• No results found

Positiewe lyftaal om druk uit te oefen

In document Gerrie gesels tennis (pagina 64-67)

E

enkeer het ’n volwassene by my ’n afspraak vir ’n tennisles ge- maak. Hy wou ’n wenk of twee hê waarmee hy sy jarelange Saterdagoggende-opponent kon klop. Die eerste ding wat hy wou leer, was hoe om die bal nonchalant met die plat raket (die snare-kant) van die baan op te pik! Dit het gewerk, en sy opponent was verbysterd!

Navorsing het getoon dat ’n wedstryd van twee ure op gras net 7 minute en 50 sekondes se werklike spel lewer. Op kleibane is daar in soveel tyd 27 minute en 22 sekondes se werklike spel. Die deel van die wedstryd waar die speler nie met werklike spel besig is nie, is dus baie langer en daarom belangrik. Die speler het dan net sy lyftaal om ’n positiewe ingesteldheid oor te dra en sy teenstander onder druk toe plaas. In hierdie tydperk moet hy homself kalm kry, optredegerig wees, én fisies ontspanne voorkom.

Dit is interessant om die topspelers tussen punte en met die ruilslag tussen potte dop te hou. Pete Sampras is onversteurbaar, Andre Agassi is uitdagend, Marat Saffin het krag, Hewitt is onverskrokke, Andy Roddick voortvarend en Gustavo Kuerten vertoon energie en genot. Serena en Venus Williams is onoorwinlik, terwyl Justine Henin kompeterend, Kim Clijsters onverskrokke en Amanda Coetzer ’n vegter is. Dit is die positiewe beeld wat hulle uitstraal.

Positiewe lyftaal kom nie vanself nie. Omdat dit so belangrik vir hulle spel is, werk spelers deurentyd daaraan. Positiewe lyftaal weerspieël ’n positiewe innerlike.

Spelers het al dikwels daarby gebaat deur soggens vroeg, voor ’n wedstryd, ’n ent te gaan stap en een besondere suksesvolle wedstryd van vroeër weer in sy gedagtes oor te speel – self tót by die hande skud as die wenner.

Gerrit Steenkamp het ’n slag met ’n “rusperiode” in sy internasio- nale loopbaan vir ’n paar weke onder meer aan sy lyftaal gewerk. Soos ’n akteur het hy geoefen om, veral as hy wegstap van sy oppo- nent, sy skouers fier te hou en sy ken te lig sodat sy kop nie hang nie. Hy het sy wêreldranglys-posisie met meer as 200 plekke verbeter.

As elke punt wat in ’n wedstryd gespeel word met ’n ogie in die draad vergelyk kan word, is daar honderde ogies. Die speler moet van elke “ogie” sowel fisies as sielkundig wegstap. Die oë kry ’n “gewoonte-fokuspunt” soos die raketsnare, die baljoggie, of die bal wat hy gaan optel. Verplaas die raket in die nie-spelende hand sodat die spelende hand bloedtoevoer kan kry, en die arm kan ontspan. Die volgende “ogie” word betree met ’n positiewe “ek-taal” wat toon dat die speler omgee vir die volgende punt, én dat hy omgee vir homself. Soos die speler met sy roetine hom gereed maak vir die volgende punt, sal die gedagtespan met ’n kort positiewe opdrag gefokus work. Rustige asemhaling is noodsaaklik.

Wanneer jy in die middel van ’n tenniswedstryd as toeskouer op- daag, is dit interessant hoe jy dikwels aan die spelers se lyftaal kan sien wie voor en agter is. Die ideaal is dat die speler altyd dieselfde lyftaal moet hê.

Die speler moet ’n positiewe beeld van homself hê. Gerrit Steen- kamp het in die o/18- S.A. Meesterskampioenskappe ’n wedstryd teen ’n goeie opponent in die kwarte in drie stelle gewen. Ek het gevoel dat hy makliker kon gewen het as hy sy lengte en krag meer gebruik het in die afslaan-vlughouspel. Ek het aanbeveel dat hy die aand nadat hy gestort het voor die spieël gaan staan en kyk hoe groot en sterk hy is. Enkele oomblikke nadat hy die titel gewen het, was sy eerste woorde aan my: “Dit was die spieël na die stort!” ’n Speler se goeie lyftaal illustreer sy geloof in sy spel en sy reg om op die baan te wees, asook dat hy homself minstens ’n gelykop kans gee om die volgende punt te wen. Dit is baie gevra, veral as dit nie so goed gaan in die wedstryd nie. Spelers soos Susan Rollinson en Coenie van Wyk was albei skraal van portuur. Tog was hulle lyftaal so sterk en kompeterend dat hulle opponente hulle as “reuse” beleef het. Selfs die suksesvolle klubspeler het ’n teenwoordigheid op die baan wat vir sy teenstaander intimiderend is.

Š Positiewe lyftaal is ’n wapen om druk op die opponent te plaas.

Die teesakkie

D

it is eers wanneer ’n mens ’n teesakkie in die koppie kookwater plaas en dit begin trek, dat die teesakkie funksioneel word. Eers dan kan ek uitvind hoe sterk die teesakkie is.

Met deelname aan kompeterende tennis ondervind die tennisspeler ook die teesakkie-effek. Dit is eers wanneer terugslae die speler tref, dat ’n speler uitvind hoe sterk hy is. Teleurstellings soos persoonlike probleme, teleurstellings in spankeuses, beserings of onverwagte ne- derlae ervaar ’n speler dikwels as pynlik en traumaties. Maar in deelname is dit onvermydelik ...

Soos die teesakkie, moet die speler eers seerkry voordat sy gees- telike krag op die proef gestel word. Dit is dan dat hy eers kan vasstel of hy oor die nodige krag beskik. Seerkry maak ’n speler sterk (psigies) vir groter dinge, want dit is eers as hy terugslae en teleur- stellings te bowe gekom het dat sy persoonlikheid groei en sterker word. ’n Speler kry ook selfrespek. Blootstelling en die seerkry is noodsaaklik vir persoonlike groei.

Om deel te neem, verg moed. Elkeen wat die moed het om deel te neem op ’n gesonde basis sal met persoonlike groei beloon word. Dankie aan elke leerling wat die moed gehad het om hulle “tee- sakkies” in my sorg te plaas.

In document Gerrie gesels tennis (pagina 64-67)