• No results found

3.9 Verloop van fokusgroeponderhoude

3.12.2.3 Professionele praktyk bestaan uit kultuurelemente

3.12.2.3.3 Informele norme

Informele norme is norme wat nie neergeskryf is nie, maar wat deur die meerderheid lede van ‘n spesifieke groep aanvaar en ondersteun word (Popenoe, et al., 2003:31).

Fokusgroepdeelnemers het na informele norme, as volg verwys: “…and the

norms. Something like the rules that guides you, you know. Let me say, if you’re a Sotho, Tswana, you have the norms that guide you”. ‘n Ander deelnemer het

dit so gestel: “…and the conduct for me is the how which indicate the morals, values and ethics...”

Spesifieke, algemene, informele norme, wat in die literatuur ook as etiese konsepte beskryf word en waarna daar in die fokusgroepe verwys is, is:

• Respek;

• Basiese maniere;

• Handhawing van konfidensialiteit;

• Handhawing van privaatheid van pasiënte en • Dissipline.

‰ Respek/eerbied:

Respek vir die menswaardigheid en uniekheid van elke persoon word deur verskillende outeurs, sowel as die SARV beskryf (Standaarde vir Verplegingspraktyk: Beleidstandpunte van die SARV, 1992; SANC. Draft Charter of Nursing Practice. 28 September 2004; Chitty, 2001:485; Ellis & Hartley, 2001:347; Pera & van Tonder, 1996:61).

Die SARV onderskei tussen respek vir ‘n persoon en respek vir die lewe van ‘n mens. Respek vir ‘n persoon word as respek vir ‘n persoon se

liggaam, psige en gees, indiwidualiteit, gelowe en tradisies, besittings en verskeie regte beskryf. Die SARV beskryf ook ‘n indiwidu se reg tot privaatheid, konfidensialiteit en selfbeskikking, wat in lyn met die Batho Pele beginsels (Muller, 2002:8-9) is. Met betrekking tot respek vir die lewe van ‘n persoon, word daar tussen respek vir die begin van lewe, die kwesbaarheid, gehalte en waarde daarvan onderskei.

Deelnemers was van mening dat respek in die algemeen dieselfde is as in die verlede, maar ook dat daar nie meer basiese respek vir ander persone in die samelewing voorkom nie: “...but basic things in professional

conduct, like respect, has not changed. One can’t say that a young person of 18 should respect …respect patients’ rights and patients’ values differently toward than what we had to do...”.

“…..It just seems something in our whole community all the change that have been happening it sort of got a lawless society in a certain extent and we don’t abide by basic respect for other peoples and the discipline and I think the respect for other people is partly discipline as well. We don’t have to like each other, but we have to respect each other…”.

Deelnemers uit al drie die fokusgroepe het respek, in terme van professionele praktyk, as volg uitgelig: “…kulture kan wegval, maar as

daai basiese respek vir mense…as ons dit net kan handhaaf, dan kan kultuur en range maar wegval. As ons net onthou om die mense met basiese respek te hanteer dan maak kultuurverskil nie regtig saak nie” en “the old… the old people must [be] respect [ed] ‘dumela ntate’ [hallo father]. That one …. and that one is the norms”

‘n Ander deelnemer het op die belang van respek ten opsigte van kulturele norme uitgewys: “... if a person ... if a person comes in and believe you as

a ... as a practicing nurse [female] cannot wash a male you can’t say why don’t you want me to wash you. They ... you have to respect it ...”

‘n Deelnemer was van mening dat mense nie nodig het om van mekaar te hou nie, maar dat hulle mekaar moet respekteer: “…We don’t have to like

each other, but we have to respect each other.” “…but I want to add that the young people of today are growing up in a society where respect must be earned. They’re not going to respect you because you are fifty years old…”

Een studie, gedoen in die landelike gebied van die Limpopo Provinsie het aangetoon dat verpleegkundiges wat in die klinieke en regeringshospitale werksaam was, nie deernis met hulle pasiënte gehad of hulle gerespekteer het nie. Van die verpleegkundiges het op die pasiënte geskreeu, was bars of nors met jonger pasiënte en was laks om pasiënte wat in lang rye gewag het, te help (Mashego & Peltzer, 2005:15).

Die feit dat mense mekaar nie meer respekteer nie is deur ‘n deelnemer toegeskryf aan die veranderinge wat in die samelewing plaasgevind het: “

…It just seems something in our whole community all the change that have been happening – it sort of got [us] a lawless society in a certain extent and we don’t abide by basic respect for other peoples and the

discipline and I think the respect for other people is partly discipline as

well….”

Hoflikheid en respek loop hand aan hand en hoflikheid is só belangrik in die oë van die huidige Regering dat dit selfs as een van die 8 (agt) “Batho Pele”-beginsels beskryf word (Muller, 2002:8-9). Die betoning van respek behoort reeds in ‘n kind se ouerhuis aangeleer te word (Moser, 2000:1132), maar indien dit nie aangeleer is nie, behoort dit tydens

onderrig van studente geleer of doelbewus versterk te word ten einde ook die Batho Pele beginsels na te kan kom.

‰ Basiese maniere:

Die nakoming van basiese maniere, wat vir almal aanvaarbaar is, as informele norm, mag problematies wees, omdat persone met soveel verskillende kultuur-oriëntasies tot Verpleging toetree. As gevolg van hierdie heterogeniteit is dit juis nodig dat die professie konsensus bereik oor wat die mees algemene, basiese aanvaarde maniere uitmaak, sodat dit aan studente geleer kan word.

‘n Deelnemer het die volgende ten opsigte van basiese maniere gesê: “…

As hulle nie daai basiese maniere in hulle ouerhuis geleer het nie, want onthou né, almal het nie die opvoeding en agtergrond wat jy gehad het nie, dan moet jy dit vir hulle leer…”

Die nakoming van basiese maniere behoort deur die student se opleiding versterk en ondersteun te word.

‰ Konfidensialiteit en privaatheid:

Privaatheid het daarmee te doen dat ‘n pasiënt se liggaam nie onbehoorlik ontbloot word nie (Verschoor, et al., 1996:61) terwyl konfidensialiteit verwys na geheimhouding (Chitty, 2001:518; Ellis & Hartley, 2001:317; Mulaudzi et al., 2001:31; Searle, 2000:158). Konfidensialiteit en handhawing van privaatheid van ‘n pasiënt kan as basiese maniere gesien word, maar dit vorm ook deel van die etiek van Verpleging en word ook as ‘n regt beskou (Ellis & Hartley, 2001:345-346).

Een deelnemer het konfidensialiteit en handhawing van privaatheid só as deel van professionele praktyk gesien: “… I think confidentiality also

Wanneer ‘n pasiënt se privaatheid gerespekteer word, word die persoon se private aangeleenthede, soos byvoorbeeld inligting rakende die persoon se gesondheidstatus en behandeling, konfidensieël gehou. Dit mag nie openbaar gemaak word sonder dat die persoon toestemming daartoe verleen het nie (Mulaudzi, et al., 2001:32). Gesien in dié lig behoort onderhoude, geskiedenisneming van pasiënte en die uitvoer van ondersoeke in privaatheid te geskied.

‰ Dissipline:

Die woord dissipline beteken gehoorsaamheid aan gesag, ordelike gedrag en ook tugtiging en bestraffing met die doel om orde te bewaar (Odendal & Gouws, 2005:170). Die toepassing daarvan kan ook as die kuns om aanvaarbare gedrag te onderrig, gesien word (Kolanka et al., 2006:intyds). Met verwysing na onderrig van Professionele Praktyk, beteken dissipline dus dat die beoefening van Professionele Praktyk ordelik behoort plaas te vind en dat daar bestraffing behoort te wees indien daar van die norm afgewyk word. Dissipline, as ‘n waarde, beteken dat verpleegkundiges selfbeheersing sal toepas en georganiseerd sal optree (Jormsri, et al., 2005:intyds). Om pasiënte in lang rye te laat wag onderwyl verpleegkundiges gesprekke van sosiale aard met mekaar voer, of lang tye tee drink of presies stiptelik van diens afgaan, al is daar nog pasiënte teenwoordig (Mashego & Peltzer, 2005:16) is nie ‘n voorbeeld van gedissiplineerde optrede nie.

Die ander betekenis van dissipline, tugtiging en bestraffing het ook betrekking op professionele praktyk, naamlik dat, indien ‘n persoon nie binne die gestelde riglyne bly nie, daar dissiplinering van so ‘n persoon kan plaasvind (Muller, 2002:59; Mulaudzi et al., 2001:42-43; Searle, 2000:332-340).

Volgens een deelnemer is dissipline nie kultuurgebonde nie, maar is daar ook geen dissipline in Verpleging sigbaar nie: ..”discipline is not necessay

related to culture” . “…I think that there is also no discipline. There is a lack of discipline”.

Die handhawing van dissipline in Verpleging is noodsaaklik ten einde wetenskaplike, toepaslike sorg te kan lewer (Jomsri, et al., 2005:intyds).