• No results found

Wees taakgerig

In document Gerrie gesels tennis (pagina 42-44)

E

k sit in M-Net se ateljee en ek saai die Amerikaanse Ope vanaf ’n monitor in Afrikaans uit. Dit is naby aan die einde van die eerste week, en ek maak droog. Die vorige jaar was die Engelse kommen- taar vanaf Amerika swak. Ek het ’n goeie resensie van Dave Beatie in

The Star gekry, waarin hy verduidelik waarom hy eerder na die

Afrikaanse kommentaar geluister het. Maar dié keer het M-Net vir Cliff Drysdale gekontrakteer en hy ken sy storie. My kop was vol twyfel, vrees en oorywerigheid omdat ek deurgaans gewonder het wie sal dan na die Afrikaans luister as hulle na Drysdale kan luister? Ek spandeer toe ure aan my voorbereiding en het feitlik niks geslaap nie. Terwyl ek uitsaai, gebruik ek elke “slim” feit, of dit nou relevant is of nie. Ek het geweet ek was swak. Ek het te hard probeer en myself onder druk geplaas.

Die Vrydagnag neem ek toe myself in my hotelkamer onder hande. Ek het my fokus verloor, en ek vra my af hoekom doen ek hierdie werk in die eerste plek? Natuurlik omdat ek dit vreeslik baie geniet. Ek het ’n passie vir kyk, vir ontleed, vir interpreteer, en om die kyker in eenvoudige taal beter te laat verstaan. Ek doen dit ook omdat ek bevrediging daaruit kry as ek weet ek het my bes gedoen, wat ek nie toe reggekry het nie. Ek moes eers weer besef dat ek dit in die eerste plek vir myself doen. As daar dan net een mens na die Afrikaanse kommentaar luister, dan is dit ook reg! Ek het ’n slaappil gedrink,

tien ure geslaap, ’n biefstuk geëet, en toe was ek reg. Ek het dit weer geniet. Ek het my ondervinding vertrou en dit spontaan gebruik.

Tennisspelers het dikwels dieselfde probleem, en as gevolg daarvan onderpresteer hulle. ’n Speler vrees gewoonlik die wedstryd se uitslag. Hy bekommer hom dood oor wat die mense gaan sê of dink as hy verloor, of dat hy sy ouers of afrigter sal teleurstel. Selfs gedu- rende die wedstryd, in ’n gunstige posisie, raak hy so opgewonde by die vooruitsig van die oorwining en wat dit gaan inhou dat sy gedagtes daarmee besig is. Ook wanneer die speler begin twyfel in sy vermoëns en dan in die wedstrydsituasie sy sekuriteit daarin soek om te dink “hoe” hy die swaaie maak, in plaas van “wat” hy met die bal wil doen. Verkeerde fokus is wanneer die speler toelaat dat buite-sake sy gedagtegang binnedring sodat sy fokus negatief beïnvloed word.

Selfs ’n klein belaglikheid kan die fokus negatief beïnvloed. Yvonne Vermaak het as ’n o/18-speler teen ’n opponent gespeel teen wie sy nog nooit voorheen gewen het nie. Sy was 4/1 voor toe sy tydens die ruil sien dat die opponent se ma, wat glad nie rook nie, rook dat die dampe so staan. Yvonne het by haarself gelag en gedink die opponent se ma moet regtig bekommerd wees! Yvonne het skaars ’n pot verder gekry!

Dink ook maar aan die opponent wat met subtiele spelsielkunde (“gamesmanship”) jou fokus versteur. Hy sal byvoorbeeld op die eerste ruil vir jou sê dat jy besonder goed afslaan, en vra of jy jou swaai langer gemaak het. As jy onervare is gaan jy vir die res van die tyd wonder oor jou swaai, en die wedstryd verloor.

Verkeerde fokus:

Uitslag vrees, woede, oor tegniek dink, opgewondenheid, twyfel ensovoorts

Die oplossing vir die tennispeler is dieselfde as in die geval van die tenniskommentaar wat ek gelewer het: word taak- gerig. Dit is veral belangrik onder intense druksituasies, oor lang periodes, en veral ook om voordeel-situasies te benut.

Taakgerigtheid vir die tennisspeler:

Š Bly by die plan waarmee jy besig is en wat werk.

Š Wees bedag daarop as die opponent ‘n teenvoeter uitgewerk het. Š Fokus op elke punt in totale isolasie.

Š Moenie toelaat dat jou gedagtes dwaal nie.

Š Aanvaar dat daar nog harde werk voorlê totdat jy met jou oppo- nent kan hand skud.

Š Die bal moet aan die opponent se kant werk om druk, en nog punte, te skep.

Š Rond af as die geleentheid hom voordoen, en gebruik jou wapen. Š Kompeteer intens met elke punt.

Š Fokus op die werk wat jy met die bal wil doen en nie hóé jy dit wil doen nie.

Š Elke wen, ongeag die standaard van die opponent, is ’n prestasie vir die konsentrasievermoë van die speler om taakgerig te bly. Gee jouself krediet daarvoor.

Praktiese wenke:

Š Geniet die oomblik, die geleentheid, en die situasie. Š Ontspan, want wat is tog die ergste wat kan gebeur?

Š Spring net voor die wedstryd met ’n springtou of draf ’n klein entjie rustig.

Š Dartel met jou voete tussen punte.

Š Haal ’n paar keer diep asem en ontspan jou skouers. Š Kyk die bal stukkend (intens).

Š Behou deurgaans dieselfde tempo en ritme van die wedstrydgang. Š Wees metodies met die aanvang van elke punt om elke punt in isolasie te plaas. Gebruik roetines hiervoor, byvoorbeeld voor die afslaan, of met die gereed maak vir die ontvangs van die opponent se afslaan.

In document Gerrie gesels tennis (pagina 42-44)