• No results found

Kies altyd die ervaring

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Kies altyd die ervaring"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

M

oet nooit geld na-jaag nie. Kies altyd die ervaring en die res kom vanself.

Dít is volgens Gugu Dingaan die beste loopbaanadvies wat sy nog ooit ontvang het. Sy is ’n beleggingsbe-stuurder by WIPCAPITAL (Edms) Bpk – ’n beleggings- en bedryfsmaatskap-py wat deur swart vroue besit en bes-tuur word, en wat in Houghton, Johannesburg, gebaseer is.

’n Beter lewe vir haar gesin – dít is wat haar motiveer. Sy hou van haar werk omdat daar nooit twee dae ná mekaar is wat ooit dieselfde verloop nie. As sy nie beleggingsvoorstelle hersien nie, struktureer sy porte-feuljes, doen evaluerings, onderhan-del oor transaksies of bestuur ver-houdings met belanghebbers.

“Ek hou van my werk omdat dit soveel fasette en uitdagings bied. Ek hou daarvan om te sien dat ’n

transaksie uitwerk en om weder-syds voordelige verhoudings tussen my maatskappy en die beleggings-ontvanger te vestig. Dit verskaf aan my groot genoegdoening om transak-sies te sluit wat billik is teenoor alle partye.”

Die ergste deel van haar werk is egter “wanneer ’n goeie transaksie platval omdat die banke nie die be-fondsing wil verskaf nie”.

Verskeie mense het gehelp om Gugu se lewe fyn te slyp. Maar haar ma is die een wat die meeste uitstaan.

“My ma het baie hard gewerk om ons te ondersteun. Sy is werklik ’n sterk vrou. Ek het nie destyds geweet dat ons nie baie gehad het teenoor ander gesinne nie omdat sy ons al-tyd laat voel het ons het genoeg. Ek is vir haar lief oor haar sterk karakter en persoonlikheid. Sy trek mense na haar toe aan. Ek dink dit is ook haar gulhartigheid en haar vermoë om al-tyd mense in die gemeenskap te help.

Ek kan sê dat sy die vermoë het om dinge te laat gebeur, ongeag die om-standighede. Dit is waarvan ek hou. Jy kan altyd op haar staat maak.”

Vra ’n mens vir Gugu watter ta-lente sy self na die korporatiewe tafel toe bring, sê sy: “Integriteit in my optrede teenoor ander, analitiese vermoëns en aandag aan detail.”

Dit kom voor asof die spreek-woord – een keer ’n student, altyd ’n student – op Gugu van toepassing is. “Dit is belangrik om jou kwalifi-kasies uit te bou en om kursusse te doen wat jou in jou werk sal help én wat jou in ’n holistiese individu sal ontwikkel.”

Sy het ná matriek BCom Rekening-kunde aan die Universiteit van Natal (nou die Universiteit van KwaZulu-Natal) gestudeer. Dit is gevolg deur ’n Nagraadse Diploma in Rekening-kunde ook by die Universiteit van Natal. Daarna het sy as leerlingklerk by PricewaterhouseCoopers gewerk

AGENDA NR 1 / 2010 / www.usb.ac.za

Geoktrooieerde

reken-meester Gugu Dingaan,

wat uit ’n lang lyn van

sterk vroue kom, het in

2009 die

Bestuursont-wikkelingsprogram by

USB Bestuursontwikkeling

(USB-BO) gedoen “om

in ’n holistiese individu

te ontwikkel”. AMANDA

MATTHEE het met haar

gesels.

die ervaring

Kies

altyd

Gugu Dingaan VAN NADERBY / BESTUURSONTWIKKELINGSTUDENT

(2)

voordat sy in 2001 as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer het.

Waarom het sy ’n bestuursont-wikkelingsprogram gedoen as sy reeds ’n suksesvolle loopbaan geves-tig het, voltyds werk en na ’n gesin omsien?

“Ek wou myself van my eweknieë onderskei,” sê Gugu. “Ek wou my sfeer van kennis en blootstelling verder as finansies uitbou. Ek wou myself ook toerus met die vaardig-hede om op strategiese vlak te kan optree.” Sy sê USB-BO se Bestuurs-ontwikkelingsprogram het haar ook “meer bewus gemaak van wie ek as persoon is”. Sy het ook waardevolle netwerke onder haar klasmaats opge-bou, en sy sonder Leierskapbestuur en Stelselsdenke as haar gunsteling-vakke uit.

Sy beklemtoon weer eens erva-ring as een van die beste maniere om te leer. “Ek wou leer uit die diverse ervarings van my klasmaats om-dat hulle vir seker aansienlik meer ondervinding op leierskapvlak as ek gehad het. Dit was uiters waardevol om praktiese ervaring met ander in my klas te kon deel.”

VAN NADERBY / BESTUURSONTWIKKELINGSTUDENT

AGENDA NR 1 / 2010 / www.usb.ac.za

‘Dit is

belang-rik om jou

kwalifikasies

uit te bou en

om kursusse te

doen wat jou

in jou werk sal

help én wat jou

in ’n holistiese

individu sal

ontwikkel.’

Gugu ontvang haar Bestuursontwikkelings-kwalifi kasie

MEER OOR GUGU

Waar het sy groot geword? Gugu is aan die suidkus van KwaZulu-Natal gebore en het op Esikhawini groot geword. Sy was op skool in die Sacred Heart Secondary School, wat ook as die Oakford Meisieskool bekend gestaan het en wat deur die Dominikaanse nonne bestuur is.

Gesinslewe?

Gugu en haar man het ’n seun. Hulle woon in Johannesburg.

Watter advies sal sy aan iemand

aan die begin van ’n loopbaan gee?

“Doen navorsing oor jou loopbaan- pad en praat met mense wat vóór jou hierdie pad gestap het. Jy het ’n ‘groter suster of broer’, soos ’n mentor, nodig om as jou klank-bord te dien en te sorg dat jy jou gesonde verstand gebruik.”

Wat sal sy doen as sy R50 000

in iemand anders kon belê?

“Sit ’n verdienstelike kind deur universiteit.”

Wat sal sy doen as sy R50 000

in ’n nuwe onderneming kon belê?

“Kyk, daar is nie baie wat jy vandag met R50 000 kan doen nie. Maar ek dink ek sal dit gebruik as aanvangskapitaal om ’n instandhoudings- of dienstemaat- skappy te stig. Ek sal al die kontakte wat ek vir loodgieters, bouers en elektrisiëns het, konsolideer en ’n maatskappy skep met hierdie ouens as mede-eienaars. Ek sal al hul eenmansondernemings in ’n ernstige maatskappy saamvoeg.”

Watter leierseienskappe

bewonder sy?

“’n Leier moet die vermoë hê om passie aan te wakker in die mense wat sy lei. Sy moet só lei dat hulle haar wil volg. Ook nederigheid en integriteit.”

Wat sit haar af in mense? “Ek hou nie van verwaande of tweegesigmense nie. Ek glo mense moet net wees wie hulle is en nie voorgee om iemand anders te wees net om gesig te koop nie.”

Haar drome?

“Om opgang te maak en ’n leierskapposisie te beklee wat ’n positiewe impak op besigheid sal hê.” En ook “om genoeg geld te maak sodat ek jonk kan aftree en tyd saam met my kinders kan spandeer en liefdadigheidswerk kan doen!”

Watter boek lees sy tans? The winner stands alone deur Paulo Coelho.

Wat maak haar gelukkig?

“’n Groot druk en soen van my seun!”

a

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In de nachtopvang gelden soortgelijke regels – geen alcohol of verdovende middelen, om bepaalde tijden naar buiten (10 uur 's ochtends) en voor een bepaalde tijd binnen zijn (half

wat reeds jare in die Suid- Afrikaanse Vak- en Arbeidsraad woed tussen die linksgesindes en die regsgesindes oor die raad sc beleid ten aansien van Kom- muniste

kan deur die ontwikkeling van die eie naturellegebiede in Suid- Afrika aangepak word en deur di e verdeling van Afrika in blanke en nie-blank e gebiede voltooi

Deze sociale vergelijkingen maken op dit moment geen onderdeel uit van de meeste indicatoren die zich richten op geluk en welzijn, maar dat is volgens Fleurbaey gemakkelijk te

For comparison of training effects, a placebo condition was added in which alcohol stimuli were used but no switching task was performed (Alcohol Non-Switch Condition). Regarding

Hierin is te zien dat wanneer wordt gecorrigeerd voor de sfeer in het team, het functioneren van het team en het leren van de opdracht, het verschil tussen de self-efficacy

[r]

This study investigates how different stakeholders in the governance structure of Rabobank Zaanstreek (a local cooperative bank in the Netherlands) talk about restoring trust in