• No results found

Matie-tennis speel vir ’n span

In document Gerrie gesels tennis (pagina 85-88)

D

ie afrigter en bestuurder van die Potchefstroomse span, Reef Hudson, het met sy span ’n weddenskap aangegaan dat Matie- mans die Suid-Afrikaanse Universiteit toernooi op Stellenbosch sou wen. Sy redes was dat die Maties trots, tradisie en dissipline het, en omgee vir mekaar. Die Potch-manne was baie skepties, want die Matie-mans het juis daardie dag in die rondomtalie-gedeelte van die toernooi teen die sterk span van Tukkies met 2/5 verloor.

In ’n spanpraatjie direk na die verloor, het ek vir die span gesê ek glo regtig dat ons nog die toernooi kan wen. Ek het my redes uit- gestip en bygevoeg dat ek liewer vandag verloor en Saterdag in die finaal wen, as andersom. Hulle aanvanklike ongeloof het plek ge- maak vir hoop, selfvertroue, opgewondenheid en ’n toeweidings- besluit.

Die Matie-span moes uiteindelik die Saterdag in die eindstryd weer teen Tukkies speel. Die wedstryd was deur reën vertraag. Die Maties het hulle fokus behou en die wedstryd uitendelik met ’n oortuigende telling gewen.

Die afrigter van Potch was dus reg: Trots, tradisie, dissipline en omgee het die verskil gemaak.

Ons kon by Matie-klub net ongeveer 90 lede akkommodeer. Ope- ninge wat deur vertrekkende studente gelaat is, is aangevul deur goeie eerstejaars wat moes uitspeel vir plekke. Een jaar toe die lys van die nuut-uitgenooide spelers op die kennisgewingbord verskyn, het ek gesien hoe Angelique Anderson inkom en met haar vinger die lys deurgaan. Ek het geweet haar naam is nie op die lys nie. Toe haar vinger die derde keer deur die lys gaan, het sy saggies gehuil. Ek het besluit dat vir iemand wat so graag vir Maties wil speel, plek gemaak moet word! Ek het vir haar gesê dat daar ’n tikfout moet wees want

sy is uitgenooi! Sy was eers reserwe vir die vyfde-damesspan en het later vir hulle gespeel, en het ook ’n uitstaande komiteelid geword.

Ek en my mede-afrigter, Handri, het van die begin af ons ten doel gestel dat ons vir die spelers soveel aangename herinneringe wil skep dat hulle oor vyftien jaar sou terugkyk en dit as die lekkerste tennisjare van hulle tennisloopbaan sou bestempel! Dissipline was belangrik en ons het die getroue lede krediet gegee deur die sondebokke te straf.

Deon Joubert, voorsitter van die klub en kaptein van die Mans-eer- stespan, was na etlike jare se deelname besig om sy eerste wedstryd te verloor teen RAU. Al wat hy op die ruil van my wil weet, was: “Kan die ouens sien ek probeer?” Hy het verloor, maar was die volgende dag terug op vorm en het Maties tot ’n oorwinning gelei.

Elke klub moet ’n karakter hê. Maties het ook hulle karakters ge- had. Een so ’n karakter was Tobie Wiese. Op ’n winderige oefen- middag het hy homself met sy sigaretjie in die klubhuis voor die TV gemaklik gemaak – dit was verregaande om te dink ’n mens oefen in sulke weer! Hy sou alles gee vir sy span. Hy het selfs as ’n reserwe ‘n ongestelde maag van spanning gehad voor ’n finaal !

Daar was ook oomblikke dat die spelers se kinderlike opregtheid my geroer het:

In 1994 het ek my laaste S.A.U. as afrigter van die Maties in Potch bygewoon. Tukkies het in die finaal ’n stel nodig gehad om die toer- nooi te wen, en ons moes die dubbels in skoon stelle wen. Michael White en Victor Hendrikz het pas hulle dubbels in skoon stelle verloor en het op die baan langsaan gestaan en kyk. Victor (ook ’n karakter!) vertel dat toe Tukkies stelpunt gehad het, het Michael (’n toegewyde Christen) saggies gebid, “Lord, if we have gotten too big for our shoes, punish us. But please Lord, can ’t you do it next year!”. Maties het twee stelpunte gered, die wedstryd in skoon stelle gewen, en die trofee met 5 potte ingepalm!

Gedurende dieselfde toernooi het Anton van der Vyver op nommer 5 vir Maties enkels gespeel. Vroeg in die toernooi het sy voorarm- dryfhou ingekonk. Hy het net twee keer oor die bal met botol probeer dryf. Die een hou het direk na die agterste draad gegaan, en die tweede een onderdeur die net. Met elke wedstryd het Anton sy voorarmdryfhou dus gekerf en soveel moontlik na die net gegaan. Sy determinasie tydens elke punt om vir die span te wen was so sterk dat hy nie ’n enkele enkelspel verloor het nie. In die finaal het hy sy enkels met 6/0, 6/4 gewen, en in ’n groot mate daartoe bygedra dat die span met 5 potte gewen het.

sukses-stories teen spanne wat op papier eintlik sterker as ons was. Ons het nooit vreeslik voor die S.A.U.-toernooi in Desember ekstra geoefen nie. Tog het ons tyd saam spandeer en baie gesels oor vorige jare se suksesse en “lekker” stories en insidente. Wanneer die toer- nooi aanbreek, was almal gretig en oorgehaal om die sukses-tradisie voort te sit. Die voorbereiding aan ’n goeie gesindheid word dus al in Februarie begin.

Die Wits-span het een jaar vir ons ’n reuse kompliment gegee. Hulle het gesê dat Maties nie alleen die beste tennisspan was nie, maar ook die aangenaamste spelers was. Daarde betrokke jaar was die prysuitdelingsfunksie in die indrukwekkende Wanderers Klub. Toe die mans- en damespanne van Maties vorentoe stap om die alge- hele wenner-trofee te ontvang, het die hele gehoor opgestaan en Maties spontaan toegejuig. Dit was baie spesiaal.

Die klub het ook baie besondere voorsitters gehad wat elkeen op sy eie manier ’n besondere bydrae gemaak het, byvoorbeeld Louis du Pisani, Schalk van der Merwe, Deon Joubert, Michael White en Justin Rohloff. Mense wat op ’n daaglikse basis smiddae by die klub ’n draai gemaak het om as tussengangers seker te maak dat die klub- lede gelukkig was, en die afrigers op hulle tone gehou het.

My indruk van Maties Tennis kan opgesom word met die volgende woorde uit die fliek Remember The Titans: ”You taught us perfection, but as individuals we can never be perfect. But as a team we can!”

Lewenslesse

In document Gerrie gesels tennis (pagina 85-88)