• No results found

3.9 Verloop van fokusgroeponderhoude

3.12.2.3 Professionele praktyk bestaan uit kultuurelemente

3.12.2.3.4 Professionele sosialisering

Professionele sosialisering is daardie proses waardeur ‘n nuweling in Verpleging by die professie ingelyf word. Dié proses behels meer as net opdoen van kennis en ervaring van die professie en die Verplegingskultuur moet deur die verpleegkundige aanvaar en haar eie gemaak word (Chitty, 2001:177; Cohen, R. 2001:148; Howkins & Evens, 1999:41). Professionele sosialisering vind op formele en informele wyses plaas. Formele sosialisering vind tydens teoretiese onderrig plaas, terwyl informele sosialisering meer lukraak in die kliniese praktyk plaasvind.

Professionele sosialisering is as volg bespreek: “… because one of the things

that always strikes me is that in medicine and some of the other professions, when… when… when… the newly qualified professionals and … and the more senior students … they they’re not just socialized or has these rules been given to them. They are in a very friendly supportive, with good communication, they’re absorbed… gently been drawn into the brotherhood of … of … that group profession of what ever it is.” “…and we just don’t do that at nursing…… we don’t actually socialize in quite the right way.” “…I think there is this whole business of … if… if I have suffered in coming into this environment, then why shouldn’t you also suffer in coming into this enviro… those things.”

Dit is kommerwekkend dat, volgens ‘n onderrigkundige se mening, professionele sosialisering nie ‘n positiewe proses in Verpleging is nie. Ten einde ‘n positiewe korps verpleegkundiges te kan bekom en ‘n positiewe beeld van Verpleging te kan bou, moet die professionele sosialieringsproses positief deur nuwelinge beleef word. Deel van professionele sosialisering is die bekendstelling van die professie se tradisies en norme aan die nuweling.

‰ Tradisies/gebruike/rituele

Geen deelnemer het na tradisies in Verpleging in geheel verwys nie, maar daar was na verskillende elemente daarvan verwys. Die nakoming van tradisies kan dien om groepkohesie te versterk (Scarlertt, 1991:119 in Ellis & Hartley, 2001:194), dit help om ‘n nuweling by ‘n professie in te lyf, dit kan beroepstrots en die beeld van Verpleging bevorder. Tradisies kan egter met verloop van tyd uitgedien raak, so byvoorbeeld het die dra van ‘n sluier deur professionele verpleegkundiges in onbruik geraak.

‘n Tradisie wat daarop gemik is om onderskeid tussen professionele verpleegkundiges en ander gesondheidsorgwerkers te tref, is die dra van onderskeidende kentekens. Dié onderskeidende kentekens is byvoorbeeld die dra van ‘n spesifieke uniform, kentekens en naamplaatjies. Hierdie tradisies word huidig nie almal meer nagevolg nie. In die Amerikaanse gesondheidsorg-stelsel word daar van alle

verpleegpersoneel verwag om ‘n naamplaatjie te dra met ‘n

veralgemenende titel soos “Pasiënt versorgster” (Chitty, 2001:75-76). Hierdie praktyk het nog nie in Suid-Afrika posgevat nie, maar die dra van ‘n onderskeidende uniform word ook nie meer gevolg nie.

Dit is dus verstaanbaar dat die publiek verward kan wees oor wie professionele verpleegkundiges is en wie nie. Hierdie verwarring van die publiek is deur fokusgroepdeelnemers as volg uitgewys: …“die publiek

“…hy sê [maar] die suster het dit vir my gesê en dit [was] nie die suster nie. En dis waar ons ons praktyk [professionele beeld] na buite toe afbreek. Want later kom daai ou uit die hospitaal uit en sê die suster het vir my dit en dit gesê…”

In die literatuur word die volgende Verplegingstradisies en -rituele beskryf:

z Toekenning van en dra van ‘n uitkennings lapelwapen (“badge or pin”).

Verpleegopleidinginstansies het in die verlede ‘n eie, unieke lapelwapen ontwerp en dit dan aan suksesvolle kandidate aan die einde van hul opleiding oorhandig. Die oorhandiging het tydens ‘n spesiale seremonie, wat dikwels saamgeval het met die seremonie waartydens die Florence Nightingale diensgelofte afgelê is, plaasgevind (Ellis & Hartley, 2001:195). Hierdie tradisie het bygedra tot inlywing van ‘n pas gekwalifiseerde persoon in die professie. Dit het ook beroepstrots aangewakker. Hierdie gebruik word nog by sommige gesondheidsorginstansies in Suid-Afrika gevolg.

z Aflê van ‘n gelofte

Die aflê van ‘n diensgelofte is nie in die verskillende fokusgroepe aangespreek nie. Dit word ook nie deur die SARV voorgeskryf nie en elke opleidingsinstansie, asook verpleegkundige, het hieroor ‘n keuse. Die literatuur beskryf die aflê van ‘n gelofte deur professionele verpleegkundiges as ‘n publieke verklaring deur dié verpleegkundiges, waardeur hulle bevestig dat hulle die verantwoordelikheid as professionele verpleegkundige aanvaar (Ellis & Hartley, 2001:355).

‘n Gelofte kan ook as ‘n etiese kode gesien word en daar is huidig ‘n verskeidenheid geloftes bekend, soos byvoorbeeld die bekende Florence Nightingale gelofte, die Diensgelofte van die Suid- Afrikaanse Verpleegkundiges, die “MER National Laboratories’Creed for Nurses” ; “the American Nurses Association’s Code for Nurses” en die “International Council of Nurses’ Code for Nurses” (Ellis & Hartley, 2001:355).

Die aflê van ‘n openbare verklaring kan vir beide die verpleegkundige sowel as vir die professie ‘n baie positiewe bydrae wees. Studente behoort tydens onderrig ten opsigte van die doel en funksie van ‘n diensgelofte of etiese kode onderrig te word, sodat hulle ‘n ingeligte keuse oor die aflê daarvan kan uitoefen. Indien hierdie diensgeloftes voor die publiek afgelê sou word, kan dit ook die beeld van die professie positief beïnvloed.

z Die dra van ‘n hoofbedekking: kappie en/of sluier.

Die dra van ‘n tipe hoofbedekking was vroeër ‘n tradisie in Verpleging. Daar is nie in enige van die fokusgroepe na die dra van ‘n kappie of sluier verwys nie en kappies of sluiers word huidig nie meer deur verpleegkundiges in die meeste gesondheidsorginstansies in Suid-Afrika gedra nie.

z Dra van ‘n spesifieke (wit) uniform en kentekens.

Die dra van ‘n wit uniform deur verpleegkundiges het sy oorsprong in die religieuse- en militêre era’s (Richardson, 1999:169). Die verpleegkundige, geklee in ‘n wit uniform in die jare 1950-1960’s, het ‘n nie-verbale boodskap van vertroue, vaardigheid, professionalisme, outoriteit, rol identifikasie en verantwoordbaarheid uitgestraal (Ellis & Hartley, 2001:196).

Volgens dié outeurs het van dié identiteit verlore gegaan toe verpleegkundiges meer informele drag begin dra het.

Vir sommige verpleegkundiges is die dra van ‘n uniform deel van hulle professionele identiteit, terwyl ander nie so daaroor voel nie (Richardson, 1999:171-172). ‘n Verpleegkundige se self-identiteit behoort egter nie van ‘n uniform afhanklik te wees nie.

Verpleegkundiges wat in kliniese areas werk waar kruisinfeksies as gevolg van kleredrag kan voorkom, mag genoodsaak wees om ‘n uniform te dra, aangesien was van privaat klere, teen ‘n hoë temperatuur die klere sal verniel (Richardson, 1999:174). Verpleegkundiges is nou in die fase waar hulle klere kan dra wat gemaklik en prakties is.

Die dra van ‘n uniform en kentekens is as volg genoem: ”…I think .. if

… e… you want to be … to look like somebody who is professional. If, let’s say it’s uniform [you must] must wear the color, the prescribed color. Try to be … you cannot wear maybe green and yellow and what what..”. Verder is gesê: “[The uniform] Must be neat. [Hmm]. Neat uniform and also your distinguishing devices would be not like …[name] [laugh] like mine [laugh]. Dié betrokke praktisyn se

kentekens was verweer en daarom het hy dit uitgewys.

z Oorhandiging/aansteek van ‘n lamp.

Deelnemers van die fokusgroepe het nie na die tradisie van oorhandiging of aansteek van ‘n lamp verwys nie. Die aansteek van, en/of oorhandiging van ‘n lamp, is ‘n tradisie wat die lamp, gedra deur Florence Nightingale, simboliseer (Ellis & Hartley, 2001:198). Vir afgestudeerde studente was die ontvangs van die lamp of aansteek van die lamp die simboliek om die lig van

Verpleging verder uit te dra. Dié tradisie het in die verlede saamgeval met die oorhandiging van ‘n lapelwapen en aflê van die Florence Nightingale diensgelofte. Dié gebruik word nog by sommige Verpleegopleidinginstansies in Suid-Afrika volgehou.

z Titel

Die aanspreekvorm “suster” vir ‘n professionele verpleegkundige word nie meer in gesondheidsorginstansies plaaslik of oorsee gebruik nie (Ellis & Hartley, 2001:233) en ‘n professionele verpleegkundige word huidig as ‘Mevrou” of “Juffrou” in die werksituasie aangespreek.

Daar is nie na aanspreekvorms in die gesondheidsorgopset deur deelnemers aan die fokusgroepe verwys nie, maar wel na aanspreekvorm tussen lektrise en studente. Die volgende is gesê: … “it’s not surprizing of the students to call me Ms [name] … and

this creates a distance.” Dieselfde deelnemer het verder gesê: …and I have heard many people have said that in SA [it] is very… very formal and maybe that is why …… we cannot reach our students …”

Uit bogenoemde blyk dit dat dié deelnemer ten gunste van ‘n informele aanspreekvorm is, terwyl die literatuur aanbeveel dat daar liewer by ‘n formele aanspreekvorm gehou behoort te word (Campbell-Heidiger & medewerkers. 1994. In Chitty, 2001:76).