• No results found

3.9 Verloop van fokusgroeponderhoude

3.12.2.3 Professionele praktyk bestaan uit kultuurelemente

3.12.2.3.1 Waardes

Waardes en norme word dikwels as sinonieme in die algemene spreektaal gebruik. Alhoewel die twee terme nou verwant is, verskil dit wel. Norme is spesifiek, konkreet en situasie-gebonde. Dit het ook te doen met gedragsriglyne, terwyl ‘n waarde daarenteen, ‘n meer algemene idee van ‘n groep mense rondom wat goed of sleg, reg of verkeerd, wenslik of onwenslikheid is (Popenoe, et al., 2003:31). Waardes is verder ook emosioneel gelaai, wat beteken dat daar emosionele gevoelens rondom die nakoming of die verontagsaming daarvan is. Waardes en norme verskaf ‘n basis waarvolgens persone in gegewe situasies kan optree (Popenoe, et al., 2003:30). Die doel van waardes in Verpleging is om die praktyk te rig en ‘n raamwerk vir besluitneming te voorsien (Chitty, 2001:2002; Ellis & Hartley, 2001:344; Hoffard & Woods, 1996:355).

‘n Deelnemer het waardes as deel van professionele praktyk beskou: “… I would

also add like our values…”. ‘n Ander deelnemer het in plaas van waardes na

morele oortuigings verwys: “ … I would also add the ethical and the moral issues

that goes with professional conduct ... uhm ... and accountability. Accountability, ethics and … and morals are very important in your professional conduct..”. Een

van die deelnemers het na die moontlike verskil tussen die norme van nuweling verpleegkundiges en dié van Verpleging verwys: “…You come in with your own

set of values from where ever you come from and you hit a set of values which are set by a profession and often that is where the clash comes…”

Die mening dat nuwelinge Verpleging met hulle eie sosiale waardes betree word deur verskillende outeurs beskryf (Kolanko, et al., 2006:intyds; Nesler, et al.,

2001:293; Howkins & Evens, 1999:42). Dié studente se waardes moet uiteindelik aangepas word om soortgelyk aan dié van Verpleging te wees.

Daar bestaan nie konsensus oor wat spesifieke Verplegingswaardes is nie. Die enigste waarde wat outeurs aan Verpleging koppel, is deernisvolle sorg (“caring”) (Cortis & Kendrick, 2003:79; Chitty, 2001:252; Ellis & Hartley, 2001:166; Mulaudzi, et al., 2001:95; Searle, 2000:92; Pera & van Tonder, 1996:3). Die SARV lys ook deernisvolle sorg as ‘n Verplegingswaarde, maar definieer nie die konsep nie (Standaarde vir Verplegingpraktyk: Beleidstandpunte van die SARV. 1992).

Die konsep “deernisvolle sorg” is omvattend en omdat daar nie konsensus bestaan oor presies wat deernisvolle sorg is nie, (Paley, 2001:25) kan dit gebeur dat verpleegkundiges die konsep op verskillende wyses, as gevolg van verskillende uitgangspunte, interpreteer. Deernisvolle sorg (“caring”) is nie net die voorsiening in die fisieke behoeftes van ‘n persoon nie, maar dit betrek ook die intellektuele- en analitiese vermoëns van die verpleegkundige. Studente se vermoë ten opsigte van deernisvolle sorg kan dus deur onderrig verbeter word (Hoover, 2002:85).

Deernisvolle sorg (“caring”) kom in alle kulture voor, maar die wyse waarop dit geïnterpreteer en uitgevoer word, is kultuurrelevant. Aangesien deernisvolle sorg die kern van Verpleging uitmaak, behoort die konsep omskryf te word sodat studente op ‘n eenvorminge wyse in alle Verpleegonderriginstansies hieroor onderrig kan word. In ‘n studie gedoen deur Mogodi, Jooste & Botes (2003:35) was gevind dat onderrigpersoneel kennis het oor wat omgeesorg is, maar dat hulle dit moeilik vind om te onderrig.

Verwysing na deernisvolle sorg as deel van professionele praktyk is as volg genoem: “…Ja, ek wil net sê, op professionele praktyk – kwaliteit sorg met die

example. And that golden thread is not pulled through enough through the whole of nursing…” .

Dit is kommerwekkend dat deernisvolle sorg nie duidelik as kernwaarde van verpleging deur die lede van die fokusgroepe uitgelig is nie. Dit laat die vraag ontstaan oor wat verpleegkundiges as kernwaarde van Verpleging sien, want dit wat die Verpleegkundiges as kernwaarde beskou, sal in die praktyk aan studente oorgedra word.

‰ Ander waardes wat deur die SARV genoem word, is:

z verbintenis tot aanspreeklike veilige praktyk;

z persoonlike integriteit (Standaarde vir Verplegingspraktyk:

Beleidstandpunte van die SARV, 1992. SANC Draft Charter of Nursing Practice, 28 September 2004).

3.12.2.3.2 Formele norme

Norme verwys na die verwagting van hoe persone veronderstel is om in gegewe situasies op te tree, te dink of te voel. Norme word in twee kategorieë verdeel, naamlik formele norme, wat gewoonlik op skrif gestel is en informele norme wat gewoonlik ongeskrewe is, maar deur die meerderheid van die lede van ‘n groep verstaan en nagevolg word (Popenoe et al., 2003:31).

‰ Geskrewe norme:

Geskrewe norme sluit onder andere die volgende in: Landswette, spesifieke wette soos byvoorbeeld die Wet op Verpleging, No. 50 van 1978, soos gewysig, Regulasies, beleide van die departemente en Gesondheidsinstansies, etiese kodes en prosedures (Verschoor, et al., 1996:1, 38).

Deelnemers uit al drie die fokusgroepe het na formele norme in terme van wette en regulasies verwys: “…soos wat hulle gesê het, moet jou nodige

kennis en vaardigheid binne jou wetlike, binne jou etiese raamwerk [manifesteer]…” en “…so jy kan nie sonder jou wet praktiseer nie, bestek van praktyk en ook ander nie…”. ‘n Deelnemer van fokusgroep 2 het dit

so gestel: “…behaviour towards your own profession…. So always you

act as within the rules and regulations….” en “…I will also include principles, professional principles and the rules, that probably are set up by the… a nursing council or association and also some pieces of legislation in which a profession should [inaudible] and conduct them”.

‘n Insiggewende opmerking van een deelnemer ten opsigte van formele norme was: “… I think one of the greatest dis-services … the nursing

act ever did was actually to equate professional nursing practice with a

list of commissions and omissions [group agrees] and… that was what

I thought professional practice was, until I had an enlightened lecturer informed me that that wasn’t actually what it was all about.”

Dit blyk dus dat die moontlikheid bestaan dat verpleegkundiges op ‘n kortsigtige wyse na professionele praktyk kan kyk en dit slegs as nakoming van wetlike norme kan sien. Hierdie stelling is in ooreenstemming met wat Searle (2000:101) ten opsigte van etiek, wat deel van professionele praktyk vorm, geskryf het: “…unfortunately, in some nursing schools, ethics is taught as a series of do’s and do not’s.”.

In ‘n studie, gedoen deur Manias (Manias & Street, 2000:1467) betreffende die gebruik van beleide en protokolle (formele norme) deur geneeshere en verpleegkundiges, is bevind dat verpleegkundiges grotendeels hulle besluite en aksies regverdig op grond van beleide en protokolle. In teenstelling hiermee het die meeste geneeshere hul kennis en ervaring as basis vir besluitneming gebruik. Verpleegkundiges besluit

dus na aanleiding van reëls en voorskrifte en gebruik nie hulle ervaring en kennis hieroor nie.

‰ Etiese kodes

Etiese kodes het ‘n rol gespeel in die “professionele ontwikkelingsfase” van Verpleging deur as selfreguleringsmeganisme te dien en te help om die professie se identiteit te vorm (Meulenbergs, Verpeet, Schotsmans & Gastmans, 2004:333). Wanneer persone kodes slegs nakom omdat dit as riglyn gestel word, kan dit nie toewyding aan die professie verbeter nie (Thompson, 2002:524; Botes, 1999:67).

Weens die multidissiplinêre benadering, die ekonomiese oorheersing ten opsigte van sorg en die toenemende etiese eise waarmee verpleegkundiges hedendaags in die post-professionele fase van Verpleging te kampe het, word die funksie en rol van etiese kodes bevraagteken (Meulenbergs, et al., 2004:332).

Indien studente egter ten opsigte van etiese kodes onderrig word sodat hulle dit nie slegs as ‘n stel reëls gesien nie, maar as besluitnemingsriglyn kan gebruik, sowel as om hulle praktyk af te baken, het etiese kodes vandag nog ‘n rol te speel (Esterhuizen, 2006:104; Verpeet, de Casterle, van der Arend & Gastmans, 2005:191; Meulenbergs et al., 2004:335; Pattison, 2001:8).

Deelnemers het as volg na ‘n etiese kode verwys: “I think if you have a

professional and I want to separate the words (professional practice) because professional implies that you adhere to a code, whatever profession you belong to and that profession stipulate that if you are this person, this is the kind of thing that you do…”. Dieselfde deelnemer het

verder so uitgebrei: “…I think each professional should be taught that

ethical code. I think a ethical code should change, I agree with you

there…” .

Sommige deelnemers was negatief ten opsigte van etiese kodes en het eerstens gesê dat daar nie ‘n algemene kode vir Verpleging in Suid-Afrika bestaan nie en tweedens dat studente nie ‘n kode nakom nie: “… now I

am being very cynical, but … but I think it is part of the problem and we have never had in the country a code of conduct that actually we can talk through, that we can dialogue with it, that we can engage with it individually that we can say what does that mean when it says that I have to respect…” ‘n Ander deelnemer het die volgende gesê: ”…And so the students like now tend not to be adhering to the professional code as such…” .

Dit is kommerwekkend dat Verpleegonderrigkundiges van mening was dat daar nie ‘n kode vir Verpleging in Suid-Afrika bestaan nie. Dit mag moontlik wees dat genoemde onderrigkundiges bedoel het daar nie ‘n enkele, spesifieke kode deur alle Verpleegkundiges in Suid-Afrika aangehang word nie, maar dat daar wel ‘n verskeidenheid kodes bestaan.

Deur teoretiese kennis van formele norme en etiek te verkry, beteken nie noodwendig dat ‘n persoon dit deel van haarself gemaak het nie. Formele norme behoort op so ‘n wyse aangebied te word dat dit uiteindelik deur die studente geïnternaliseer word sodat hulle ‘n professionele identiteit kan ontwikkel.

Daar is nie in die fokusgroepe spesifiek na enige van die bogenoemde waardes verwys nie, alhoewel dit onontbeerlik in Professionele Praktyk is.