• No results found

Wat beteken dit om druk uit te oefen?

In document Gerrie gesels tennis (pagina 30-33)

D

ie vermoë om tydens ’n wedstryd druk uit te oefen, is die speler se belangrikste en doeltreffendste wapen. Wanneer en hoe om hierdie druk uit te oefen, is ’n fyn kuns.

Om dit beter te verstaan, kan dit vergelyk word met “gewiggies” wat om die opponent se nek gehang word. As elke gewiggie ’n kilogram-waarde het, word die druk met elke gewiggie verhoog. Met verloop van tyd word die gewig om die opponent se nek al swaarder, wat vergelykbaar is met die druk wat uitgeoefen word.

Die vermoë om druk uit te oefen, veral teen ’n opponent van die- selfde standaard of teen ‘n sterker opponent, is bepalend vir die wed- stryd se uitslag. Hoe taaier ’n wedstryd word, hoe belangriker raak

dit wie die meeste gewiggies kan hang. Dit is baie belangrik dat die speler verstaan dat om gewiggies te hang, ’n proses is. Die plan gaan nie met die eerste punt vrugte afwerp nie. Dit gebeur met die herha- ling van die plan en sal mettertyd sukses bring. Die speler moet geduldig wees in die aftakeling van sy opponent.

Die proses word egter onderbreek wanneer die speler ’n gewiggie hang en dan die volgende punt weer pasella teruggee. Byvoorbeeld, die speler wen die opponent se afslaan maar staan onmiddelik deur slordige spel sy eie afslaan weer af. Nou beteken die vorige gewiggies se waarde niks. Of, wen ’n goeie punt, maar gooi die volgende punt met ’n ongedwonge fout weer weg.Die ervare speler het ’n gawe om aan te voel wanneer ’n “mespunt”-situasie ontstaan en ’n gewiggie kan die gang van ’n wedstryd finaal swaai. ’n Enkele gewiggie is in so ’n situasie dubbel sy waarde werd. Hierdie speler sal dadelik die voordeelsituasie wat ontstaan, aanvoel en dit tot ’n oorwinning afrond. Ons noem dit ’n momentum-punt. ’n Sekere punt of punte kan as meer belangrike punte in ’n wedstryd beskou word. Dit is wanneer ’n enkele punt die momentum van ’n wedstryd kan bepaal. Die speler moet dus druk uitoefen totdat die opponent knak. Hoe- veel gewiggies hiervoor nodig gaan wees, sal van die opponent se standaard van spel afhang, asook sy psigiese krag. Teen ’n swak opponent sal nie veel druk nodig wees nie. Die gedissiplineerde speler sal nie met tierlantyntjies speel nie, maar die basiese dinge goed doen en die taak op ’n professionele wyse afhandel. ’n Wedstryd is nie die tyd om te oefen of te eksperimenteer nie. Dit kan net tot onnodige ongedwonge foute en ongedissiplineerde spel lei, wat ’n speler se selfvertroue onnodig kan knou. As die opponent nie goed genoeg is vir natuurlike vloei in die wedstryd nie, doen die nodige en kry klaar.

Bjorn Borg het tydens die toernooireekse tyd ingeruim om met Swede se nommer 1 o/18-speler oefenwedstryde te speel. Bjorn het die vyf stelle gewen sonder om ’n enkele pot af te staan. Sy redenasie was om sy dissipline van spel teen ’n swakker opponent te slyp. Wanneer hy dan teen ’n sterker opponent te staan kom, was sy dissipline reeds in plek. Spelers kan aan hierdie faset van hulle tennis werk wanneer hulle teen swakker opponente in ligawedstryde of vroeë rondtes van ’n toernooi speel. ’n Goeie speler moet kan oorheers. Jy kan nie 50 kilometer hardloop as jy dit nog nie vantevore gedoen het nie. Jy kan nie teen ’n goeie opponent konsentreer as jy nie daaraan gewoond is nie. ’n Psigiese sterk speler onderskei hom deur swakker opponente te klop en die minimum potte af te staan.

Dit is belangrik om te verstaan dat om “gewiggies” te hang twee- rigtingverkeer is. Die opponent is ook besig om druk uit te oefen. Die

speler moet nie net in staat wees om druk uit te oefen nie, maar ook om die druk te hanteer en verwerk. Om druk te hanteer, is sterk psigiese krag nodig (sien hoofstuk 10). Die opponent is op sy kwesbaarste wanneer die spanning op sy hoogste is. Daardie verdagte handrugverbyhou gaan op sy kwesbaartste op pot-, stel-, of wed- strydpunte wees. ’n Opponent sal aanvanklik geen probleme met sy afslaan hê nie. Maar van 4/4 kom die twyfel en begin die afslaan vou. Variasie is ’n belangrike bestanddeel om druk suksesvol uit te oefen. Moenie die opponent se swak plekke vir hom inoefen deur aanhoudend op dieselfde plek te hamer nie. Gebruik die druksitu- asie om die swak plek te toets. Variasie beteken dat die opponent nie weet wanneer sy swak plek aangeval gaan word nie. Die verassingselement is belangrik.

’n Ervare speler is ook sensitief vir die feit dat ’n enkele insident die momentum van ’n wedstryd kan swaai. Emile Fourie, ’n junior, het in Tel Aviv ’n enkelspelwedstryd teen Israel se o/14-speler gespeel. Hy het gesukkel. Terwyl die spelers tussen twee potte in hulle stoele sit, het ’n seuntjie op die baan gesluip en die balle gesteel. Almal was verslae en die spelers moes wag vir nuwe balle. Die insident het die spanning vir Emile gebreek en hy het gewen.

’n Bal wat vir die soveelste keer in die wedstryd op die net val en oorrol, ’n swak lynbeslissing, ’n raketsnaar wat op ’n kritieke tyd breek, die verbrou van ’n maklike hou – almal is situasies wat ’n wedstryd kan swaai. Lleyton Hewitt het in 2000 teen Sampras op Wimbledon in die valbylpot van die eerste stel ’n stelpunt gehad. Hy het vanaf ’n vlak hou ’n relatiewe maklike voorarmdryfhou verbrou. Hy was nooit weer in die wedstryd nie. ’n Stukkie skielike briljant- heid kan ook die mespunt-situasie swaai. Yvonne Vermaak was in ’n volgepakte Portugese Saal in ’n mespunt-situasie teen ’n goeie opponent betrokke. Trouens, Yvonne kon haar nog nooit klop nie. Die opponent was by die net en het, met Yvonne op die agterbaanlyn, ’n goeie smoorvlughou gespeel en omgedraai en terug gestap. Yvonne het weggetrek en met ongelooflike spoed vorentoe gehardloop, die laaste tree geduik en ’n raket onder die bal ingekry en die bal saggies oor die net gestoot. Toe die opponent die skare se gille hoor en omdraai, was sy reeds te laat! Yvonne het die wedstryd gewen.

Dit is eers wanneer die speler genoeg druk uitoefen dat ’n goeie speler wys dat hy net menslik is. ’n Speler wat byvoorbeeld selde ’n dubbelfout begaan, sal onder groot druk en spanning in ’n kritieke stadium ’n dubbelfout begaan. Dikwels sal ’n speler, veral die jonger spelers, ’n wedstryd wen en dan sê dat die opponent net swak ge- speel het. Maar eintlik was dit omdat die speler self goed en effektief

druk uitgeoefen het.

Die ervare speler sal besef as hy ’n “vinger in die krakie” gekry het, en sal dit groter oop dwing. Hy sal sy opponent aan die keel beetkry en nie weer los nie. Die uiteindelike wins op die druk wat hy uitge- oefen het, is die oorwinning.

In document Gerrie gesels tennis (pagina 30-33)