• No results found

Raak meer kompeterend

In document Gerrie gesels tennis (pagina 57-60)

D

it is interessant hoe tennisspelers wat andersins rustig is, se in- tensiteit skielik kan verhoog as hulle begin kompeteer. Hoe kan ’n speler daaraan werk om tydens wedstryde meer kompeterend te wees, en dus meer sukses te behaal?

’n Eie drang, ’n honger of ’n begeerte na kompetisie en sukses is die deelnemer se sterkste wapen. Hierdie eie, sterk wil oorkom enige struikelblok of terugslag. Karen Schimper het altyd na ’n onsukses- volle wedstryd gesê: “Die opponent wou dit meer graag as ek gehad het.” Maar daarom het sy dan verstaan om na so ’n wedstryd twee keer so hard te werk sodat sy volgende keer kan wen. Dit is dus ’n wilsbesluit wat verder strek as om bloot jou bes te doen. In hierdie spelers is altyd ’n stukkie duiwel wat dit onaanvaarbaar vind om in ’n kompetisie te verloor. ’n Sterk wil aanvaar dat alle kompeteerders vrees en bekommernis ervaar! Maar hulle weet dat vrees nie uniek is nie. Ek het spelers gesien wat net voor ’n belangrike wedstryd fisies

naar word van spanning. Maar die oomblik as hulle die eerste hou slaan, is dit net hulle en die opponent. Die eie sterk wilskrag en determinasie is belangrik om die negatiewe emosies te oorwin. En hulle geniet dit om te kompeteer.

Verhoog ook jou verwagtinge en mikpunte, sien onderstaande skets.

Let op hoe die tellings teen dieselfde spelers verbeter as gevolg van die verbetering van jou eie spel. In ag genome dat jy meer, in verhou- ding met jou opponent, verbeter het, veral as gevolg van volgehoue harde werk en meer toernooi-ervaring. Dit is belangrik om te ver- staan en te glo dat jy opponente verbygesteek het.

Ek onthou ’n leerling van my, Lee-Anne Maitland, aan wie ek met behulp van hierdie skets verduidelik het dat sy na nege maande se afrigting en oefen ’n klomp opponente verbygesteek het. Haar ma het my die aand sonder Lee-Anne se medewete geskakel en vertel hoe opgewonde Lee-Anne was omdat sy verstaan het dat sy nou meer

1/6, 1/6

5

2/6, 1/6

4

4/6, 2/6

3

1/6, 7/5, 3/6

2

6/4, 3/6, 4/6

1

4/6, 6/2, 6/4

6

6/2, 6/2

7

6/1, 6/1

8

4/6, 4/6

5

1/6, 7/5, 3/6

4

6/4, 3/6 , 4/6

3

4/6, 6/2, 6/4

2

4/6, 6/2, 6/1

1

6/3, 6/1

6

6/1, 6/1

7

6/0, 6/0

8

A. Standaard van spel

B. Verbeterde standaard

opponente kan klop. Dit was nie lank daarna toe sy haar eerste o/16- titel in die Kaap gewen het nie.

Dit is verstommend om in gesprekke met leerlinge na wedstryde te hoor hoe hulle gedagtes vol “gemorskos” is wanneer hulle ’n wed- stryd speel. Dit is dinge soos: “Wat gaan oom Gerrie sê as ek verloor?” of: “My pa sal darem nie verder kla as ek wen nie,” of: “As ek verloor, sal my ouers weer baie te sê hê.” Hierdie negatiewe gedagtes ver- minder die persentasie punte per wedstryd wat die speler toegewyd kan speel drasties. Vervang hierdie nie-opdragte liewer met positiewe opdragte. Kry sleutelwoorde, soos “voor jou”, “speel vorentoe”, “beweeg”, “draai vroeg”, “deur die bal”, ensovoorts. So sal die per- sentasie punte waarop jy kan kompeteer aansienlik verbeter. Spookgedagtes skep onnodige spanning en is vermoeiend. Om kom- peterend te wees, is harde werk. Kry vir jou ’n rolmodel as opponent wat jy sal moet kan klop as jy regtig goed wil wees. Vergelyk dan ook hoe sou hierdie rolmodel jou teenstander gehanteer het. Marius Barnard het in die skadu van ander goeie juniors van sy tyd gespeel. Hy het met ’n minderwaardigheidsgevoel geoefen en gekompeteer. Op pad na ’n vertoonwedstryd by Paarl Gimnasium was hy alleen saam met my in die motor. Ons het oor die saak gesels en hy het begin verstaan dat hy ’n reg tot sukses het, net soos enige ander speler. Dit het begin om ’n reuse-verskil aan sy selfbeeld en kompeterende vermoë te maak. Marius het later ’n baie suksesvolle dubbelspelspeler op die internasionale toneel geword.

’n Internasionale ondersoek het getoon dat indien ’n tennisspeler 55% van die punte gedurende ’n wedstryd kan wen, hy gemiddeld 90% van sy wedstryde sal wen. Dit het bewys dat opponente in werk- likheid baie dieselfde is. In ’n epiese S.A. o/18 seuns-enkelspeleind- stryd het Schalk van der Merwe vir Freddie Sauer met 7/5 in die derde stel geklop. In totaal het Schalk net vyf punte meer as Freddie gewen! Dit na 2 uur en 15 minute se tennis! Indien ’n speler dus daarin kan slaag om die intensiteit van sy konsentrasie per punt ty- dens wedstryde te verhoog, kan hy nog meer kompeterend wees. In tennistaal beteken dit om op meer punte vir die volle duur van die houeverwisseling “by” te wees, moeite te doen.

Top-spelers glo dat om vir 95 uit elke 100 houe in ’n wedstryd “by” te wees, op die hoogste vlak nie goed genoeg is nie! Vir die speler om aan die verhoging van sy intensiteit te werk is dit baie belangrik dat hy met ’n baie hoë intensiteit oefen. Wanneer die speler oefen (as hy ernstig oor sy spel is) moet hy deurgaans na perfeksie streef. Foute moet nie alleen tot ’n minimum beperk word nie, maar totaal uitgeskakel word. Om die intensiteit van goeie spelers op te skerp en

te toets, het ek dikwels dat twee spelers met net een tennisbal tussen hulle werk. Hulle raak so geirriteerd met die onderbrekings wanneer hulle foute maak dat hulle later glad nie meer foute maak nie! Dus, ’n intensiewe psigiese krag.

Vir ’n speler om meer kompeterend te word, is dit belangrik om soveel kompeterende wedstryde moontlik te speel, hetsy toernooie of ligawedstryde. Ek was ’n slag met ’n groep juniors in Amerika en dit was interessant om waar te neem dat die juniors in Amerika nooit oefenstelle speel sonder om geld of ’n Coke op die spel te plaas nie. In al die periodes waarin ek afgerig het en juniors van internasionale gehalte opgelewer het, kon hulle in mans- en vroue-toernooie en ligas deelneem waarin daar baie sterk volwassenes gespeel het. Die gebrek hieraan deesdae is ’n groot probleem in (vir) die ontwikkeling van junior spelers in Suid-Afrika.

In document Gerrie gesels tennis (pagina 57-60)