• No results found

3.9 Verloop van fokusgroeponderhoude

3.12.2.2 Professionele praktyk het ‘n praktiese komponent

3.12.2.2.1 Vaardigheid

Deelnemers uit al drie die fokusgroepe het na vaardigheid in die algemeen verwys, terwyl deelnemers uit die eerste twee fokusgroepe ook spesifiek na kommunikasievaardighede verwys het. Twee deelnemers het na kliniese onderrig en pasiëntvoorspraak, as vaardighede, verwys. Dit blyk dus dat professionele verpleegkundiges die volgende vaardighede as deel van Professionele Praktyk sien:

‰ Kliniese prosedures:

Dit behels die uitvoer van tegnieke en prosedures asook die gebruik van toepaslike apparaat. Die basiese vaardighede waaroor ‘n verpleegkundige moet beskik word, soos in geval van die teoretiese vereistes, in die SARV onderriggids uiteengesit (SARV. Miminum vereistes vir die opleiding en gids betreffende die onderrig van studente in die program wat lei tot registrasie as ‘n verpleegkundige {algemene, psigiatriese en gemeenskaps-} en vroedvrou. 1992 soos gewysig). Dit bly die professionele verantwoordelikheid van elke verpleegkundige om voortdurend te evalueer of sy vaardig is in die prosedures wat in haar veld van toepassing is (Muller, 2002:12; Mellish et al., 2001:309).

Deelnemers uit al drie die fokusgroepe het na vaardighede, in die algemeen, as volg verwys: “Goed, vir my gaan professionele praktyk, dink

ek regtig oor ‘n kombinasie tussen houding en gedrag en ook kennis en

vaardigheid. …Al die vaardighede en goed wat die mense moes doen

vandat OBL [Uitkomsgebaseerde Onderrig] ingekom het … word daar regtig gefokus op dat jy dinge in die praktyk baasraak en die vaardighede wat jy moet doen….”

‰ Handhaaf van verhoudings

Verpleegkundiges is daagliks in verskillende verhoudings betrokke, soos byvoorbeeld met verskillende lede van die multidissiplinêre span (Gastmans, 2002:intyds; Muller, 2000:172-175; Chitty, 2001:316; Ellis & Hartley, 2001:502; Searle, 2000:172-174). Die belangrikste verhouding vir die verpleegkundige behoort die pasiënt-verpleegkundige verhouding te wees (Gastmans, 2002:intyds; McQueen, 2000:intyds; Pera & van Tonder, 1996:57) aangesien dit as grondslag vir Verpleging van pasiënte dien (Searle, 2000:173).

z Pasiënt-verpleegkundige verhouding

Hierdie verhouding ontstaan nie vanself wanneer ‘n pasiënt by ‘n gesondheidsorgfasiliteit aanmeld nie. Dit verg opbou van vertroue tussen die verpleegkundige en die pasiënt en dat die pasiënt warm, opreg empaties en onbevooroordeeld benader moet word. Studente moet vaardigheid ontwikkel in die inisiëring en handhawing van pasiënt-verpleegkundige verhoudings (Gastmans, 2002: intyds; Searle, 2000:173).

Die verpleegkundige moet daarna streef om ‘n positiewe verhouding daar te stel deur onder andere goeie kommunikasie en

die terapeutiese gebruik van haarself (Freshwater & Stickley, 2004:intyds; Mellish & Paton, 1999:4; Searle, 2000:258).

Dit is onrusbarend dat die vestiging van ‘n pasiënt-verpleegkundige verhouding nie in enige van die fokusgroepe as deel van Professionele Praktyk genoem is nie.

• Interverpleegkundige verhoudings

In interverpleegkundige verhoudings behoort samewerking, selfontwikkeling en ondersteuning bevorder te word. Elke lid se kennis, ervaring en regte moet erken en gerespekteer word ten einde goeie interverpleegkundige verhoudings te bevorder (Pera & van Tonder, 1996:69). Daar kan egter ook probleme met hierdie verhouding wees, soos byvoorbeeld kleingroep (kliek) vorming, portuurgroepdruk ten opsigte van negatiewe gedrag, gebrek aan groepkohesie en gebrek aan ondersteuning vir ander kollegas in hulle pogings om iets te bereik (Pera & van Tonder, 1996:70).

Deelnemers het na die bogenoemde probleemareas verwys en die volgende gesê: “…and we just don’t do that at nursing. We.. we…

we put one another down, we back stab, we criticize, we… we… say bitchy things…” . Hierdie stelling kan verwys na ontbreking van

groepkohesie, of portuurgroepdruk of na gebrek aan ondersteuning vir ander kollegas in hulle pogings om iets te bereik.

‘n Ander deelnemer het ook die volgende gesê: “…I think it is this

whole business of … if… if I have suffered in coming into this environment, then why shouldn’t you also suffer in coming into this enviro[nment]…” . Die voorkoms van rugstekery in Verpleging lei

tot ‘n lae moraal, wat op sy beurt aanleiding gee tot stres, verminderde werkprestasie en vermeerderde voorkoms van

insidente van professionele nalatigheid (Castledine, 1997. 1998. In Callaghan, 2003:82).

• Verhoudings met ander lede van die span

Verpleegkundiges behoort ‘n positiewe verhouding met al die lede van die span wat by die pasiënt betrokke is, te handhaaf. Elkeen se kennis en insette behoort erken en gerespekteer te word en dit behoort met hoflikheid gepaard te gaan. Die verpleegkundige beklee ‘n onafhanklike rol en is nie van ‘n geneesheer afhanklik vir haar optrede nie (Searle, 2000:165-166). Studente behoort hierdie begrip reeds van vroeg af in hul opleiding te verstaan en uit te oefen.

Elke verpleegkundige en geneesheer het ‘n etiese verantwoordelikheid ten opsigte van die ander om hul professionele reputasie te beskerm. Vroulike professionele verpleegkundige kan soms nie ‘n professionele standpunt teen manlike geneeshere inneem nie, omdat vrouens in die algemeen in die meeste samelewings gesosialiseer word as om te versorg, te konformeer en onderdanig te wees (Joubert, du Rand & van Wyk, 2005:55; Corser, 2000:intyds; Rutty, 1998:248). Hierdie aspek kan tot nadeel van die pasiënt lei en studente moet hiervan bewus gemaak word. Ter wille van die pasiënte behoort daar positiewe samewerking tussen geneeshere en verpleegkundiges te wees (Elder, Price & Williams, 2003:150; Corser, 2000:intyds).

Die verpleegkundige-geneesheer verhouding is nie in al die fokusgroepe aangespreek nie. Een deelnemer het haar sterk negatief ten opsigte van hierdie verhouding uitgespreek: “Ek vra

maar net, hulle [die geneeshere] is ook deel van ons professionele praktyk, hulle is deel van die span. Want dit het dan so gebeur dat

hulle ons beeld afbreek, jy weet, voor die publiek en voor die pasiënte”.

Hierdie ervaring word bevestig in die resultate, bekom deur Joubert, et al. (2005) waar die verbale mishandeling van verpleegkundiges deur geneeshere in ‘n private instansie ondersoek is.

• Lektrise/dosent-studentverhouding

‘n Positiewe lektrise/dosent-studentverhouding is een van die belangrikste voorwaardes vir suksesvolle leer en ‘n belangrike element van ‘n positiewe verhouding is dat dit op deernisvolle (“caring”) wyse moet plaasvind (Mellish, et al., 2001:72). Lektrises/dosente moet studente respekteer, ondersteun, bemoedig en met aandag na hulle luister (Mellish, et al., 2001:73). Studente volg dikwels die voorbeeld van onderrigpersoneel na en dit is as volg uitgewys: “…Students always look up to their

professors. Uhm … so … I think that they play the biggest part…”.

‘n Ander mening is dat die afstand tussen lektrises/dosente en studente te groot is en daar is gesê dat ‘n formele aanspreekvorm die verhouding tussen onderrigpersoneel en studente negatief beïnvloed: “…And I think we are also very… very conservative.

Uhm.. that … we often keep this …e… formal structures between us and the students. It’s not surprising of the students to call me Mrs [name] and this creates a distance…”.

Daar is só na die aanspreekvorm verwys: “…but ..e… I think with

other professions they don’t have this … professional distance between them and the students and …e… I have seen that in other countries. Uhm… this formality have been done away with. More or less … people are on first name basis and I have heard many

people have said that in SA is very …very formal and maybe that is why perhaps very often than not, we cannot reach our students as much as we can to really share with them and exemplify the correct professional values. Because e… some of the students are afraid of their lecturers. [Hmm.] They feel tense …e… They feel they can’t really relate with you on a human to human basis”….

Onderrigpersoneel en studente moet in ‘n postiewe verhouding staan ten einde onderrig suksesvol te laat plaasvind. Aspekte soos aanspreekvorms behoort dus tussen lektrises/dosente en studente uitgeklaar te word.

‰ Kommunikasie:

Kommunikasie is een van die belangrikste vaardighede waaroor ‘n verpleeg-kundige moet beskik (SARV. Minimum vereistes vir die opleiding en gids betreffende die onderrig van studente in die program wat lei tot registrasie as ‘n verpleegkundige {algemene, psigiatriese en gemeenskaps-} en vroedvrou. 1992 soos gewysig; Burnard, 2005:intyds). Die professionele verpleegkundige moet nie net vaardig wees in die kommunikasieproses nie, maar ook in staat wees om hindernisse ten opsigte van kommunikasie by pasiënte, kollegas en die publiek te kan oorkom. Hindernisse kom voor as gevolg van verskillende tale, waardes, emosies en intellek (Burnard, 2005:intyds; Muller, 2002:223-224). Vaardigheid in kommunikasie is ook noodsaaklik in kliniese begeleiding (Berggren & Severinsson, 2003:616).

Deelnemers uit fokusgroepe 1 en 2 het as volg na kommunikasie verwys: “…[‘n verpleegkundige moet oor]… regte kommunikasie vaardighede beskik…” ‘n Ander deelnemer het dit só gestel: “…Jy kan iemand in die

eenheid hê wat al die kennis en vaardigheid het, sy weet presies wat daai pasiënt makeer, maar sy het nie die vermoë om die inligting oor te dra

aan die familie nie. Sy het nie die vermoë om op die regte manier met die familie te praat nie… dan is al haar kliniese vaardigheid daarmee…”. ‘n

Deelnemer uit fokusgroep 2 het die volgende gesê: “… [If] they say we…

we must behaving [behave] properly and communicate with our patients and have communication skills …”.

Die deelnemers het nie na verskillende tipes kommunikasie verwys nie. Verpleegkundiges moet egter vaardig wees in verbale kommunikasie (Mulaudzi et al., 2001:78), geskrewe kommunikasie (Muller, 2002:238), en nie-verbale kommunikasie (Muller, 2002:227). Die verpleegkundige moet ook bedag wees op die boodskappe wat haar nie-verbale kommunikasie uitdra.

Kommunikasie is ‘n onontbeerlike vaardigheid waaroor professionele verpleegkundiges moet beskik ten einde effektiewe verpleegsorg te kan verleen en interaksie met ander te kan hê (Chitty, 2001:456). Onderrig van kommunikasie word nie deur die SARV as deel van die module [Etos en] Professionele Praktyk beskryf nie, maar wel as deel van fundamentele verpleegkunde (SARV. Minimum vereistes vir die opleiding en gids betreffende die onderrig van studente in die program wat lei tot registrasie as ‘n verpleegkundige {algemene, psigiatriese en gemeenskaps-} en vroedvrou. 1992, soos gewysig).

‰ Kliniese-onderrig

Daar word van professionele verpleegkundiges verwag om toepaslike onderrig in die praktyk aan pasiënte, studente en lekewerkers te gee (Mellish, et al., 2001:207-209; Muller, 2002:128; Searle, 2000:159; Jones, 1999:42; SARV. Minimum vereistes vir die opleiding en gids betreffende die onderrig van studente in die program wat lei tot registrasie as ‘n verpleegkundige {algemene, psigiatriese en gemeenskaps-} en vroedvrou. 1992, soos gewysig) en hulle moet dus hieroor onderrig word.

Effektiewe onderrig van studente in die praktyk verg ‘n positiewe student- lektrise verhouding, gebou op wedersydse vertroue sowel as blootstelling aan voldoende leergeleenthede (Gillespie, 2005:214; Gillespie, 2002:intyds; Woo-Sook, Cholowski & Williams, 2002:412). Die volgende is oor kliniese onderrig gesê: …” En leer die mense om die eerste keer dit

wat hulle doen reg te doen. En doen dit saam met hulle. En as hulle nie weet hoe om dit te doen nie, wys hulle hoe om dit te doen…”.

Verpleegkundiges speel ook ‘n belangrike rol in die onderrig van byvoorbeeld individuele pasiënte, gesinne, groepe in die gemeenskap asook studente en kollegas (Chitty, 2001:350). Dit is dus noodsaaklik dat hulle in dié onderrig vaardig is (Mellish et al., 2001:207-209; Searle, 2000:99, 158-159).

‰ Pasiëntvoorspraak

Pasiëntvoorspraak word onder 3.12.2.5 Etiese begronding, (bls 163) beskryf.

‰ Bestuur van ‘n afdeling

Verpleegkundiges is in verskillende gesondheidsorgfasiliteite en – eenhede werksaam en die vlakke van bestuur verskil. Daar bestaan egter basiese bestuursvaardighede waarin alle verpleegkundiges vaardig moet wees ten einde ‘n eenheid effektief te kan bestuur, soos byvoorbeeld kennis, kommunikasie en leierskap (Muller, 2002:103, 153-154). Nie een van die deelnemers het na bestuur van ‘n afdeling of leierskap as ‘n vaardigheid of as deel van professionele praktyk verwys nie.

Dit is onrusbarend dat professionele verpleegkundiges wat langer as 3 jaar praktiseer, nie leierskap of bestuursvaardighede as deel van professionele praktyk sien nie.