• No results found

Vraelys: evaluering van huidige opleiding soos gebied deur die NWU-

HOOFSTUK 4 DATA-ONTLEDING

4.1 Inleiding

4.2.1 Response op vraelys en onderhoude

4.2.1.2 Vraelys: evaluering van huidige opleiding soos gebied deur die NWU-

NWU-tolkdiens se teoretiese opleidingsmodel (soos bespreek in afdeling 2.3.3) was, asook om te bepaal in watter mate hulle voel die opleiding hulle voorberei het vir die uitdagings van opvoedkundige tolking. Die doel hiervan was om te bepaal watter opleidingsbehoeftes hulle het, asook om tolke se ervaring van die bestaande kursus te meet om sodoende te bepaal of hulle 'n behoefte ervaar vir 'n aangepaste opleidingskursus. Die evaluering van die NWU-tolkdiens se bestaande teoretiese opleidingskursus is afgehandel deurdat respondente telkens gevra is om elke komponent van die opleiding (soos in afdeling 2.3.3 uitgepak) afsonderlik te evalueer. Vraag 1 tot 7 het ten doel gehad om respondente se indruk van die huidige tolkopleidingskursus te meet. (Vraag 8 tot 11 het te make gehad met die volgende navorsingsvraag – naamlik watter inhoud by die rekenaarondersteunde opleidingsprogram ingesluit behoort te word – en word derhalwe onder die volgende afdeling bespreek.) Respondente is telkens gevra om elke komponent op 'n skaal van 1 tot 5 te evalueer, waar 1 die swakste indruk en 5 die beste indruk aangedui het. Verkorte weergawes van hierdie vrae is in die onderhoude herhaal om die data wat deur die vraelyste ingesamel is, aan te vul en 'n algemene indruk te verkry oor die respondente se ervarings met die opleidingskursus by die NWU-tolkdiens. Hieronder volg ʼn uiteensetting van die resultate wat deur middel van die vraelyste en onderhoude ingesamel is, in die vorm van ʼn kort bespreking gevolg deur ʼn grafiese uiteensetting.

4.2.1.2.1 Vraag 1: Die verskille tussen tolking en vertaling

Vraag 1 van die vraelys het van respondente vereis om die NWU-tolkdiens se opleiding rakende die verskil tussen vertaling en tolking te evalueer op ʼn Likert-skaal van 1 tot 5, waar 1 glad nie

toepaslik nie en 5 uiters toepaslik is. Hierop het 7 respondente ʼn 1 gekies en 7 respondente ʼn 4,

op grond waarvan sekere afleidings gemaak kan word (raadpleeg figuur 3-2). Hierdie verspreiding kan daarop dui dat daar nie in die opleiding genoegsame aandag aan hierdie komponent geskenk is nie aangesien die meerderheid respondente aangedui het dat hulle die komponent ervaar het as middelmatig tot glad nie toepaslik nie. Die resultate kan egter ook daarop dui dat respondente voel dat dit 'n onbelangrike komponent is, aangesien dit nie 'n besondere groot invloed op hulle werkswyses as opvoedkundige tolke het nie. Die verskille tussen vertaling en tolking speel nie ʼn kardinale rol in opvoedkundige tolke se alledaagse werk nie, en daarom kon die komponent moontlik as minder toepaslik ervaar word. Gebaseer op die bostaande data, asook op die data

verkry uit die onderhoude (waar respondente gemengde opinies rakende die kwaliteit van die opleiding getoon het), kan daar ook aangevoer word dat die opleiding moontlik nie konsekwent van jaar tot jaar aangebied word nie. Dit is ook moontlik dat verskillende tolke verskillende ervarings van die opleiding gehad het – wat vir een persoon van baie waarde is, kan vir 'n ander persoon verminderde waarde inhou. Die data word ook hieronder in grafiekvorm aangebied (figuur 4-2).

Figuur 4-2: Opleiding rakende die verskille tussen tolking en vertaling

4.2.1.2.2 Vraag 2: Tolktipes en tolkmodusse

Vraag 2 van die vraelys het gehandel oor die opleidingskomponente wat verskillende tolktipes en tolkmodusse behels en het van respondente verwag om die afdeling te evalueer op ʼn Likert-skaal van 1 tot 5. Die meerderheid respondente (10) het 'n 3 gekies (sien figuur 3-3). Dit blyk daarop te dui dat die opleiding wat hulle in hierdie komponent ontvang het, van gemiddelde waarde was. Vir die doel van hierdie studie kan daar gestel word dat die inhoud van hierdie komponent uitgebrei kan word in die voorgestelde rekenaarondersteunde opleidingsprogram om van meer waarde vir aspiranttolke te wees deur ʼn meer omvattende beskrywing van die onderskeie tolktipes en tolkmodusse. Opvoedkundige tolking is 'n hoogs gespesialiseerde tolktipe wat verskil van ander tipes tolking en as sodanig unieke uitdagings inhou (soos in hoofstuk 2 aangedui). Deur aspiranttolke op te lei in die unieke aard van opvoedkundige tolking en hoe dit verskil van ander tolktipes, sal hulle opleiding hulle voldoende voorberei vir hulle taak as opvoedkundige tolke. Deur 'n meer omvattende beskrywing van ander tolktipes en tolkmodusse by die voorgestelde opleidingsmodel in te sluit, word die moontlikheid geskep dat tolke hulself verder kan beywer om in ander omgewings en met ander modusse ook te werk. Die ingesamelde en verwerkte data word hieronder in figuur 4-3 aangebied.

7 3 6 7 4 1 2 3 4 5 A an tal r e sp o n d e n te

Figuur 4-3: Opleiding rakende tolktipes en tolkmodusse

4.2.1.2.3 Vraag 3: Teoretiese tolkmodelle

Vraag 3 van die vraelys het gehandel oor die aanbieding van teoretiese tolkmodelle gedurende die opleiding wat die NWU-tolkdiens verskaf en het van respondente verwag om die afdeling te evalueer op ʼn Likert-skaal van 1 tot 5. Slegs 2 respondente het aangedui dat die opleiding uiters toepaslik was, terwyl die res van die response versprei was van 1 tot 4 op die skaal, wat kan aandui dat die komponent wat handel oor tolkmodelle van gemiddelde waarde vir respondente was. Die data wat uit hierdie afdeling van die vraelys verkry is, is van so ʼn aard dat dit myns insiens daarop kan dui dat die insluiting en inhoud van ʼn komponent oor tolkmodelle herbedink behoort te word. Aangesien die literatuur rakende tolkopleiding (verwys veral na Pöchhacker, 2004:84) aanbeveel dat tolkmodelle wel by tolkopleiding ingesluit behoort te word, en in ag genome die feit dat tolke aangedui het dat die opleidingskomponent oor tolkmodelle vir hulle van gemiddelde waarde was, beveel hierdie studie aan dat die inhoud herbedink word ten einde tolke se opleidingsbehoeftes aan te spreek. Hieronder volg die grafiese voorstelling van die ingesamelde data in die vorm van figuur 4-4.

6 3 10 4 4 1 2 3 4 5 A an tal r e sp o n d e n te

Figuur 4-4: Opleiding rakende teoretiese tolkmodelle

4.2.1.2.4 Vraag 4: Faktore wat simultaantolking bemoeilik

Vraag 4 van die vraelys het van respondente verwag om op 'n skaal van 1 tot 5, aan te dui in watter mate hulle die opleiding rakende die faktore wat simultaantolking bemoeilik, as toepaslik ervaar het. Die meerderheid respondente (12) het hier aangedui dat hulle hierdie afdeling van die opleiding as uiters toepaslik ervaar het. Dit is myns insiens van kardinale belang dat aspiranttolke deeglik voorberei word op die wye verskeidenheid faktore wat simultaantolking bemoeilik en daarom kan daar aangevoer word dat die meerderheid respondente voel die opleiding was voldoende in hierdie opsig. Alhoewel verskeie respondente ook in die kwalitatiewe afdeling van die vraelys gemeld het dat hulle voel dat dit moeilik is om 'n tolksituasie volkome in die opleiding te simuleer, dui die data wat deur hierdie vraag verkry is op die moontlikheid dat tolke tog voel dat hulle 'n idee gekry het van die faktore wat simultaantolking bemoeilik en dat dit waarskynlik daartoe bygedra het om hulle voor te berei vir hulle taak as opvoedkundige tolke. Hieronder word die ingesamelde data in grafiekvorm (figuur 4-5) aangebied.

6 6 6 7 2 1 2 3 4 5 A an tal r e sp o n d e n te

Figuur 4-5: Opleiding rakende die faktore wat simultaantolking bemoeilik

4.2.1.2.5 Vraag 5: Hanteringstrategieë

Vraag 5 van die vraelys het aan respondente gevra om op 'n skaal van 1 tot 5 aan te dui in watter mate hulle die opleiding rakende hanteringstrategieë (coping strategies) as toepaslik ervaar het. Hierdie komponent van die opleiding sluit aan by die vorige komponent, wat te make het met die faktore wat simultaantolking bemoeilik, aangesien hanteringstrategieë daarop gemik is om aan tolke metodes te verskaf om die bogenoemde faktore te hanteer (vgl. afdeling 2.3.3.5). Aangesien die twee komponente hand-aan-hand gaan, maak dit ook sin dat die response op die twee vrae soortgelyk is, met die meerderheid respondente wat aangedui het dat hulle hierdie komponent as toepaslik ervaar het. Gedurende die onderhoude is ook na hanteringstrategieë verwys en respondent 9 het aangetoon het dat hy/sy dink hanteringstrategieë is nie net 'n belangrike komponent van aspiranttolke se opleiding nie, maar dat dit ook ingesluit behoort te word by voortdurende opleiding wat aan ervare tolke verskaf word. Gebaseer op hierdie waarneming sal die gebruik en nut van hanteringstrategieë, asook die moontlikheid van verdere opleiding in hanteringstrategieë, ingesluit word by die voorstelle wat hierdie studie beoog om te maak rakende rekenaarondersteunde opleiding. Sien vervolgens die grafiek waarin die ingesamelde data aangebied word (figuur 4-6.).

4 3 2 6 12 1 2 3 4 5 A an tal r e sp o n d e n te

Figuur 4-6: Opleiding rakende hanteringstrategieë

4.2.1.2.6 Vraag 6: Die profiel van 'n professionele tolk

Vraag 6 van die vraelys het aan respondente gevra of hulle die opleiding rakende die profiel van 'n professionele tolk as toepaslik ervaar het. Die antwoord is op 'n skaal van 1 tot 5 aangebied. Alhoewel daar 'n wye verskeidenheid antwoorde verskaf is, het die meeste respondente gevoel dat hulle opleiding tussen 4 en 5 op die skaal geval het. Alhoewel dit 'n belangrike komponent van aspiranttolke se opleiding is, word dit tans in die opleidingskursus meestal as agtergrondinligting gebied om 'n dieper begrip van die tolkprofessie by aspiranttolke te kweek. Respondente se diverse antwoorde op hierdie vraag kan ook daarop dui dat sekere respondente die komponent as kompleks ervaar het terwyl ander dit as voor die hand liggend kon ervaar. Hierdie komponent word in die rekenaarondersteunde opleidingsprogram ingesluit en uitgebrei deur middel van bykomende inligting en voorbeelde. Hieronder word die bespreekte data grafies aangebied (figuur 4-7).

Figuur 4-7: Opleiding rakende die profiel van 'n professionele tolk

4 3 4 7 9 1 2 3 4 5 A an tal r e sp o n d e n te

Skaal van 1 tot 5

4 6 5 6 6 1 2 3 4 5 A an tal r e sp o n d e n te

4.2.1.2.7 Vraag 7: Tolketiek

Vraag 7 van die vraelys het gevra of respondente die opleiding oor tolketiek binne die konteks van opvoedkundige tolking as toepaslik ervaar het. Respondente kon die vraag op 'n skaal van 1 tot 5 beantwoord. Die meerderheid respondente (12) het hierop geantwoord dat hulle die opleiding as uiters toepaslik ervaar het, terwyl ʼn verdere 10 respondente dit ʼn telling van tussen 3 en 4 gegee het. Die feit dat respondente voel hulle opleiding rakende etiese gedrag in opvoedkundige tolke was voldoende, kan waarskynlik aantoon dat daar in die opleiding spesifieke aandag aan hierdie komponent gegee is. Dit toon ook moontlik dat respondente voel die opleiding was van ʼn hoë waarde, alhoewel die enkele respondente wat 'n telling laer as 3 op die skaal gekies het, moontlik daarop kan dui dat daar tog leemtes bestaan (soos ook uitgewys in die onderhoude – sien die bespreking by afdeling 4.2.1.3). Hierdie waarneming sluit aan by bewerings wat reeds gemaak is dat dit van uitermate hoë belang is om aan aspiranttolke ʼn etiese gedragskode te verskaf (raadpleeg afdeling 2.3.3.9). Uit die aard van die saak sal daar voortgegaan word om deur middel van die voorgestelde rekenaarondersteunde opleidingsprogram opleiding in hierdie komponent te verskaf deur die verskaffing van ’n duidelike etiese kode, die gebruik van video’s wat etiese gedrag uitbeeld en selfs die gebruik van simulasies. Hieronder word die data grafies voorgestel.

Figuur 4-8: Opleiding rakende tolketiek

4.2.1.3 Onderhoude: evaluering van huidige opleiding soos gebied deur die NWU-