• No results found

1.5 Konseptuele raamwerk

1.7.2 Etos en Professionele Praktyk

vervat is, is bekend as Etos en Professionele Praktyk. Aangesien daar in hierdie studie op Professionele Praktyk gefokus word, sal daar na die module as [Etos en] Professionele Praktyk verwys word.

1.7.3 Proses van onderrig: Dit verwys na die onderrigbenaderings en – tegnieke, inhoudseleksie asook assessering wat gevolg word. Dit sluit die omgewing waarin onderrig gedoen word, asook deurvloei van studente uit (Mellish, et al., 2001:126).

1.7.4 Verpleging: In hierdie studie verwys die woord Verpleging na beide Verpleegkunde en Verloskunde, tensy anders beskryf word.

1.7.5 Lektrise: Dit verwys na enige professionele verpleegkundige wat by teoretiese en/of praktiese onderrig aan ‘n universiteit betrokke is.

1.7.6 Dosent: Dit verwys na enige professionele verpleegkundige wat by teoretiese en/of praktiese onderrig aan ‘n Verplegingskollege betrokke is.

1.8 NAVORSINGSONTWERP

Die navorsing sal verkennend, beskrywend en verklarend wees. Dit is verkennend omdat die volle omvang van ‘n fenomeen, naamlik Professionele Praktyk ondersoek en beskryf word (Polit & Beck, 2004:20).

Met beskrywende navorsing word meer inligting insake ‘n spesifieke verskynsel of fenomeen ingewin, sodat daar ‘n beter geheelbeeld van verkry kan word. Die onderrig van [Etos en] Professionele Praktyk word ondersoek sodat ‘n beter geheelbeeld daarvan verkry (Polit & Beck, 2004:192; Cherry, 2002: 11-13; Burns & Grove, 2005:232) en ‘n onderrigraamwerk daarvoor opgestel kan word.

Die navorsing is ook verklarend van aard omdat nie net die inhoud van [Etos en] Professionele Praktyk ondersoek word nie, maar ook die effek daarvan soos in byvoorbeeld die voorkoms van dissiplinêre sake en die moontlike rol wat onderrig kan speel, ondersoek word (Polit & Beck, 2004:20).

Daar sal van beide kwantitatiewe- en kwalitatiewe tegnieke gebruik gemaak word. Kwantitatiewe tegnieke sluit die gebruik van ‘n data-insamelingsinstrument sowel as telefoononderhoude aan die hand van ‘n onderhoudskedule in. Die kwalitatiewe tegniek wat gebruik gaan word is die doen van fokusgroeponderhoude. Daar sal dus

Triangulasie word gedefinieer as die kombinasie van twee of meer teorieë, databronne, tegnieke, of ontledingsmetodes, wat in een studie of ondersoek gebruik word (Polit & Beck, 2004:431; Aldridge & Levine, 2001:59; Burns & Grove, 2005:224239, Denzin, 1989 in Shih, 1998:632). In hierdie studie sal verskillende tegnieke, naamlik ‘n opname van data aan die hand van ‘n data-insamelingsinstrument, fokusgroeponderhoude en telefoniese onderhoude aan die hand van ‘n onderhoudskedule, gekombineer word om dieselfde onderwerp, Professionele Praktyk, te ondersoek en te beskryf. Verskillende databronne sal ook gebruik word om inligting oor Professionele Praktyk te bekom, naamlik verbatim dokumente, respondente en literatuur. Triangulasie van bronne sal dus ook plaasvind.

1.9 NAVORSINGSVERLOOP

Ten einde die doelwitte te kan bereik, sal die studie in 3 fases afgehandel word. Die fases, verloop asook die hoofstukke van die studie word in tabel 1.1 uiteengesit:

TABEL 1.1: Navorsingsverloop

FASE STAP SUB- STAP

AKSIE DOELWIT HOOFSTUK

EN BLADSY

I DIE BEGRIP “PROFESSIONELE PRAKTYK”

1 Ontleding van onprofessionele gedrag soos wat dit in dissiplinêre sake voorgekom het

1.1 Saamstel van ‘n data- insamelingsinstrument

Om inligting ten opsigte van onprofessionele gedrag te bekom

Hoofstuk 2 Bl 42 - 76 1.2 Data-insameling deur middel

van ‘n data-insamelings- instrument

Om die aard van onprofessionele gedrag, soos wat dit oor ‘n tydperk van 6 jaar voorgekom het, te identifiseer en te beskryf 1.3 Literatuurkontrole Om inligting oor die SARV te bekom en om die verkreë inligting

oor onprofessionele gedrag, te verifieer

2 Persepsie van professionele verpleegkundiges oor Professionele Praktyk

2.1 Doen van fokusgroep- onderhoude

Ten einde die persepsie van professionele verpleegkundiges oor

Professionele Praktyk te bekom en te beskryf Hoofstuk 3

Bl 77 - 168 2.2 Literatuurkontrole Ten einde die inligting bekom deur middel van die

fokusgroeponderhoude, te verifieer en te vergelyk

II HUIDIGE ONDERRIG VAN [ETOS EN] PROFESSIONELE PRAKTYK

3 Literatuuranalise Om inligting oor onderrigbenaderings, -tegnieke, inhoud en –

assessering te bekom Hoofstuk 4 Bl 169 - 255

4 Saamstel van ‘n onderhoud-

skedule

Om data tydens telefoniese onderhoude in te samel

Hoofstuk 5 Bl 256 - 269

5 Telefoniese onderhoude Om inligting ten opsigte van huidige onderrig van [Etos en] Professionele Praktyk te bekom en te beskryf

6 Resultate Om die huidige inhoud, onderrig- en assesserings tegnieke van

[Etos en] Professionele Praktyk te beskryf Hoofstuk 6 Bl 270 - 339

III ‘N RAAMWERK VIR DIE ONDERRIG VAN PROFESSIONELE PRAKTYK 7 Saamstel van ‘n raamwerk

vir die onderrig van Professionele Praktyk

Om as riglyn vir onderrig van Professionele praktyk te gebruik Hoofstuk 7

In Fase I, stappe 1 en 2 sal gepoog word om ‘n begrip van die konsep Professionele Praktyk te bekom. In Fase II sal inligting rakende die huidige onderrig van Professionele Praktyk bekom word en in Fase III sal ‘n raamwerk vir die onderrig van Professionele Praktyk saamgestel word.

1.10 NAVORSINGSTEGNIEKE

In hierdie studie sal daar van ‘n verskeidenheid van navorsingstegnieke, naamlik literatuurkontroles, literatuuranalise, ‘n data-insamelings-instrument, fokusgroep- onderhoude en telefoniese onderhoude gebruik gemaak word. Hierdie verskillende fases, stappe en tegnieke wat vir die bereiking van die doelwitte gebruik gaan word, sal vervolgens bespreek word.

FASE I: DIE BEGRIP “PROFESSIONELE PRAKTYK”

Ten einde die konsep Professionele Praktyk (professionele gedrag) te begryp, sal daar eerstens ‘n opname van inligting oor onprofessionele gedrag, soos wat dit in dissiplinêre sake voorgekom het, gedoen word (FASE I, Stap 1). Tweedens sal die persepsie van professionele verpleegkundiges, ten opsigte van wat Professionele Praktyk uitmaak, bekom word (FASE I, Stap 2)

1.10.1 FASE I, stap 1 (substappe 1.1-1.2): opname van onprofessionele gedrag

(vir volledige beskrywing, vergelyk bl 42-76).

‘n Opname van die beskikbare inligting in dissiplinêre sake, gedien by die SARV gedurende 1996-2001, sal aan die hand van ‘n data-insamelingsinstrument gedoen word (vergelyk bylae B). Dié data-insamelingsinstrument sal opgestel word nadat 5 dissiplinêre sake, wat voor 1996 gedien het, deurgewerk is. Die doel van die data- insamelingsinstrument is om vas te stel wat die aard van onprofessionele gedrag, of wanpraktyk in Verpleging is om sodoende ‘n beter begrip van wat Professionele Praktyk is, te kan vorm.

1.10.2 FASE I, stap 1 (substap 1.3): Literatuurkontrole

‘n Literatuurkontrole ten opsigte van professionele regulering, onprofessionele gedrag en dissiplinêre sake sal gedoen word ten einde data, bekom deur middel van die data- insamelingsinstrument, te verifieer.

1.10.3 FASE I, stap 2 (substap 2.1) Fokusgroeponderhoude (vir volledige

beskrywing, vergelyk bl 77-168).

Fokusgroeponderhoude sal gedoen word ten einde die persepsie van professionele verpleegkundiges ten opsigte van Professionele Praktyk te kan beskryf. Data so bekom, tesame met inligting bekom vanuit die ontleding van dissiplinêre sake sowel as literatuurkontroles, sal gebruik word om ‘n onderhoud-skedule vir die uiteindelike data- insameling daar te stel. Drie (3) fokusgroeponderhoude sal gedoen word. Een fokusgroeponderhoud sal met professionele verpleegkundiges, met range van Professionele- en Senior Verpleegkundige, gedoen word. Hierdeur sal die persepsie van die professionele verpleegkundiges op voetsoolvlak bekom word. ‘n Tweede fokusgroep sal met professionele verpleegkundiges in Eenheidsbestuurderrange gehou word, waardeur die persepsie van verpleegkundiges met ‘n bestuursagtergrond bekom sal word. ‘n Derde fokusgroeponderhoud sal met professionele verpleegkundiges, betrokke by verplegingsonderrig in Suid-Afrika, gehou word ten einde onderrigkundiges se persepsie van Professionele Praktyk te bekom.

1.10.4 FASE I, stap 2 (substap 2.2) Literatuurkontrole

‘n Literatuurkontrole van resente bronne sal ten opsigte van die onderwerp Professionele Praktyk, na afloop van die fokusgroeponderhoude gedoen word ten einde die inligting bekom, te verifieer.

Nadat FASE I, stappe 1 en 2 afgehandel is, sal die proses van onderrig van [Etos en] Professionele Praktyk, soos wat dit tans plaasvind, ondersoek word (FASE II, stappe 3-

FASE II: DIE HUIDIGE ONDERRIG VAN [ETOS EN] PROFESSIONELE PRAKTYK

1.10.5 FASE II, stap 3: Literatuuranalise:onderrig (vir volledige beskrywing,

vergelyk bl 169-255).

‘n Literatuuranalise sal ten opsigte van onderrigbenaderings, -tegnieke, inhoud en assessering gedoen word. Resente bronne sal geraadpleeg word. Die inligting sal gebruik word om ‘n onderhoudskedule vir die telefoniese onderhoude saam te stel.

1.10.6 FASE II, stap 4 en 5: Telefoniese onderhoude (vir volledige beskrywing,

vergelyk bl 256-269).

Nadat stappe 1-3 suksesvol afgehandel is, sal ‘n onderhoudskedule (vergelyk bylae I, J) met behulp van die ingesamelde data saamgestel word. Dié skedule sal tydens telefoniese onderhoude vir data-insameling rakende die huidige proses van onderrig van [Etos en] Professionele Praktyk gebruik word.

Telefoniese onderhoude sal met professionele verpleegkundiges, werksaam by Verpleegonderriginstansies in Suid-Afrika, gevoer word. Die doel hiervan is om die proses van onderrig van [Etos en] Professionele Praktyk, soos wat dit tans by verskillende Verpleegonderriginstansies op nasionale vlak gedoen word, te beraam. Die voer van telefoniese onderhoude hou die voordeel in dat dit, onder andere, ‘n hoë responsgetal verseker (De Vos, 1998:154). Floyd & Fowler (2002:66) beweer egter dat daar baie min verskil tussen die responsgetal verkry deur middel van persoonlike onderhoude en dié verkry deur middel van telefoniese onderhoude is. Dit is dus koste- effektief om telefoniese onderhoude met ‘n beraamde hoë responskoers as metode van data-insameling te gebruik. Daar sal in dié studie gepoog word om die onderrigpersoneel van al die tersiêre Verpleegonderriginstansies, wat by die onderrig van [Etos en] Professionele Praktyk betrokke is, te betrek.