• No results found

Die meeste druk op junior spelers kom van hulle self

In document Gerrie gesels tennis (pagina 60-63)

B

y nabetragting erken die ouer speler dat die meeste van die druk wat hulle as juniors ervaar het, die druk was wat hulle op hulle- self geplaas het. Daar is ’n fyn onderskeid tussen om jou beste te lewer en om te hard te probeer. Wanneer die tennisspeler te veel druk op homself plaas, lei dit tot onderprestasie en kan dit selfs self- vernietigend wees. Een van die algemeenste redes hiervoor is dat die speler voor ’n toernooi of ’n wedstryd, of selfs gedurende die wed- stryd, met ’n te hoë intensiteit aandag op sy langtermyn-doelwitte toespits. Sy wilskrag is gerig op ideale soos ranglysposisie in die skoolspan, of provinsiale span, of selfs die nasionale ranglyste.

Die insluiting in ’n span of die wen van ’n spesifieke wedstryd of toernooi is in sy denkprosesse oorheersend. Indien dit die geval is, word elke fout of terugslag ’n traumatiese ervaring omdat dit altyd ’n regstreekse bedreiging vir sy doelwitte op die lang termyn inhou. Op die end vermors hy ’n onnodige klomp energie aan kommer. Elke speler moet wel ’n realistiese doelwit op die lang termyn hê. Maar die ideaal moet gebêre word en beskou word as die dryfveer of brandstof wat die speler se krag in sy strewe na sukses gaan wees. Die speler verlig die druk op homself deur duidelike doelwitte op die kort termyn vir homself te stel wat sy aandag hier en nou in beslag gaan neem. Die speler moet dus taakgerig wees. Sy prioriteite moet te alle tye wees om sy eie spelpeil te verbeter. Saam met sy afrigter en met harde werk fokus hy daarop om sy vaardighede te verbeter en ’n meer volledige speler te word. Ontwikkeling is die belangrikste doelwit op korttermyn wat die speler met oorgawe nastreef.

Dieselfde reëls geld wanneer ’n junior speler op ’n vroeë ouderdom reeds presteer, ’n hoë rangposisie beklee, en goeie publisiteit geniet.

Dit veroorsaak dat so baie goeie junior spelers uitsak en verbygesteek word. Die vrees dat hy sal verloor, veroorsaak dat elke opponent as ’n bedreiging beskou word. Dit skep amper iets soos ’n gevoel van vervolging sodat hy net sy posisie probeer beskerm. ’n Speler bou dan meer spanning in homself op wanneer hy aanhou wen, as wanneer hy verloor. Hy is bang om sy spel of vaardighede te ontwikkel en tred te hou met ontwikkeling, want hy wen dan met wat hy het.

As teenvoeter hiervoor moet die speler vir homself nuwe uitdagings skep. Die Williams-susters werk aan hulle afslane. Lindsay Davenport het gewig verloor en haar voetwerk en beweeglikheid onherkenbaar verbeter. Sampras het die druk verlig deur sy tweede afslaan te verbeter omdat hy geglo het dat dit sy belangrikste wapen is. Die tennisspeler moet gedurende ’n wedstryd taakgerig wees om elke punt na die beste van sy vermoë te speel. Daarom is sleutelwoorde soos “speel vorentoe”, “dink met jou voete”, “kyk die bal oor die net”, “speel deur die bal”, “maak seker van jou terugspeel”, ensovoorst, almal doelwitte waarmee die speler homself op die kort termyn besig hou. Na ’n wedstryd of toernooi meet die speler sy vordering aan die hoeveelheid doelwitte wat hy bemeester het. Op die wyse word die speel van elke punt ’n opwindende uitdaging en word vordering ver- seker. ’n Ander rede waarom ’n speler onnodige druk op homself plaas, is dat hy die spel nie geniet nie. Om te oefen en wedstryde te speel, word ’n kruis en is nie meer lekker nie. Dit gebeur dikwels juis weens oordrewe aandag aan doelwitte op ’n lang termyn. Nog ’n rede waarom spelers soms te hard probeer en te veel druk op hulleself plaas, is deur die negatiewe te beklemtoon.

Die speler staar hom blind teen pot-, stel-, of wedstrydpunte wat verlore gegaan het en bly daaroor tob – soveel so dat sy gemoed en konsentrasie daaronder ly. Die speler moet eerder fokus op dit wat hy reeds reggekry het, en nie op wat nié behaal is nie. Maak eerder op die vooraand van ’n belangrike toernooi ’n lys van die suksesse wat oor die voorafgaande twee jaar behaal is, en konsentreer op die vor- dering van spelvermoë wat bereik is – al was dit ook “klein oor- winninkies”. Gee aan jouself erkenning vir elke bietjie vordering en sukses. Moenie terugslae probeer “begrawe” nie. Verwerk dit eerder saam met jou afrigter of ’n sportsielkundige en bêre dit dan as ’n opbouende ervaring. My dogtertjie het my eendag gevra of ek haar baie lief sal hê as sy so goed soos Steffi Graf word. Die antwoord was nee, omdat ek haar nie liewer kan hê as wat ek reeds vir haar is nie. Wanneer ‘n speler prestasies najaag om homself vir ’n persoon of persone naby aan hom meer aanvaarbaar te maak, plaas hy onein- dige druk op homself.

sy loopbaan besef dat hy vir homself presteer. Moenie goeie gesindhede met prestasies probeer “koop” nie. Doen dit vir jouself omdat dit lekker is en jy dit geniet. Die opwinding en bevrediging lê uiteindelik in weer en weer probeer. Billy-Jean King het gesê die sensasie en bevrediging wat sy geput het net nadat sy ’n Wimbledon- enkelspeltitel gewen het, het gewoonlik net 15 sekondes geduur. Dan het sy ’n groot roomys geëet en die volgende dag weer van voor af begin beplan en werk. Die geesdriftige tennisspeler kan nie wag op die volgende dag om weer terug op die baan te wees nie. Die druk wat deur die opponent op die speler geplaas word, is reeds groot. Moenie die teenstander se taak vergemaklik deur nog eie “bagasie” ook saam te dra nie – dit behoort alles net lekker en opwindend te wees.

Sukses kan spanning veroorsaak

S

usan Rollinson het ’n aantal jare gelede na ’n baie suksesvolle tennistoer in Amerika na Johannesburg teruggekeer. Sy het met rasse skrede tot nommer 62 op die wêreldranglys vir vroue gevorder. In die proses het sy met onder andere die wêreldberoemde Billy-Jean King en Wendy Turnbull afgereken. Na ’n gebruiklike tien dae rus het sy weer begin oefen vir haar volgende oorsese toer. Maar hoe nader die dag van haar vertrek gekom het, hoe meer gespanne en kort van draad het sy geword. Uiteindelik het sy twee dae voor haar vertrek tydens ’n squadsessie op Ellispark ontplof. Na ’n opdrag van my het sy my driftig en met hope aggressie geantwoord – iets wat ongekend was. Ek het omgedraai en weggeloop. Dieselfde aand het ek haar ge- skakel en ’n baie verwese en hartseer twintigjarige meisietjie gevind.

Ek het vir haar die volgende brief geskryf:

“Moet asseblief nie om verskoning vra vir jou uitbarsting nie. Ek voel baie bevoorreg dat jy my gekies het om van jou opgekropte spanning ontslae te raak. ’n Mens kies gewoonlik die persoon wat die naaste aan jou is om van jou aggressie ontslae te raak. So, dit is my voorreg! Jy het van oorsee teruggekom met skitterende prestasies en groter suksesse as waaroor jy ooit gedroom het. Ons almal: jou ouers, jou familie, vriende en ek, was so opgewonde. En jy ook. En jy het al die lof verdien wat jy van die pers gekry het. Toe jy weer begin oefen het, het almal jou met nog meer belangstelling dopgehou. En ons het probeer om jou aan te moedig en met vertroue sterk te maak deur aanhoudend na jou prestasies te verwys. Ons het jou vertel dat indien jy hierdie prestasies reeds kon behaal het, dink net wat nog voorlê! Al hierdie belangstelling en aanmoediging was so goed bedoel.

“Skielik het jou prestasies egter vir jou ’n kruis geword. Hoe nader jy aan die vertrekdatum gekom het, hoe swaarder het die las geword. Want sê nou jy kan nie weer dieselfde prestasies behaal nie, en jy stel ons dan

teleur? Nog erger, sê nou net jy kan nie aan die nuwe verwagtinge wat jy geskep het, voldoen nie?

“In plaas daarvan dat jy met opwinding en verwagting uitsien na die nuwe uitdagings, het dit plek gemaak vir vrees en onsekerheid. Vergewe asseblief ons ‘dom’ mensies wat vir jou net die beste wil hê. Huil maar behoorlik. Dit sal help om van die spanning ontslae te raak.

“Wat vir jou ’n langtermyn-doelwit was, is tydens ’n kort termyn verwesenlik. Jy sal nou jou doelwitte moet aanpas. Kry vir jou nuwe doelwitte en ideale. En aanvaar dat dit moeiliker gaan wees en langer gaan neem om te bereik. Met ander woorde, jy moet weer van voor af aan jou spel begin werk. Hierdie situasie beteken vir jou net nog ’n verdere positiewe groei en ontwikkeling in jou as persoon en jou spelvermoë.

“Moet nooit twyfel aan jou ouers se opregte belangstelling en liefde nie. Die waarde van hulle liefde en omgee het niks te doen met jou prestasies nie. Jy kan hulle nooit met die uitslag van ’n tenniswedstryd teleurstel nie. Hulle is jou ‘vriende’ omdat hulle vir jou as mens lief is. Dit is baie gerusstellend. Wat jy alreeds bereik het, kan niemand weer van jou wegneem nie. 99,9% van alle tennisspelers in die wêreld bereik nooit ’n posisie op die wêreldranglys nie. En jy het dit reggekry! Met die beperkinge van jou vyf voet en ’n halfduim-liggaam het jy al klaar beter gedoen as wat die sogenaamde ‘kenners’ ooit voorspel het. Ek is baie, baie trots op jou. Jy het ’n hart soos ’n leeu!

“Geniet jou suksesse en gee aan jouself erkenning vir ’n taak wat goed gedoen is. Laat dit jou sterk maak vir die taak wat voorlê. Wat verby is, is agter jou, die goeie en slegte. Dra jou nuwe status met trots. En geniet elke dag, een dag op ’n slag.”

In document Gerrie gesels tennis (pagina 60-63)