2. VERTROOSTING: 'N DOGMATIESE BESKOUING

Heyns (1978: 127-13 7) skryf oor die mens as vehoudingswese en onderskei die volgende verhoudings waarbinne die mens staan: In verhouding tot God; sy medemens; homself; die natuur; die kultuur; die strukture.

Wanneer hy na die mens in verhouding tot sy medemens verwys, beskryf hy medemense as mense wat, " ... vanuit en mét hulle konkrete lewensomstandighede, 'n aanspraak op my maak, of ongesê, 'n aanspraak op my het" (Heyns 1978: 130). Wanneer hy dan hierdie betrokkenheid by die nood van die naaste konkretiseer, maak hy gebruik van wat Karl Barth in sy antropologie beskryf het as die medemenslikheidsfunksie van die menslike ledemate wat gerig is op die medemens (Heyns 1978: 133). Daarvolgens vervul die die funksie om die medemens raak te sien. Met die bene word die fisiese afstand tussen mens en medemens oorbrug. Die mond en ore is dan die ledemate deur middel waarvan die psigiese afstand oorbrug word wanneer menslike taal gebruik word. Verder word die hand dan uitgestrek om

(45)

die hand wat in nood uitgestrek is, vas te gryp. Indien al die voorafgaande handelinge uit die

hart geskied het, " ... is die legkaart van die medemenslikheid voltooi .... " (1978: 133).

Laastens moet die begronding van hierdie betrokkenheid by die medemens gefundeer word in God se betrokkenheid by die gelowige mens. " ... die mens se lewe saam met sy medemens is bestem om 'n weerspieëling te wees van sy lewe saam met God. Wat God vir my is, moet ek vir my medemens wees" (Heyns 1978: 131).

Wanneer lidmate betekenisvolle hulp verleen aan bedroefdes, gee hulle konkrete gestalte aan bogenoemde faset van hulle dankbaarheidslewe. Indien die motief vir hierdie hulpverlening dankbaarheid is vir die ontferming van God wat die lidmaat in sy/haar eie lewe ervaar het, kan hierdie hulpverlening beskou word as 'die wesenlike van die godsdiens" volgens Paulus se oproep in Rm 12: 1.

3. AMP-, PRIESTERSKAP-, OF CHRISTENSKAP VAN DIE GELOWIGE

Tot dusver is daar op grond van die Skrif en die dogmatiek aangetoon dat gelowiges 'n

verantwoordelikheid het teenoor medemense in die algemeen maar veralook teenoor die medemens in nood. Maar die vraag ontstaan: Hoe moet hierdie betrokkenheid of

verantwoordelikheid onder woorde gebring word? Moet dit 'n naam kry? En indien wel, watter naam? Daar bestaan verskillende moontlikhede en deur die jare was daar reeds verskeie menings gehuldig oor hierdie aangeleentheid. Terwyl teoloë drasties van mekaar verskiloor

(46)

wát hierdie verantwoordelikheid van gelowiges betitel behoort te word, is daar duidelike ooreenstemming oor die wese van die saak. In wese stem teoloë ooreen dat gelowiges op grond van hulle verbintenis met Christus as Verlosser 'n taak ofverantwoordelikheid het om Christus by andere te verteenwoordig as deel van die uitlewing van hulle dankbaarheid. Die meningsverskille bestaan egter ten opsigte van wát hierdie verantwoordelikheid genoem behoort te word. Moet daar gepraat word van die amp van die gelowige; die priesterskap van die gelowiges; of die Christenskap van gelowiges? Rossouw (1985) het die verskillende standpunte oor hierdie saak deeglik met mekaar vergelyk, die verskillende teoloë in twee groepe verdeel en uiteindelik tot 'n eie slotsom gekom oor die saak (Rossouw 1985: 319-331). Daar sal eers aan die verskillende standpunte aandag gegee word en daarna sal die beginsel deurgetrek en toegepas word op die rol wat lidmate kan vervul in die fasilitering van die proses van rou.

3.1 DIE AMP VAN DIE GELOWIGE

Kan daar naas die "besondere" ampte ook 'n "algemene" amp van die gelowige onderskei word? Rossouw verwys na Kuyper (1894) as een van die vroegste voorbeelde wat 'n amp van die gelowige onderskei het (Rossouw 1985:319-320). Veltkamp het in 1948 in sy

gesaghebbende werk oor die Heidelbergse Katigismus, hierdie amp van die gelowige

duideliker omskryfin sy behandeling van Sondag 12. Hy beskou die begronding van hierdie amp van die gelowige in die feit dat die christen deel het aan die salwing van Christus. Hy beskou alle gelowiges, mans en vrouens, as ampsdraers. Verder omskryf hy die amp

(47)

koning. Die christen is dan christen as profeet, christen as priester en christen as koning (Veltkamp 1948: 164-172).

Oor die verhouding tussen die algemene en besondere ampte is Veltkamp van mening dat die amp van die gelowige " ... het voornaamste is, het is primair: het ambt van leraar, ouderling en diaken is secundair, bijkomstig." Hy het die amp van die gelowige beskou as behorende tot die wese van die kerk en die ander drie ampte as behorende tot die welwese van die kerk (Veltkamp 1948:165).

Twee van die belangrike winspunte van Veltkamp se beskouing is die volgende: Eerstens dat hy die amp van die gelowige plaas binne die konteks van 'n dankbaarheidslewe wat die uitvloeisel is van dit wat Christus aan die gelowige skenk (Veltkamp 1948: 166); en tweedens dat hy die uitleef van hierdie amp baie raak beskryf wanneer hy sê: "Het is eigenlik nog meer privilege dan opdracht. Het is last en voorrecht tegelijk." (Veltkamp 1948: 164).

Ander ondersteuners van die standpunt dat daar 'n amp van die gelowige onderskei behoort te word, is volgens Rossouw die volgende:

Sietsma vind die fundering van so 'n amp in die verbond; Schilder sien die taak van die amp van die gelowige as werksaam na twee kante toe. In die eerste plek op die terrein van die christelike lewe in die algemeen en tweedens ten opsigte van die kerkregering in die besonder; Kraemer skuif die besondere ampte op die agtergrond

(48)

en beskou die amp van die gelowige as die belangrikste amp in die kerk; Kotze meen dat alle christene onder 'n "Divine charge" staan en dat gehoorsaamheid hieraan, as die uitvoering van 'n amp beskou mag word; De Klerk meen dat daar 'n duidelike pastorale taak op die amp van die gelowige rus, wat in die Bybelse herder-beeld gefundeer is (Rossouw 1985:320-324).

3.2 DIE PRIESTERSKAP VAN ALLE GELOWIGES

Calvyn onderskei vier ampte, naamlik: predikante, doktore, ouderlinge en diakens. Wat die diakens aanbetref, het hy nog 'n verdere onderskeid gemaak tussen die wat die aalmoese beheer het en die wat die armes en siekes versorg het (Van Itterzon 1974:87). Alhoewel hy dus 'n vierde en selfs moontlik 'n vyfde amp onderskei, onderskei hy geensins 'n amp van die gelowige nie. Calvyn het wat die gelowige betref eerder gebly by die begrip: "Die

priesterskap van alle gelowiges". Volgens Rossouw het Calvyn hierdie begrip gebruik in reaksie op die hiërargiese ampsbegrip van die Rooms-Katolieke kerk (1985:324). Die begrip is natuurlik gebasseer op tekste soos 1 Pt 2:9 en Op 1:5,6. Alhoewel hierdie begrip op die Bybel gebaseer is en 'n tipies-reformatoriese begrip was, is De Klerk se kritiek teen hierdie begrip dat dit te eng is in die sin dat dit die aksent hoofsaaklik op die priesterskap van die dienswerk van die gelowige laat val sonder dat die profetiese- en koninklike aspekte tot hulle reg kom (Rossouw 1985:323).

Naas Calvyn vind ons in Van Itterzon 'n baie sterk voorstander van die begrip: "Die algemene priesterskap van die gelowige". Hy beskou dit as 'n Bybels-gefundeerde begrip en haal beide die Ou- en die Nuwe Testament aan ter stawing (Eks 19:6; Jes 61:6; 1 Pt 2:5,9; Op 5:10). Hy

(49)

meen dat in die lig van Sondag 12 van die Heidelbergse Kategismus kan die term, algemene priesterskap van die gelowiges, gebruik word sonder dat die koninklike - en profetiese opdragte onderbeklemtoon word (Van Itterzon 1974:59-62).

3.3 DIE CHRISTENSKAP VAN ALLE GELOWIGES

Rossouw ( 1985: 327 -331) kom tot die gevolgtrekking dat daar goeie gronde bestaan wat dit nodig maak om te soek na 'n ander begrip as die van "amp van die gelowige". As redes voer hy aan dat dit: eerstens nie 'n Bybelse begrip is nie; en tweedens dat hierdie begrip die gevaar loop van óf 'n klerikalistiese skeiding tussen amp en gemeente, ófvan demokratisme waar die amp uit die gemeente opkom en nie sy oorsprong in Christus alleen vind nie.

In sy kritiek teen die alternatiewe begrip "priesterskap van alle gelowiges", sluit Rossouwaan by De Klerk wat die begrip eerstens as te eng sien (soos reeds vermeld) en tweedens dat die begrip baie sterk "tydshistories bepaald" is, omdat die Reformatore dit gebruik het in reaksie op die ampsbeskouing van die Rooms-Katolieke kerk (1985:328-329).

Na kritiese evaluering van beide die begrippe "amp van die gelowige" en "priesterskap van die gelowige" kies Rosouw om die begrip "Christenskap van alle gelowiges" te gebruik. Hy voer die volgende beweegredes aan vir hierdie keuse:

i) Dit is Bybels. Die Nuwe Testamentiese gelowige word hiermee aangedui (vgl Hd 11:26; 26:28; IPt 4: 16).

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

De gehalten organische contaminanten op vetbasis zijn in blankvoorn vaak hoger dan die van aal, maar door de grote verschillen in vetgehalten zijn de gehalten organische

Het huidige onderzoek, waarin indicatief de werkbelasting, werksnelheid en ervaringen van het werken met twee verschillende hoge draad tomaten haken zijn vergeleken, geeft

Niet alleen zijn er toekomstbeelden voor 2030, innovatieve projectideeën en concrete projecten – die inmiddels in uitvoering zijn – zijn ontstaan, ook is geleerd hoe dergelijke

That is, each type of mental state or process is numerically identical with (is one and the same thing as) some type of physical state or process within the brain or central

The 43.2' variant allele that was observed in one sample of this study had a different sequence structure and it has not been seen in any of the other population studies that

Voor de samenhang tussen verandering in agressie en emotieregulatie werden de ODD-schaal van de VVGK en de schaal “Direct boosheid uiten” van de BARQ-c gecorreleerd met de schalen

A between-subjects design was employed, wherein participants were randomly assigned to one out of four conditions (self-created post vs. shared posts by employees vs. brand

F or our DG dis retisation we use a hierar hi onstru tion of H(curl) - onforming basis fun tions [1, 34℄, whi h satisfy the global de Rham diagram in the ontinuous nite..